Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Waar is almal
Waar is almal [boodskap #116783] Wo, 02 April 2008 09:59 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom die skielike stilte op die NG - Die enigste een wat rede het om weg
te kruip sover ek van weet is Gloudina wat die laaste ruk al wat argument
verloor het.

Hoe lyk dit Antie - Hou jy styf duim vas vir oom Robert. 'n Diktator soos hy
is mos wat die Afrika kontinent nodig het nie waar nie - enigiets solank dit
net nie apartheid is nie
Re: Waar is almal [boodskap #116784 is 'n antwoord op boodskap #116783] Wo, 02 April 2008 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Hoe lyk dit Antie - Hou jy styf duim vas vir oom Robert. 'n Diktator soos hy
> is mos wat die Afrika kontinent nodig het nie waar nie - enigiets solank dit
> net nie apartheid is nie

Riaan, die apartheidsdiktatorskap het van 1948
tot 1994 geduur. Dus 46 jaar. Amper 'n halwe
eeu. Mugabe se diktatorskap kom nie naby aan
die menseregteskendings en terreur en onteinening
van grond wat in SA gedurende die apartheidsregime
gepleeg is nie. Ek dink jy moet tjoepstil bly
oor diktatorskappe.

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116785 is 'n antwoord op boodskap #116784] Wo, 02 April 2008 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:527f0f44-a4b8-48f5-acf0-96973b17c74d@d21g2000prf.google groups.com...
> "Riaan" skryf
>
>> Hoe lyk dit Antie - Hou jy styf duim vas vir oom Robert. 'n Diktator soos
>> hy
>> is mos wat die Afrika kontinent nodig het nie waar nie - enigiets solank
>> dit
>> net nie apartheid is nie
>
> Riaan, die apartheidsdiktatorskap het van 1948
> tot 1994 geduur. Dus 46 jaar. Amper 'n halwe
> eeu. Mugabe se diktatorskap kom nie naby aan
> die menseregteskendings en terreur en onteinening
> van grond wat in SA gedurende die apartheidsregime
> gepleeg is nie. Ek dink jy moet tjoepstil bly
> oor diktatorskappe.
>
> Gloudina

Gloudina kom ons delf so klein bietjie dieper - En kom ons probeer om die
persoonlikke aanvalle vir eers opsy te sit.

Dit is interesant dat jy 46 jaar noem. Net nou die dag sien ek op die nuus
en in die koerante ouens met plakate wat reken hulle is al vir 300 jaar
onderdruk. Met ander woorde hulle wil se hulle is onderdruk vandat Jan van
Riebeek voet aan wal gesit het.

> Mugabe se diktatorskap kom nie naby aan
> die menseregteskendings en terreur en onteinening
> van grond wat in SA gedurende die apartheidsregime
> gepleeg is nie.

Bostaande gedeelte is absolute snert. Die apartheidsregime het nie die land
tot 'n onmeetbare inflasie syfer laat val nie. Ook het hulle nie veroorsaak
dat duisende mense oor die grense hulle heil in ander lande gaan soek nie.
Geen van hulle grond onteiening het daartoe bygedrae dat daar nie meer kos
in 'n supermark beskikbaar is nie.

Die feit dat jy nie stemreg het nie (gehad het nie) maar steeds die beste
het wat die kontinent kan bied versus stemreg en jy vrek van die elende. Dit
is wat dit op neerkom op die einde, en Sipho sal eerder kies om te vergaan
van die elende onder bewind van sy eie mense, eerder as om soos 'n koning te
leef en regeer te word deur ander.

Ek dink jy moet jou oe begin besef jou argumente maak nie meer sin nie -
Self die "liberale" ouens op die NG kom deesdae "regs" voor.
Re: Waar is almal [boodskap #116786 is 'n antwoord op boodskap #116785] Wo, 02 April 2008 12:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

en Sipho sal eerder kies om te vergaan
> van die elende onder bewind van sy eie mense, eerder as om soos 'n koning te
> leef en regeer te word deur ander.

Riaan, ek wonder of jy besef wat jy hier
sê. Transponeer nou wat jy sê op die
Afrikaners en die Engelse na die Anglo-
Boere-oorlog.

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116787 is 'n antwoord op boodskap #116785] Wo, 02 April 2008 13:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi  is tans af-lyn  Ferdi
Boodskappe: 561
Geregistreer: Maart 2007
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 2 Apr 2008 14:38:55 +0200, "Riaan" wrote:

>> Riaan, die apartheidsdiktatorskap het van 1948
>> tot 1994 geduur. Dus 46 jaar. Amper 'n halwe
>> eeu. Mugabe se diktatorskap kom nie naby aan
>> die menseregteskendings en terreur en onteinening
>> van grond wat in SA gedurende die apartheidsregime
>> gepleeg is nie. Ek dink jy moet tjoepstil bly
>> oor diktatorskappe.

>> Gloudina
>
>
> Gloudina kom ons delf so klein bietjie dieper - En kom ons probeer om die
> persoonlikke aanvalle vir eers opsy te sit.

Help my nou net gou hier: Was Gloudina nie vir die grootste gedeelte
van haar lewe die ontvanger van die vrugte van daardie SA diktatorskap
nie?

Dan is sy mos ook 'n apartheidsvark?

