Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: God vs. the Bible
Re: God vs. the Bible [boodskap #106219] Vr, 30 September 2005 18:19 na volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek vra namens alle Christene aan almal op die ng verskoning vir hierdie
persoon se rantings en ravings. Hy glo duidelik dat sy eie brand van die
Christendom op een of ander manier superieur is.

"Apostle Keith Brown" wrote in message
news:zHd%e.6537$QE1.2945@newsread2.news.atl.earthlink.net...
> I saw a preacher on television saying, If you believe Jesus Christ is
> the Son of God, you are going to heaven.
> God and His Son Jesus Christ never said that. We suppose to represent
> Them. God wants everyone to acknowledge and love God, and experience
> God's
> touch. God wants everyone to be pure in heart, peaceable and meek.
> God wants everyone to experience His baptism of the Holy Spirit with the
> first evidence of tongues, which is speaking in a foreign language while
> the
> Holy Spirit is moving our mouths. God wants everyone to receive His
> touch, and His Spirit baptism; not just to believe about God.
> One of the main obstacles and hindrances against God is the BIBLE.
> God hates the Catholics' and emperors' LIES written in the New Testament
> from the Fourth Century onward. One of the angels said to me, Some
> things
> ought to be in the Bible are NOT in there. One OMISSION is that the
> SECULAR CHRISTIANS were going to rule the world for a thousand years;
> and
> it happened from the fifth century to the fifteenth century; but fallible
> men wrote in the Bible that resurrected saints will reign with Christ a
> thousand years. Christ reigns forever, AND RESURRECTED SAINTS WILL LIVE
> TOO.
> Many of us who have the Holy Spirit have preached truth, and people
> replied, The Bible doesn't say that. GOD SAID IT, AND GOD APPROVES IT.
> Believe God more than Bible. Get the Holy Spirit Baptism with tongues,
> and
> follow the Holy Spirit Who knows where the Bible's mistakes are. Always
> keep the Holy Spirit above the Bible.
> This very anointed ministry is of God. All of the miracles that God did
> for the people through my ministry were without the Bible and with a lot
> of
> the Holy Spirit of God. Hallelujah to God. No Bible, but the Holy
> Spirit.
> Some of you will join me. My email address is
> apostlek...@peoplepc.com
>
Re: God vs. the Bible [boodskap #106221 is 'n antwoord op boodskap #106219] Sa, 01 Oktober 2005 05:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Moenie warrie nie Francois, mens raak maar gewoond daaraan.
Ek het vir hom 'n e-pos gestuur soos wat hy versoek het:))))
--
Groetnis
Annette
"Francois Human" wrote in message
news:1128104369.82ae6577ab1d328500caa65415ef89e0@teranews...
> Ek vra namens alle Christene aan almal op die ng verskoning vir hierdie
> persoon se rantings en ravings. Hy glo duidelik dat sy eie brand van die
> Christendom op een of ander manier superieur is.
>
Re: God vs. the Bible [boodskap #106226 is 'n antwoord op boodskap #106219] Sa, 01 Oktober 2005 10:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerard van Wilgen  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen
Boodskappe: 28
Geregistreer: Oktober 2002
Karma: 0
Junior Lid
Francois Human wrote:
> Ek vra namens alle Christene aan almal op die ng verskoning vir hierdie
> persoon se rantings en ravings. Hy glo duidelik dat sy eie brand van die
> Christendom op een of ander manier superieur is.

Maar die meeste gelowige glo tog dat hulle eie geloof superieur is? As
hulle sou glo dat 'n ander geloof superieur is, dan sou hulle immers die
ander geloof aanneem.

--

Gerard van Wilgen

www.majstro.com - Multlingva tradukvortaro
www.erotikejo.com - Internacia seksportalo
Re: God vs. the Bible [boodskap #106232 is 'n antwoord op boodskap #106226] Sa, 01 Oktober 2005 17:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Gerard van Wilgen" skryf in boodskap news:433e646d$0$28852$ba620dc5@text.nova.planet.nl...
> Francois Human wrote:
>> Ek vra namens alle Christene aan almal op die ng verskoning vir hierdie
>> persoon se rantings en ravings. Hy glo duidelik dat sy eie brand van die
>> Christendom op een of ander manier superieur is.
>
> Maar die meeste gelowige glo tog dat hulle eie geloof superieur is? As
> hulle sou glo dat 'n ander geloof superieur is, dan sou hulle immers die
> ander geloof aanneem.
>
>
> --
>
> Gerard van Wilgen
>
Wat 'n mens glo is een ding, maar hoe jy teenoor ander optree wat anders
glo, is iets heeltemal anders. Verder het sy negatiwiteit teenoor
medegelowiges en sy afkraking van ander Chrsitene se geloofsoortuigings net
die effek dat hy die Christendom, en daardeur Jesus, se naam gat maak. Ek
kan dit nie duld nie, so ek moet my groot bek rek.
Re: God vs. the Bible [boodskap #106236 is 'n antwoord op boodskap #106232] Sa, 01 Oktober 2005 19:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human" skryf

Verder het sy negatiwiteit teenoor
> medegelowiges en sy afkraking van ander Chrsitene se geloofsoortuigings net
> die effek dat hy die Christendom, en daardeur Jesus, se naam gat maak.

