Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lensiesop "Afrikaners"
Lensiesop "Afrikaners" [boodskap #106202] Do, 29 September 2005 14:22
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti Gloudina skryf:

"Maar wanneer ek die nuus van SA lees en ek sien iemand wat 'n
regeringswoord-
voerder is en sy naam is Afrikaans, dan is my hart trots."

Sy sê ook:
"Sien Jonas, hierdie opmerking lê jou bloot. Hoekom is daar
'n sekere tipe Afrikaner, soos jy, wat altyd hooghartig dink
dat hy beter is as ander Afrikaners?"

Anti - ek verfoei "Afrikaners" wat saam met die vyand slaap. Die vyand synde
te wees die ANC/COSATU/SAKP-alliansie mense. Daardie mense wat die morele
botoon gevoer het toe die "apartheidsvarke" (jou woorde) aan bewind was.
Hulle was die kampvegters van geregtigheid, regverdigheid, deursigtig en
veral nie-rassisties nie. Op elkeen van hierdie eienskappe sal ek vir jou
bewyse kan voorlê van hoe elke ene hiervan daagliks oorskrei word - maar ek
is seker jy lees die SA media - dan het jy bepaald oogklappe vir die
waarheid.
En nee, ek dink nie ek is beter as ander Afriokaners nie. Om die waarheid te
sê ek het my nog altyd as 'n integrale deel van die groep beskou. En al het
hulle foute gemaak, en steeds maak - hulle is my mense. Ek noem hulle nie
varke nie. En ek gaan hou nie skool by 'n swartskool terwyl my eie mense
swaarkry nie.
As een van jou kinders tronk toe gaan, dan bly jy steeds die ouer van
daardie kind. En dieselfde met my mense. Baie van hulle is wat intellek ens.
betref nie die boonste grondboontjies in die pakkie nie - maar hulle is my
se mense. Dat hulle ander te nagekom het was 'n fout - maar ek glo dit
grotendeels in 'n poging om hulself op te hef vanweë die onreg wat hulle as
jong nasie moes ervaar.
En wanneer jou kinders in die tronk is, gaan skaar jy jou aan die kant van
die bewaarders?
Hoe verduidelik jou Marthinus van Schalkwyk aan sy "mede"-Afrikaners waarom
daar teen hul kinders by die werplek gediskrimineer word in hierdie
"nie-rassige" bestel? Wat sê jou Pik Botha (julle ondersteun en praat mos
die ANC goed.) aan die ouers wat kinders in die grensoorlog verloor het op
sy aandrang?
Nee Anti - ek verkies boontjiesop met spek bo lensiesop - maar jy sal nooit
weet waarom nie.
Vorige onderwerp: Re: Lensiesop "Afrikaners"
Volgende onderwerp: Re: Ek sien toe vir ET
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 19:55:23 MGT 2024