>> Mugabe se diktatorskap kom nie naby aan
>> die menseregteskendings en terreur en onteinening
>> van grond wat in SA gedurende die apartheidsregime
>> gepleeg is nie.
>
> Bostaande gedeelte is absolute snert. Die apartheidsregime het nie die land
> tot 'n onmeetbare inflasie syfer laat val nie. Ook het hulle nie veroorsaak
> dat duisende mense oor die grense hulle heil in ander lande gaan soek nie.
> Geen van hulle grond onteiening het daartoe bygedrae dat daar nie meer kos
> in 'n supermark beskikbaar is nie.

So, sy reken Mugabe het swart boere se grond onteien en wittes in wit
bantustans in Zimbabwe geprop?????
Re: Waar is almal [boodskap #116792 is 'n antwoord op boodskap #116786] Do, 03 April 2008 06:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:12cf1afc-706b-4e8d-9019-7c0c9badfeaf@d21g2000prf.google groups.com...
"Riaan" skryf

en Sipho sal eerder kies om te vergaan
> van die elende onder bewind van sy eie mense, eerder as om soos 'n koning
> te
> leef en regeer te word deur ander.

Riaan, ek wonder of jy besef wat jy hier
sê. Transponeer nou wat jy sê op die
Afrikaners en die Engelse na die Anglo-
Boere-oorlog.

Gloudina

Wat kon die Engelse ons nou regtig bied Gloudina - Die Afrikanse is opgemaak
uit Franse, Hollanders, Britte en so meer. Die Engelse het hier aangekom nie
soos die Hollanders ter ondersteuning van hulle skepe nie, maar onder die
vaandel van "the sun will never set upon the British empire". Hulle het met
ander woorde kom kak soek waar dit nie nodig was nie.

Die Britte het gekom om die land te plunder van sy minerale - Iets wat hulle
tot vandag toe nog doen.
Re: Waar is almal [boodskap #116793 is 'n antwoord op boodskap #116787] Do, 03 April 2008 07:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi" skryf in boodskap news:qp17v35ov0uhk9sbg42ulb4pldbtr4cn4m@4ax.com...

> Help my nou net gou hier: Was Gloudina nie vir die grootste gedeelte
> van haar lewe die ontvanger van die vrugte van daardie SA diktatorskap
> nie?

> Dan is sy mos ook 'n apartheidsvark?

Gloudina logika sal jou stelling summier verwerp, wat gewoonlik 'n
aanduiding is dat jy "spot on" is

> So, sy reken Mugabe het swart boere se grond onteien en wittes in wit
> bantustans in Zimbabwe geprop?????

Algemene logika = Two wrongs does not make a right.
Gloudina logike = SA (en SA alleenlik) moet tot die einde van dae sy bek hou
wat in die wereld gebeur want hulle het ook gefouteer. Ander lande soos
Duitsland, Brittanje ens mag maar verskoon word vir dit wat hulle ander
nasies aangedoen het, maar NIE SA nie.
Re: Waar is almal [boodskap #116795 is 'n antwoord op boodskap #116792] Do, 03 April 2008 10:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan"

>   en Sipho sal eerder kies om te vergaan
>
>> van die elende onder bewind van sy eie mense, eerder as om soos 'n koning
>> te
>> leef en regeer te word deur ander.
>
>     Riaan, ek wonder of jy besef wat jy hier
>     sê. Transponeer nou  wat jy sê op die
>     Afrikaners en die Engelse na die Anglo-
>     Boere-oorlog.

Riaan, jy het soos gewoonlik, teen jou oogvelle
vasgekyk toe jy bostaande gelees het. Ek het
uitgewys dat jy verwag dat "Sipho" onderdanig
onder die wittes moes leef, net omdat die wittes
vir hom vleespotte geskep het en goeie paaie
( soos jy reken), en dat hy moes vergeet dat
hy in slawerny leef. Toe herinner ek jou daaraan
dat as jy materialistiese welstand as argument
gebruik, jy dieselfde argument moes gebruik
vir die Afrikaner - dat hy gewillig onder die
Engelse juk na die Boere-oorlog moes leef,
en geen ambisie hê om onder die juk uit te
kom nie. Iets wat jou geliefde Nasionale
Party natuurlik nie onderskryf het nie. Net
jammer dat hulle, toe hulle hul Republiek
kry, die grootste onderdrukkers van ander
se menseregte geword het.

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116796 is 'n antwoord op boodskap #116793] Do, 03 April 2008 10:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

>> Algemene logika = Two wrongs does not make a right.
> Gloudina logike = SA (en SA alleenlik) moet tot die einde van dae sy bek hou
> wat in die wereld gebeur want hulle het ook gefouteer. Ander lande soos
> Duitsland, Brittanje ens mag maar verskoon word vir dit wat hulle ander
> nasies aangedoen het, maar NIE SA nie.

Skaam jy jou nie om sulke leuens te sit
en skryf nie. Waar het ek ooit vertel dat
Duitsland en Engeland mag verskoon word
vir wat hulle gedoen het. Ek het keer op
keer gesê dat Engeland moet om
verskoning vra en reparasies betaal vir
wat hulle bv in SA gedurende die Boere-
oorlog gedoen het. Sover ek weet probeer
die Duitsers om verskoning vra vir wat
in hulle naam in die twintigste eeu aan
ander gedoen is. Dis jou Nasionale Party
wat baie na aan die Nazi-denke gekom
het en dis daardie soort denke onder
sekere Afrikaners wat nou nog die
eertydse goeie naam van die Afrikaner
vergiftig.

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116798 is 'n antwoord op boodskap #116795] Do, 03 April 2008 12:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:f995e624-2abf-4467-ae2c-f97aeb481bba@c19g2000prf.google groups.com...

