Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid."
|
|
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113762 is 'n antwoord op boodskap #113753] |
Vr., 13 April 2007 07:16   |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Nou daar is 'n taai tema. Dis 'n frustrerende tema, want dis nie iets
esoteries nie, dis deel van ons. Dis deel van ons vandaan-kom, van ons
heen-gaan. Wanneer het tyd begin en wanneer hou dit op? Wat was voor
dit en wat is daarna? Loop dit dalk in 'n sirkel, dat dit maar net 'n
groot siklus is, like a circle in a spiral, like a never-ending wheel?
Nog erger, fisici sal s? tyd is elasties, relatief. Ek wil nie eers
daarheen gaan nie, want Dr Wynand Verwoerd het die dimensies van my
onkunde oor hierdie tema tot so 'n mate ontgin dat ek vandag nog
daaraan ly.Ek het Stephen Hawking se "A brief history of time"
deurgewroeg en voel nou nog minder of ek weet wat aangaan.
Ek het ook nie moed vir 'n teologiese debat daaroor nie. Van die
'primitiewer' volke sal s? daar was 'n groot volstruis wat 'n eier
gel? het en tyd laat begin loop het, of so iets, en so sal elke groep
sy unieke variasie h? van waar tyd sy oorsprong het.
En dit frustreer my nog meer - dat iets so basies, so kompleks kan
wees. Dit behoort nie. Ek is seker as iemand dit vir my uitl? in
woorde met een lettergreep, sal ek dit ook verstaan.
Kom in, meneer Scheffler - ons het jou nou nodig.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113811 is 'n antwoord op boodskap #113804] |
Ma., 16 April 2007 23:14   |
knersus
Boodskappe: 211 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote:
> On 16 Apr 2007 01:05:58 -0700, "Koot" wrote:
>
> >> Daar is ook mense wat sê dat die
>>> gewone "unenlightened" mens
>>> eintlik nie in die teenwoordige
>>> leef nie, maar gedurig óf in die
>>> onmiddellike verlede leef óf
>>> in die onmiddellike toekoms,
>>> en salig onbewus is van die
>>> teenwoordige moment.
>> Ha, dan is ek super-enlightened. Ek leef aanmekaar in die verlede. Dis
>> lekkerder daar.
>
> Ek moet nog oortuig word dat daar actually in hede is.
> Dat wat ons hede noem nie net n beweging tussen netnou en netnou is
> nie. n Blote aanhoudende oorgang.
>
Arlo Guthrie spot met tyd in een van sy optredes, "The Celery Gap". Ek
kan nie die presiese woorde onthou nie, maar dit gaan so: (in 'n regte
Deep South aksent) "There are scientists who believe that time happpens
because our brain cells don't really touch. Sort of Puritan cells.
What?? You say I'm talkin' bull. No! This shit reaally happens.
These cells, they almost touch but not really. They call it the Celery
Gap, or sumpin' Anyway, time happens because our thoughts must cross
this gap. What if we could MAKE these cells touch? We sort of squeeze
them together so there is no Celery Gap? Can you imagine that? Suddenly
TIME disappears. Does that mean that I am not here now because I was
here yesterday? Or am I saying all of this tomorrow? Scientists, weird
people, man!..."
Natuurlik spot hy ook met "Cerebral Gap"!Can you imagine that?
Ek dink die konsep van ewigheid word deur Telkom gesimboliseer, veral
wanneer mens bel om 'n fout te rapporteer. Ander sê weer die Engelse
het Krieket uitgedink om vir hulself die konsep van ewigheid te simboliseer.
Vir die deursnee mens dink ek "ewigheid" is so om en by 150 of dalk 200
jaar.
Iets wat hiermee verband hou is tydreise ("time travel") Dink julle
dat dit bestaan? Of dalk nog uitgevind sal word? Self dink ek, nee.
Knersus
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113825 is 'n antwoord op boodskap #113822] |
Di., 17 April 2007 11:37   |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Vir die gewone man op straat is dit veel makliker om "Ewigheid" uit 'n
> godsdienstige oogpunt te aanskou en dit nie te veel te bevraagteken
> nie.
Nie dat dit die argument veel makliker maak nie. Dan eerder die tweede
deel van jou stelling - en dit nie te veel te bevraagteken nie.
Dis ongelukkig die verkieslike roete.
