Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is dit Naasteliefde?
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105115 is 'n antwoord op boodskap #105111] Di, 16 Augustus 2005 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 19:30:16 +0200, "Francois Human"
wrote:

> Hoe bly is ek nie nou dat ek besluit het om nie hier betrokke te raak nie :)
>

Slim kind:-)))
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105116 is 'n antwoord op boodskap #105102] Di, 16 Augustus 2005 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 16:18:51 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Tue, 16 Aug 2005 00:22:03 +0200, DD wrote:
>
>
> > Ons glò die hele bybel letterlik.
>> Jy verstààn nie die woord 'Bybels' nie.
>> Natuurlik het die insidente gebeur, want daar word van
>> in die Bybel vertel.
>> By 'nie Bybels nie' bedoel ek dat die teen Bybel leringe was.
>> Ek is verbaas dat jy dit nie verstaan het nie.
>> Wat ek gesê het, kon nie anders verstaan word nie.
>
> Dink jy nie " 'n oog vir 'n oog" en "draai die ander wang" bots met
> mekaar as voorskrifte nie?
>

Nee, want die eerste is Ou Testamenties terwyl die laaste
Nuwe Testamenties is. Alhoewel die Nuwe Testament nie die ou
Testament vervang het nie, is daar tog dinge wat verander het. Dan kan
jy ook vra waarom daar nie meet lammetjies ge-offer is in die Nuwe
Testament nie. Omdat die finale offer toe gebring is.
dit is dus nie teenstrydig nie, maar jy moet onthou dat die
Christelike geloof slegs 2000 jr oud is. Jesus het liefde kom predik.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105117 is 'n antwoord op boodskap #105114] Di, 16 Augustus 2005 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf
> ek het heelwat met Moslems oor hul geloof gesels
> Vals is hul godsdiens dus beslis.

Mag God jou genadig wees. Want jy weet nie
wat jy doen nie.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105118 is 'n antwoord op boodskap #105116] Di, 16 Augustus 2005 20:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

Jesus het liefde kom predik.

Maar jy, jy sê dat die Mohammedane vals
glo as hulle aan God glo.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105120 is 'n antwoord op boodskap #105118] Di, 16 Augustus 2005 20:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 16:33:37 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
> Jesus het liefde kom predik.
>
> Maar jy, jy sê dat die Mohammedane vals
> glo as hulle aan God glo.
>
> Gloudina
>

Daar bestaan nie regtig so iets soos Mohammedane nie.
Dit is Moslems en die woord 'Mohammedaan' se ontstaan
is vanaf die feit dat hulle glo in die boeke van Mohammed.

Antwoord op jou vraag:
My Bybel, maw die Christelike Bybel, sê dat Jesus die Seun
van God is. En Jesus self sê dat hy van ewig af is.
Die Christelike geloof leer my dat Jesus deel is van die Godheid.
Dat Jesus drie dae na die kruisiging opgewek is en opgevaar het
na die hemel waar hy aan die regterhand van die Vader sit.
Van waar hy sal terug keer om ons te kom haal.
Ek glo dit. Punt.

Die Koran leer van Allah en ontken dat Jesus van Nasaret die Seun van
God is. Die Koran leer dat Jesus slegs 'n gewone mens soos jy en ek
is.

Een van hierdie Bybels is vals. Albei vertel nie dieselfde nie
en wanneer twee teenoorgestelde dinge vertel word, is een van die
vertellings 'n leuen.

Die Koran lieg.

Die bal is in jou hande.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105121 is 'n antwoord op boodskap #105095] Di, 16 Augustus 2005 20:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf:

> My antie, ek's baie jare jonger as jy en ek was op Potch gewees.

ROTFL!! Dit verklaar baie!!
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105122 is 'n antwoord op boodskap #105074] Di, 16 Augustus 2005 21:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf:

> Bouwer weer, het vele kere hier gesê dat sy nie 'n Budhis is nie,
> maar slegs hul byeenkomste bywoon. Maar kom ons kyk wat sy sê
> onder die 'naasteliefde' tema 13/08

Dit is duidelik dat jy nie eens die vaagste benul het waaroor daar
gesels was nie.

Genugtig ou DD, ek het nooit besef jy is so hooghartige bygelowige
mens nie.
Dan vertel jy vir mense jy is 'n Christen en dat Jesus liefde kom
predik het? Moet jy nie dan dalk Sy voorbeeld volg i.p.v jou
bygelofies vertroetel en ander mense probeer slegmaak nie?
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105123 is 'n antwoord op boodskap #105120] Di, 16 Augustus 2005 21:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf:

> Antwoord op jou vraag:
> My Bybel, maw die Christelike Bybel, sê dat Jesus die Seun
> van God is. En Jesus self sê dat*** hy*** van ewig af is.