Riaan, jy het soos gewoonlik, teen jou oogvelle
vasgekyk toe jy bostaande gelees het. Ek het
uitgewys dat jy verwag dat "Sipho" onderdanig
onder die wittes moes leef, net omdat die wittes
vir hom vleespotte geskep het en goeie paaie
( soos jy reken), en dat hy moes vergeet dat
hy in slawerny leef.

Sipho het NIE in slawerny geleef nie

Toe herinner ek jou daaraan dat as jy materialistiese
welstand as argument
gebruik, jy dieselfde argument moes gebruik
vir die Afrikaner - dat hy gewillig onder die
Engelse juk na die Boere-oorlog moes leef,
en geen ambisie hê om onder die juk uit te
kom nie.

Die Engelse kon die Boer NIKS bied wat die Boer nie vir homself in die hande
kon kry nie ... Baie groot verskil tussen die mentaliteit en die van swartes
wat tot vandag toe nog in Afrika sit en geld bedel by die "evil" wit nasies

Iets wat jou geliefde Nasionale
Party natuurlik nie onderskryf het nie. Net
jammer dat hulle, toe hulle hul Republiek
kry, die grootste onderdrukkers van ander
se menseregte geword het.

Onderdruk in watter vorm. Die tuislande het hulle tog die geleentheid gebied
om self te ontwikkel - Het hulle dit gedoen ? NEEEE
Re: Waar is almal [boodskap #116799 is 'n antwoord op boodskap #116796] Do, 03 April 2008 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:4b601c81-1c86-4a61-86cd-b77e6c039433@u10g2000prn.google groups.com...

Skaam jy jou nie om sulke leuens te sit
en skryf nie. Waar het ek ooit vertel dat
Duitsland en Engeland mag verskoon word
vir wat hulle gedoen het. Ek het keer op
keer gesê dat Engeland moet om
verskoning vra en reparasies betaal vir
wat hulle bv in SA gedurende die Boere-
oorlog gedoen het. Sover ek weet probeer
die Duitsers om verskoning vra vir wat
in hulle naam in die twintigste eeu aan
ander gedoen is. Dis jou Nasionale Party
wat baie na aan die Nazi-denke gekom
het en dis daardie soort denke onder
sekere Afrikaners wat nou nog die
eertydse goeie naam van die Afrikaner
vergiftig.

Gaan dink terug aan ons Oz, New Zealand, en Kanada gesprek. - So wil jy vir
my se Afrikaner nasionalisme is gelykstane aan Nazi denke.
Re: Waar is almal [boodskap #116802 is 'n antwoord op boodskap #116799] Do, 03 April 2008 23:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Gaan dink terug aan ons Oz, New Zealand, en Kanada gesprek. - So wil jy vir
> my se Afrikaner nasionalisme is gelykstane aan Nazi denke.

Wanneer jy sê "Afrikaner nasionalisme" dan
sleep jy die goeie naam van die Afrikaner in
by 'n nazi-kloon waaraan baie Afrikaners
geweier het om te behoort. Afrikaner nasionalisme
en die apartheidsgebroedsel is twee verskillende
dinge.

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116807 is 'n antwoord op boodskap #116802] Vr, 04 April 2008 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:c919b0c8-39d8-49fe-9501-66f6d2f86005@e10g2000prf.google groups.com...
"Riaan" skryf

> Gaan dink terug aan ons Oz, New Zealand, en Kanada gesprek. - So wil jy
> vir
> my se Afrikaner nasionalisme is gelykstane aan Nazi denke.

Wanneer jy sê "Afrikaner nasionalisme" dan
sleep jy die goeie naam van die Afrikaner in
by 'n nazi-kloon waaraan baie Afrikaners
geweier het om te behoort. Afrikaner nasionalisme
en die apartheidsgebroedsel is twee verskillende
dinge.

Gloudina

As julle die onreg wil regstel, is daar 3 moontlikhede:
1) Oorhandig die mag oor die hele land aan die nasate van die oorspronklike
inwoners van wie dit met bloedvergieting gesteel is!!!! - soos wat in Afrika
gebeur het met dekolonisasie. Daarvoor moet grootskeepse repatriasie van
die nasate van die kolonialiste plaasvind - ingesluit jy!!! Dis nie
realisties haalbaar nie!
2) Omskep die demokrasie sodat die nasate van die oorspronklike inwoners -
nou 'n onbeduidende minderheid! - die mag oor die meerderheid "indringers"
verkry. Ook nie realisties haalbaar nie!!!
3) Gee aan die inheemse mense betekenisvolle gedeeltes van hulle land terug
waar hulle nie net "mede-eienaars" is nie, maar alleen-eienaars en
alleen-regeerders!!! - waar dit weer hulle land is net hulle land en
niemand anders s'n nie. Dis realisties en haalbaar!!!

Maar soos ek gesê het: Dis Verwoerd se tuisland-opsie! Julle sal eerder
met die misdaad teen die inheemse inwoners volhou en oor hulle bly heers as
om daaraan te dink om een enkele duim grond as onafhanklike staat aan hulle
af te staan!!!

Ek sê nie dat Kanada die sleutel in die hande
het nie. Maar daar word met Eerste Nasies onderhandel,
en waar daar wetlike grond is dat onreg gepleeg was,
word dit reggestel.

Hoe? Dit kan net reggestel word as julle die grond teruggee en teruggaan
waar julle vandaan gekom het!!!

Ek dink in Australië is sekere
Aboriginal stamme alreeds mede-eienaars van een
area ( Northern Queensland of New South Wales."

"Mede-eienaars" oor hulle eie grond!

