Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Egpaar met byl oorval kortná polisie klagtes aanhoor
Egpaar met byl oorval kortná polisie klagtes aanhoor [boodskap #119308] So, 14 Februarie 2010 15:22
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
2010-02-12 15:19

Alta Snyman

Twee dae nadat hy aan ’n superintendent van die polisie gesê het die
polisie gaan eers op die gemeenskap se klagtes ag slaan as iets ergs
gebeur, is ’n man van Groot Marico baie erg beseer toe hy en sy vrou
met ’n byl in hul plaashuis aangeval is.

Mnr. Ben von Brandis (54), ’n leiklipgroefeienaar van Broekmansfontein
by Rietvaly, en sy vrou, Gail (50), het geslaap toe hulle gister
omstreeks 04:00 deur drie mans in hul slaapkamer oorval is.

Insp. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê die mans,
van wie twee klapmusse gedra het, het ingekom deur die slot van die
veiligheidshek by die voordeur oop te breek.

Hulle het geld gevra.

Volgens Tselanyane het een van die mans mev. Von Brandis gegryp en
gesê hy gaan haar verkrag. “Hy het haar nagklere probeer uittrek, maar
kon dit nie regkry nie.

“Hy het toe warm plastiek op haar bene gedrup. Sy het met die
aanvaller gestoei en hy het haar eetkamer toe gevat waar hy die
telefoondrade afgesny het. Hy het haar probeer versmoor deur ’n lap
oor haar gesig te druk.”

Daarna het hy haar hande met die telefoondrade vasgebind.

Intussen het die ander twee aanvallers mnr. Von Brandis met ’n byl in
die slaapkamer aangeval.

Mev. Von Brandis het ontsnap en in die tuin gaan wegkruip.

Mnr. Barend von Brandis, een van die egpaar se seuns, sê die die
huishouding is bekend aan die aanvallers, want hulle wou weet waar sy
broer, Jacques, wat op die plaas woon, was. Hy was nie dié nag tuis
nie.

Die aanvallers het die kluis uit die kas in die kamer gehaal, maar kon
dit nie oopkry nie. Hulle het met die egpaar se Mercedes-Benz probeer
vlug, maar die veiligheidstelsel is geaktiveer. Hulle het toe die
ligte Hyundai-vragmotor gevat, die kluis met sowat R12000 kontant in
agterop gelaai en daarmee en ’n .22 Bruno-geweer gevlug.

’n Boer het die voertuig om 07:30 verlate op die Rosmincol-gruispad
sowat 2km buite Koster gekry.

Mev. Von Brandis is na die bure vir hulp.

Mnr. Von Brandis is met ernstige kopbeserings in die Zee-rust-
hospitaal opgeneem en gistermiddag na die waakeenheid van die Netcare
Ferncrest-hospitaal in Rustenburg oorgeplaas.

Mnr. Danie Conradie, ’n buurman van die Von Brandisse, sê ’n
aangrensende plakkerskamp is die oorsaak van baie probleme in die
omgewing. Talle werkers by die leiklipgroewe in die omgewing woon
daar, maar dit is indringers van buite wat probleme veroorsaak. Hy
beraam dat miljoene rande se skade al deur veral diefstal en
veediefstal gely is.

Na verneem word,val klagte by die polisie op dowe ore. Soms is die
verskoning dat voertuie nie beskikbaar is nie. En klaers kry nie
saaknommers nie.

Ene supt. Seboco van die polisie se provinsiale hoofkantoor in
Potchefstroom het Dinsdag glo op die Von Brandis-plaas met 11 boere
van die omgewing oor hul klagtes oor die polisie gepraat.

- Beeld

Oorsprong:Beeld
http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/87c4106a8 f5f4b0a86f73169c07a2db1/12-02-2010-03-19/Egpaar_met_byl_oorv al_kortn%C3%A1_polisie_klagtes_aanhoor_
Vorige onderwerp: Britte is mos goed ingelig
Volgende onderwerp: Reg geskied na gru-moord
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 12:37:55 MGT 2024