Verstaan ek jou goed? Jy sê dat hy deur "sy afkraking van ander Christene
se geloofsoortuigings" die effek het dat "hy die Christendom, en daardeur
Jesus, se naam gat maak." Moet ek dus aanneem dat Basjan, wat op
hierdie nuusgroep ander Christene se geloofsoortuigings afgekraak het
as verkeerd, ook Jesus se naam gat maak?
As ek nou die stuk lees wat die man geskryf het, is daar baie
dinge wat vir my onaantreklik is, en ek lees natuurlik tussen die
reëls wat hy sê en wat hy nie sê nie. Maar ek kan nie eintlik sien
dat hy vir Jesus afkraak nie. Hoe kraak hy vir Jesus af?
Hy is duidelik deel van 'n beweging in die Christendom
wat die teenwoordigheid van die Heilige Gees groot voorwaarde
maak vir Christenwees ( soos die praat met tonge, ens.). Hy kryt
die Katolieke uit vir al wat sleg is, maar ek wonder of hy weet
dat daar 'n sterk charismatiese beweging onder Katolieke is.
Wat dink jy van die charismatiese sy van die Christendom?

Gloudina
Re: God vs. the Bible [boodskap #106241 is 'n antwoord op boodskap #106236] So, 02 Oktober 2005 09:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:StmdnU0HcdqZe6PeRVn-qg@rogers.com...
>
> "Francois Human" skryf
>
> Verder het sy negatiwiteit teenoor
>> medegelowiges en sy afkraking van ander Chrsitene se geloofsoortuigings
> net
>> die effek dat hy die Christendom, en daardeur Jesus, se naam gat maak.
>
> Verstaan ek jou goed? Jy sê dat hy deur "sy afkraking van ander Christene
> se geloofsoortuigings" die effek het dat "hy die Christendom, en daardeur
> Jesus, se naam gat maak." Moet ek dus aanneem dat Basjan, wat op
> hierdie nuusgroep ander Christene se geloofsoortuigings afgekraak het
> as verkeerd, ook Jesus se naam gat maak?
> As ek nou die stuk lees wat die man geskryf het, is daar baie
> dinge wat vir my onaantreklik is, en ek lees natuurlik tussen die
> reëls wat hy sê en wat hy nie sê nie. Maar ek kan nie eintlik sien
> dat hy vir Jesus afkraak nie. Hoe kraak hy vir Jesus af?
> Hy is duidelik deel van 'n beweging in die Christendom
> wat die teenwoordigheid van die Heilige Gees groot voorwaarde
> maak vir Christenwees ( soos die praat met tonge, ens.). Hy kryt
> die Katolieke uit vir al wat sleg is, maar ek wonder of hy weet
> dat daar 'n sterk charismatiese beweging onder Katolieke is.
> Wat dink jy van die charismatiese sy van die Christendom?
>
> Gloudina
>
Gloudina

Ek het nie die spesifieke stukke van Basjan gelees waarin hy mede-Chrsitene
afkraak nie, maar as ek het, sou ek daarop gereageer het. Jesus het aan ons
'n opdrag gegee dat ons as gelowiges mekaar moet liefhê: "Hieraan sal die
mense weet dat julle My kinders is, deurdat julle mekaar liefhet."
Wat hierdie ou en alle ander Christene wat mede-Christene afkraak dus doen,
is om die beeld van Christus en Sy kerk af te breek.

Soos met politiek en alle ander dinge in die lewe het ek geen probleem met
diversiteit nie; inteendeel, ek verwelkom dit, maar ek het 'n probleem met
verstoktheid, ekstremisme en fanaticisme (is daar so 'n woord?)
Dus het ek geen probleem met die charismatiese beweging nie, tot so 'n mate
dat hulle nie die hoofboodskap van Jesus, naamlik redding uit genade en deur
geloof, opsyskuif en ander dinge verhef tot voorwaardes vir redding nie.
Re: God vs. the Bible [boodskap #106248 is 'n antwoord op boodskap #106241] So, 02 Oktober 2005 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human"skryf

Jesus het aan ons
> 'n opdrag gegee dat ons as gelowiges mekaar moet liefhê: "Hieraan sal die
> mense weet dat julle My kinders is, deurdat julle mekaar liefhet."
> Wat hierdie ou en alle ander Christene wat mede-Christene afkraak dus doen,
> is om die beeld van Christus en Sy kerk af te breek.

