Tuis » Lekker » Reis & vakansie » Swartbergpas
Swartbergpas [boodskap #113956] |
Wo., 02 Mei 2007 10:31  |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het hierdie naweek 'n ou vrees oorwin - ek het oor die Swartbergpas
gery. Prins Albert had 'n olyffees, toe gaan kampeer ons by die
Stompdriftdam naby De Rust en vandaar het ons rondgery.
Wat 'n wonderlike wêreld! Daar is letterlik 'n horde besoekpunte in
die area - klowe, valleie, dorpies, grotte, snaakse heuwels - ek sal
weer moet gaan! En weer, en weer...
Moenie, soos ek, oor die pas ry as die kruin in wolke is nie. Scary.
Moenie dink jy gaan rustig kampeer tussen 'n klomp viriele Boerklonge
en -niggies nie. Vat genoeg drank saam om dit stil te drink.
Weet ook dat dit nooit daar reën nie, tensy dit presies op die oomblik
is wat jy moet tent opslaan. En, dat die reën daarna sal ophou.
Is hier van die mense wat hier skryf wat al Gamkaskloof in was? Lekker
afval uit Die Hel geëet op Prins Albert.
|
|
|
|
|
|
Re: Swartbergpas [boodskap #113963 is 'n antwoord op boodskap #113962] |
Wo., 02 Mei 2007 18:28   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 02 May 2007 20:19:08 +0200, Ferdi wrote:
> On Wed, 02 May 2007 18:58:43 +0200, Dave wrote:
>
> >> Ek het hierdie naweek 'n ou vrees oorwin - ek het oor die Swartbergpas
>>> gery.
>> Ek het dit vroeër as jy gedoen - was sowat 10 jaar oud.
>> Het nie self bestuur nie - my ma se man het.
>> Mosselbaai na Outshoorn of so iets. Kan nie mooi onthou nie,
>> dit was meer as 5 jaar gelede. George en PE was ook erens in die
>> prentjie.
>> Daar was 44gallon dromme water elke paar honderd treë
>> teen die pas op. Snaaks, ek was niks geworrie nie.
>> Kaptein van die bende gewees en dit sou nie na behore gewees
>> het om 'n sussie te wesie. Daar was buitendien ookie 'n perd
>> wat ek nie kon ry nie, en kallers ook. En donkies.
>> Wat is nou jou storie met die Swartbergpas(sietjie)?
>
> In die 60's en die 70's was die pas actually die kortste roete van
> Oudtshoorn na Beaufort Wes - korter as deur Meiringspoort - en vir
> reisigers wat daai roete gereeld gery het, was kort beter. Hulle het
> soms ongeduldig geraak.
>
> Hulle het mekaar gedice met vinnige tye wat hulle oor die pas opgestel
> het.
en daar was stories oor vrese op die pas. Soos die een wat ek gehoor
het van die egpaar wat hul plaas beloof het aan 'n verbyganger as hy
hulle na benede sou neem.
Hoe waar dit sou wees weet ek nie, want dieselfde vertellers was die
grootmense wat destyds wat goëlstories vertel het asof hulle by was.
Dit wat ek gesê het van die dromme met water langs doe pad was egter
so, ter wille van enjins wat oorverhit het langs die pad.
Selfs die Van Reenens pas van tòe was daardie jare 'n uitdaging vir
sommiges.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Swartbergpas [boodskap #114033 is 'n antwoord op boodskap #114028] |
Wo., 16 Mei 2007 07:47  |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dave wrote:
>
> Heel interessante blad, Koot.
> Jy kan gerus meer foto's van Noorweë daar vasplak.
> Dit is 'n plek wat ek eendag as ek groot is, wil besoek,
> want ek is nogal heel nuuskierig oor Swede en Noorweë.
Ek wou ook altyd graag soontoe gaan. Die toer was nou nie alles wat ek
wou hê nie - ek sou graag meer fjords wou gesien het, en die meer
noordelike streke met middernagson.
>
> Dit blyk dat jou hele glimlaggende gesin saam was
> wat dit ietwat van 'n duurìrìge uitstappie sou gemaak het.
>
Hulle was lede van die Oos-Kaapse jeugkoor en hulle toer was geborg
deur Lotto. So, uiteindelik was dit nie so erg duur nie. Entlik 'n
wonderlike voorreg om sodoende saam met die gesin te kon gaan.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Apr. 22 14:20:36 UTC 2025
|