Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Patetiese nuusgroepgebruikers
Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11096] Vr, 24 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
Abraham Louw  is tans af-lyn  Abraham Louw
Boodskappe: 1
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Ek is 'n student van die Potchefstroomse Universiteit.
Ek was half verbaas toe ek sien dat hierdie nuusgroep
bestaan en het toe besluit om maar te kyk wat hier
aangaan. Na ek 'n paar briewe gelees het, was ek reg-
tig geskok om te sien hoe mense vuil taal in hulle
briewe gebruik. Ek dink regtig hierdie nuusgroep se
gebruikers wat sulke vuil taal gebruik sleep Afrikaners
se naam deur die modder, nie eens ons Universiteitsnuus-
groepe gebruik sulke swak taal nie en glo my studente
kan bar wees...

Abraham
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11103 is 'n antwoord op boodskap #11096] So, 26 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 24 Oct 1997 18:17:33 GMT,
v9701265.5....@pukrs3.puk.ac.za (Abraham Louw) wrote:

tig geskok om te sien hoe mense vuil taal in hulle[/color]
> briewe gebruik. Ek dink regtig hierdie nuusgroep se
> gebruikers wat sulke vuil taal gebruik sleep Afrikaners
> se naam deur die modder, nie eens ons Universiteitsnuus-
> groepe gebruik sulke swak taal nie en glo my studente
> kan bar wees...>>>

fokit, he?
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11104 is 'n antwoord op boodskap #11096] So, 26 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacques Strydom  is tans af-lyn  Jacques Strydom
Boodskappe: 5
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Colin wrote:
: On Fri, 24 Oct 1997 18:17:33 GMT,
: v9701265.5....@pukrs3.puk.ac.za (Abraham Louw) wrote:

: >
: > Ek is 'n student van die Potchefstroomse Universiteit.


: Ag shamepies boetie. Gaan huil en vertel dominee van die slegte mense.
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11115 is 'n antwoord op boodskap #11096] Ma, 27 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Knormoer wrote in article ...

> Afrikaans is vir
> ALMAL!!! Of jy nou brandewyn of gin & tonic drink. Of jy nou die Kyk of die
> De Kat lees.

Bravo!

Maar ek is darem jammer dat ons ook aanvaarding moet toon aan daardie seksie
wat De Kitch lees - veral die wat dit vrywillig lees :-)

Groete, Leendert
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11116 is 'n antwoord op boodskap #11096] Ma, 27 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum wrote in article
...
>
> Bravo!
>
> Maar ek is darem jammer dat ons ook aanvaarding moet toon aan daardie seksie
> wat De Kitch lees - veral die wat dit vrywillig lees :-)
>
Haai ou Leendert - dit is dan die Afrikaner se Cosmopolitan (of sou dit dan
nou die Kosmopolitaan heet?) Of miskien is dit die Kosmopolitaanse Kitch?

Ag, nou ja - ek draal maar soms so....

-Gideon-
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11121 is 'n antwoord op boodskap #11096] Di, 28 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Knormoer[1]  is tans af-lyn  Knormoer[1]
Boodskappe: 16
Geregistreer: Julie 1997
Karma: 0
Junior Lid
> : Gaan vlieg jy maar ook in jou moer in.
> Laaste vraag. Weet jy dalk hoeveel Voyager myle ek daarvoor kan kry?

Baie - en in jou geval ook nog frequent flyer myle.

knormoer
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11127 is 'n antwoord op boodskap #11096] Wo, 29 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
As jy dan saam stem, waarom moet jy nou vloek om dit aan my te sê. Probeer
'n sin gebruik sonder om te vloek, dalk kry dit reg, en dalk hou jy daarvan.
Die meeste mense is te bang om iets te probeer, omdat hulle bang is hulle
kry dit reg.

Voorspoed
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11128 is 'n antwoord op boodskap #11096] Wo, 29 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Colin[2]  is tans af-lyn  Colin[2]
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 29 Oct 1997 12:07:23 GMT, Jacques Strydom wrote:

> Ek snap nie, kan jy dit vir my verduidelik asseblief? Al is dit in jou
> dialek?
>
> En as jy nog nie besluit het om "die rug te draai nie" los maar stukkies
> van my teks in en dan kan jy op 'n gestruktueerde manier komentaar lewer
> daarop. Dit is baie beter as om alles uit te vee en dan net met jou
> verbale gastro-enteritis voort te gaan.