Betekenisvolle regstelling?

Nee, pateties!!! - gewetenssus!!!
Re: Waar is almal [boodskap #116810 is 'n antwoord op boodskap #116807] Sa, 05 April 2008 00:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> 3) Gee aan die inheemse mense betekenisvolle gedeeltes van hulle land terug
> waar hulle nie net "mede-eienaars" is nie, maar alleen-eienaars en
> alleen-regeerders!!!  - waar dit weer hulle land is net hulle land en
> niemand anders s'n nie.  Dis realisties en haalbaar!!!
>
> Maar soos ek gesê het: Dis Verwoerd se tuisland-opsie!  

Torreke, jy weet net so goed soos ek dat die
bantustan-planne van die Nasionaliste nie 'n
suiwer christelike motief gehad het nie. Dit
was 'n slinkse plan om voor te gee dat die
swartes stemreg gaan kry, maar eintlik vir
hulle heeltemal van hulle politieke mag te
beroof.
En selfs die idee dat hulle apart kon
ontwikkel, dit wil sê dat meer swart mense
belangrike poste kan beklee, was net 'n
klomp snert. Ek het dit op grondvlak
ondervind. Ek het op Adams College in
Natal klas gegee voordat die area deel
van die bantustan verklaar is. Op daardie
punt was daar 'n swart prinsipaal in die
hoërskool, en op een stadium was ek,
die Afrikaanse onderwyser, die enigste
wit mens in die hoërskool. Toe gaan ek
vir 'n paar jaar weg en kom weer terug
na Adams College, nadat dit deur
Bantoe-Onderwys oorgeneem is. Toe
wemel dit van die witmense daar. Die
hoërskool het toe 'n wit prinsipaal, en
al die wit mans daar sit en kyk waar
hulle kan aansoek doen vir poste as
prinsipale en vise-prinsiplae in swart
skole. Dus was die aparte ontwikkeling
van Verwoerd pure hogwash.
Ek het hierdie storie al voorheen
vertel. Dat selfs die wit ouens ( meestal
uit Transvaal) vertel het dat Meneer
van Heerden, toe die Rektor van die
skool, dié goedbetaalde pos gekry het
omdat hy vir die Verwoerd-kinders
gebabysit het.

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116811 is 'n antwoord op boodskap #116807] Sa, 05 April 2008 01:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

  Julle sal eerder
> met die misdaad teen die inheemse inwoners volhou en oor hulle bly heers as
> om daaraan te dink om een enkele duim grond as onafhanklike staat aan hulle
> af te staan!!!

Ek neem aan jy verwys hierbo na Kanada. In
Kanada, dink ek, is daar 'n werklike poging
om restitusie te maak vir die vorige koloniale
beleid, deur talle onderhandelinge met spesifieke
Eerste Nasies om spesifieke oplossings te vind
wat elke Eerste Nasie pas. Vireers moet jy onthou
dat elke lid van Eerste Nasies stemreg het binne
die federale en provinsiale raamwerk. Maar as
die Eerste Nasie geinteresseerd is in groter
onafhanklikheid, dan onderhandel hulle vir die
magte wat hulle voel hulle wil behartig. As
hierdie sisteem ietwat lyk na wat die oorspronklike
idee van aparte swart state is in SA be-oog het,
dan is dit nie toevallig nie. Sover ek weet het
'n afvaardiging uit SA wel die Kanadese situasie
kom bestudeer.

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116812 is 'n antwoord op boodskap #116810] Sa, 05 April 2008 05:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:0fa2f690-98b2-4e5c-a54b-cf11822ee0cf@t36g2000prm.google groups.com...
"Torreke" skryf

> 3) Gee aan die inheemse mense betekenisvolle gedeeltes van hulle land
> terug
> waar hulle nie net "mede-eienaars" is nie, maar alleen-eienaars en
> alleen-regeerders!!! - waar dit weer hulle land is net hulle land en
> niemand anders s'n nie. Dis realisties en haalbaar!!!
>
> Maar soos ek gesê het: Dis Verwoerd se tuisland-opsie!

Torreke, jy weet net so goed soos ek dat die
bantustan-planne van die Nasionaliste nie 'n
suiwer christelike motief gehad het nie. Dit
was 'n slinkse plan om voor te gee dat die
swartes stemreg gaan kry, maar eintlik vir
hulle heeltemal van hulle politieke mag te
beroof.
En selfs die idee dat hulle apart kon
ontwikkel, dit wil sê dat meer swart mense
belangrike poste kan beklee, was net 'n
klomp snert. Ek het dit op grondvlak
ondervind. Ek het op Adams College in
Natal klas gegee voordat die area deel
van die bantustan verklaar is. Op daardie
punt was daar 'n swart prinsipaal in die
hoërskool, en op een stadium was ek,
die Afrikaanse onderwyser, die enigste
wit mens in die hoërskool. Toe gaan ek
vir 'n paar jaar weg en kom weer terug
na Adams College, nadat dit deur
Bantoe-Onderwys oorgeneem is. Toe
wemel dit van die witmense daar. Die
hoërskool het toe 'n wit prinsipaal, en
al die wit mans daar sit en kyk waar
hulle kan aansoek doen vir poste as
prinsipale en vise-prinsiplae in swart
skole. Dus was die aparte ontwikkeling
van Verwoerd pure hogwash.
Ek het hierdie storie al voorheen
vertel. Dat selfs die wit ouens ( meestal
uit Transvaal) vertel het dat Meneer
van Heerden, toe die Rektor van die
skool, dié goedbetaalde pos gekry het
omdat hy vir die Verwoerd-kinders
gebabysit het.

