Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Zuma is ge-fire
Zuma is ge-fire [boodskap #103790] Di, 14 Junie 2005 08:32 na volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Inligting het uitgelek dat Zuma glo gisteraand meegedeel is dat hy sy goed
moet vat en loop. Dit sal vandag amptelik in die parliment afgekondig word
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103803 is 'n antwoord op boodskap #103790] Di, 14 Junie 2005 11:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Inligting het uitgelek dat Zuma glo gisteraand meegedeel is dat hy sy goed
> moet vat en loop. Dit sal vandag amptelik in die parliment afgekondig word

Ek neem aan dat Zuma verkies is deur kiesers in 'n setel.
Kan hy dus so maklik vertel word dat hy "sy goed moet
vat en loop" ? Die president kan hom onthef van sy titel
en die ANC kan hom uitskop as 'n lid, maar dis nie so
maklik om vir iemand totsiens te sê wat demokraties
verkies is nie.

Gloudina
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103806 is 'n antwoord op boodskap #103803] Di, 14 Junie 2005 13:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Weet nie presies hoe dit werk nie, maar dit blyk dat die inligting korrek
was. Zuma is toe amptelik in die pad gesteek.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:EqCdnYoNm7lGWTPfRVn-hw@rogers.com...
>
> "Riaan" skryf
>
>> Inligting het uitgelek dat Zuma glo gisteraand meegedeel is dat hy sy
>> goed
>> moet vat en loop. Dit sal vandag amptelik in die parliment afgekondig
>> word
>
> Ek neem aan dat Zuma verkies is deur kiesers in 'n setel.
> Kan hy dus so maklik vertel word dat hy "sy goed moet
> vat en loop" ? Die president kan hom onthef van sy titel
> en die ANC kan hom uitskop as 'n lid, maar dis nie so
> maklik om vir iemand totsiens te sê wat demokraties
> verkies is nie.
>
> Gloudina
>
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103814 is 'n antwoord op boodskap #103803] Di, 14 Junie 2005 14:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
anti, ooglopend glo jy ook in fairies en klein mensies wat onder
paddastoelle woon! Waar in die 'nuwe' SA het jy al gesien dat enige vorm van
wet of regulasie enige waarde het en nie in 'n oogknip verander of
van-die-hand gewys word nie to suit him that can gain the most! En dan durf
jy praat van demokrasie in die nuwe SA!. Jou naiviteit (SP?) verstom my.
Maar maybe ook nie eintlik nie....

Danieljan

"@rogers.com" skryf in boodskap news:EqCdnYoNm7lGWTPfRVn-hw@rogers.com...
>
> "Riaan" skryf
>
>> Inligting het uitgelek dat Zuma glo gisteraand meegedeel is dat hy sy
>> goed
>> moet vat en loop. Dit sal vandag amptelik in die parliment afgekondig
>> word
>
> Ek neem aan dat Zuma verkies is deur kiesers in 'n setel.
> Kan hy dus so maklik vertel word dat hy "sy goed moet
> vat en loop" ? Die president kan hom onthef van sy titel
> en die ANC kan hom uitskop as 'n lid, maar dis nie so
> maklik om vir iemand totsiens te sê wat demokraties
> verkies is nie.
>
> Gloudina
>
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103816 is 'n antwoord op boodskap #103803] Di, 14 Junie 2005 14:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Jun 2005 07:59:32 -0400, "@rogers.com" wrote:

> "Riaan" skryf
>
>> Inligting het uitgelek dat Zuma glo gisteraand meegedeel is dat hy sy goed
>> moet vat en loop. Dit sal vandag amptelik in die parliment afgekondig word
>
> Ek neem aan dat Zuma verkies is deur kiesers in 'n setel.
> Kan hy dus so maklik vertel word dat hy "sy goed moet
> vat en loop" ? Die president kan hom onthef van sy titel
> en die ANC kan hom uitskop as 'n lid, maar dis nie so
> maklik om vir iemand totsiens te sê wat demokraties
> verkies is nie.

Nee. Omdat swartmense in 1994 nie op kieserslyste was nie en
kies-afdelings nie ingedeel kon word nie, is 'n lys-stelsel aanvaar.

Die partye maak hul lyste van voorkeur voor 'n verkiesing bekend en
die mense stem. Na die verkiesing word setels pro rate aan aantal
stemme verwerf aan die partye toegeken wat die lyste van bo af vol
maak met setels.

So hy is deur die ANC benoem as LP en hy bly dus aan. As hulle hom ook
fire - wat al hoe waarskynliker lyk as hy aangekla sou word (wat baie
waarskynlik lyk) en skuldig bevind word, sal hulle hom fire dan moet
hy loop.