Wat my fassineer is die moontlikhede van sirkul?re tyd, en ruimte wat
gevorm is soos, s? maar, 'n ring. Dan is oneindigheid bloot 'n gewoel
binne dieselfde ring, en tyd 'n ding wat begin, omgaan en weer voor
begin. Dis waar kosmologie grens aan filosofie en ons, met ons
beperkte toegang tot ruimte en tyd, nie eksperimente kan ontwerp om
die sieninge te toets nie. Dan toets die vindingryke jafels nie die
wet self nie, maar eerder die implikasies daarvan, soos die mikrogolf-
agtergrondstraling, of die korrelagtigheid van die verspreiding van
materie. En, maak hulle selfs dramatiese deurbrake. Ons sien nie
implikasies van hierdie deurbrake nie omdat hulle gesprekke nie
deursyfer na die gemeenskapsgesprek toe nie. Ek vermoed dieselfde
proses het hom in die twintiger- en dertigerjare afgespeel met die
ontwikkeling van kwantummeganika.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113843 is 'n antwoord op boodskap #113841] |
Di., 17 April 2007 22:30   |
duif
Boodskappe: 590 Geregistreer: April 2007
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 17 Apr 2007 23:47:48 +0200, knersus wrote:
>
> Is dalk so, ja. Maar tot dusver gaan tyd altyd vorentoe, nooit terug
> nie. Ek vermoed as tydreis moontlik was sou dit gelyktydig oral en in
> alle tye uitgevind gewees het, vanweë die blote definisie daarvan. So,
> siende dat ons nog nie so kan reis nie, beteken dit dan noodwendig dat
> dit tydreis nie moontlik is nie. QED. Of so dink ek.
>
> Knersus
Nie in 'n drie dimensionele wereld nie, ja. Om 186600 mpu of te wel
R300 000 kmu te beweeg, is anders asom bloot deur die klankgrens te
beweeg. Nogal interessant, die spoed van lig het ek in my studiejare
geleer, en dit bly by.
Erens het ek een maal gelees van partikels wat gevind is wat teen 'n
masiewe spoed beweeg. Ek kan min besonderhede onhou, maar dit
het gegaan daaroor dat die spesifieke partikels slegs bestaan vir die
gedeelte van 'n sekonde wat dit deur die lug vlieg. Wanneer dit
vinniger beweeg, bestaan dit langer. Dit het die teorie laat ontstaan
dat spoed die bestaanstyd daarvan verleng, en daarvandeaan is daar
dan geteoriseer dat dit sou aanhou bestaan as dit sou beweeg teen
die spoed van lug.
Dìt is deels die tipe teorie waarop ek my idee grond wat sê dat die
aarde teen 'n geweldige spoed beweeg, en vir ons voel dit asof dit
stilstaan. Die aarde is slegs een spikkeltjie, een klein planeet in 'n
onmeetlike hemelruim. As daar 'n planeet is wat teen die spoed van lig
beweeg, kan ons vir ewig daarop lewe. En, ek kan uit die Bybel aanhaal
waarom ek vir Torreke gesê het dat die Hemel 'n planeet Noord van die
Aarde is.
|
|
|
|
|
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113854 is 'n antwoord op boodskap #113779] |
Wo., 18 April 2007 10:21   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" "Riaan" skryf[/color]
>
>> Dit kan ingewikkelde wetenskap raak as jy van die stelling af uitgaan dat
>> tyd nie regtig bestaan nie, maar deur die mens "uitgedink" is.
Wat bedoel jy, dat tyd nie
> "werklik" bestaan nie. Wat is jou
> vereistes vir wat "werklikheid" is?
Ek is jammer dat Riaan nie verder uitgewy het hieroor nie, want ek stem met
hom saam - tyd bestaan nie werklik nie, dis iets wat ons uitgedink het.
Ek sien dit so: Wat ons "tyd" noem is eenvoudig 'n ander woord vir "tempo
waarteen die fisiese werklikheid verander". Die fisiese werkliheid is
voortdurend aan die verander. Selfs 'n pen wat skynbaar doodstil op my
tafel lê, is elke breukdeel van "tyd" wat ons kan uitdink aan't verander
(die molekules in die materiaal waarvan dit gemaak is, is bv. aan't beweeg)
Verandering kan ook slegs waargeneem word in dié mate wat die verandering
van ander fisiese entiteite in die omgewing se verandering verskil. Omdat
ons saam met die aarde draai, kan ons nie sien dat dit draai nie. Trouens
ons kan slegs waarneem dat daar verskil in die beweging (verandering) van
son en aarde is omdat die son op- en ondergaan. Om ons dit van die aarde af
waarneem, lyk dit asof die son beweeg (verander), nie die aarde nie.
Ons druk gewoonlik "tyd" uit in terme van die verandering van die posisie
van die aarde in verhouding tot die son en die aarde se maan, d.i. jare,
maande en dae.