Die klem is natuurlik op die "mekaar liefhet." En dit beteken
dan duidelik almal, die ook wat van verskillende gelowe is. En ook
dié wat nie "gelowiges" is nie. In die bostaande uitspraak wat
jy aanhaal, sê dit duidelik "hieraan sal die mense weet dat
julle My kinders is, deurdat julle mekaar liefhet." Dit beteken
dat jy, François, en die Sjinees wat sy medemens liefhet en
sy lewe sal neerlê vir hom, en die Maori wat sy medemens
liefhet en sy lewe sal aflê vir sy medemens, en die Tibetaanse
buddhis wat sy medemens liefhet en sy lewe sal aflê vir sy
medemens, almal "My kinders" is. En dat dié wat nie
bereid is om dit te doen nie, nie "Sy kinders" is nie.

Gloudina
Re: God vs. the Bible [boodskap #106249 is 'n antwoord op boodskap #106241] So, 02 Oktober 2005 14:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Francois Human"skryf

> Soos met politiek en alle ander dinge in die lewe het ek geen probleem met
> diversiteit nie; inteendeel, ek verwelkom dit, maar ek het 'n probleem met
> verstoktheid, ekstremisme en fanaticisme (is daar so 'n woord?)

Mens kry nou baie interessante gesprekke tussen verskillende
kerkleiers in die VSA op CNN oor die situasie in die suidelike
state wat so verwoes is en herbou moet word. Veral die kwessie
van of die deursnee Amerikaner se belastingsgeld gebruik moet
word vir die heropbou van die verwoeste dele. Een Katolieke
biskop hamer daarop dat dit die plig van die Christene is om
die armes te help. Die volgende predikant sit en veroordeel
die sondigheid van plekke soos New Orleans en sê dat so 'n
sondige plek nie weer kans gegee moet word om te ontwikkel
nie.

Gloudina
Re: God vs. the Bible [boodskap #106251 is 'n antwoord op boodskap #106248] So, 02 Oktober 2005 14:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:842dnRN0Pu8ZeqLeRVn-qg@rogers.com...
>
> "Francois Human"skryf
>
> Jesus het aan ons
>> 'n opdrag gegee dat ons as gelowiges mekaar moet liefhê: "Hieraan sal
>> die
>> mense weet dat julle My kinders is, deurdat julle mekaar liefhet."
>> Wat hierdie ou en alle ander Christene wat mede-Christene afkraak dus
> doen,
>> is om die beeld van Christus en Sy kerk af te breek.
>
> Die klem is natuurlik op die "mekaar liefhet." En dit beteken
> dan duidelik almal, die ook wat van verskillende gelowe is. En ook
> dié wat nie "gelowiges" is nie. In die bostaande uitspraak wat
> jy aanhaal, sê dit duidelik "hieraan sal die mense weet dat
> julle My kinders is, deurdat julle mekaar liefhet." Dit beteken
> dat jy, François, en die Sjinees wat sy medemens liefhet en
> sy lewe sal neerlê vir hom, en die Maori wat sy medemens
> liefhet en sy lewe sal aflê vir sy medemens, en die Tibetaanse
> buddhis wat sy medemens liefhet en sy lewe sal aflê vir sy
> medemens, almal "My kinders" is. En dat dié wat nie
> bereid is om dit te doen nie, nie "Sy kinders" is nie.
>
> Gloudina
>
Nou ja, hier is dit alweer kop-in-die-bynes tyd vir my!

Wat my betref het hierdie opdrag van Jesus spesifiek toepassing op Sy
volgelinge. Ons moet MEKAAR liefhê sodat die wêreld kan sien ons is Sy
kinders. Ja, daar is ander uitsprake waar hy ons spesifiek opdrag gee om
ons medemens lief te hê, ons vyande lief te hê, ens., maar hierdie een is op
Sy volgelinge gemik. Die feit dat enigiemand wat nie Jesus se reddingsplan
aangeneem het nie, sy medemens liefhet en bereid is om sy lewe vir sy
medemens af te lê, is van geen belang nie, want uit ons eie kan ons niks
doen om God te impress nie.

