Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Reg geskied na gru-moord
Reg geskied na gru-moord [boodskap #119311] So, 14 Februarie 2010 15:53
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
NELSPRUIT - 'n Plaaswerker wat gereeld in 'n tenger bejaarde vrou se
tuin gewerk het, is die week in die Noord Gautengse Hooggeregshof
skuldig bevind aan die sinnelose moord op haar.

Jabulanie Leyne (27) van Curlews is effektief 25 jaar tronk toe
gestuur nadat hy 'n tuisgemaakte mes gebruik het om
me. Sannie Viljoen (87) se keel af te sny. Hy het haar ook ses keer
gesteek voordat hy met R300 en 'n paar juwele gevlug het. Die voorval
het op 27 Julie 2007 plaasgevind.

Viljoen het alleen in 'n huis ongeveer 30 meter van haar dogter, me.
Annatjie Liebenberg, se huis op dieselfde plaas in Curlews gewoon.
Liebenberg het die oggend na die voorval gaan ondersoek instel omdat
haar ma nie haar vensters en deur oopgemaak het soos sy gewoond was
nie. Haar ma het in 'n plas bloed in die kombuis gelê. Leyne het een
van die huis se vensters gebreek om toegang te verkry. Die gesin het
17 jaar op die plaas gewoon. Met streng veiligheidsmaatreëls in plek
was daar geen kriminele aktiwiteite tot en met die aanval nie.

Volgens kapt. Erhard Ströh van Witrivier Polisiestasie het hulle 'n
maand na die voorval vir Leyne gearresteer nadat sy vingerafdrukke op
die toneel gevind is. Hulle het van haar besittings in sy besit gekry
en DNS-toetse het hom ook met die misdaadtoneel verbind. Leyne het op
die plaas gewoon en vir haar skoonseun op die plaas gewerk.

Leyne het skuldig gepleit op 'n klag van moord, asook huisbraak met
die opset om gewapende roof te pleeg.

Hy is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die moorde en 12 jaar vir
huisbraak. Regter Halima Saldulker het gelas dat sewe jaar van die
huisbraak-vonnis samelopend met die moordvonnis uitgedien moet word.
Sy het sterk uitgevaar teen Leyne se dade en dit as 'n sinnelose moord
op 'n ou vrou wat geen weerstand kon bied nie, beskryf.

Kommentaar

25 Jaar? (Juanique Liebenberg) 25 jaar sal nie my ouma terug bring
nie! 25 jaar sal nie die pyn en verlange ooit kan wegvat nie. Ek kan
nie help om te wonder of reg en geregtigheid werklik geskied het nie.
Ek troos my daaraan dat hy eendag aan my God en Hemelse vader moet
antwoord vir sy dade en ek glo daar sal werklike geregtigheid geskied.
Die wraak kom my nie toe nie, ek sal vertroosting soek by God.

Oorsprong: Die Laevelder
Dinsdag, 03 November 2009
http://www.lowvelder.co.za/index.php?option=com_content& view=article&id=715:reg-geskied-na-gru-moord&catid=3 4:news&Itemid=75
Vorige onderwerp: Egpaar met byl oorval kortná polisie klagtes aanhoor
Volgende onderwerp: Kletskous
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 12:53:15 MGT 2024