Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die navolger van Dave, genaamd Torreke
Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116751] Do, 27 Maart 2008 15:17 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Noudat Dave opgehou het om poste uit Engelse
koerante op hierdie nuusgroep te maak, nou sien
ek dat Torreke die vaandel opneem. Die vaandel
waarop geskryf staan "die dood van Afrikaans aan
die hand van die hanskakies."
Wie dink jy lees hierdie Engelse poste van
jou op hierdie AFRIKAANSE nuusgroep, Torreke?
Dink jy ék lees dié Engelse poste? Ek verkies om
my nuus uit SA eksklusief uit Afrikaanse koerante
op die internet te kry. Dink jy Jan van Perth lees
jou poste? Dink jy selfs Dave lees jou poste?
Al wat jy bereik, Torreke, is om hierdie
AFRIKAANSE nuusgroep dood te smoor met jou
Engelse poste. Al wat jy bereik, is om te wys dat
jy, Torreke, nie 'n duit omgee vir die voortbestaan
van Afrikaans op die Internet nie. Al wat jy bereik
is om vir jouself te titteleer. En om sulke self-
tittelasie te aanskou, is altyd bietjie onheilig. En
laat jou lyk na 'n liggewig mannetjie.

Penkop van die Derde Republiek
Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116753 is 'n antwoord op boodskap #116751] Do, 27 Maart 2008 16:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie"
Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116754 is 'n antwoord op boodskap #116753] Vr, 28 Maart 2008 02:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> "Penkop van die Derde Republiek"!!!
> Jy's g'n 'n penkop nie, en nog minder 'n waardige kampvegter vir die
> Republiek.

Torreke, hy is Penkop van die Derde Republiek.
Jy was nooit en sal nooit lid van die Derde
Republiek wees nie, hanskakie.

Tant Hessie van die Agterste van Helsdingens
Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116755 is 'n antwoord op boodskap #116754] Vr, 28 Maart 2008 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

> Torreke, hy is Penkop van die Derde Republiek.
> Jy was nooit en sal nooit lid van die Derde
> Republiek wees nie, hanskakie.

Jy wat jou huistaal vir Engels verruil het...
Jy wie se kinders net Engels ken...
Jy wat jou Afrikanerskap vir 'n pot lensiesop verkoop het...
Jy is die laaste een wat iemand anders 'n "hanskakie" kan noem.

>
> Tant Hessie van die Agterste van Helsdingens
>

Ja, dis 'n beter beskrywing van jouself met groot klem op die "Tant" en
"Agterste" - voor!

Dit lyk my jy is goed op pad om die nuusgroep net vir jouself te hê!!! - om
jou Afrikaanse gediggies te plaas waar geeneen van die gereelde besoekers
meer kom om iets te lees nie. Jy kan die ng se naam verander na "Versamelde
Afrikaanse Gedigte" deur "Tant Hessie van die Agterstevoor van Helsdingens"
Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116756 is 'n antwoord op boodskap #116754] Vr, 28 Maart 2008 06:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

> "Torreke" skryf
>
>> "Penkop van die Derde Republiek"!!!
>> Jy's g'n 'n penkop nie, en nog minder 'n waardige kampvegter vir die
>> Republiek.
>
> Torreke, hy is Penkop van die Derde Republiek.
> Jy was nooit en sal nooit lid van die Derde
> Republiek wees nie, hanskakie.
>
> Tant Hessie van die Agterste van Helsdingens

En, Ta' Hessie van die Agerstevoor van Helsdinges, ek het nagelaat om in my
ander reaksie te sê dat jy die volgende gedeelte gerieflik uitgevee het
sonder om daarop te antwoord;

"Maar die punt is: Jy's nie kwaad oor die Engels nie, jy's kwaad omdat
die
skrywe jou ANC-helde ontmasker as korrup!!! - en uitwys dat Joe Modise
al
tydens die struggle korrup was!!! - en dit deur mense wat uit die
binnekring
van die ANC kom!!! - mense wat behoort te weet!!!"

Te naby aan die waaarheid gekom, nie waar nie?
Toe fokus jy maar liewers op die persoon, eerder as die argument, nie waar
nie?
Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116761 is 'n antwoord op boodskap #116755] Sa, 29 Maart 2008 00:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

 Jy kan die ng se naam verander na "Versamelde
> Afrikaanse Gedigte" deur "Tant Hessie van die Agterstevoor van Helsdingens"

Ek merk op dat jy herhaaldelik beswaar maak
teen die AFRIKAANSE gedigte op hierdie
nuusgroep, terwyl jy 'n voorvegter is vir
die gebruik van ENGELS op hierdie nuusgroep.
Kan jy verduidelik hoekom die teenwoordigheid
van die gedigte op hierdie nuusgroep jou so
die herrie in maak?