Nou goed en wel poephol. Soos jy by nou al seker agtergekom het is
Afrikaans nie my eerste taal nie en jou patetiese probeerslag wys jou
vir wat jy is, 'n snob.
Wat wel my punt maak is jou superior houding teenoor iemand wie nie so
goed in Afrikaans komunikeer soos way jy doen nie. Jy en ou Abraham
(wie nou nog superior kak gepos het) se "holier than thou" houding
maak my siek. En in elke geval is jou redenasie ook maar 'n gebabbel.
As ek so in Engels moes argumenteer het ek my dood geskaam.
Nou, as jy nog wil 'n punt redeneer stel ek belang. Om kleinlik oor
taalverbruik en spel stel ek nie belang nie. Ek het sulke goed jare
lank in die skool gelos.
Ek verbaas my ook dat iemand wie duidelik 'n Afrikaner is, sy eie so
kan slegsê ( soos in jou eerste antwoord) Miskien is dit oor mense
soos jy dat die nasie in soveel kak sit soos op die oomblik. Anal
retentive en gepla oor die opervlakige.

Vriendelike Groete

Colin
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11129 is 'n antwoord op boodskap #11096] Wo, 29 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 29 Oct 1997 09:38:23 +0200, "J" wrote:

>

Ek dink hulle noem dit spot of sarkasme of ironie of so iets.

'n sin gebruik sonder om te vloek, dalk kry dit reg, en dalk hou jy daarvan.>>>[/color]

OK ek sal my fokken beste probeer.

kry dit reg.>>>[/color]

Laat ek dit so stel: Ettiene Leroux het gevloek. Eddie van Zyl het nie
gevloek nie.

Hoewel Eddie van Zyl dit reggekry het om Leroux se boek Magersfontein,
o Magersfontein verbied te kry omdat daar vloekwoorde in was, was en
is my simpatie 100 % en passievol by Leroux.

As iemand my met hom assosieer, voel ek goed. As iemand my met Eddie
van Zyl assosieer raak ek skaam en kwaad.

Weird he?
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11130 is 'n antwoord op boodskap #11096] Wo, 29 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacques Strydom  is tans af-lyn  Jacques Strydom
Boodskappe: 5
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
: Die punt van vryheid van spraak is dat almal, jy ingesluit, kan sê wat
: hulle wil. Dit beteken nie almal moet saamstem nie, indien soos die
: gesprekkie bewuis stem mense nie saam nie. Maar dit is nie die punt
: nie.
So wat is die punt? Die punt is dat party mense dit regkry om iets in afrikaans
te se wat semantiese waarde het en dat ander dit skynbaar nie kan doen nie.

: Wat vit my pynig is die superior houding wat deur 'n snotkop gewys
: was.
Ek kon nie eintlik bepaal wie die 'snotkop' is waarna jy verwys nie.
Knormoer-hulle klink nie vir my meer redelik oud...

Dit is nou maar 'n feit dat alles in die lewe relatief is. So as jy
jouself wil verlaag deur jou optrede en onsmaaklike taalgebruik, dan kan
ek nie anders as om vir jou superieur voor te kom nie. En wie se skuld is
dit dan? Jy erken self (later in die artikel) dat vloek op onverfyndheid dui.

. Sover my aangaan kan niemand superior voel oor iemand
: anders nie, die taal wat jy praat en skryf is mos ook 'n aanduiding
: van jou agtergrond en jou agtergrond is 'n ongeluk van jou geboorte.
Dit is tragies (en ek is nie nou sarkasties nie) dat sommige mense se
agtergronde verongluk het tydens hulle geboorte. Maar dan kry jy ook 'n persoon
wat nieteenstaande daarvan uitstyg bo die res wat redeneer dat omdat
hulle in 'n swak agtergrond gearriveer het, hulle maar net sowel daar kan
bly sit. Dit is te veel moeite om iets te probeer doen vir jouself.
Of dit nou op finansiele, kulturele of sosiale gebied is.

: Jy kan die naturrlik sê maar moet reg wees vir 'n antwoord.
Ek snap nie wat jy hier probeer se nie. Se eers wat jy bedoel voor
jy 'n antwoord gee... Want dit klink of jy lus het om iets te se.

: Mense wie skeltaal gebruik voel gemaklik daarmee;
Dit moet lekker wees as 'n mens al jou swak eienskappe teen gemaklikheid kan
afskryf. Weereens te veel moeite om te probeer styg na 'n meer beskaafde
trappie so dan aanvaar ons maar liewers ons omstandighede gelate....
: jy wegloop, hier kan jy na die volgende boodskap toe blaai, die
: enigste verskil is dat die gebruiker van skeltaal nie weet van die rug
: draai op die net nie.
Hoekom nie? Omdat dit 'n eienskap is wat net by gekunstelde mense voorkom?
Hoe meer volwasse kinders raak hoe meer sal hulle bereid wees om stil te
bly en sodoende 'n argument te stop.

: Ek het vir die eerste keer in Afrikaans leer vloek in die leer
Indrukwekkend. In watter ander tale kan jy nog vloek? Of sal ek
liewer se in watter taal het jy gevloek voor jy leer toe is.
Julle moes seker 'n briljante korporaal of sersant gehad het, want ek
ken baie mense wat nooit die kon leer vloek in die leer nie...

