Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Forbidden Fruit and Eternal Life
Re: Forbidden Fruit and Eternal Life [boodskap #108234] Wo, 18 Januarie 2006 21:25 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Etienne Marais skryf

> THE SAVIOR wrote:

Etienne, ek het vir jou geantwoord en toe verskyn
dit nie. Nou merk ek eers dat die nuusgroep
assyrian is. As jy dit daar kan lees, gaan lees
dit. Ek is te lui om alles weer oor te sê.

Gloudina
Re: Forbidden Fruit and Eternal Life [boodskap #108236 is 'n antwoord op boodskap #108234] Do, 19 Januarie 2006 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Hessie wrote:

>
> Etienne Marais skryf
>
>> THE SAVIOR wrote:
>
> Etienne, ek het vir jou geantwoord en toe verskyn
> dit nie. Nou merk ek eers dat die nuusgroep
> assyrian is. As jy dit daar kan lees, gaan lees
> dit. Ek is te lui om alles weer oor te sê.
>
> Gloudina

Gloudina,

Die oorspronklike artikel/'posting' (http://tinyurl.com/a48h4)
op 'n verskeidenheid soc.culture groepe was die volgende:

= Oorspronklike Plasing deur bur...@sbcglobal.net onder alias THE SAVIOUR =

Now, among the first inhabitants of the earth, Lucifer's first lie was "YE
SHALL NOT SURELY DIE (Genesis 3:4)." And, this same LIE of the Devil has
been used from Adam and Eve's day to our present time today. Here lies the
origin of the foundation of the falsehood of immortal soul, reincarnation,
all forms of Spiritualism, Astrology, Black Magic, Necromancy, Purgatory and
Hell, the burning place of torment. The whole system of the Mystery of
Iniquity is based on this lie of the Devil, "Life after Death." But the
Bible is very clear: "THOU SHALT SURELY DIE." Genesis 2:16, 17.
Man does not continue to live after death as most have been deceived
into believing. "For the living know that they shall die: but the dead know
not anything." Ecclesiastes 9:5.
As stated before, the myths about "Life After Death" can be traced in
the legends of Nimrod who became the great god of the Assyrians and
Babylonians [17]. At Nineveh, Austen H. Layard, from the British Museum,
uncovered the ancient city and discovered over 25,000 tablets describing the
ancient history of the Assyrian Empire [18]. Layard found inscriptions at
Nineveh that said it was Ninus who built the city [10]. The word "Nineveh"
itself means "The Habitation of Ninus"[20]. But it has been discovered that
the name Ninus was just a deified name the early Assyrians called Nimrod,
because the Bible itself says it was Nimrod who built Nineveh (Genesis
10:11). Nimrod (Ninus) was said to have been killed, according to the
inscriptions, but his "spirit" became immortal and flew up to the Sun and he
became "Beelsamon," "Lord of Heaven"[21].
In all forms of witchcraft, as in all modern forms today, the doctrine
of "Immortality of the Soul" was the center of their whole pagan belief and
worship. Pagans believed that when they died they took possession of one of
the stars in Heaven. The ignorant pagans, like multitudes of Christians
today, believe that the spirits of the dead are "ministering spirits, sent
forth to minister for them who shall be heirs of salvation." Hebrews 1:14.

============================================================ ===============

My antwoord op die plasing was

THE SAVIOR wrote:
> Now, among the first inhabitants of the earth, Lucifer's first lie was "YE
> SHALL NOT SURELY DIE (Genesis 3:4)."

Does this nor rather relate to the esoteric
knowledge of good and evil, posing to be
'a sweet fruit' with great potential for
the individual/mankind (and perhaps
immortality in ancient mystery teachings).

(Check out 'modern day' mystery teachings of
Blavatsky, Albert Pike, Aleister Crowley etc.
also check out the Kabalah, Gematria and the
Babylonic Talmud)

Lucifer poses as the giver of knowledge and
light to mankind with the potential of
deification of man if he eats from the
forbidden fruit of Knowledge of Good and Evil.