Oooo aarde. Kyk nou net wat het jy gedoen. Het jy dan geen respek
vir God nie? Hoe kan jy dan na Hom verwys met 'n kleinletter?
Jy gaan verseker in die hel brand.

> Die Christelike geloof leer my dat Jesus deel is van die Godheid.

Ja hoor. Dink jy nie dat jy bietjie meer respek dan kan betoon nie?
Dit was mos nie so lank gelede wat jy iemand hier uitgeskel het omdat
hulle durf waag het om god met 'n kleinletter te skryf. Sheesh
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105124 is 'n antwoord op boodskap #105082] Di, 16 Augustus 2005 21:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf:

> Nee, ginetiese foute.

Geneties!
genugtig
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105125 is 'n antwoord op boodskap #105120] Di, 16 Augustus 2005 21:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> Een van hierdie Bybels is vals. Albei vertel nie dieselfde nie
> en wanneer twee teenoorgestelde dinge vertel word, is een van die
> vertellings 'n leuen.
>
> Die Koran lieg.
>
> Die bal is in jou hande.

Wel, du plessis. Jou arrogantheid slaan my
asem weg. Ek kan alleen kompassie vir jou
hê. Net soos ek kompassie sal moet hê vir
'n persoon uit Islam wat dieselfde as jy predik,
en jóú veroordeel. Dan leer ek liewer by die
Buddhiste, wat geen een veroordeel nie, maar
net aangaan om uit te wys hoe mens die ego
kan afbreek ( solank die saad nie in die grond
val en sterwe nie....) en hoe 'n lewe van
dedikasie aan die bereiking van 'n lewe
van kompassie en hulpvaardigheid vir jou
ten minste sukha ( geluk) bring, en nie
dukkha ( lyding) nie.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105126 is 'n antwoord op boodskap #105122] Di, 16 Augustus 2005 21:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 17:03:29 -0400, Katryn wrote:

> DD skryf:
>
>
>> Bouwer weer, het vele kere hier gesê dat sy nie 'n Budhis is nie,
>> maar slegs hul byeenkomste bywoon. Maar kom ons kyk wat sy sê
>> onder die 'naasteliefde' tema 13/08
>
> Dit is duidelik dat jy nie eens die vaagste benul het waaroor daar
> gesels was nie.
>
> Genugtig ou DD, ek het nooit besef jy is so hooghartige bygelowige
> mens nie.
> Dan vertel jy vir mense jy is 'n Christen en dat Jesus liefde kom
> predik het? Moet jy nie dan dalk Sy voorbeeld volg i.p.v jou
> bygelofies vertroetel en ander mense probeer slegmaak nie?

in antwoord op altwee jou skrywes, Danielle,
ek het ook al aangevang wat jy nou net gedoen het.
Saam met die vriende gekuier, gespog met die Hanepoot,
na die vierde glas nie opgemerk dat die verskillende wyne
nou dieselfde begin smaak nie.
Na die kuier die rekenaar aangeskakel, en die grootste
spul snert hier kwyt geraak.
Die volgende dag (nie meer gedrink) gedink,
bôgger hulle, ek gaan nie eens sorry sê nie.

Ek dink jy moet 'n bietjie gaan lê.
Na bewering help swart koffie.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105127 is 'n antwoord op boodskap #105126] Di, 16 Augustus 2005 21:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf:

> in antwoord op altwee jou skrywes, Danielle,
> ek het ook al aangevang wat jy nou net gedoen het.
> Saam met die vriende gekuier, gespog met die Hanepoot,
> na die vierde glas nie opgemerk dat die verskillende wyne
> nou dieselfde begin smaak nie.

Jammer ek suip nie.
Drink ook nie Hanepoot nie. Kon dit nog nooit verdra nie.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105128 is 'n antwoord op boodskap #105112] Di, 16 Augustus 2005 22:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
DD skryf:

> Die Planneet Hemel
> 2 Kor 12

Oy. So, dit is 'n planeet. Nou ja..

Aangesien ander hier engelse grappies plaas....hier is ook een wat vir
my nogal altyd oulik was.

A monk asked Master Busshin, "Do heaven and hell exist?"

"No," the master said without hesitation.

Some samurai happened to be within earshot and, amazed at Busshin's
answer, asked him the same question. This time, again without
hesitation, the master said "Yes."