Gloudina

Ag, spaar ons tog asseblief jou veralgemenings gebore uit jou persoonlike
ervarings?! Jy ervarings tel een uit miljoene; statisties wat is dit werd?
Re: Waar is almal [boodskap #116813 is 'n antwoord op boodskap #116811] Sa, 05 April 2008 06:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:7111ec0c-e40c-4f74-b929-6b9cc96ef40b@s33g2000pri.google groups.com...
"Torreke" skryf

Julle sal eerder
> met die misdaad teen die inheemse inwoners volhou en oor hulle bly heers
> as
> om daaraan te dink om een enkele duim grond as onafhanklike staat aan
> hulle
> af te staan!!!

Ek neem aan jy verwys hierbo na Kanada. In
Kanada, dink ek, is daar 'n werklike poging
om restitusie te maak vir die vorige koloniale
beleid, deur talle onderhandelinge met spesifieke
Eerste Nasies om spesifieke oplossings te vind
wat elke Eerste Nasie pas. Vireers moet jy onthou
dat elke lid van Eerste Nasies stemreg het binne
die federale en provinsiale raamwerk.

Daardie stermreg is NIKS werd nie, want die inheemse nasies is tot
betekenislose minderhede gereduseer deur massamoorde en grootskaalse
immigrasie vanuit Europa.

Maar as
die Eerste Nasie geinteresseerd is in groter
onafhanklikheid, dan onderhandel hulle vir die
magte wat hulle voel hulle wil behartig. As
hierdie sisteem ietwat lyk na wat die oorspronklike
idee van aparte swart state is in SA be-oog het,
dan is dit nie toevallig nie. Sover ek weet het
'n afvaardiging uit SA wel die Kanadese situasie
kom bestudeer.

Ag, moet tog nou asseblief nie kom probeer voorgee dat die NP hulle beleid
in Kanada geleer het nie. Hogwash!!!

In ieder geval het die Wittes die grond gevat met massaslagtings en
grootskaalse immigrasie. Die oorspronklike inwoners is gewoon uit hulle
land uitgeboer - en daar is net een manier om dit werklik reg te stel! - dis
om die land terug te gee! Full stop!

Daar is nou 'n verskriklike "gejuig" omdat Obama dalk president van die VSA
gaan word - die eerste keer in die geskiedenis dat 'n nie-Witte dit dalk
gaan wees. Maar die Swartes in die VSA is netsoos die Wittes immigrante -
ongeag die onregverdige wyse waarop hulle daar gekom het. Maar het 'n
"Native American" al ooit 'n kans gestaan? Het die "Native Americans"
betekenisvolle inspraak in en mag oor wat in die VSA of Kanada gebeur? Jy
ken die antwoord so goed soos ek: Nie eens amper nie!!!!
Re: Waar is almal [boodskap #116814 is 'n antwoord op boodskap #116813] Sa, 05 April 2008 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

 Maar het 'n
> "Native American" al ooit 'n kans gestaan?  Het die "Native Americans"
> betekenisvolle inspraak in en mag oor wat in die VSA of Kanada gebeur?  Jy
> ken die antwoord so goed soos ek: Nie eens amper nie!!!!

Ek is so bly dat jy so 'n voorvegter is vir die
reg van aboriginals om in hulle vaderland
dominant te word. Ek is in dieselfde kamp.
( Ek hoop dat jy hierdie opinie van jou sal
voortsit wanneer jy na Australië emigreer.)
Mag ek egter uitwys dat die nuutgeskepte
arktiese Nunavut gelei word deur 'n premier
wat aan die indigene nasie behoort, soos
ook verskeie ander territories. Daar is ook
Eerste Nasie ministers in die suidelike
provinsiale regerings. Verskeie Luitenant-
Generaals ( die koningin se verteenwoordiger
in elke provinsie) is van Eerste Nasie
oorsprong. Daar was ook, in die vorige Liberale
regering vir wie ek stem, kabinetslede
wat aan Eerste Nasies behoort.
Kanada volg op die oomblik egter 'n
beleid van veelrassigheid. Dit maak dit
moontlik vir enigiemand om enige pos te
beklee. Ons huidige Goewerneur-Generaal
is 'n beeldskone vrou wat in Haiti gebore
is en na Kanada gevlug het. Die Goewerneur-
Generaal voor haar was 'n vrou wie se
ouers uit Hong Kong gedurende die
Tweede Wêreld-oorlog gevlug het en dus
van Chinese etniese oorsprong is.
Ek dink egter jy moet van jou
troontjie afklim oor hoe die wittes uit
Europa so sleg in ander dele van die wêreld
was, maar skielik met skoon handjies in
SA gedurende die apartheidsregime was.
Onthou, jy het hulle in stand gehou met
jou stem, en daarom het jy, en vele soos
jy, dit moontlik gemaak dat die gruwelikste
skending van menseregte gebeur het terwyl
jy niks gedoen het om sake te verander nie.
Die koloniale magte van Europa het minstens
teen die middel van die laaste eeu gewyk
uit Afrika en die oorspronklike mense hulle
regte gegee. Maar in SA het jy en jou ouers
voor jou 'n rassistiese diktatorskap vir
omtrent 'n halwe eeu in stand gehou. So
hou op met jou skynheilige opinies oor
wat in ander dele van die wêreld moes
gebeur het en slaan, elke keer as jy jou
mond oopmaak, die hand in eie boesem.
Beter nog, vra vergiffenis op jou knieë.