'n Beeld wat ek vandag gehoor het, is dié van 'n testament. Weereens 'n
gebrekkige beeld, maar dit bring een aspek van die saak duidelik uit. As ek
'n testament opstel en my goed daarin verdeel tussen my kinders, het hulle
geen insae of inset daarin nie. Hulle kan dit maar net aanvaar. Die
tekortkoming van hierdie beeld is dat ek 'n mens is en dat my jongste
meisiekind my maklik om haar pinkie kan draai en op so 'n manier seker kan
maak dat ek die (denkbeeldige) Pierneef skildery wat in my studeerkamer hang
aan haar kan bemaak.

Soois
Re: God vs. the Bible [boodskap #106253 is 'n antwoord op boodskap #106249] So, 02 Oktober 2005 15:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:RvOdnRqnYJaKdKLenZ2dnUVZ_tOdnZ2d@rogers.com...
>
> "Francois Human"skryf
>
>> Soos met politiek en alle ander dinge in die lewe het ek geen probleem
>> met
>> diversiteit nie; inteendeel, ek verwelkom dit, maar ek het 'n probleem
>> met
>> verstoktheid, ekstremisme en fanaticisme (is daar so 'n woord?)
>
> Mens kry nou baie interessante gesprekke tussen verskillende
> kerkleiers in die VSA op CNN oor die situasie in die suidelike
> state wat so verwoes is en herbou moet word. Veral die kwessie
> van of die deursnee Amerikaner se belastingsgeld gebruik moet
> word vir die heropbou van die verwoeste dele. Een Katolieke
> biskop hamer daarop dat dit die plig van die Christene is om
> die armes te help. Die volgende predikant sit en veroordeel
> die sondigheid van plekke soos New Orleans en sê dat so 'n
> sondige plek nie weer kans gegee moet word om te ontwikkel
> nie.
>
> Gloudina
>
Dit laat my nogal dink aan die hele storie van die verwoesting van Sodom en
Gomorra (terloops, hoekom noem hulle dit "sodomie" en nie "gomorrasie" nie?
Dit klink nogal amper nader aan die waarheid, lol.) Hier was 'n bose stad
soos N.O. wat deur God verwoes is, maar hy was bereid om dit te spaar ter
wille van 'n paar regverdiges. Abraham en God het nogal 'n redelike "Camp
David" gehou voordat samesprekings in duie gestort het.

Ek of enige ander Christen het nie die reg om te besluit wie ons hulp,
liefdadigheid werd is nie. Van ons word gevra om onvoorwaardelik te help.
Net soos die Moslem wat in die Tsunami haweloos gelaat is, moet die
prostituut wat deur Katrina haweloos gelaat is, gehelp word.
Re: God vs. the Bible [boodskap #106279 is 'n antwoord op boodskap #106236] Di, 04 Oktober 2005 07:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:StmdnU0HcdqZe6PeRVn-qg@rogers.com...
>
> "Francois Human" skryf
>
> Verder het sy negatiwiteit teenoor
>> medegelowiges en sy afkraking van ander Chrsitene se geloofsoortuigings
> net
>> die effek dat hy die Christendom, en daardeur Jesus, se naam gat maak.
>
> Verstaan ek jou goed? Jy sê dat hy deur "sy afkraking van ander Christene
> se geloofsoortuigings" die effek het dat "hy die Christendom, en daardeur
> Jesus, se naam gat maak." Moet ek dus aanneem dat Basjan, wat op
> hierdie nuusgroep ander Christene se geloofsoortuigings afgekraak het
> as verkeerd, ook Jesus se naam gat maak?

Ek hoop nie jy dink ek gaan in die lafhartige slagyster trap nie? Ek het
nie jou, let alone ander Christene, nog ooit afgekraak nie. Ek daag enige
leser uit om dit bevestig deur ons ou poste te lees. "Nie saamstem nie" is
nie gelyk aan "afkraak" nie.

Basjan
Re: God vs. the Bible [boodskap #106280 is 'n antwoord op boodskap #106248] Di, 04 Oktober 2005 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:842dnRN0Pu8ZeqLeRVn-qg@rogers.com...
>
> "Francois Human"skryf
>
> Jesus het aan ons
>> 'n opdrag gegee dat ons as gelowiges mekaar moet liefhê: "Hieraan sal
>> die
>> mense weet dat julle My kinders is, deurdat julle mekaar liefhet."
>> Wat hierdie ou en alle ander Christene wat mede-Christene afkraak dus
> doen,
>> is om die beeld van Christus en Sy kerk af te breek.
>
> Die klem is natuurlik op die "mekaar liefhet." En dit beteken
> dan duidelik almal, die ook wat van verskillende gelowe is. En ook
> dié wat nie "gelowiges" is nie. In die bostaande uitspraak wat
> jy aanhaal, sê dit duidelik "hieraan sal die mense weet dat
> julle My kinders is, deurdat julle mekaar liefhet." Dit beteken
> dat jy, François, en die Sjinees wat sy medemens liefhet en
> sy lewe sal neerlê vir hom, en die Maori wat sy medemens
> liefhet en sy lewe sal aflê vir sy medemens, en die Tibetaanse
> buddhis wat sy medemens liefhet en sy lewe sal aflê vir sy
> medemens, almal "My kinders" is. En dat dié wat nie
> bereid is om dit te doen nie, nie "Sy kinders" is nie.
>
> Gloudina

Gaan lees Francois se eerste sin weer, dan herdink jy jou respons.

