Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ek sien toe vir ET
Ek sien toe vir ET [boodskap #106195] Do, 29 September 2005 11:04
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sien vanoggend 'n heruitsending op KykNet van hulle ontbytprogram en hulle
gas wat Ettienne Terblanche is van die AWB-faam. Een indruk wat by my
opgekom het, was dat hierdie man in sy saak glo en dat hy onwrikbaar daarby
staan, reg of verkeerd. Luister jy na sy gedigte, dan hoor jy van 'n man
wat diep dink oor sy lewe en die van die Afrikaners. Hy is ook glad nie
onnosel soos wat die pers hom graag aan die publiek voorhou nie. Hy het
dan ook dit pertinent gestel dat baie van die dinge wat aan hom in die pers
toegedig was, versinsels was ter wille van die sensasie. Hy reken dat hy
noiit van sy perd afgeval het nie, sy perd het met hom geval. Dit is egter
so dat meeste mense nie meer perde ken nie en in elk geval nie die verskil
sal ken nie.
Wat vir my interessant is [as 'n persoon wat altyd gedink het dat die ou
lekker gek is] dat hy steeds by sy beginsels staan na sy jare van droogmaak
en tronksit. Hy's nie bang vir wat ander mense van sy siening dink nie en
leef sy standpunt uit. Hoe anders is meeste van ons vaalgesigte nie? Ons
sit as gewone plebs in die waters van die see vasgevang en soos die strome
wieg en verander, so loop ons maar saam met die stroom....en laat een donner
dit nou waag om teen die stroom te probeer swem! Dan slaat ons hom plat en
veroordeel hom vir alles wat sleg is. Van vergifnis is daar geen sprake
nie en dis baie van dieselfde mense wat Sondae kerk toe tou en lekker
saamteem dat jy nie mag oordeel nie en dat die oordeel jou in elk geval nie
toekom nie!
Die dag dat die Afrikaanssprekende blanke mense van Suider-Afrika oor
hul skeinheiligheid kan kom, daai dag is daar 'n werklike toekoms vir hulle.
Vorige onderwerp: Brett Kebble se moord
Volgende onderwerp: Coenie de Villiers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 08:52:24 MGT 2024