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116815 is 'n antwoord op boodskap #116812] Sa, 05 April 2008 13:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Ag, spaar ons tog asseblief jou veralgemenings gebore uit jou persoonlike
> ervarings?!   Jy ervarings tel een uit miljoene; statisties wat is dit werd?

Ek is so bly jy maak staat op die krag en die
mag van statistiek. Dan sal jy saamstem dat,
statisties, gegee die klein hoeveelheid
Afrikaners in SA se bevolking, daar omtrent geen
wit gesig in die regering behoort te wees nie.
En ook omtrent geen wit gesig in die sports-
spanne nie.
Minag maar my ondervinding op die grond
in SA, terwyl jy en jou ouers rondom die vlees-
potte gesit het. Ek weet wat ek weet. En groter
en belangriker Afrikaners as jy het hierdie
situasies gesien en daarteen gewaarsku. Mag
ek jou vertel hoe ek oorspronklik op Adams
Mission te lande gekom het. Die skool was
desperaat vir 'n Afrikaanse onderwyser, en het
na Dr. Gerdener, destyds 'n professor in die
kweekskool op Stellenbosch, geskryf en gevra
om iemand te vind wat bereid sal wees om
daarheen te kom. Dr. Gerdener het van my
begeerte om in swart skole skool te hou
geweet omdat hy my suster geken het wat
vir die CSV ( Christelike Studente Vereniging)
gewerk het by die hoofkantoor in Stellenbosch.
Jy kan dus verseker wees dat die mense wat
regtig getel het in die Christelike gemeenskap
en die eerste tekens van onheiligheid in die
politieke ambisies van die apartheidsvoorstanders
gesien het, hard gewerk het om dinge in die
regte rigting te stuur.
Dis dieselfde suster van
my wat deur Beyers Naude genader is om
vir hom in Johannesburg te kom werk. Dis
dieselfde suster van my wat uiteindelik uit
die CSV se diens getree het omdat die
apartheidsreëls dit onmoontlik gemaak het
vir die vereniging om veelrassig te opereer.
Die regering wat jy met jou stem in stand
gehou het, het gemaak dat 'n sterk
Christelike instansie in SA in twee gebreek
het. Dis daarom dat ek vir jou nogeens kan
sê. Hou op met jou skynheilige pontifikasie
en gaan op jou knieë en vra om vergiffenis.
Elke môre en elke middag en elke aand.
Anders is jou hande bevlek.

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116817 is 'n antwoord op boodskap #116814] Ma, 07 April 2008 07:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

Ek is so bly dat jy so 'n voorvegter is vir die
reg van aboriginals om in hulle vaderland
dominant te word. Ek is in dieselfde kamp.
( Ek hoop dat jy hierdie opinie van jou sal
voortsit wanneer jy na Australië emigreer.)

Waarheen ek ookal emigreer, en indien wel, het (1) niks met jou te doen nie,
en (2) sal geen duit aan my standpunt verander nie.

Mag ek egter uitwys dat die nuutgeskepte
arktiese Nunavut gelei word deur 'n premier
wat aan die indigene nasie behoort, soos
ook verskeie ander territories. Daar is ook
Eerste Nasie ministers in die suidelike
provinsiale regerings. Verskeie Luitenant-
Generaals ( die koningin se verteenwoordiger
in elke provinsie) is van Eerste Nasie
oorsprong. Daar was ook, in die vorige Liberale
regering vir wie ek stem, kabinetslede
wat aan Eerste Nasies behoort.
Kanada volg op die oomblik egter 'n
beleid van veelrassigheid. Dit maak dit
moontlik vir enigiemand om enige pos te
beklee. Ons huidige Goewerneur-Generaal
is 'n beeldskone vrou wat in Haiti gebore
is en na Kanada gevlug het. Die Goewerneur-
Generaal voor haar was 'n vrou wie se
ouers uit Hong Kong gedurende die
Tweede Wêreld-oorlog gevlug het en dus
van Chinese etniese oorsprong is.

Feit is en bly: Die oorspronklike inwoners is deur massaslagting en
grootskaalse immigrasie tot 'n onbeduidende minderheid gereduseer. 'n Feit
wat jy elke keer bloot uitvee en ignoreer!!!
Nou regeer selfs 'n beeldskone vrou uit Haiti - 'n immigrant!!! Het die
nasate van die oorspronklike inwoners enige keuse as om maar met die beleid
in te val? Het hulle enige wesenlike bedingingsmag? NEE!!
Het die Kanadese regering enige wesenlike geldelike kompensasie gegee vir
die verskriklike vergrype?

Ek dink egter jy moet van jou
troontjie afklim oor hoe die wittes uit
Europa so sleg in ander dele van die wêreld
was, maar skielik met skoon handjies in
SA gedurende die apartheidsregime was.

In Suid-Anerika het die Spanjaarde die Inkas wat 'n baie hoër beskawing as
hulle gehad het, met die mag van buskruit waaroor die Inkas nie beskik het
nie, tot oorgawe gedwing, as sekslawe gebruik en aan die Arabiese sjeiks
verkoop. Die Spanjaarde het die Inka meisies as slavinne en bywywe
gebruik - en op groot skaal met sifilis besmet!
In veral die VSA (maar ook in Kanada) is die oorspronklike inwoners in
massaslagtings uitgeroei. Vir elke aanval wat die oorspronklike inwoners op
die ongewensde en onwettige indringing in hulle grondgebied gedoen het om te
probeer beskerm wat hulle s'n was, is hulle met massaslagtings terugbetaal
en in altyd kleiner wordende gebiede vasgepen.
Dieselfde het in Australia met die Aborgines gebeur.