(nie my
: eie keuse nie) maar ek het my verbaas van hoe goed Afrikaans vloek.
Jy klink vir my na 'n deskunige op die gebied van vloektaalevaluasie.
Word daar iewers 'n kursus aangebied daaroor?

: Miskien moet die een van die dinge wees waaroor mense trots kan wees.
Jy moet regtig desperaat weet om iets te kry om op trots te wees as jy
dit oorweeg om op vloek trots te wees.

: Ek stem saam, vloek wys onvervyntheid,
"I rest my case....."

maar wie de joos is jy (en ou
: Abrahampie) om vir iemand te sê hulle is onvervynd?
Jy sal maar vir Abrahampie self moet vra wie hy is. Wat myself betref,
'n volledige Curriculum vitae is op aanvraag beskikbaar. Maar net in
gewone afrikaans, so dit sal dalk moelik leesbaar wees.

: Ja, ek is ook nie lus vie 'n spel oorlog nie, ek het nie 'n Afrikaanse
: woordeboek nie
Ek is seker jy het nie daarvoor lus nie, jou skryfstyl en onsamehangende
redenasies is daarvan 'n "bewuis".

:en die goed word nie hier verkoop nie.
In geval het 'n mens nie 'n woordeboek nodig om die woorde wat jy verkeerd spel
reg te spel nie. Standerd 6 behoort genoeg te wees.

: Miskien is die poephol 'n aanduiding (?)
Ek snap nie, kan jy dit vir my verduidelik asseblief? Al is dit in jou
dialek?

En as jy nog nie besluit het om "die rug te draai nie" los maar stukkies
van my teks in en dan kan jy op 'n gestruktueerde manier komentaar lewer
daarop. Dit is baie beter as om alles uit te vee en dan net met jou
verbale gastro-enteritis voort te gaan.

Groete
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers uitgawe nr.2 [boodskap #11134 is 'n antwoord op boodskap #11096] Wo, 29 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
JP  is tans af-lyn  JP
Boodskappe: 40
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Ek stem saam

Abraham Louw wrote in message ...
>
> Ek het al die reaksies op my eerste brief gelees
> en ek sal nie veel reageer daarop nie, ek wil maar
> net die volgende aanhaal:
>
> " Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie anders
> jy nes hy ..."
>
> Groete
> Abraham
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11155 is 'n antwoord op boodskap #11096] Sa, 01 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jacques Strydom  is tans af-lyn  Jacques Strydom
Boodskappe: 5
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
Goed, al die "flame-bait" is nou mooi van die hoek afgevreet. Jammer as ek
te hard op te veel tone getrap het. Al het ek dit bietjie rof aangemaak
die meeste van die tyd, hoop ek daar was meer van julle (ek weet van 'n paar)
wat die "thread" amusant gevind het. Alhoewel ek steeds by van my punte
staan wat ek gemaak het, was die hele ding nie so ernstig bedoel as wat dit
opgeneem is nie. Ek het eintlik verwag dat die pseudo-steriotipering van
brandewyn-en-coke-suipende persone as "kommin" meer reaksie sou ontlok.

En terloops, ek is nie regtig (ek hoop nie so nie...) so 'n groot snob as
wat ek voorgegee het nie... :)

Vriendelike groete (Let op Colin, hierdie keer ook sonder aanhalingstekens).

Jacques Strydom
Re: Patetiese nuusgroepgebruikers [boodskap #11358 is 'n antwoord op boodskap #11096] Sa, 15 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
Olympus  is tans af-lyn  Olympus
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Swak taal is gewoon swak opvoeding en dit bewys niks anders as dat die
gebruiker
daarvan wanaangepas en verstandelik hulpbehoewend is nie.

Colin wrote in article
...
> On 26 Oct 1997 12:47:46 GMT, Jacques Strydom
> wrote:
>
>>
>> : Ag shamepies boetie. Gaan huil en vertel dominee van die slegte mense.
>> > om te se hulle hulle is Afrikaanssprekend. Netnou word hulle dalk met julle
>> brandewyn-en-coke-suipende barbare geassosieer.
>>
>
> Amper niks van jou kak uitgevee nie...
>
> Luister poephol, ek is ek en nie "julle" nie; ek kan aan baie dinge
> dink oor wat Afrikaaners trots op kan wees; jy is nie een van hulle
> nie. Ongelukkig is snobisme maar kak waar ookal jy dit kry.
>
> As jy en jou pel, ou Abrahampie gepla is oor mense wat vloek gaan kyk
> maar op 'n ander plek. Gelukkig is hier vryheid van spraak, miskien
> het jy van so 'n begunsel vergeet deur al die jare van beskerming.
>
> "Knormoer" het 'n goeie antwoord vir jou geskryf hieronder. Gaan lees
> dit gerus.
>
> Gaan vlieg jy maar ook in jou moer in.
>
> Vriendelike Groete
> Colin
>
Vorige onderwerp: Punt geselsradio
Volgende onderwerp: slange en die Taal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 01:34:55 MGT 2024