Basjan
Re: God vs. the Bible [boodskap #106282 is 'n antwoord op boodskap #106280] Di, 04 Oktober 2005 14:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jan van Aardt"
Re: God vs. the Bible [boodskap #106292 is 'n antwoord op boodskap #106282] Wo, 05 Oktober 2005 07:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:q5KdnW50Ye0HE9_eRVn-jw@rogers.com...
>
> "Jan van Aardt"
> Hoekom is jy nou skielik Jan van Aardt.
> Is Jan van Aardt jou regte naam en
> Basjan was net jou skuilnaam? Ek
> wonder altyd oor die naam Basjan.
> Ek neem aan dit is 'n vernederlandsing
> van Bastian en dus van Sebastian, wat
> as ek reg onthou 'n Katolieke heilige
> is?
>
> Gloudina

Nuwe rekenaar gekry en met al die program-opstelling het ek 'n glips begaan.
My regte naam in inderdaad Jan van Aardt, maar my noemnaam (ook van my Oupa
geërf) is Basjan, verkort van die oorspronklike Baasjan (almal het my Oupa
so genoem, ongeag stand). Ek was ook op Stellenbosch (Wilgenhof) en een van
die nie-blanke ouens in die kombuis het geweier om my Basjan te noem, vir
ooglopende redes. Ou Winston het egter agtergekom dat almal my so noem en
selfs hy as groot ANC aktivis het my later vriendelik "Basjan" genoem.

So geen skuilnaam nie, net gebruikl van my "bynaam"... (ek is weer terug op
"Basjan")

Groete

Basjan
Re: God vs. the Bible [boodskap #106294 is 'n antwoord op boodskap #106232] Wo, 05 Oktober 2005 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"Francois Human" wrote in message
news:1128186299.0a0cccae5bd1974eb2294a08bdb71dec@teranews...
>
> "Gerard van Wilgen" wrote in message
> news:433e646d$0$28852$ba620dc5@text.nova.planet.nl...
>> Francois Human wrote:
>>> Ek vra namens alle Christene aan almal op die ng verskoning vir hierdie
>>> persoon se rantings en ravings. Hy glo duidelik dat sy eie brand van
>>> die Christendom op een of ander manier superieur is.

>> Maar die meeste gelowige glo tog dat hulle eie geloof superieur is? As
>> hulle sou glo dat 'n ander geloof superieur is, dan sou hulle immers die
>> ander geloof aanneem.


>> --

>> Gerard van Wilgen

> Wat 'n mens glo is een ding, maar hoe jy teenoor ander optree wat anders
> glo, is iets heeltemal anders. Verder het sy negatiwiteit teenoor
> medegelowiges en sy afkraking van ander Chrsitene se geloofsoortuigings
> net die effek dat hy die Christendom, en daardeur Jesus, se naam gat maak.
> Ek kan dit nie duld nie, so ek moet my groot bek rek.

Yes Francois, alhoewel ek jou opinie oor die OP se pos respekteer, dink ek
nie dit sit in sy, jou, of my broek om "Jesus se naam gat te maak nie"! Ek
het nogals gisteraand daaraan gedink en probeer besef met Wie ons eintlik te
make het - al wat ek kon besluit is dat ons standaarde van "status" nie eers
'n bietjie naby kom aan God se heiligheid nie.

Groete!

Basjan
Re: God vs. the Bible [boodskap #106299 is 'n antwoord op boodskap #106292] Wo, 05 Oktober 2005 09:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Basjan" skryf in boodskap news:dhvutg$bo4$1@solaris.cc.vt.edu...
>
> Ek was ook op Stellenbosch (Wilgenhof)

Haai, nie een van die ouens wat so gereeld getreiter is deur die dames van
Huis Monica wat altyd BEKFLUITJIE!! geskree het nie? Ver en wyd duer die
wêreld versprei, die Maties...
Re: God vs. the Bible [boodskap #106302 is 'n antwoord op boodskap #106292] Wo, 05 Oktober 2005 10:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

> Ek was ook op Stellenbosch (Wilgenhof)

Ek was op Huis de Villiers. Nou hoor ek dat dit
verander is in woonstelle vir getroude studente,
maar in ons dae was dit 'n gewone universiteits-
koshuis ( nogal een wat jy nie te maklik kon
inkom nie, tensy jy goeie punte in jou Matriek
behaal het. Dus bietjie van 'n snob koshuis.