When accused by the samurai of being contradictory, Busshin said,
"Well, if I tell you there's neither heaven nor hell, where
would the alms come from?"
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105129 is 'n antwoord op boodskap #105128] Di, 16 Augustus 2005 22:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 18:01:40 -0400, Katryn wrote:

> DD skryf:
>
>> Die Planneet Hemel
>> 2 Kor 12
>
> Oy. So, dit is 'n planeet. Nou ja..
>
> Aangesien ander hier engelse grappies plaas....hier is ook een wat vir
> my nogal altyd oulik was.
>
>
> A monk asked Master Busshin, "Do heaven and hell exist?"
>
> "No," the master said without hesitation.
>
> Some samurai happened to be within earshot and, amazed at Busshin's
> answer, asked him the same question. This time, again without
> hesitation, the master said "Yes."
>
> When accused by the samurai of being contradictory, Busshin said,
> "Well, if I tell you there's neither heaven nor hell, where
> would the alms come from?"
>

you are not a complete idiot, some parts are missing.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105130 is 'n antwoord op boodskap #105087] Di, 16 Augustus 2005 22:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Basjan" skryf:

> Bogsnert. En as jy dink dat godsdiens en wetenskap een moet wees (mekaar
> moet ondersteun), knock yourself out. Daar is baie Bybelse dinge wat ek nie
> wetenskaplik kan verklaar nie, maar ek hoef ook nie.

Basjan, wat is jou opinie oor die nuuste storie van GW dat hy die ID
hipotese in ons skole wil inbring as opsie teen evolusieleer?
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105131 is 'n antwoord op boodskap #105129] Di, 16 Augustus 2005 22:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
> you are not a complete idiot, some parts are missing.

Dankie, DD. Ek wonder of jy dink jy is baie oulik as jy sulke dinge
sê vir mense?

"If you want the truth, rather than merely something to say,
you will have a good deal less to say." -- Thomas Nagel
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105138 is 'n antwoord op boodskap #105107] Wo, 17 Augustus 2005 09:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 15:34:56 +0100, "Suidwester" wrote:

"Ferdi Greyling" wrote in message
> news:n7t3g1linl02bgmsmba2n2s9s7s5uul9nj@4ax.com...
>> On Tue, 16 Aug 2005 07:32:29 +0100, "Suidwester"
>> wrote:

>> 1. So jy sê God het niks met genetika te doen nie?
> -----As jy glo in die skepping, dan het ginetika en foute daarin alles
> daarmee te doen. Die skepping is nie foutloos nie!

Dus: As God almagtig en as die skepping sy wil verteenwoordig, dan
verteenwoordig die genetiese "foute" ook sy wil.
In elk geval, dis ONS wat besluit dis "foute" .
Ek weet van nerens waar God hom of haar uitgespreek het om te se wat
sy "foute" is nie.

Die begrip "foute" rym in elk geval nie met 'n almagtige God nie.
Plus, as God almagtig is, kan hy enige "fout" regstel. As hy dit nie
doen is, is dit seker 'n aanduiding dat hy dit nie as 'n "fout"
beskou nie.

>> 2. Se^ jy ok dis abnormaal om wit te wees aangesien die meeste mense
>> in die wereld nie wit is nie?
> -----Hang seker af vanwaar jy dit kyk? Die kleur van 'n vel is nie vir my
> 'n abnormaliteit as jy dit so ligtelik bekyk nie. As ek 'n swart man was
> en ek het met my swart vrou getrou en ek kry jy wit kind, sal ek dink dis
> abnormaal. Soos 'n albino ook is! 'n Man wat na 'n ander man smag, is
> ook abnormaal....maar dis seker maar my opinie, hm? As ek die fisiese
> komponenete van man en vrou so sit en bekyk dan is dit vir my normaal hoe
> hulle NATUURLIK in mekaar pas. Maar jy reken dis vir jou normaal dat
> iemand probeer om 'n M12 metric draad in 'n M12 metric fine probeer
> inskroef? Forseer jy dit, dan kan dit werk, maar as jy 'n brug probeer
> bou, wees verseker dat dit nie die regte krag gaan hê nie.....

