| "Na-Apartheid Lag" deur ROBERT J. PEARCE [boodskap #11085] |
Wo., 22 Oktober 1997 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
NA-APARTHEID LAG
Robert J.Pearce
Sal ons lag
omdat die N.P. na 45 jaar van regeer
uiteindelik sy alie gesien het?
Sal ons huil
omdat die A.N.C. nuut gaan begin
in 'n verwoeste ou Suid-Afrika?
Waarsku Camus nie dat:
"Vandag se Bevryder is More se Onderdrukker"?
Is dit nie mitologies gesproke dat:
"Sjinese huil by die geboorte van 'n Baba
en lag as Iemand sterf"?
Sal ons huil of lag
vir ons Baba
"Die Nuwe Suid-Afrika"?
|
|
|
|
|
|
|
|