Enige LP wat meer as 'n jaar tronklstraf kry, moet in elk geval waai
uit die parlement. Dit word deur die grondwet bepaal.
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103819 is 'n antwoord op boodskap #103816] Di, 14 Junie 2005 14:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile  is tans af-lyn  Deneile
Boodskappe: 202
Geregistreer: Julie 2006
Karma: 0
Senior Lid
Hoekom kan hulle so gou met Zuma afreken maar hulle het so 'n bleddie stryd
met Truman Prince!

\
\

"Ferdi Greyling" skryf in boodskap news:8frta190tahml11okacgh6vhrh4bmp3n4p@4ax.com...
> On Tue, 14 Jun 2005 07:59:32 -0400, "@rogers.com"
> wrote:
>
> >> Inligting het uitgelek dat Zuma glo gisteraand meegedeel is dat hy sy
>>> goed
>>> moet vat en loop. Dit sal vandag amptelik in die parliment afgekondig
>>> word

>> Ek neem aan dat Zuma verkies is deur kiesers in 'n setel.
>> Kan hy dus so maklik vertel word dat hy "sy goed moet
>> vat en loop" ? Die president kan hom onthef van sy titel
>> en die ANC kan hom uitskop as 'n lid, maar dis nie so
>> maklik om vir iemand totsiens te sê wat demokraties
>> verkies is nie.
>
> Nee. Omdat swartmense in 1994 nie op kieserslyste was nie en
> kies-afdelings nie ingedeel kon word nie, is 'n lys-stelsel aanvaar.
>
> Die partye maak hul lyste van voorkeur voor 'n verkiesing bekend en
> die mense stem. Na die verkiesing word setels pro rate aan aantal
> stemme verwerf aan die partye toegeken wat die lyste van bo af vol
> maak met setels.
>
> So hy is deur die ANC benoem as LP en hy bly dus aan. As hulle hom ook
> fire - wat al hoe waarskynliker lyk as hy aangekla sou word (wat baie
> waarskynlik lyk) en skuldig bevind word, sal hulle hom fire dan moet
> hy loop.
>
> Enige LP wat meer as 'n jaar tronklstraf kry, moet in elk geval waai
> uit die parlement. Dit word deur die grondwet bepaal.
>
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103820 is 'n antwoord op boodskap #103814] Di, 14 Junie 2005 14:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Jun 2005 22:03:11 +0800, "DanielJan"
wrote:

> anti, ooglopend glo jy ook in fairies en klein mensies wat onder
> paddastoelle woon! Waar in die 'nuwe' SA het jy al gesien dat enige vorm van
> wet of regulasie enige waarde het en nie in 'n oogknip verander of
> van-die-hand gewys word nie to suit him that can gain the most! En dan durf
> jy praat van demokrasie in die nuwe SA!. Jou naiviteit (SP?) verstom my.
> Maar maybe ook nie eintlik nie....
>
> Danieljan

Praat van paddastoele. Dit lyk of jy van die magic soort geet het....

Noem van daai wette wat in 'n oogwink verander het.
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103821 is 'n antwoord op boodskap #103819] Di, 14 Junie 2005 14:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Jun 2005 16:54:49 +0200, "Deneile"
wrote:

> Hoekom kan hulle so gou met Zuma afreken maar hulle het so 'n bleddie stryd
> met Truman Prince!

Goeie vraag.
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103823 is 'n antwoord op boodskap #103814] Di, 14 Junie 2005 17:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DanielJan" skryf

Waar in die 'nuwe' SA het jy al gesien dat enige vorm van
> wet of regulasie enige waarde het en nie in 'n oogknip verander of
> van-die-hand gewys word nie to suit him that can gain the most! En dan durf
> jy praat van demokrasie in die nuwe SA!.

Moenie sulke kaf praat nie. Jy het Australië toe gevlug
toe jou mede-Afrikaners hulleself so besmet het met
bedrog en wanpraktyke, dat die wêreld begin sê het
hiertoe en nie verder nie. Nou sit jy daar in die vreemde
en probeer dit goedpraat dat jy 'n land verlaat het wat,
ten spyte van wanpraktyke, honderd persent beter
is as die smerige diktatorskap wat jou ouers in
stand gehou het.

Gloudina
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103824 is 'n antwoord op boodskap #103816] Di, 14 Junie 2005 17:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Die partye maak hul lyste van voorkeur voor 'n verkiesing bekend en
> die mense stem. Na die verkiesing word setels pro rate aan aantal
> stemme verwerf aan die partye toegeken wat die lyste van bo af vol
> maak met setels.

Dit lyk soos 'n stelsel wat sommige mense in British
Columbia in provinsiale verkiesings wil invoer.