Jou argument berus op die werklikheid dat seks tussen mans en vroue
kinders tot gevolg het. Dit maak die daad vir jou normaal.
Maar die meeste seks tussen mans en vroue lei waarskynlik NIE tot
kinders nie.
Plus, jy vang jouself in 'n situasie dat jy moet se seks tussen 'n man
en 'n onvrugbare vrou is 'n abnormaliteit ( en dus ook verkeerd in die
oe van God?)
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105139 is 'n antwoord op boodskap #105124] Wo, 17 Augustus 2005 09:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 17:16:08 -0400, Katryn wrote:

> "Suidwester" skryf:
>
>> Nee, ginetiese foute.
>
> Geneties!
> genugtig

Ja, ginugtig!
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105140 is 'n antwoord op boodskap #105111] Wo, 17 Augustus 2005 09:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 19:30:16 +0200, "Francois Human"
wrote:

> Hoe bly is ek nie nou dat ek besluit het om nie hier betrokke te
raak nie :)

Hoekom? Is wat jy glo wankelrig wanneer dit vrae teekom?
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105141 is 'n antwoord op boodskap #105116] Wo, 17 Augustus 2005 09:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 21:41:38 +0200, DD wrote:

> Nee, want die eerste is Ou Testamenties terwyl die laaste
> Nuwe Testamenties is. Alhoewel die Nuwe Testament nie die ou
> Testament vervang het nie, is daar tog dinge wat verander het. Dan kan
> jy ook vra waarom daar nie meet lammetjies ge-offer is in die Nuwe
> Testament nie. Omdat die finale offer toe gebring is.
> dit is dus nie teenstrydig nie, maar jy moet onthou dat die
> Christelike geloof slegs 2000 jr oud is. Jesus het liefde kom predik.

A! So jy glo nie in die ou testament nie?
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105142 is 'n antwoord op boodskap #105120] Wo, 17 Augustus 2005 09:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 22:56:01 +0200, DD wrote:

Een van hierdie Bybels is vals. Albei vertel nie dieselfde nie
> en wanneer twee teenoorgestelde dinge vertel word, is een van die
> vertellings 'n leuen.

Op grond waarvan het jy hierdie oordeel gemaak?
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105143 is 'n antwoord op boodskap #105109] Wo, 17 Augustus 2005 09:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 17:19:42 +0200, "Basjan" wrote:

>> So as jy nou sou wou kies om homoseksueel te wees, dan kan jy daardie
>> keuse uitoefen en een word?
>
> Jy kan kies om mans te bewonder en jou met "manlike seksualiteit" besig te
> hou. Dit lei sekerlik dan verder...
>
> Basjan

OK, kom ons kry dit duidelik - JY se jy sal met blote keuse vorentoe
'n homoseksueel kan word? Jou erotiese aangetrokkenheid tot vroue kan
verloor en dit vir mans kan ontwikkel?

Is dit wat jy se?
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105144 is 'n antwoord op boodskap #105113] Wo, 17 Augustus 2005 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 16 Aug 2005 21:19:28 +0200, DD wrote:

> Net net miskien hou hierdie daarmee verband
> dat daar heelwat moffies by die liggaamsbouers is.

Weet jy dit vir 'n feit?
Hoe weet jy dit?

> Iets waaraan ek skielik gedink het toe ek hierdie lees,
> en miskien steek daar iets in wat ek hier sê.
> Hulle bewonder hul helde op 'n verhoog,
> koop tydskrifte oor hulle
> neem videos van hulle
> en bewonder hulle van voor af by hul huise
>
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105145 is 'n antwoord op boodskap #105143] Wo, 17 Augustus 2005 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
basjan[1]  is tans af-lyn  basjan[1]
Boodskappe: 315
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:ec26g1h64vrdlaev3fda5gpesnd37tfdgl@4ax.com...
> On Tue, 16 Aug 2005 17:19:42 +0200, "Basjan" wrote:
>
>
> So as jy nou sou wou kies om homoseksueel te wees, dan kan jy
> daardie
>>> keuse uitoefen en een word?

>> Jy kan kies om mans te bewonder en jou met "manlike seksualiteit" besig te
>> hou. Dit lei sekerlik dan verder...

>> Basjan
>
> OK, kom ons kry dit duidelik - JY se jy sal met blote keuse vorentoe
> 'n homoseksueel kan word? Jou erotiese aangetrokkenheid tot vroue kan
> verloor en dit vir mans kan ontwikkel?
>
> Is dit wat jy se?

Ek sê dit kan daartoe "lei".

Ek wonder of baie homoseksualisme (let wel, nie alle nie) nie ontwikkel uit
'n soort sosiale situasie, waar byvoorbeeld 'n man fyner is as 'n ander een,
minder vroulike aandag kry, en dit so na 'n spiraal na 'n "alternatiewe"
seksualiteit lei. Dit is natuurlik slegs spekulasie, maar ek dink baie van
ons kan aan voorbeelde van sulke situasies of variante daarvan dink.