Gloudina
Re: God vs. the Bible [boodskap #106303 is 'n antwoord op boodskap #106294] Wo, 05 Oktober 2005 11:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

Ek
> het nogals gisteraand daaraan gedink en probeer besef met Wie ons eintlik te
> make het - al wat ek kon besluit is dat ons standaarde van "status" nie eers
> 'n bietjie naby kom aan God se heiligheid nie.

Basjan, Basjan. Jy laat sidder my weer. As jy so van "ons" en
"God" praat. In jou Christelike raamwerk, is jy nie veronderstel
om die maaksel van God te wees nie. Jy skryf so asof jy glo
in 'n materialistiese heelal met mense hier en 'n God daar,
met wie hulle "te make" kan hê. Is jy nie veronderstel om
in die beeld van God geskape te wees nie?

Gloudina
Re: God vs. the Bible [boodskap #106315 is 'n antwoord op boodskap #106303] Wo, 05 Oktober 2005 16:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:YrKdnRsBCc2BLN7eRVn-oA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Ek
>> het nogals gisteraand daaraan gedink en probeer besef met Wie ons eintlik
> te
>> make het - al wat ek kon besluit is dat ons standaarde van "status" nie
> eers
>> 'n bietjie naby kom aan God se heiligheid nie.
>
> Basjan, Basjan. Jy laat sidder my weer. As jy so van "ons" en
> "God" praat. In jou Christelike raamwerk, is jy nie veronderstel
> om die maaksel van God te wees nie. Jy skryf so asof jy glo
> in 'n materialistiese heelal met mense hier en 'n God daar,
> met wie hulle "te make" kan hê. Is jy nie veronderstel om
> in die beeld van God geskape te wees nie?
>
> Gloudina
>
Gloudina dit was 'n totale ontoepaslike respons, en het geen strekking op
die stelling wat Basjan probeer maak het nie.
Re: God vs. the Bible [boodskap #106318 is 'n antwoord op boodskap #106302] Do, 06 Oktober 2005 07:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:keSdnVSPkY6oMt7eRVn-uQ@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
>> Ek was ook op Stellenbosch (Wilgenhof)
>
> Ek was op Huis de Villiers. Nou hoor ek dat dit
> verander is in woonstelle vir getroude studente,
> maar in ons dae was dit 'n gewone universiteits-
> koshuis ( nogal een wat jy nie te maklik kon
> inkom nie, tensy jy goeie punte in jou Matriek
> behaal het. Dus bietjie van 'n snob koshuis.
>
> Gloudina

Huis Div is nou inderdaad 'n soort "woonstelkompleks". My vrou het daar
gewoon in haar vierde jaar saam met 8 ander vriendinne met 'n gedeelde
kombuis en badkamer. Eintlik nogals 'n baie aangename set-up op die
oomblik. Ek dink dit was die begin van die vermeerdering in vroue-vryheid
wat betref kom-en-gaan vanuit hulle verblyf op die Bos.

Basjan
Re: God vs. the Bible [boodskap #106319 is 'n antwoord op boodskap #106299] Do, 06 Oktober 2005 07:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"Bobby" skryf in boodskap news:SqN0f.7936$U51.7153@news-server.bigpond.net.au...
>
> "Basjan" wrote in message
> news:dhvutg$bo4$1@solaris.cc.vt.edu...

>> Ek was ook op Stellenbosch (Wilgenhof)
>
> Haai, nie een van die ouens wat so gereeld getreiter is deur die dames van
> Huis Monica wat altyd BEKFLUITJIE!! geskree het nie? Ver en wyd duer die
> wêreld versprei, die Maties...

Wat kan ek sê, Bobby, daar was veel pret om te hê!