The New Testament relates an alternative
to eternal life, self-sacrifice.

=====

Wat ek hier probeer se het was dat die aanhaling
rakende Lucifer : ""YE SHALL NOT SURELY DIE" buite
konteks geplaas was en dat dit verband hou met
God se verbod op kennis van goed en kwaad, wat
metafories uitgebeeld word in Genesis as die verbode
vrug .... (geneem van die boom van kennis van goed
en kwaad).

======

Die tweede deel van my 'antwoord' was eerder 'n
vraag om te probeer verstaan wat die persoon probeer
se of impliseer:

(Ander persoon)
> Christians today, believe that the spirits of the dead are "ministering
> spirits, sent forth to minister for them who shall be heirs of salvation."
> Hebrews 1:14.

(Ek)
Is the implication that Christianity is an
offshoot of ancient mystery teachings or
paganism (or what are you saying) ?

======

Betreffende jou antwoord om my plasing:

(Gloudina)
> Etienne, jou aanhalings spring bietjie bont.
> Wat wil jy eintlik probeer oordra? Totdat ek
> jou antwoord kry, sal ek nie eintlik antwoord
> nie, behalwe om te sê dat in die laaste
> van bostaande aanhalings, iemand vra of
> die implikasie is dat "Christianity" 'n
> loot is van die ou misterie-leringe of
> 'n voortsetting is van "paganism."

Ek was die persoon wat gevra het of dit die implikasie
sou wees. Die ander persoon (SAVIOR) blyk te glo dat
heidene sowel as Christene tesame onder 'n dwaalleer
gevang is. Ek probeer nog vasstel met wat die persoon
dit presies in kontras probeer stel.

> Vireers
> sal mens duidelikheid moet kry oor wat
> "Christianity" is. Is dit dieselfde as
> Christelikheid? Dit neem mens na die
> eerste aanhaling, waar daar gekonstateer
> word dat die Nuwe Testament 'n alternatief
> voorstel vir die ewige lewe, naamlik opoffering.

Self-opoffering om presies te wees. Dit staan in direkte
kontras met selfverheffing en deifikasie wat nagestreef
was in antieke tye.

> Vir die een mens, vir my byvoorbeeld, is
> die Christelike leer myle ver verwyderd van
> dié mense wat hope voorwaardes het vir
> hoe en wanneer jy jouself 'n Christen mag
> noem.

Soos jy ook self noem, moet 'n mens eers vasstel presies
wat die Christelike leer is. Wat my betref le die fout
nie by die leerstelling wat saamgevat word as self-verloeining,
self-opoffering, onvoorwaardelike liefde ensomeer nie, maar
eerder by mense wat hul oortuigings probeer afdwing sonder om
dit self te be-oefen, of om dit vir politieke en sosio-politieke
doeleindes te misbruik. Ek dink die verskeidenheid sendelinge
het in hierdie opsig 'n goeie werk in Suid Afrika gedoen, totdat
die hele storie verpolitiseer en misbruik is.

> Nou wil ek terugkeer na die tweede
> aanhaling. Daardie aanhaling uit Heb. 1: 14.
> Wat beteken dit. Dat "Christene" in geeste
> glo? Wat maak hulle in so 'n geval anders
> as die sogenaamde heidene in Afrika wat
> aan geeste glo?

Ek sal self eers moet gaan oplees. Maar ek dink dit
is weereens 'n konteks fout. Byvoorbeeld word daar
na die sewe geeste wat die sewe gemeentes is in die
NT verwys.

Indien dit werklik na 'ministering spirits' soos
'n tipe van bonatuurlike,afgestorwe of persoonlike
raadbiedende gees is sal ek moet herbesin.

> Gloudina

Etienne

--
Etienne Marais
Cosmic Link
South Africa
Re: Forbidden Fruit and Eternal Life [boodskap #108239 is 'n antwoord op boodskap #108236] Do, 19 Januarie 2006 16:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Etienne Marais skryf

> Self-opoffering om presies te wees. Dit staan in direkte
> kontras met selfverheffing en deifikasie wat nagestreef
> was in antieke tye.

