Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Lensiesop "Afrikaners"
Re: Lensiesop "Afrikaners" [boodskap #106187] Do, 29 September 2005 06:47 na volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas, sy kan dit nie verstaan nie want haar aanslag is nie eerlik nie.

"Jonas" skryf in boodskap news:dhftn4$hne$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Anti Gloudina skryf:
>
> "Maar wanneer ek die nuus van SA lees en ek sien iemand wat 'n
> regeringswoord-
> voerder is en sy naam is Afrikaans, dan is my hart trots."
>
> Sy sê ook:
> "Sien Jonas, hierdie opmerking lê jou bloot. Hoekom is daar
> 'n sekere tipe Afrikaner, soos jy, wat altyd hooghartig dink
> dat hy beter is as ander Afrikaners?"
>
> Anti - ek verfoei "Afrikaners" wat saam met die vyand slaap. Die vyand
> synde
> te wees die ANC/COSATU/SAKP-alliansie mense. Daardie mense wat die morele
> botoon gevoer het toe die "apartheidsvarke" (jou woorde) aan bewind was.
> Hulle was die kampvegters van geregtigheid, regverdigheid, deursigtig en
> veral nie-rassisties nie. Op elkeen van hierdie eienskappe sal ek vir jou
> bewyse kan voorlê van hoe elke ene hiervan daagliks oorskrei word - maar
> ek
> is seker jy lees die SA media - dan het jy bepaald oogklappe vir die
> waarheid.
> En nee, ek dink nie ek is beter as ander Afriokaners nie. Om die waarheid
> te
> sê ek het my nog altyd as 'n integrale deel van die groep beskou. En al
> het
> hulle foute gemaak, en steeds maak - hulle is my mense. Ek noem hulle nie
> varke nie. En ek gaan hou nie skool by 'n swartskool terwyl my eie mense
> swaarkry nie.
> As een van jou kinders tronk toe gaan, dan bly jy steeds die ouer van
> daardie kind. En dieselfde met my mense. Baie van hulle is wat intellek
> ens.
> betref nie die boonste grondboontjies in die pakkie nie - maar hulle is my
> se mense. Dat hulle ander te nagekom het was 'n fout - maar ek glo dit
> grotendeels in 'n poging om hulself op te hef vanweë die onreg wat hulle
> as
> jong nasie moes ervaar.
> En wanneer jou kinders in die tronk is, gaan skaar jy jou aan die kant van
> die bewaarders?
> Hoe verduidelik jou Marthinus van Schalkwyk aan sy "mede"-Afrikaners
> waarom
> daar teen hul kinders by die werplek gediskrimineer word in hierdie
> "nie-rassige" bestel? Wat sê jou Pik Botha (julle ondersteun en praat mos
> die ANC goed.) aan die ouers wat kinders in die grensoorlog verloor het op
> sy aandrang?
> Nee Anti - ek verkies boontjiesop met spek bo lensiesop - maar jy sal
> nooit
> weet waarom nie.
>
Re: Lensiesop "Afrikaners" [boodskap #106196 is 'n antwoord op boodskap #106187] Do, 29 September 2005 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> En nee, ek dink nie ek is beter as ander Afriokaners nie. Om die waarheid te
> sê ek het my nog altyd as 'n integrale deel van die groep beskou. En al het
> hulle foute gemaak, en steeds maak - hulle is my mense. Ek noem hulle nie
> varke nie. En ek gaan hou nie skool by 'n swartskool terwyl my eie mense
> swaarkry nie.

Die ouens wat "foute gemaak het," ( ek neem aan jy verwys na apartheid)
was nie arm en agter en nie goed bedeel van intelligensie nie. Dit was 'n
klein elite groep wat die mag in die hande gekry het en SA 'n diktatorskap
gemaak het. Sommige van hulle, soos ou P.W. Botha, was duidelik 'n
ou skobbejak. Maar meeste van hulle was goed geskoold en bedeeld
met aardse dinge. Ek weet. Ek het met van hulle kinders op universiteit
gesit. Toe begin hulle wette maak wat tagtig persent van die bevolking
totaal onterf van regte, en hulle in baie gevalle ontwortel van gebiede
wat toe skielik as wit woonbuurte verklaar word. En hulle stel totaal
onbevoegde mense in baie possies aan wat in sommige gevalle spesiaal
vir die wittes geskep is.
So ek lag as jy my beskuldig dat ek by 'n swart skool gaan
skoolhou "terwyl my eie mense swaarkry." Gits.

Gloudina
Re: Lensiesop "Afrikaners" [boodskap #106197 is 'n antwoord op boodskap #106187] Do, 29 September 2005 11:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Jonas" skryf

> Hoe verduidelik jou Marthinus van Schalkwyk aan sy "mede"-Afrikaners waarom
> daar teen hul kinders by die werplek gediskrimineer word in hierdie
> "nie-rassige" bestel?

