Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Jy wat jou op die wysheid roem
Jy wat jou op die wysheid roem [boodskap #11055] Sa, 18 Oktober 1997 00:00 na volgende boodskap
David Gilliland  is tans af-lyn  David Gilliland
Boodskappe: 4
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
In een van my gunsteling Koos Du Plessis liedjies, Die swerwer, kom die
volgende woorde voor:
Wie sou jy die swerwer noem, die een met tas en reis biljet......
My vraag gaan oor die woorde (of moontlik een woord) reis-biljet.
Dit is duidelik dat ek deel is van die jonger generasie want ek het nog
nooit die woord in 'n alledaagse gesprek gehoor of gesien in 'n boek of
tydskrif nie.
Kan 'n wyse my verduidelik wat die betekenis daarvan is? As ek moes raai
sou ek se dit is 'n hoed?

Gloudina?

--
snorre
( ~ )( ~ )
(* ' {} ' *)
''''''''''''''
~
Re: Jy wat jou op die wysheid roem [boodskap #11066 is 'n antwoord op boodskap #11055] So, 19 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Atlas`  is tans af-lyn  Atlas`
Boodskappe: 25
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 18 Oct 97 14:34:13 GMT, "David Gilliland" wrote:

> In een van my gunsteling Koos Du Plessis liedjies, Die swerwer, kom die
> volgende woorde voor:
> Wie sou jy die swerwer noem, die een met tas en reis biljet......
> Kan 'n wyse my verduidelik wat die betekenis daarvan is? As ek moes raai
> sou ek se dit is 'n hoed?
>
biljet = kaartjie (trein of bus ens.)
Atlas`
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://home.global.co.za/~brynie
Re: Jy wat jou op die wysheid roem [boodskap #11067 is 'n antwoord op boodskap #11055] So, 19 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"David Gilliland" writes: > In een van my gunsteling Koos Du Plessis liedjies, Die swerwer, kom die
> volgende woorde voor:
> Wie sou jy die swerwer noem, die een met tas en reis biljet......
> My vraag gaan oor die woorde (of moontlik een woord) reis-biljet.
> Dit is duidelik dat ek deel is van die jonger generasie want ek het nog
> nooit die woord in 'n alledaagse gesprek gehoor of gesien in 'n boek of
> tydskrif nie.
> Kan 'n wyse my verduidelik wat die betekenis daarvan is? As ek moes raai
> sou ek se dit is 'n hoed?
>
> Gloudina?
>
> --
> snorre
> ( ~ )( ~ )
> (* ' {} ' *)
> ''''''''''''''
> ~

Jy vra die verkeerde een. Maar ek het altyd
aangeneem dat dit beteken daardie dinge wat
mense op hulle reiskoffers los, of self aan-
plak, sodat jy nou kan sien die mens was in
London en Athene en Parys en wat ook al.
Ek sou so graag ook 'n reisbiljet met die
woord "Putsonderwater" op iemand se koffer
wou sien. Snaaks genoeg, ek gebruik nou nog
vir reis 'n koffer wat ek gekoop het toe ek
vyf-en-twintig jaar oud was. As ek die reis-
biljette daarop gelos het, sou dit darem
stories kon vertel.

Gloudina
Re: Jy wat jou op die wysheid roem [boodskap #11125 is 'n antwoord op boodskap #11055] Di, 28 Oktober 1997 00:00 Na vorige boodskap
David Gilliland  is tans af-lyn  David Gilliland
Boodskappe: 4
Geregistreer: Oktober 1997
Karma: 0
Junior Lid
> "David Gilliland" writes: > In een van my gunsteling Koos
Du Plessis liedjies, Die swerwer, kom die
>> volgende woorde voor:
>> Wie sou jy die swerwer noem, die een met tas en reis biljet......
>> My vraag gaan oor die woorde (of moontlik een woord) reis-biljet.
>> Dit is duidelik dat ek deel is van die jonger generasie want ek het nog
>> nooit die woord in 'n alledaagse gesprek gehoor of gesien in 'n boek of
>> tydskrif nie.
>> Kan 'n wyse my verduidelik wat die betekenis daarvan is? As ek moes raai
>> sou ek se dit is 'n hoed?
>>
>> Gloudina?

> "David Gilliland" writes: > In een van my gunsteling Koos
Du Plessis liedjies, Die swerwer, kom die
>> volgende woorde voor:
>> Wie sou jy die swerwer noem, die een met tas en reis biljet......
>> My vraag gaan oor die woorde (of moontlik een woord) reis-biljet.
>> Dit is duidelik dat ek deel is van die jonger generasie want ek het nog
>> nooit die woord in 'n alledaagse gesprek gehoor of gesien in 'n boek of
>> tydskrif nie.
>> Kan 'n wyse my verduidelik wat die betekenis daarvan is? As ek moes raai
>> sou ek se dit is 'n hoed?
>>
>> Gloudina?

Nou voel ek regtigwaar soos 'n swaap want ek kon dit self opgelos het....
Op die oomblik sit ek in Milan (vir meer as 'n jaar al) en die woord vir
trein (Metro) of bus kaartjie in Italiaans is, "Bigliette". (uitspraak
billie-ette) en klink soos raai wat? : biljet.
My pa sou gese het "Ook maar lekker toe ne".
Groetnis

snorre
( ~ )( ~ )
(* ' {} ' *)
''''''''''''''
~
Vorige onderwerp: "Na-Apartheid Lag" deur ROBERT J. PEARCE
Volgende onderwerp: Suid-Afrikaners in Amerika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 09:52:07 MGT 2024