Gloudina
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103827 is 'n antwoord op boodskap #103819] Di, 14 Junie 2005 19:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DD  is tans af-lyn  DD
Boodskappe: 1166
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Jun 2005 16:54:49 +0200, "Deneile"
wrote:

> Hoekom kan hulle so gou met Zuma afreken maar hulle het so 'n bleddie stryd
> met Truman Prince!
>
> \

Prince is darem 'n burgemeester hoor!

DD
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103839 is 'n antwoord op boodskap #103803] Wo, 15 Junie 2005 08:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
As jy as parlementslid ingesweer word en die pos aanvaar, is daar 'n vorm
wat jy moet teken. Dis 'n verklaring en 'n onderneming om jou te gedra.
Kriminele optrede en skuldigbevinding gaan jou definitief geblaas kry.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:EqCdnYoNm7lGWTPfRVn-hw@rogers.com...
>
> "Riaan" skryf
>
>> Inligting het uitgelek dat Zuma glo gisteraand meegedeel is dat hy sy
>> goed
>> moet vat en loop. Dit sal vandag amptelik in die parliment afgekondig
>> word
>
> Ek neem aan dat Zuma verkies is deur kiesers in 'n setel.
> Kan hy dus so maklik vertel word dat hy "sy goed moet
> vat en loop" ? Die president kan hom onthef van sy titel
> en die ANC kan hom uitskop as 'n lid, maar dis nie so
> maklik om vir iemand totsiens te sê wat demokraties
> verkies is nie.
>
> Gloudina
>
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103840 is 'n antwoord op boodskap #103824] Wo, 15 Junie 2005 08:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jy moet maar hoop dit gebeur nie want die stelsel het baie gebreke.....te
veel om effektief te werk. Daar word vir die party gestem en nie vir
kandidate nie. Die probleem kom as jy 'n persoon het wat 'n besondere
vermoë het vir die werk wat in 'n sekere setel gedoen moet word, maar hy
behoort nie tot die meerderheidsparty nie. Ongelooflik baie onbevoegde
mense kom so in politieke poste waar hulle eintlik nie hoort nie en dit tot
die land se nadeel is dat hulle daar is.

"@rogers.com" skryf in boodskap news:tdOdnRPWbPYFkTLfRVn-3A@rogers.com...
>
> "Ferdi Greyling" skryf
>
>> Die partye maak hul lyste van voorkeur voor 'n verkiesing bekend en
>> die mense stem. Na die verkiesing word setels pro rate aan aantal
>> stemme verwerf aan die partye toegeken wat die lyste van bo af vol
>> maak met setels.
>
> Dit lyk soos 'n stelsel wat sommige mense in British
> Columbia in provinsiale verkiesings wil invoer.
>
> Gloudina
>
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103847 is 'n antwoord op boodskap #103840] Wo, 15 Junie 2005 12:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" skryf

> Jy moet maar hoop dit gebeur nie want die stelsel het baie gebreke.....te
> veel om effektief te werk. Daar word vir die party gestem en nie vir
> kandidate nie.

Wel, die mense in British Columbia moes in die laaste
provinsiale verkiesing sê of hulle so 'n sisteem wil hê,
en het dit van die hand gewys. Die klagte was meestal
dat hulle dit nie "verstaan" nie.
Die mense wat daarvoor agiteer, is meestal mense uit
byvoorbeeld die NDP wat hier by ons 'n sterk
derde party is. Hulle argumenteer dat hulle baie
meer stemme kry as sommige van die ander
minderheidspartye, maar dat die aantal lede wat
hulle in die Parlement het, dit nie weerspieël nie.

Gloudina
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103849 is 'n antwoord op boodskap #103824] Wo, 15 Junie 2005 13:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 14 Jun 2005 13:05:37 -0400, "@rogers.com"
wrote:

>
> "Ferdi Greyling" skryf
>
>> Die partye maak hul lyste van voorkeur voor 'n verkiesing bekend en
>> die mense stem. Na die verkiesing word setels pro rate aan aantal
>> stemme verwerf aan die partye toegeken wat die lyste van bo af vol
>> maak met setels.
>
> Dit lyk soos 'n stelsel wat sommige mense in British
> Columbia in provinsiale verkiesings wil invoer.
>
> Gloudina