En in Suid-Afrika? Eg daag jou uit om enige soortgelyke optrede van die in
SA uit te wys. Die naaste wat jy in die hele SA daaraan sal kom is die
Slag van Bloedrivier, waar 430 Voortrekkers 10,000 Zoeloes in 'n veldslag
waarin die Zoeloes met hulle oormag menslik gesproke ALLES aan hulle kant
gehad het, pak gegee het. En die enigste rede waarom daar soveel van hulle
doodgeskiet is daardie dag totdat die rivier rooi van hulle bloed was, was
omdat hulle nie wou moed opgee nie.

Sharpville? - Verskriklik! Die 1976-opstande? Ewe verskriklik!!! Maar
kan dit vergelyk word met wat elders deur die kolonialiste gedoen is.

Praat van die Engelse se optrede in die 2e Vryheidsoorlog, hulle beleid van
verskroeide aarde, 26000+ vroue en kinders wat in die kampe dood is en
omtrant netsoveel van hulle plaasarbeiders, ja, dan praat ons van dieselfde
soort ding wat hulle elders aangevang het.

Toe Van Riebeeck voet aan wal gesit het, was daar omtrent net soveel swart
Afrikane Suid van die Limpopo as wat daar Aborigenes in Australia was - 'n
paar honderd duisend. Vandag is daar minder as 300k Aborigenes in Australia
en 45m Swartes in SA.

Ek sê nie die Afrikaners is onskuldig nie, en ek het dit nog nooit probeer
sê nie, maar daar is hoegenaamd geen vergelyking tussen die wyse waarop
hulle die inheemse bevolkings behandel het teenoor wat in die Amerikas en
Australasia gebeur het nie.

Onthou, jy het hulle in stand gehou met
jou stem, en daarom het jy, en vele soos
jy, dit moontlik gemaak dat die gruwelikste
skending van menseregte gebeur het terwyl
jy niks gedoen het om sake te verander nie.
Die koloniale magte van Europa het minstens
teen die middel van die laaste eeu gewyk
uit Afrika en die oorspronklike mense hulle
regte gegee.

Hulle het, nadat hulle hulself vet gesteel het aan Afrika se rykdomme,
gewoon weggehardloop en Afrika in die drek gedrop, toe Afrika Europa op die
nodigste gehad het!!!!! Het jy "Africa Adio" gesien?

Maar in SA het jy en jou ouers
voor jou 'n rassistiese diktatorskap vir
omtrent 'n halwe eeu in stand gehou.

Jy ken nie my ouers nie, het hulle nooit geken nie en kan geen uitspraak oor
hulle maak nie. Tipies van jou verwaande arrogansie!!!

So
hou op met jou skynheilige opinies oor
wat in ander dele van die wêreld moes
gebeur het en slaan, elke keer as jy jou
mond oopmaak, die hand in eie boesem.
Beter nog, vra vergiffenis op jou knieë.

Jy wat voor Bhoedha loop buig het, is die laaste een om vir my oor soeke na
vergifnis te preek.
Re: Waar is almal [boodskap #116818 is 'n antwoord op boodskap #116817] Ma, 07 April 2008 11:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Jy wat voor Bhoedha loop buig het, is die laaste een om vir my oor soeke na
> vergifnis te preek.

So nou predik jy weer dat alleen jy wat sogenaamd
Christen is, weet hoe om te soek na vergifnis. Hier
kom die tweegesig weer uit. Eers predik jy dat wat
in ander dele van die wêreld gebeur het, veel erger
was as wat in SA gebeur het. Dit wil sê, jou groep
is die minder skuldiges. Dan preek jy weer dat
alleen mense wat in jou "godsdiensraamwerk"
inpas, weet hoe om heilig te wees. Hulle is dus
superieur bo alles. Dis die tipiese mentaliteit
van 'n mens wat aan 'n kult behoort, beide
staatkundig ( soos toe jy tot in 1994 vir 'n groep
gestem het wat nou soos mis voor die môreson
verdwyn het) en teologies ( jy behoort aan 'n
groep wat predik dat hulle alleen weet hoe om
die sacred lewe te leef. )

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116820 is 'n antwoord op boodskap #116818] Ma, 07 April 2008 11:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

> Jy wat voor Bhoedha loop buig het, is die laaste een om vir my oor soeke
> na
> vergifnis te preek.

So nou predik jy weer dat alleen jy wat sogenaamd
Christen is, weet hoe om te soek na vergifnis. Hier
kom die tweegesig weer uit. Eers predik jy dat wat
in ander dele van die wêreld gebeur het, veel erger
was as wat in SA gebeur het. Dit wil sê, jou groep
is die minder skuldiges. Dan preek jy weer dat
alleen mense wat in jou "godsdiensraamwerk"
inpas, weet hoe om heilig te wees. Hulle is dus
superieur bo alles. Dis die tipiese mentaliteit
van 'n mens wat aan 'n kult behoort, beide
staatkundig ( soos toe jy tot in 1994 vir 'n groep
gestem het wat nou soos mis voor die môreson
verdwyn het) en teologies ( jy behoort aan 'n
groep wat predik dat hulle alleen weet hoe om
die sacred lewe te leef. )

Gloudina

Buig voor Bhuddha, Ta' Hessie, buig voor Bhuddha, met jou kop diep tussen
jou knieë ingedruk en aanbid die beeld van die vet man!