Maklik. Ek dink nie hy hoef eers te verduidelik nie. Want enige
Afrikaner met 'n greintjie verstand kon sien dat daar 'n end moes
kom aan die wit diskriminasie wat daar was, die werkreservering
wat daar was, gedurende apartheid. Dat daar daadwerklik dinge
gedoen moet word om die tagtig persent van die bevolking, wat
beroof is van hulle regte en hulle plek in die samelewing, weer
op die been te bring.

Gloudina
Re: Lensiesop "Afrikaners" [boodskap #106198 is 'n antwoord op boodskap #106197] Do, 29 September 2005 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Wat die antie duidelik nie begryp nie, is die vraag wat gevra word en wat sy
verkies om nie te antwoord nie. Niemand het ooit probeer voorgee dat
apartheid verkeerd was nie. Dit is egter jou eie mense wat hierdie foute
gemaak het en al is hulle hoe verkeerd, die dag as dinge verander, maak dit
jou nie wegbeweeg van jou eie nie en jou eie mense verloen nie. Maar die
anti sal nie verstaan nie, haar mense hang mos steeds tussen die twee
groepe..............

"@rogers.com" skryf in boodskap news:x-mdnRsIw8haT6beRVn-pw@rogers.com...
>
> "Jonas" skryf
>
>> Hoe verduidelik jou Marthinus van Schalkwyk aan sy "mede"-Afrikaners
> waarom
>> daar teen hul kinders by die werplek gediskrimineer word in hierdie
>> "nie-rassige" bestel?
>
> Maklik. Ek dink nie hy hoef eers te verduidelik nie. Want enige
> Afrikaner met 'n greintjie verstand kon sien dat daar 'n end moes
> kom aan die wit diskriminasie wat daar was, die werkreservering
> wat daar was, gedurende apartheid. Dat daar daadwerklik dinge
> gedoen moet word om die tagtig persent van die bevolking, wat
> beroof is van hulle regte en hulle plek in die samelewing, weer
> op die been te bring.
>
> Gloudina
>
Re: Lensiesop "Afrikaners" [boodskap #106199 is 'n antwoord op boodskap #106196] Do, 29 September 2005 13:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:oIGdnUY2jrujTKbenZ2dnUVZ_s6dnZ2d@rogers.com...
> Die ouens wat "foute gemaak het," ( ek neem aan jy verwys na apartheid)
> was nie arm en agter en nie goed bedeel van intelligensie nie. Dit was 'n
> klein elite groep wat die mag in die hande gekry het en SA 'n diktatorskap
> gemaak het.
---Hoekom lieg jy so? Vir wie? Die oorgrote meerderheid van die blankes
het vir die NP en apartheid gestem. Dit was g'n elite-groepie nie.

Maar meeste van hulle was goed geskoold en bedeeld
> met aardse dinge. Ek weet.
----Maar jy lieg erger as 'n tannetrekker! Jy weet juis nie en jy lieg wso
dat jy jouself begin glo! Die meerderheid Afrikaners in die jare was juis
nie ryk nie. Jy vergeet van die depressiejare waardeur die land gegaan het
en dat die land in 'n opboufase gegaan het. Ja, baie het op plase gewoon
en hul eie voorspoed geskep, maar dan so het jou swart boeties ook in
landelike gebiede gewoon en tot vandag toe nog nie kon slaag om hulleself op
te werk in 'n posisie waar hulle onafhanklik van die blanke se kundigheid en
werksgewilligheid 'n lewe kan voer nie. Selfs vandag steeds word grond aan
hulle geskenk en steeds kan hulle dit nie regkry nie.

> So ek lag as jy my beskuldig dat ek by 'n swart skool gaan
> skoolhou "terwyl my eie mense swaarkry." Gits. ----Jy sal lag, want hulle was en is nie jou eie nie....
>
> Gloudina
>
Re: Lensiesop "Afrikaners" [boodskap #106201 is 'n antwoord op boodskap #106197] Do, 29 September 2005 13:37 Na vorige boodskap
kaalbaster  is tans af-lyn  kaalbaster
Boodskappe: 108
Geregistreer: September 2005
Karma: 0
Senior Lid
@rogers.com wrote:
> "Jonas" skryf
>
>> Hoe verduidelik jou Marthinus van Schalkwyk aan sy "mede"-Afrikaners
> waarom
>> daar teen hul kinders by die werplek gediskrimineer word in hierdie
>> "nie-rassige" bestel?
>
> Maklik. Ek dink nie hy hoef eers te verduidelik nie. Want enige
> Afrikaner met 'n greintjie verstand kon sien dat daar 'n end moes
> kom aan die wit diskriminasie wat daar was, die werkreservering
> wat daar was, gedurende apartheid. Dat daar daadwerklik dinge
> gedoen moet word om die tagtig persent van die bevolking, wat
> beroof is van hulle regte en hulle plek in die samelewing, weer
> op die been te bring.
>
> Gloudina

Ek dink nou jy praat nonsens! Apartheid is vandag net "reverse"!
Vorige onderwerp: Coenie de Villiers
Volgende onderwerp: Lensiesop "Afrikaners"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 25 06:04:57 MGT 2024