Die voordeel is dat die regering die kiesers se stemme korrek weergee.
Jy kan nie gerrymader en met 48% van die stemme die verkiesing wen
nie.
Dit laat ook kleiner partye toe en te bestaan en in die parlement te
kom.
Met 'n paar 1% van die landwye steun kry jy setels.
In 'n kiesafdeling-stelsel sou sulke klein partye nooit 'n setel kon
verower het nie.
Die nadeel is egter dat daar nie LP's is wat aan spesifieke
kiesafdelings aandag gee en accountable teenoor sy kiesers is nie.
LP's kan nie uitgestem word as hulle niks doen nie of twak aanjaag.
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103851 is 'n antwoord op boodskap #103823] Wo, 15 Junie 2005 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
DanielJan  is tans af-lyn  DanielJan
Boodskappe: 84
Geregistreer: April 2004
Karma: 0
Volle Lid
anti, jy dop nou 'n moerse toets! Moenie aanames maak oor goed waaroor jy
nie kennis het nie. Eerstens, ek het nie Oz toe 'gevlug' nie. Ek het Perth
toe verhuis omdat ek gaan trou het met 'n dame wat ek ontmoet het in die
laat 70's terwyl ek vir SAL gewerk het. Na vele jare van afsonderlik woon,
het ons beide besef dat dit wat ons in gemeen gehad het genoeg was om te
trou. Om logisties redes was dit meer aanvaarbaar vir my om Perth toe te
gaan as wat dit was vir haar on SA toe te verhuis - ek had weinig familie in
SA oor, en sy het handevol in Perth.

Nog 'n feit: Ek het die grootste deel van my jeug in Indië gewoon. My
oorlede Pa was 'n boedhis en het nie kans gesien om sy kinders onder die
apartheidsvaandel groot te maak nie.

Waar het ek volgens jou >>Nou sit jy daar in die vreemde en probeer dit
goedpraat dat jy 'n land verlaat het wat, ten spyte van wanpraktyke > verlaat het wat, ten spyte van wanpraktyke, honderd persent beter[/color]
is as die smerige diktatorskap wat jou ouers in stand gehou het.> van-die-hand gewys word nie to suit him that can gain the most! En dan[/color]
> durf
>> jy praat van demokrasie in die nuwe SA!.
>
> Moenie sulke kaf praat nie. Jy het Australië toe gevlug
> toe jou mede-Afrikaners hulleself so besmet het met
> bedrog en wanpraktyke, dat die wêreld begin sê het
> hiertoe en nie verder nie. Nou sit jy daar in die vreemde
> en probeer dit goedpraat dat jy 'n land verlaat het wat,
> ten spyte van wanpraktyke, honderd persent beter
> is as die smerige diktatorskap wat jou ouers in
> stand gehou het.
>
> Gloudina
>
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103875 is 'n antwoord op boodskap #103849] Wo, 15 Junie 2005 22:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ferdi Greyling" skryf

> Die nadeel is egter dat daar nie LP's is wat aan spesifieke
> kiesafdelings aandag gee en accountable teenoor sy kiesers is nie.
> LP's kan nie uitgestem word as hulle niks doen nie of twak aanjaag.

Dankie. Ek verstaan die stelsel nou bietjie beter.

Gloudina
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103876 is 'n antwoord op boodskap #103851] Wo, 15 Junie 2005 23:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DanielJan" skryf

> Nog 'n feit: Ek het die grootste deel van my jeug in Indië gewoon. My
> oorlede Pa was 'n boedhis en het nie kans gesien om sy kinders onder die
> apartheidsvaandel groot te maak nie.

> dikwels skuiling
> gebied het aan sogenaamde 'anti-apartheids elemente', soos bv. Breyten B en
> Alan Boesak. Ek het kleurvolle herinneringe aan stories wat Alan op sy
> besonderse kinderlik manier vertel het saans aan tafel tydens maaltyd. En
> so by the way, tans is Breyten in sy suster Rachel noue gesinsvriende.

Wel, slaan my dood met 'n veer. Na al die gif wat jy teen
die huidige bestel in SA kwytraak, kan ek skaars dink dat
jy in 'n huis grootgeword het waar die dharma ge-eer is.
Terloops, waar in Indië het jy gebly? Jy weet natuurlik dat
daar nie so baie Buddhiste in Indië self is nie.
Ek dink nie Boesak het ooit "skuiling" gesoek gedurende
die apartheidsdae nie. Ek kan ook nie dink dat hy so
'n besonderse kinderlike manier van optrede gehad het
nie. Jy weet natuurlik dat hy grootgeword het op
Kakamas, waar ek skoolgegaan het.

Gloudina
Re: Zuma is ge-fire [boodskap #103877 is 'n antwoord op boodskap #103851] Wo, 15 Junie 2005 23:47 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DanielJan" skryf

> *Op 'n besonderse ernstige noot wil ek noem dat ek regsadvies gaan inwin oor
> jou aanames in hierdie spesifieke berig van jou, aangesien ek voel dat dit
> lasterlik is om aantygings soos deur jou gemaak ten opsigte van myself en
> my oures op 'n publieke forum soos die te plaas.

Gaan voort. Sal interessant wees om te sien hoe
ver jy kom. Veral as ek begin opdiep wat jy al
teen my op hierdie nuusgroep gesê het.

Gloudina
Vorige onderwerp: Bedrog: Standaard vir Afrika, No1.
Volgende onderwerp: Bedrog in Afrika, No2.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 23:26:47 MGT 2024