Ek stem saam met Suidwester hier, dit bly onnatuurlik, hoe mens ookal daarna
kyk. Ek het meer respek vir die persoon wat kan toeken dat dit onnatuurlik
is, maar met my stry oor die "sonde-aspek" daarvan, as die persoon wat
daaraan bly kleef dat dit 'n natuurlike dinamika is. Sit net stil vir 'n
oomblik en dink aan die fisiese interaksie en aspekte. Dit is vir my
mind-boggling dat iemand oortuig kan wees dat homoseksualiteit 'n natuurlike
stand van sake kan wees! En dan het aspekte van gesinsdinamika ook nog nie
na vore gekom nie... dit maak nog 'n kan wurms oop.

Basjan
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105146 is 'n antwoord op boodskap #105138] Wo, 17 Augustus 2005 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Dus: As God almagtig en as die skepping sy wil verteenwoordig, dan
> verteenwoordig die genetiese "foute" ook sy wil.
> In elk geval, dis ONS wat besluit dis "foute" .
> Ek weet van nerens waar God hom of haar uitgespreek het om te se wat
> sy "foute" is nie.
>
> Die begrip "foute" rym in elk geval nie met 'n almagtige God nie.
> Plus, as God almagtig is, kan hy enige "fout" regstel. As hy dit nie
> doen is, is dit seker 'n aanduiding dat hy dit nie as 'n "fout"
> beskou nie.

Presies. Hierdie klomp wat so sit en knetter hoe
dinge "reg" en "verkeerd" is, sien hulleself as klein
godjies, wat wil oordeel. Hulle noem hulself dan
ook nog Christene, waar hulle spesifiek gewaarsku
word dat hulle nie moet oordeel nie, sodat hulle
nie self veroordeel sal word nie. Hulle word, volgens
hulle Christelike leringe, alleen gevra dat hulle hul
God moet liefhê en hulle naaste ook moet liefhê soos
hulself. Dis so 'n kragtige boodskap, dat dit die
wêreld sal regstel in een dag, as almal in die
wêreld daardie boodskap volg, uit sal gaan op
die paaie en hulle naastes sê voete begin was.
Maar nee, wat doen hulle. Hulle sit en kekkel
en veroordeel hulle eie God se skepping omdat
hulle nou nie van al die mense in God se skepping
hou nie. Sies. Al konklusie wat ek kan maak, is
dat hulle maar net voorgee om Christene te wees.
Dat hulle dit doen om politieke redes.

Gloudina
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105147 is 'n antwoord op boodskap #105105] Wo, 17 Augustus 2005 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dit hang seker maar af hoe jy daarna kyk. Ek weet nie hoekom jy die Chinese
as "swart" beskou nie

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:cqt3g19ts99negfhfp438kjeg3r0iuhiji@4ax.com...
> On Tue, 16 Aug 2005 16:26:27 +0200, "Riaan" wrote:

Chinese + Indiers + Indonesiers + Arabiere + swart Afrikane, wel
swaer, dis seker driekwart van die aarde.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105150 is 'n antwoord op boodskap #105147] Wo, 17 Augustus 2005 13:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Aug 2005 14:38:35 +0200, "Riaan" wrote:

> Dit hang seker maar af hoe jy daarna kyk. Ek weet nie hoekom jy die Chinese
> as "swart" beskou nie

Ek het nie gese hulle is swart nie. Ek se hulle is nie wit nie.

Met ander woorde die meeste mense op aarde is NIE wit nie.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105151 is 'n antwoord op boodskap #105145] Wo, 17 Augustus 2005 13:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Aug 2005 14:28:33 +0200, "Basjan" wrote:

>> OK, kom ons kry dit duidelik - JY se jy sal met blote keuse vorentoe
>> 'n homoseksueel kan word? Jou erotiese aangetrokkenheid tot vroue kan
>> verloor en dit vir mans kan ontwikkel?

>> Is dit wat jy se?
>
> Ek sê dit kan daartoe "lei".

Wat beteken "daartoe lei" ? Hoe verskil dit van "kan word" ?

> Ek stem saam met Suidwester hier, dit bly onnatuurlik, hoe mens ookal daarna
> kyk.

Onnatuurlik slegs as jy as enigste leidende gedagte aanvaar dat seks
NET vir voorplanting is.

Maar dan is enige seks met voorbehoedmiddele natuurlik ewe
onnatuurlik. Ook seks tussen mense wat onvrugbaar is. Ook seks wat
gedoen word vir die plesier daarvan.