Basjan
Re: God vs. the Bible [boodskap #106320 is 'n antwoord op boodskap #106303] Do, 06 Oktober 2005 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:YrKdnRsBCc2BLN7eRVn-oA@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> Ek
>> het nogals gisteraand daaraan gedink en probeer besef met Wie ons eintlik
> te
>> make het - al wat ek kon besluit is dat ons standaarde van "status" nie
> eers
>> 'n bietjie naby kom aan God se heiligheid nie.
>
> Basjan, Basjan. Jy laat sidder my weer. As jy so van "ons" en
> "God" praat. In jou Christelike raamwerk, is jy nie veronderstel
> om die maaksel van God te wees nie. Jy skryf so asof jy glo
> in 'n materialistiese heelal met mense hier en 'n God daar,
> met wie hulle "te make" kan hê. Is jy nie veronderstel om
> in die beeld van God geskape te wees nie?
>
> Gloudina

Gloudina, Gloudina - my en jou idee van God verskil. Dit is duidelik uit
jou respons hierbo en ons talle geselse oor die onderwerp. "Na God se
beeld" beteken glad nie vir my dat ek God is nie, maar eerder dat ek
eienskappe van God kan hê, en dit dalk meer nie-fisies in terme van bv.
goed-kwaad onderskeid...

Ek het al baie aan jou gestel dat ek glo ons lewe juis as geestelike wesens,
ons liggame is ons "tente". My punt is slegs dit - God is God sonder my, en
God se heerlikheid en heiligheid kan ek nie eers begin om te begryp nie.
Soveel so dat Moses sy skoene moes uittrek omdat die grond naby God se
teenwoordigheid heilig was. En dat engele hulle gesigte verberg in Sy
teenwoordigheid. Dis mind-boggling vir my!

Basjan
Re: God vs. the Bible [boodskap #106321 is 'n antwoord op boodskap #106320] Do, 06 Oktober 2005 11:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf

dat ek God is nie, maar eerder dat ek
> eienskappe van God kan hê, en dit dalk meer nie-fisies in terme van bv.
> goed-kwaad onderskeid...
>
> Ek het al baie aan jou gestel dat ek glo ons lewe juis as geestelike
wesens,

Jy besef dit seker nie, maar jy weerspreek jouself
wanneer jy op die een hand sê dat "ons eienskappe
van God" kan hê, en aan die anderkant sê jy
"ons is geestelike wesens." Dis asof jy beide
glo in 'n materialistiese heelal en aan 'n spirituele
heelal. Maar jy kan nie jou koek hê en dit eet
nie.

Gloudina
Re: God vs. the Bible [boodskap #106322 is 'n antwoord op boodskap #106321] Do, 06 Oktober 2005 12:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Basjan  is tans af-lyn  Basjan
Boodskappe: 71
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Volle Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:p76dnbzovovNl9jeRVn-gg@rogers.com...
>
> "Basjan" skryf
>
> dat ek God is nie, maar eerder dat ek
>> eienskappe van God kan hê, en dit dalk meer nie-fisies in terme van bv.
>> goed-kwaad onderskeid...

>> Ek het al baie aan jou gestel dat ek glo ons lewe juis as geestelike
> wesens,
>
> Jy besef dit seker nie, maar jy weerspreek jouself
> wanneer jy op die een hand sê dat "ons eienskappe
> van God" kan hê, en aan die anderkant sê jy
> "ons is geestelike wesens."
> Gloudina

Geen weerspeking, ek dink jy verstaan verkeerd. Daar is letterlik geen
weerspreking, selfs in die manier waarop jy dit hierbo gestel het nie. Dalk
sukkel jy net om dit te begryp?

Basjan
Re: God vs. the Bible [boodskap #106325 is 'n antwoord op boodskap #106322] Do, 06 Oktober 2005 12:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf:

>> Jy besef dit seker nie, maar jy weerspreek jouself
>> wanneer jy op die een hand sê dat "ons eienskappe
>> van God" kan hê, en aan die anderkant sê jy
>> "ons is geestelike wesens."
>> Gloudina
>
> Geen weerspeking, ek dink jy verstaan verkeerd. Daar is letterlik geen
> weerspreking, selfs in die manier waarop jy dit hierbo gestel het nie. Dalk
> sukkel jy net om dit te begryp?
>
> Basjan

Ek reken Gloudina wil jou graag probeer oortuig dat 'n non-dualistiese
sienswyse, soos wat soveel Westerlinge 'n liefde voor ontwikkel het in
dinge soos Chan/Zen, Tiantai, Mahamudra en verskillende vorme van
Tantrism, beter is as jou dualistiese interpretasie van jou geloof,
waar siel/gees en liggaam apart is (in 'n neutedop gestel).

Interessant dat die Bolsheviks en die Fascists en Nationale Sosialiste
hier in die1930s rond vreeslik gefassineerd was met veral Buddhist en
Hindu vorme van "non-dualism".
Dit laat mens dink...

