Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Skreeusnaakse Franse ironie
Re: Skreeusnaakse Franse ironie [boodskap #107112] Do, 17 November 2005 10:20 na volgende boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Maar die 'anargie' in NO was ons eie mense Basjan, terwyl die in Frankryk
meesal emmigrante was, of emmigrante se kinders, so hulle alliance was dalk
by Morocco of waar hulle ook van gekom het. Dink ek.

Ellie

"Basjan" skryf in boodskap news:dlhli1$cqu$1@solaris.cc.vt.edu...
Ek lees 'n brief in Newsweek (Nov 7, 2005, p. 13):

"The horrendous damage wrought by Katrina will take years to repair, and one
can´t help but feel sorry for its victims. But the ensuing rampant anarchy
irreparably damages America´s reputation in the civilized world" - Peter St.
Clair-Braude (Bonrepos Riquet, France)

En dit vanaf 'n burger, wie se land 'n aand waar 450 motors verbrand is as
´n "goeie aand" beskou! So grappig, dit is eintlik hartseer. Dit vertel ons
dalk meer van die wêreld as baie nuusberigte...

Basjan
Re: Skreeusnaakse Franse ironie [boodskap #107134 is 'n antwoord op boodskap #107112] Do, 17 November 2005 15:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"news" skryf in boodskap news:EE_ef.13218$GT3.10235@fe02.lga...
> Maar die 'anargie' in NO was ons eie mense Basjan, terwyl die in Frankryk
> meesal emmigrante was, of emmigrante se kinders, so hulle alliance was
> dalk
> by Morocco of waar hulle ook van gekom het. Dink ek.
>
> Ellie

Ellie,

Ek het dit weer juis dat die gemors te wyte is aan Franse burgers (vanaf
vorige immigrante) wat voel hulle geniet nie dieselfde regte as die "gewone"
Franse burgers nie. So in 'n sin is dit vir my dubbel ironies, nie net
t.o.v. die anargie nie, maar ook dat so 'n "blaamlose" land moontlik
onregverdige aanstelling, klas-diskriminasie en behoede ons, rassisme pleeg!

En dit is my punt oor almal wat so op en af (ge-) spring (het) oor SA.
Hulle eie huise is maar vol modder.

Basjan
Re: Skreeusnaakse Franse ironie [boodskap #107147 is 'n antwoord op boodskap #107112] Do, 17 November 2005 19:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"news" skryf

> Maar die 'anargie' in NO was ons eie mense Basjan, terwyl die in Frankryk
> meesal emmigrante was

In retrospek is dit glo bevraagteken hoeveel van die stories
van moord en verkragting in New Orleans nou werklik waar
was, en hoeveel gerugte.
Maar dit is seker dat daar iets verskriklik verkeerds
gegaan het daar in die drie of vier dae na Katrina New
Orleans getref het. Wie het die plan uitgebroei om hierdie
duisende der duisende mense saam te gooi in so 'n groot
plek wat sonder elektrisiteit absoluut hel sou word. Hoekom
het die busse nie voortgery en die mense erens anders gaan
aflaai nie. Hoe was dit moontlik dat mense in ander dele
van Louisiana en nabyliggende state se eerste vorm van
hulp RCMP offisiere uit Kanada was? Mense wat oorland
gery het voordat hulle die hulp kon verleen?
Ek dink die antwoord lê in die feit dat "Brownie"
aangestel is deur sy pal George Bush as die hoof van FEMA.

Gloudina
Re: Skreeusnaakse Franse ironie [boodskap #107150 is 'n antwoord op boodskap #107147] Do, 17 November 2005 22:31 Na vorige boodskap
news[3]  is tans af-lyn  news[3]
Boodskappe: 61
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:5c2dnX_M-P-uQ-HenZ2dnUVZ_sWdnZ2d@rogers.com...

"news" skryf

> Maar die 'anargie' in NO was ons eie mense Basjan, terwyl die in Frankryk
> meesal emmigrante was

In retrospek is dit glo bevraagteken hoeveel van die stories
van moord en verkragting in New Orleans nou werklik waar
was, en hoeveel gerugte.
Maar dit is seker dat daar iets verskriklik verkeerds
gegaan het daar in die drie of vier dae na Katrina New
Orleans getref het. Wie het die plan uitgebroei om hierdie
duisende der duisende mense saam te gooi in so 'n groot
plek wat sonder elektrisiteit absoluut hel sou word. Hoekom
het die busse nie voortgery en die mense erens anders gaan
aflaai nie. Hoe was dit moontlik dat mense in ander dele
van Louisiana en nabyliggende state se eerste vorm van
hulp RCMP offisiere uit Kanada was? Mense wat oorland
gery het voordat hulle die hulp kon verleen?
Ek dink die antwoord lê in die feit dat "Brownie"
aangestel is deur sy pal George Bush as die hoof van FEMA.

Gloudina

Jy is reg, daardie Brown man was totaal useless en die feit dat hy en die
burgermeerster van New Orleans, en die goewerneur van Louisiana nie kon
saamstem nie, het nie dinge gehelp nie.

Nou hoor ons horror stories dat NO baie veilig is (dit was glo die moord
hoofstad van Amerika, as jy vir CNN kan glo), en al daardie low lifes is nou
in ander stede, waar hulle glo nou misdaad pleeg. Ek wonder wat dit is/was
van NO dat daar so baie misdadigers woon?
In ons stad is daar glo iets soos 150 gesinne van New Orleans, meeste van
hulle het al werk, en vestig hulle nou permanent hier, dink nie van die
misdadigertipes is hier nie.
Vorige onderwerp: Skreeusnaakse Franse ironie
Volgende onderwerp: Twee skiet boer op sy plaas dood
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 22:22:01 MGT 2024