Ek sal die eerste wees om te erken dat ek 'n baie ernstige gebrek aan kennis
en begrip het van die relatiwiteits-teorie. Maar sou mens my definisie van
tyd as geldig aanvaar, sit mens met die dilemma dat die relatiweitsteorie
basies sê: As iets teen die snelheid van lig verander, hou dit op om te
verander. Of as dit vinniger as die snelheid van lig verander, is dit
eintlik besig om in trurat te verander? Kan dit waar wees?
En ewigheid?
Dit beteken m.i. gewoon die afwesigheid van enige verandering.
|
|
|
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113856 is 'n antwoord op boodskap #113779] |
Wo., 18 April 2007 11:31   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Hessie" "Riaan" skryf[/color]
>
>> Dit kan ingewikkelde wetenskap raak as jy van die stelling af uitgaan dat
>> tyd nie regtig bestaan nie, maar deur die mens "uitgedink" is.
Wat bedoel jy, dat tyd nie
> "werklik" bestaan nie. Wat is jou
> vereistes vir wat "werklikheid" is?
Ek is jammer dat Riaan nie verder uitgewy het hieroor nie, want ek stem met
hom saam - tyd bestaan nie werklik nie, dis iets wat ons uitgedink het.
Ek sien dit so: Wat ons "tyd" noem is eenvoudig 'n ander woord vir "tempo
waarteen die fisiese werklikheid verander". Die fisiese werkliheid is
voortdurend aan die verander. Selfs 'n pen wat skynbaar doodstil op my
tafel lê, is elke breukdeel van "tyd" wat ons kan uitdink aan't verander
(die molekules in die materiaal waarvan dit gemaak is, is bv. aan't beweeg)
Verandering kan ook slegs waargeneem word in dié mate wat die verandering
van ander fisiese entiteite in die omgewing se verandering verskil. Omdat
ons saam met die aarde draai, kan ons nie sien dat dit draai nie. Trouens
ons kan slegs waarneem dat daar verskil in die beweging (verandering) van
son en aarde is omdat die son op- en ondergaan. Om ons dit van die aarde af
waarneem, lyk dit asof die son beweeg (verander), nie die aarde nie.
Ons druk gewoonlik "tyd" uit in terme van die verandering van die posisie
van die aarde in verhouding tot die son en die aarde se maan, d.i. jare,
maande en dae.
Ek sal die eerste wees om te erken dat ek 'n baie ernstige gebrek aan kennis
en begrip het van die relatiwiteits-teorie. Maar sou mens my definisie van
tyd as geldig aanvaar, sit mens met die dilemma dat die relatiweitsteorie
basies sê: As iets teen die snelheid van lig verander, hou dit op om te
verander. Of as dit vinniger as die snelheid van lig verander, is dit
eintlik besig om in trurat te verander? Kan dit waar wees?
En ewigheid?
Dit beteken m.i. gewoon die afwesigheid van enige verandering.
|
|
|
|
|
Re: Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid." [boodskap #113859 is 'n antwoord op boodskap #113857] |
Wo., 18 April 2007 13:04   |
Torreke
Boodskappe: 1165 Geregistreer: April 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Ferdi" > Dit beteken m.i. gewoon die afwesigheid van enige verandering.[/color]
>
> So, wanneer jy di ewigheid binnegaan gaan alles presies dieselfde bly
> vir altyd soos dit was toe jy gesterf het?
Ferdi, moet jy nou kom staan en lol?
Sal weer oor my stelling moet dink. 'n Mens kan dit beslis nie
ongekwalifiseerd handhaaf soos ek dit hierbo gesê het nie.
Maar daar sal geen groei, veroudering, dood, kos, maag, ens. meer wees nie.
'n Mens sal nie jou status in die ewigheid kan verander, loopbaan change,
etc. nie. Geen huwelik, geen man of vrou, dus geen voortplanting. In dié
sin dus geen verandering.
Maar dit is onmoontlik om mens voor te stel dat mens nie van punt A na punt
B sal beweeg nie, nê? Dan sou ons soos God moes word wat orals, altyd ten
volle teenwoordig is. Ons "ewige lewe" en God se "ewige bestaan" kan tog
nooit gelyk aan mekaar word nie.
********
Nou loop die gesprek na godsdiens toe soos Gloudina voorspel het dit
waarskynlik sou. Ek het doelbewus van 'n teologiese perspektief probeer
wegbly met my eerste plasing.
|
|
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Vr. Apr. 25 04:04:30 UTC 2025
|