Ek reken dat mens sekerlik 85% van die Mahayana corpus moet verbrand
op die brandstapel. Dan sal daar minder tirannie in die wereld en op
die nuusgroep wees.
:))
Re: God vs. the Bible [boodskap #106329 is 'n antwoord op boodskap #106325] Do, 06 Oktober 2005 16:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf

> Interessant dat die Bolsheviks en die Fascists en Nationale Sosialiste
> hier in die1930s rond vreeslik gefassineerd was met veral Buddhist en
> Hindu vorme van "non-dualism".
> Dit laat mens dink...

Ek dink jy dui maar net aan dat bogenoemde groepe
meer "gedink" het as sommige van die mense in die
Weste. Die feit dat hulle "materialisme" aangehang het,
dui egter duidelik daarop dat hulle hulself in dieselfde
kategorie geplaas het as dié soort Christene wat 'n
materialistiese heelal verkondig.
Jy begin dieselfde speletjie speel as Dan Roodt. Jy
probeer vreeslik geleerd klink oor baie sake, en
omdat baie min hier vir jou kan of wil teenspreek,
kan jy maar jou prekies preek en jouself op die
skouers klop. Nog 'n ander persoon waaraan jy
my herinner, is Donald Rumsfeld.

Gloudina
Re: God vs. the Bible [boodskap #106331 is 'n antwoord op boodskap #106329] Do, 06 Oktober 2005 20:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf:

> Nog 'n ander persoon waaraan jy
> my herinner, is Donald Rumsfeld.

Giegiegiegieee - jou hele antwoord was vreeslik snaaks, maar hierdie
laaste stuk veral het my werklik hardop laat lag, en ek giggel
nogsteeds. Dit was sekerlik veronderstel om te kwes, maar dit is soooo
ongelooflik snaaks!
Onthou net:
"There are known knowns. These are things we know that we know.
There are known unkowns. That is to say, there are things we know we
don't know.
But, there are also unknown unknowns. These are things we don't know
we don't know."
- Donald Rumsfeld

Vriendelike groete,
Rummy
Re: God vs. the Bible [boodskap #106332 is 'n antwoord op boodskap #106329] Vr, 07 Oktober 2005 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Duidelik het Gloudina nie haar copy van die Mahayana corpus verbrand nie

"@rogers.com" skryf in boodskap news:2-ednU0AoP47z9jenZ2dnUVZ_sidnZ2d@rogers.com...

> Jy begin dieselfde speletjie speel as Dan Roodt. Jy
> probeer vreeslik geleerd klink oor baie sake, en
> omdat baie min hier vir jou kan of wil teenspreek,
> kan jy maar jou prekies preek en jouself op die
> skouers klop. Nog 'n ander persoon waaraan jy
> my herinner, is Donald Rumsfeld.
>
> Gloudina
Re: God vs. the Bible [boodskap #106336 is 'n antwoord op boodskap #106219] Sa, 08 Oktober 2005 03:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Jonas" skryf in boodskap news:di6gh8$q0c$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> En Anti - vir die eerste keer in 'n baie lang tyd stem ek met jou saam.
> "Bullshit baffles brains ..." (Jammer - ek ken nie die Afrikaans daarvoor
> nie.)
>
Dit vat seker ook nie veel om jou te baffle nie... As jy vir jouself kon
dink en genoeg belanggestel het in 'n verskeidenheid onderwerpe, sou jy
sekerlik ook die kennis gehad het om intelligent te kan redeneer. Maar nou
kan jy nie...
Re: God vs. the Bible [boodskap #106337 is 'n antwoord op boodskap #106329] Sa, 08 Oktober 2005 03:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti sê: " Jy probeer vreeslik geleerd klink oor baie sake, en
omdat baie min hier vir jou kan of wil teenspreek,
kan jy maar jou prekies preek en jouself op die
skouers klop. "

En Anti - vir die eerste keer in 'n baie lang tyd stem ek met jou saam.
"Bullshit baffles brains ..." (Jammer - ek ken nie die Afrikaans daarvoor
nie.)
Re: God vs. the Bible [boodskap #106345 is 'n antwoord op boodskap #106336] Sa, 08 Oktober 2005 14:23 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Bobby" skryf:

> "Jonas" wrote in message

>> En Anti - vir die eerste keer in 'n baie lang tyd stem ek met jou saam.
>> "Bullshit baffles brains ..." (Jammer - ek ken nie die Afrikaans daarvoor
>> nie.)

> Dit vat seker ook nie veel om jou te baffle nie... As jy vir jouself kon
> dink en genoeg belanggestel het in 'n verskeidenheid onderwerpe, sou jy
> sekerlik ook die kennis gehad het om intelligent te kan redeneer. Maar nou
> kan jy nie...

Giegie, mooi raakgevat Bobby! :)
Vorige onderwerp: Lui mense
Volgende onderwerp: Re: Al Gore ..
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 03:03:55 MGT 2024