Soek vers (nie bees) [boodskap #109373] |
Thu, 02 March 2006 07:17 |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: July 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek het onlangs die fout gemaak om die frase
"en hoor jy nog die vlakpatrysies kweel
as die hysbak met jou yo-yo speel?"
voor my tienerseun voor te dra - nou soek hy die hele gedig. Sies.
Ek dink dis van Opperman. Kan iemand help? Ta' Hessie? Blief?
|
|
|
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109387 is 'n antwoord op boodskap #109373] |
Thu, 02 March 2006 16:10 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koot skryf
> Ek het onlangs die fout gemaak om die frase
>
> "en hoor jy nog die vlakpatrysies kweel
> as die hysbak met jou yo-yo speel?"
>
> voor my tienerseun voor te dra - nou soek hy die hele gedig. Sies.
>
> Ek dink dis van Opperman. Kan iemand help? Ta' Hessie? Blief?
As dit van Opperman is, sal ek harakiri pleeg.
Maar ek ken nie al sy goed nie. Miskien het
hy dit kwytgeraak.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109411 is 'n antwoord op boodskap #109394] |
Fri, 03 March 2006 13:34 |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Vanaf Marianne in Newcastle:
Marianne:
Annette, bo en onder en weer op en af deur Opperman se gedigte in "Groot
verseboek" van AP Brink. Kry nie die twee sinnetjies daarin nie (behalwe as
ek dalk misgelees het) Die gedigte waaruit dit waarskynlik nie kom nie is:
Heilige beeste
Kontrak
Vakansiebrief
Vincent van Gogh
Nagstorm oor die see
Nagwaak by die ou man
Man met flits
Wildernis
Ballade van die grysland
Negester en stedeling
Digter
Uit almanak: Bevrugting, Uitverkiesing, Aankondiging, Spel, Tekens,
Skuiling, Gees, Skip, Stormkaap
Uit: Joernaal van Jorik; Kamera
Sprokie van die spikkelkoei
Ou non
Draaikewers
Uit: Brandaan
Gebed om die gebeente
Ringdans van die hamerkoppe
Kersliedjie
Uit Kronie van Kristien: klipkoppie, Papjabos, Waatlemoen
Blom van die baaierd
Paddas
Vuurbees
By die dood van Roy Campbell
Seevelde van bamboes
Dennebol
Sondag van 'n kind
Met apologie
Edms Bpk
Te klip om te boom
Antieke klok
Bontekoe
Glaukus klim uit die water
Gereedskapsgesels lei tot omhels
Grondstowwe by die siklus van seisoene
Tweede huwelik
Tot siens!
|
|
|
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109526 is 'n antwoord op boodskap #109411] |
Tue, 07 March 2006 09:56 |
Koot
Boodskappe: 218 Geregistreer: July 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Sjoe vrou, jy het hard gewerk!
Die boffins hier by ons sê dit is nie uit een van die bekende gedigte
nie. So, die jag gaan voort.
As dit so aangaan, gaan ek sê ek het dit self geskryf!
Koot
|
|
|
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109534 is 'n antwoord op boodskap #109526] |
Tue, 07 March 2006 12:29 |
bouer
Boodskappe: 4791 Geregistreer: December 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Koot skryf
> Die boffins hier by ons sê dit is nie uit een van die bekende gedigte
> nie. So, die jag gaan voort.
>
> As dit so aangaan, gaan ek sê ek het dit self geskryf!
Opperman het soms gedigte geskryf om
ander mense na te aap. Dus is dit moontlik
dat hy hierdie ding geskryf het om homself
na te aap. Maar ek dink nie dit sal in enige
bundels te maklik opgeneem word nie. Ek
het deur Komas in 'n Bamboesstok gegaan
waar ek dit moontlik kon verwag ( wat 'n
klomp strooi vir gedigte) maar dit is nie
daar nie.
Is daar meer aan die gedig as net daardie
twee reëls? Word dit as woorde vir 'n gedig
gebruik?
Hoekom vra jy nie vir Kannemeyer nie?
Gloudina
|
|
|
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #109538 is 'n antwoord op boodskap #109534] |
Tue, 07 March 2006 13:37 |
nospam
Boodskappe: 274 Geregistreer: March 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 7 Mar 2006 04:29:02 -0800, "Hessie" wrote:
> Opperman het soms gedigte geskryf om
> ander mense na te aap. Dus is dit moontlik
> dat hy hierdie ding geskryf het om homself
> na te aap. Maar ek dink nie dit sal in enige
> bundels te maklik opgeneem word nie. Ek
> het deur Komas in 'n Bamboesstok gegaan
> waar ek dit moontlik kon verwag ( wat 'n
> klomp strooi vir gedigte) maar dit is nie
> daar nie.
Hoe stem ek nie saam met jou nie!
Ek sou ook raai dit kon daar wees.
Komas is 'n baie vergeetbare bundel.
|
|
|
Re: Soek vers (nie bees) [boodskap #120776 is 'n antwoord op boodskap #109538] |
Sat, 15 September 2018 20:37 |
|
Jan die Man
Boodskappe: 529 Geregistreer: May 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Dis klink soos S. Ign Mocke se "Hysbakbestuurder". Die kwatryn handel oor 'n man wat eens 'n voorman op 'n plaas was. Sy ou wêreld word met die kunsmatigheid van die stad vergelyk.
Hysbakbestuurder:Hy was die voorman op die plaas Kasteel,
maar hoor hy nog die vlakpatrysies kweel,
hier waar hy agter tralies sit, terwyl
'n staalpoot heeldag met hom jo-jo speel?
|
|
|