Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » neusring
neusring [boodskap #11343] Vr, 14 November 1997 00:00
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Rana, volgens my broer bevind ek myself vierkantig in 'n middeljare krises.
Want sien, op die rype ouderdom van amper 40 het ek vir my 'n gaatjie laat
inskiet en "sport" deesdae 'n silwer oorring.

Ek stem natuurlik nie met hom saam nie. Dis iets wat ek nog altyd wou doen
maar weens sosiale druk het ek liewers nie. Dit was so uit soos om vir 'n
swart persoon "meneer" te sê. Ek het net eendag besluit te hel met wat Pa
en die res gaan sê. Moet ek nou eers wag tot hy in sy graf is? Verbasend
genoeg het hy sienende blind gebly.

Maar die ringetjie is op die 'gewone' plek waar mens gewoonlik 'n oorring
dra, en nie hier in die middel van die oor nie. Dít is darem vir my gagga.
En ek glo neusringe hoort tuis by bulle. Ek het al prentjies gesien van
ringe wat op geslagsdele gedra word - Dít kan jy nie glo nie... !

Ek is nie deel van 'n weird kultuur nie en ek probeer nie enige stelling
daarmee maak nie. Dis doodeenvoudig net vir my nice.

Alwyn
Vorige onderwerp: my paljas te sterk
Volgende onderwerp: Goeiedag, dames en here.............
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 09:20:51 MGT 2024