Maar jy't g'n legitimiteit om vir enigeiemand te preek oor 'n sg kultus wat
hy/sy aanhang nie, want dis presies wat jy aanhang!!!!

Jy't nie die vermoë om buitekant jou klein boksie te dink nie...
Jy't nie die vermoë om 'n muntstuk om te draai en na die ander kant te kyk
nie...
Jou brilletjie het het konkawe lensies - dit kan net binnetoe kyk en gee jou
tonnelvisie...

Voor jy weer met my probeer gesels, gaan besoek 'n oogkundige en laat hy vir
jou 'n beter bril voorskryf.

Tot dan moet jy my verskoon, ek het beter dinge te doen as om al in die
ronde met jou te redeneer.
Re: Waar is almal [boodskap #116821 is 'n antwoord op boodskap #116817] Ma, 07 April 2008 12:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

 Die Spanjaarde het die Inka meisies as slavinne en bywywe
> gebruik - en op groot skaal met sifilis besmet!

Die nuutste mediese opinie oor sifilis is deesdae
dat dit 'n mutasie is van 'n lokale Nuwe Wêreld
virus ( wat nou nog in dele van die Amazon voorkom)
en dat dit eintlik die besoekende Europeane was
wat besmet is en dit teruggeneem het na Europa.
Sifilis het in Europa vir die eerste keer kop uitgesteek
na die terugkoms van Columbus.

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116823 is 'n antwoord op boodskap #116820] Ma, 07 April 2008 14:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> Buig voor Bhuddha, Ta' Hessie, buig voor Bhuddha, met jou kop diep tussen
> jou knieë ingedruk en aanbid die beeld van die vet man!
>
> Maar jy't g'n legitimiteit om vir enigeiemand te preek oor 'n sg kultus wat
> hy/sy aanhang nie, want dis presies wat jy aanhang!!!!

Dit is duidelik dat jy geen begrip het van wat
Buddhisme se bestek is nie. Jy skuim maar
om die mond en raak dieselfde snert kwyt
wat enige kult opbou om sy eie klein konsep
van wat aangaan in die spirituele wêreld te beveg..
Gelukkig is daar ander mense in die Christelike
bestek in SA wat dinge begryp, selfs heelwaar-
skynlik in jou eie kerk. Hoekom vra jy nie vir
jou Ouboet nie?
Buddhisme hang geen god of gode aan nie.
Daar is letterlik ontelbare Buddhas. 'n Buddha
is 'n spesifieke deel van die psige wat suiwer
is, wat nie besmet is met die aksies van die
gevalle ego nie. Buddhas is die naaste wat
mens kan kom in die praktiese kontemplasie
van wat in die Christelike Bybel aangedui word
dat "die mens in die beeld van God geskape is."

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116826 is 'n antwoord op boodskap #116823] Di, 08 April 2008 06:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:4d93765e-055c-45a6-a02c-8e78212d75ad@k1g2000prb.googleg roups.com...

Buddhisme hang geen god of gode aan nie.
Daar is letterlik ontelbare Buddhas. 'n Buddha
is 'n spesifieke deel van die psige wat suiwer
is, wat nie besmet is met die aksies van die
gevalle ego nie. Buddhas is die naaste wat
mens kan kom in die praktiese kontemplasie
van wat in die Christelike Bybel aangedui word
dat "die mens in die beeld van God geskape is."

Stront - Indien dit wel so was sou die stappe / proses om dit te doen in die
bybel beskryf word
Re: Waar is almal [boodskap #116830 is 'n antwoord op boodskap #116826] Di, 08 April 2008 11:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Stront - Indien dit wel so was sou die stappe / proses om dit te doen in die
> bybel beskryf word

Dit word wel in die Christelike Bybel beskryf. As jy
dit nie raaksien nie, is dit jou fout. Dis daarom dat
die Dalai Lama mense aanmoedig om nie blindelings
"Buddhiste te wil word" nie, maar in hulle eie
geestelike raamwerk die pad te soek. Buddhisme
is net baie meer praktiese en wetenskaplike manier
om "the sacred" te benader.

Gloudina
Re: Waar is almal [boodskap #116831 is 'n antwoord op boodskap #116830] Di, 08 April 2008 12:43 Na vorige boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:12e8e81a-591c-4cc6-a87c-0ab143e03e7c@s39g2000prd.google groups.com...

> Dit word wel in die Christelike Bybel beskryf. As jy
> dit nie raaksien nie, is dit jou fout. Dis daarom dat
> die Dalai Lama mense aanmoedig om nie blindelings
> "Buddhiste te wil word" nie, maar in hulle eie
> geestelike raamwerk die pad te soek. Buddhisme
> is net baie meer praktiese en wetenskaplike manier
> om "the sacred" te benader.
>
> Gloudina

My Antie -

Die mens het nie 'n kat se kans om eers te probeer om soos God te wees nie,
want ek glo nie dit is eers regtig moontlik vir die mens om God se grootheid
te verstaan nie. Indien jy bedoel het Jesus het vir die Christen 'n
voorbeeld daar gestel hoe daar geleef moet word dan stem ek met jou saam.
Feit is egter dat dit vir die sondige mens nog steeds onmoontlik is om soos
Jesus te wees. En nie een van jou Buddhiste mannetjies sal dit kan regkry
nie, maak nie saak hoe lank hy "oefen" nie
Vorige onderwerp: Wat die ANC geraak het.
Volgende onderwerp: Apartheid-otte (nuwe weergawe van varke)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 15:26:10 MGT 2024