Ek dink mens moet oppas om oor die opvattings
van "antieke tye" te praat ( soos byvoorbeeld
dat dit gebaseer is op selfverheffing en deifikasie.)
Na wat verwys jy? Wat weet jy byvoorbeeld van
die praktyke van die sogenaamde misterie-
kulture. Dit lyk asof baie van hulle praktyke
gebaseer is op 'n poging om die ego van die
subjek te breek, dus ( in Christelike terme)
vereis dat wedergeborenheid eers kan kom
wanneer die saad in die grond geval het en
die omhulsel vernietig is, sodat die nuwe
lewe dan kan bloei.

Gloudina
Re: Forbidden Fruit and Eternal Life [boodskap #108240 is 'n antwoord op boodskap #108236] Do, 19 Januarie 2006 16:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Etienne Marais skryf

> Soos jy ook self noem, moet 'n mens eers vasstel presies
> wat die Christelike leer is. Wat my betref le die fout
> nie by die leerstelling wat saamgevat word as self-verloeining,
> self-opoffering, onvoorwaardelike liefde ensomeer nie, maar
> eerder by mense wat hul oortuigings probeer afdwing sonder om
> dit self te be-oefen, of om dit vir politieke en sosio-politieke
> doeleindes te misbruik. Ek dink die verskeidenheid sendelinge
> het in hierdie opsig 'n goeie werk in Suid Afrika gedoen, totdat
> die hele storie verpolitiseer en misbruik is.

Ja, gelukkig was daar nie alleen sendelinge nie,
maar gehele kerke, wat die moed gehad het om
ten spyte van die druk op hulle, die Christelike
boodskap as deel van hulle sosio-politieke
beleid te bevorder. Ek dink veral aan die Katolieke
Kerk, wat tot die uiteinde geweier het om die knie
te buig. En die Metodiste, wat besluit het dat as
Bantoe-Onderwys hulle uitdruk uit die skole, hulle
ten minste kontrole kon behou van die koshuise,
wat dus bastionne van christelike norme en aksies
geword het. Ek het altyd gewonder of die beleid
van die Amerikaanse sendelinge by Adams College
die regte was. Hulle het hulle hande gewas van die
hele kaboedel. Toe Bantoe-Onderwys hulle begin
uitdruk uit die kontrole van hoërskole en onderwysers-
opleiding, het hulle besluit om hulle heeltemal te
onttrek. Dit het in die hande van die harde koejawels
van Bantoe-Onderwys gespeel.

Gloudina
Re: Forbidden Fruit and Eternal Life [boodskap #108241 is 'n antwoord op boodskap #108236] Do, 19 Januarie 2006 16:30 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Etienne Marais skryf

>> Nou wil ek terugkeer na die tweede
>> aanhaling. Daardie aanhaling uit Heb. 1: 14.
>> Wat beteken dit. Dat "Christene" in geeste
>> glo? Wat maak hulle in so 'n geval anders
>> as die sogenaamde heidene in Afrika wat
>> aan geeste glo?
>
> Ek sal self eers moet gaan oplees. Maar ek dink dit
> is weereens 'n konteks fout. Byvoorbeeld word daar
> na die sewe geeste wat die sewe gemeentes is in die
> NT verwys.
>
> Indien dit werklik na 'ministering spirits' soos
> 'n tipe van bonatuurlike,afgestorwe of persoonlike
> raadbiedende gees is sal ek moet herbesin.

Wel, ek sou graag wou hoor wat jy dink. Ek dink
nou veral aan die Zulu kollega wat vir ons in die
personeelkamer eenkeer dié vraag gevra het, op
die dag toe die skool onder die Amerikaanse
sendelinge besig was om "Founders' Day" te
vier. Hy sê toe, witmense praat altyd so smalend
oor hulle swartes se geloof in voorvadergeeste, maar
kan nie sien dat die idee van "Founders' Day" op
dieselfde konsep gebaseer is nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Oor tien jaar...
Volgende onderwerp: Anton Rupert dood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 23 14:37:07 MGT 2024