Ek het meer respek vir die persoon wat kan toeken dat dit
onnatuurlik is,

Sien bo. Gee jy toe dis onnatuurlik as seks nie gedoen word net om
voort te plant nie?

maar met my stry oor die "sonde-aspek" daarvan, as die persoon wat
> daaraan bly kleef dat dit 'n natuurlike dinamika is. Sit net stil vir ´n
> oomblik en dink aan die fisiese interaksie en aspekte. Dit is vir my
> mind-boggling dat iemand oortuig kan wees dat homoseksualiteit 'n natuurlike
> stand van sake kan wees! En dan het aspekte van gesinsdinamika ook nog nie
> na vore gekom nie... dit maak nog 'n kan wurms oop.

Se jy "onnatuurlike" aksies is sonde?
Het jy gestopte tande?
Inentings?
Was jy al van die dood gered deur dokters se ingryping waar hulle met
mens-gemaakte masjiene gewerk het?

...er... dra jy klere?
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105158 is 'n antwoord op boodskap #105121] Wo, 17 Augustus 2005 14:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sê liewer VROTVEL dan klink dit meer tuis by jou, Kooitryn. Toevallig is
Potche een van die beter akedemiese universiteite in Suid-Afrika en as
bywonende studentelewe, sekerlik die beste. Wys net hoe min weet
jy......of het jy my 'n positiewe kompliment gegee en ek het dit gemis?
Sjit ou girl, jy kruip gat en ek mis dit.......stupid!

"Katryn" skryf in boodskap news:srk4g1plg6j6f0qv0g025fgm7nq96mgist@4ax.com...
> "Suidwester" skryf:
>
>> My antie, ek's baie jare jonger as jy en ek was op Potch gewees.
>
> ROTFL!! Dit verklaar baie!!
>
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105161 is 'n antwoord op boodskap #105138] Wo, 17 Augustus 2005 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:vo16g193sufii5i7fpjg968b1o9r354vac@4ax.com...
>>> 1. So jy sê God het niks met genetika te doen nie?
>> -----As jy glo in die skepping, dan het ginetika en foute daarin alles
>> daarmee te doen. Die skepping is nie foutloos nie!
>
> Dus: As God almagtig en as die skepping sy wil verteenwoordig, dan
> verteenwoordig die genetiese "foute" ook sy wil.
> In elk geval, dis ONS wat besluit dis "foute" .
> Ek weet van nerens waar God hom of haar uitgespreek het om te se wat
> sy "foute" is nie.
>
> Die begrip "foute" rym in elk geval nie met 'n almagtige God nie.
> Plus, as God almagtig is, kan hy enige "fout" regstel. As hy dit nie
> doen is, is dit seker 'n aanduiding dat hy dit nie as 'n "fout"
> beskou nie.
----Ek wil my nie begewe in 'n godsdiensargument nie. As jy die ding sien
bloot uit 'n godsdiensoogpunt, dan help dit nie eers om verder met jou te
redeneer nie want jy redeneer dan nie realisties en logies nie. Een ding
wil ek jou verseker, gaan na 'n plaasboer toe wat met bees stoet. Hy sal
vir jou kan wys hoe kan jy 'n uiters swak dier teel deur die verkeerde bulle
op die verkeerde koeie te laat 'spring'. As jy genoeg inteel [net vir jou:
boetie op sussie, mammie op boetie, pappie op sussie] dan begin jy trassie
diere kry....dubbelslagtig en sommer 'n klomp ander foute. Nou vertel jy
vir my dat dit teen God se wil is dat 'n mens verkeerd teel met diere? Wat
noem jy dit? Menslike foute? Nou, as jy 'n man met swak genetiese
eienskappe [soos kieriebene, groot ore, klein breins [joernalis!], ens en jy
gaan sit dit by 'n ewe swak vrou, dan gaan jy 'n spul kindertjies kry wat
almal groot ore het en fokol werd is. Tog, gaan jy dalk enetjie kry [die
teorie van lang en die kort ertjieplant] wat briljant is en uitstyg tussen
sy onder gemiddelde familie.
JY sal kweel dat dit God se wil was dat dié kind briljant is en die res
vrot is. Ek? Ek sê dis bloot gewoon swak seleksie.