Louis van die agterste Leipoldts
Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116762 is 'n antwoord op boodskap #116761] Sa, 29 Maart 2008 04:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
Ta' Hessie van die Agterstevoor van Helsdinges

Ek merk op dat jy herhaaldelik beswaar maak
teen die AFRIKAANSE gedigte op hierdie
nuusgroep,

Waar het ek beswaar gemaak teen die Afrikaanse gedigte, waar?
Haal uit en wys?

terwyl jy 'n voorvegter is vir
die gebruik van ENGELS op hierdie nuusgroep.

Waar was ek ooit 'n "voorvegter vir die gebruik van ENGELS", waar?
Haal uit en wys?

Kan jy verduidelik hoekom die teenwoordigheid
van die gedigte op hierdie nuusgroep jou so
die herrie in maak?

Kyk my antwoord hierbo.

Louis van die agterste Leipoldts

Jy bedoel tog seker "Louise" van die Agterstevoor Leipoldts, nie waar nie?

Of moet ons aanvaar dat jy, omdat jy so gevorderd is in jare...
En die biologiese ontwikkeling noodwendig sy onvermydelike gang gegaan
het...
Dat jy 'n snor en 'n bokbaard het?
- dat jy manlik voel en daarom jouself met manlike name beskryf, "Penkop" en
"Louis"...
maar terselfdertyd heimwee verklap oor jou verlore jeug met die jeugdige
benaming vir 'n jong boerekryger?

En, Ta' Hessie van die Agerstevoor van Helsdinges, weer ignoreer jy die
eintlike punt:

"Jy's nie kwaad oor die Engels nie, jy's kwaad omdat die
skrywe jou ANC-helde ontmasker as korrup!!! - en uitwys dat Joe Modise
al
tydens die struggle korrup was!!! - en dit deur mense wat uit die
binnekring
van die ANC kom!!! - mense wat behoort te weet!!!"

"Te naby aan die waaarheid gekom, nie waar nie?
Toe fokus jy maar liewers op die persoon, eerder as die argument, nie
waar nie?"
Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116763 is 'n antwoord op boodskap #116762] Sa, 29 Maart 2008 11:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" skryf

> En, Ta' Hessie van die Agerstevoor van Helsdinges, weer ignoreer jy die
> eintlike punt:
>
>     "Jy's nie kwaad oor die Engels nie, jy's kwaad omdat die
>     skrywe jou ANC-helde ontmasker as korrup!!! - en uitwys dat Joe Modise
> al
>     tydens die struggle korrup was!!! - en dit deur mense wat uit die
> binnekring
>     van die ANC kom!!! - mense wat behoort te weet!!!"

Torreke, ek het nou lank stilgebly oor jou ewige
opgooisels oor my verhouding met die ANC. Nou
sien ek jy vra daarvoor DAT EK JOU DIE ANTWOORD
GEE WAT JY VERDIEN. Ek het jou voorheen gesê
dat niks wat die ANC op die oomblik doen enigsins
kan vergelyk met die menseregteskending en
korrupsie wat daar onder die Nasionaliste was
vir wie jy tot in 1994 gestem het nie. As jy weer
een woord oor die ANC praat, sal ek weer die
sluise ooptrek oor jou helde, die Nasionale
Party. Onthou nou wat ek vir jou hier sê. Jy
moet liewers nie vra daarvoor nie. Hoekom
bly jy nie liewer stil sodat ander mense die
nuusgroep kan begin gebruik vir die regte
doel nie: die bevordering van Afrikaans. Ek
is seker mense is siek en sat vir jou aanvalle
op my.

Gloudina
Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116767 is 'n antwoord op boodskap #116763] So, 30 Maart 2008 10:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote

Torreke, ek het nou lank stilgebly oor jou ewige
opgooisels oor my verhouding met die ANC. Nou
sien ek jy vra daarvoor DAT EK JOU DIE ANTWOORD
GEE WAT JY VERDIEN. Ek het jou voorheen gesê
dat niks wat die ANC op die oomblik doen enigsins
kan vergelyk met die menseregteskending en
korrupsie wat daar onder die Nasionaliste was
vir wie jy tot in 1994 gestem het nie. As jy weer
een woord oor die ANC praat, sal ek weer die
sluise ooptrek oor jou helde, die Nasionale
Party. Onthou nou wat ek vir jou hier sê. Jy
moet liewers nie vra daarvoor nie. Hoekom
bly jy nie liewer stil sodat ander mense die
nuusgroep kan begin gebruik vir die regte
doel nie: die bevordering van Afrikaans. Ek
is seker mense is siek en sat vir jou aanvalle
op my.