> Jou argument berus op die werklikheid dat seks tussen mans en vroue
> kinders tot gevolg het. Dit maak die daad vir jou normaal.
> Maar die meeste seks tussen mans en vroue lei waarskynlik NIE tot
> kinders nie.
> Plus, jy vang jouself in 'n situasie dat jy moet se seks tussen 'n man
> en 'n onvrugbare vrou is 'n abnormaliteit ( en dus ook verkeerd in die
> oe van God?)
----Jy meng plesier met die realiteit. Die plesier behoort 'n byproduk te
wees van die basiese funksie: aanteel. Jy wil net plesier maak en die
mens se voortbestaan ignoreer ter wille van jou eie genot. Dis presies wat
met die wêreld van vandag verkeerd is. Die mense is 'n spul slapgatte wat
nie een die verantwoordelikheid wil vat nie. Daar's g'n niks meer plig
nie, net plesier.
>
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105162 is 'n antwoord op boodskap #105146] Wo, 17 Augustus 2005 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hoor-hoor! Die aards-rassis preek vir ons! Ek het nooit gesê ek is 'n
groot Christen nie en ek is een van die mense wat reken dat daar foute kom
in die gemeenskap. JY en jou vriend Ferdie en Kooitryn reken dis deel van
die skepping en daarom is dit foutloos omdat dit van God is. Ek sê julle
hol weg van die werklikheid en kruip weg agter die emosionele kruk wat
godsdiens vir die swakkes van gees bied. Niks is perfek nie, nie die
wetenskap nie, niks nie. Dag na dag verbeter die mens se breinkrag dinge
orals rondom ons....as dit so foutloos was, dan was daar mos nie plek vir
verbetering nie, hmm?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:jaudnWYrYrZWsJ7eRVn-tA@rogers.com...
>
>
> Presies. Hierdie klomp wat so sit en knetter hoe
> dinge "reg" en "verkeerd" is, sien hulleself as klein
> godjies, wat wil oordeel. Hulle noem hulself dan
> ook nog Christene, waar hulle spesifiek gewaarsku
> word dat hulle nie moet oordeel nie, sodat hulle
> nie self veroordeel sal word nie. Hulle word, volgens
> hulle Christelike leringe, alleen gevra dat hulle hul
> God moet liefhê en hulle naaste ook moet liefhê soos
> hulself. Dis so 'n kragtige boodskap, dat dit die
> wêreld sal regstel in een dag, as almal in die
> wêreld daardie boodskap volg, uit sal gaan op
> die paaie en hulle naastes sê voete begin was.
> Maar nee, wat doen hulle. Hulle sit en kekkel
> en veroordeel hulle eie God se skepping omdat
> hulle nou nie van al die mense in God se skepping
> hou nie. Sies. Al konklusie wat ek kan maak, is
> dat hulle maar net voorgee om Christene te wees.
> Dat hulle dit doen om politieke redes.
>
> Gloudina
>
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105163 is 'n antwoord op boodskap #105124] Wo, 17 Augustus 2005 15:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dankie liefling!

"Katryn" skryf in boodskap news:1sl4g1d0r4764heju6ljc5bfdnv3p3508t@4ax.com...
> "Suidwester" skryf:
>
>> Nee, ginetiese foute.
>
> Geneties!
> genugtig
>
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105164 is 'n antwoord op boodskap #105162] Wo, 17 Augustus 2005 16:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf:

> JY en jou vriend Ferdie en Kooitryn reken dis deel van
> die skepping en daarom is dit foutloos omdat dit van God is.

Um...skuus my liefling, maar ek glo nie aan gode nie. Ek is 'n
agnostikus vir diegene wat daarvan hou om etikette aan mense te plak.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105165 is 'n antwoord op boodskap #105144] Wo, 17 Augustus 2005 18:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Aug 2005 11:57:19 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Tue, 16 Aug 2005 21:19:28 +0200, DD wrote:
>
> > dat daar heelwat moffies by die liggaamsbouers is.
>
> Weet jy dit vir 'n feit?
> Hoe weet jy dit?
>
>

Hoe't Basjan vir jou gesê?
> Sinvolle debat is lankal by die deur uit.
Het jy opgelet dat hy dit ietwat neerhalend gesê het?
Vir my het dit so gelyk
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105166 is 'n antwoord op boodskap #105142] Wo, 17 Augustus 2005 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Aug 2005 11:53:57 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Tue, 16 Aug 2005 22:56:01 +0200, DD wrote:
>
>
> Een van hierdie Bybels is vals. Albei vertel nie dieselfde nie
>> en wanneer twee teenoorgestelde dinge vertel word, is een van die
>> vertellings 'n leuen.
>
> Op grond waarvan het jy hierdie oordeel gemaak?
>

blykbaar het jy net die laaste lyn van my skrywe gelees
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105167 is 'n antwoord op boodskap #105141] Wo, 17 Augustus 2005 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Aug 2005 11:52:22 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Tue, 16 Aug 2005 21:41:38 +0200, DD wrote:
>
> > Nuwe Testamenties is. Alhoewel die Nuwe Testament nie die ou
>> Testament vervang het nie, is daar tog dinge wat verander het. Dan kan
>> jy ook vra waarom daar nie meet lammetjies ge-offer is in die Nuwe
>> Testament nie. Omdat die finale offer toe gebring is.
>> dit is dus nie teenstrydig nie, maar jy moet onthou dat die
>> Christelike geloof slegs 2000 jr oud is. Jesus het liefde kom predik.
>
> A! So jy glo nie in die ou testament nie?
>

weer het jy net die laaste lyn gelees
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105168 is 'n antwoord op boodskap #105141] Wo, 17 Augustus 2005 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Aug 2005 11:52:22 +0200, Ferdi Greyling wrote:

> On Tue, 16 Aug 2005 21:41:38 +0200, DD wrote:
>
> > Nuwe Testamenties is. Alhoewel die Nuwe Testament nie die ou
>> Testament vervang het nie, is daar tog dinge wat verander het. Dan kan
>> jy ook vra waarom daar nie meet lammetjies ge-offer is in die Nuwe
>> Testament nie. Omdat die finale offer toe gebring is.
>> dit is dus nie teenstrydig nie, maar jy moet onthou dat die
>> Christelike geloof slegs 2000 jr oud is. Jesus het liefde kom predik.
>
> A! So jy glo nie in die ou testament nie?
>

A! sê jy. Jy klink nogal opgewonde daaroor.
Dan gaan dit miskien vir jou 'n teleurstelling wees,
maar ek glo in die Bybel van hoek tot kant. Van
voor tot agter. Daar is geen weersprekings in die Bybel nie.
Selfs die tien gebooie is kompleet inegsluit by "Jy moet jou naaste
liefhê soos jouself, en jou God bo alles.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105169 is 'n antwoord op boodskap #105140] Wo, 17 Augustus 2005 20:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Francois Human  is tans af-lyn  Francois Human
Boodskappe: 360
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
Ek is die eerste een wat sal erken dat siniese aanvalle op my geloof my
onstel, en dat ek nie toegerus om hulle kundig te beantwoord word nie. Dit
is iets wat ek seker al aandag moes aan geskenk het, maar ek is seker van my
saak, al kan ek dit nie altyd so goed verdedig nie. (maak dit sin?)

Soois

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:u326g15oeu94dfbntbqhjotd9vcs3bavq5@4ax.com...
> On Tue, 16 Aug 2005 19:30:16 +0200, "Francois Human"
> wrote:
>
> raak nie :)
>
> Hoekom? Is wat jy glo wankelrig wanneer dit vrae teekom?
>
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105170 is 'n antwoord op boodskap #105122] Wo, 17 Augustus 2005 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bobby[1]  is tans af-lyn  Bobby[1]
Boodskappe: 76
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:71l4g1dvok3c8am8al9tqp9laevghlifli@4ax.com...
> DD skryf:
>
>
> Genugtig ou DD, ek het nooit besef jy is so hooghartige bygelowige
> mens nie.
> Dan vertel jy vir mense jy is 'n Christen en dat Jesus liefde kom
> predik het? Moet jy nie dan dalk Sy voorbeeld volg i.p.v jou
> bygelofies vertroetel en ander mense probeer slegmaak nie?

You go, girl! Ek het self my opinie van DD helwat gewysig, veral oor sy
hooghartige oordeel oor ander. Mense se geloof is hul eie besigheid en
almal het die reg om te glo in wie/wat hulle wil. Die ergste ding wat
iemand kan doen, is om ander se geloog in vlamme af te skiet en amper
daarmee te sopt. 'n Ware Christen sal dit nooit doen nie - en veral die
gebruik van vuil taal (wat ek in DD se antwoorde op ander Engelse poste
gesien het) kan nie goedgekeur word nie.
Re: Is dit Naasteliefde? [boodskap #105171 is 'n antwoord op boodskap #105169] Wo, 17 Augustus 2005 21:35 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Aug 2005 22:48:08 +0200, "Francois Human"

> ek is seker van my
> saak, al kan ek dit nie altyd so goed verdedig nie. (maak dit sin?)
>
> Soois
>
> "Ferdi Greyling" wrote in message
> news:u326g15oeu94dfbntbqhjotd9vcs3bavq5@4ax.com...
>> On Tue, 16 Aug 2005 19:30:16 +0200, "Francois Human"
>> wrote:

>> > raak nie :)

>> Hoekom? Is wat jy glo wankelrig wanneer dit vrae teekom?

>

Maar moet 'n mens jou in geselsskap begewe waar jy dit moet verdedig?
Of is jy dan in die kring van spotters?
Vorige onderwerp: Re: Looking Around
Volgende onderwerp: Klomp Goed 1: Die afarmman
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 00:43:45 MGT 2024