Ta' Hessie van die Agerstevoor van Helsdinges, weer ignoreer jy die
eintlike punt:

"Jy's nie kwaad oor die Engels nie, jy's kwaad omdat die
skrywe jou ANC-helde ontmasker as korrup!!! - en uitwys dat Joe Modise
al tydens die struggle korrup was!!! - en dit deur mense wat uit die
binnekring van die ANC kom!!! - mense wat behoort te weet!!!"
Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116768 is 'n antwoord op boodskap #116763] Ma, 31 Maart 2008 06:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Ta' Hessie van die Agterstevoor van Helsdinges"
Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116770 is 'n antwoord op boodskap #116763] Ma, 31 Maart 2008 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:0dc24a32-21b9-47e1-93f8-6ed701791265@s8g2000prg.googleg roups.com...

. As jy weer een woord oor die ANC praat, sal ek weer die
sluise ooptrek oor jou helde, die Nasionale
Party.

Maak so oudste van dae - Ek kan nie wag om in so debat in te spring en die
ANC te ontmasker vir die kak wat hulle is nie
Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116772 is 'n antwoord op boodskap #116763] Ma, 31 Maart 2008 09:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" < wrote

Ek het jou voorheen gesê
dat niks wat die ANC op die oomblik doen enigsins
kan vergelyk met die menseregteskending en
korrupsie wat daar onder die Nasionaliste was
vir wie jy tot in 1994 gestem het nie.

Ek merk op dat jy herhaaldelik beswaar maak
teen die AFRIKAANSE gedigte op hierdie
nuusgroep,

Torreke antwoord:

Waar het ek beswaar gemaak teen die Afrikaanse gedigte, waar?
Haal uit en wys?

Maar net om jou te wys ek het geen beswaar teen Afrikaanse gedigte nie en
dat jy dalk maar versigtig moet wees oor 'n vergelyking tussen die ou regime
en die huidige regime - hier's een uit die pen van koos kombuis - ek dink sy
credentials behoort selfs vir jou bo verdenking te wees.

Ek blog in die donker
met pen en papier
want die krag is weer af
(generator te duur)
ek blog in die donker
want escom is dood
in die dumpster hier buite
soek werkloses brood
ek blog in die donker
want die toekoms is swart
my nood-gassilinder
is leër as kwart
wat het ons gesondig?
wat was ons fout?
een-man-een-stem
maak my skielik benoud
my ma was 'n martelaar
my pa 'n rassis
hy't gesê: "kyk, die swartes
steel en breek altyd alles"
ek het teen hom geraas
met al die krag van my jeug
want Afrikaner-nsasionalisme
sou ons land tog nie deug
nou's my idealisme gesteel
en my hart is gebreek
want die nuwe regering
het als opgeneuk
die zumas en thabo's
is so erg soos die botha's
harde werk en meriete
moet nou buig voor die kwotas
die criminals loop vry
die regters word al hoe dronker
suid-afrika brand
maar ek blog in die donker

koos kombuis, 21-1-2008
Re: Die navolger van Dave, genaamd Torreke [boodskap #116773 is 'n antwoord op boodskap #116763] Ma, 31 Maart 2008 09:43 Na vorige boodskap
Torreke[1]  is tans af-lyn  Torreke[1]
Boodskappe: 423
Geregistreer: Februarie 2008
Karma: 0
Senior Lid
Ta' Hessie van die Agerstevoor van Helsdinges skryf

Ek het jou voorheen gesê
dat niks wat die ANC op die oomblik doen enigsins
kan vergelyk met die menseregteskending en
korrupsie wat daar onder die Nasionaliste was
vir wie jy tot in 1994 gestem het nie.

Ek nooi jou uit om enige korrupsie uit die tydperk van die Nasionale
Regering uit te wys wat op enige wyse vergelyk kan word met die
wapenskandaal?
Vorige onderwerp: Terreurnetwerk opgedoek in Toronto
Volgende onderwerp: SA se skandalige stilswye oor Zimbabwe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 14:37:51 MGT 2024