Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rassisme en piesangs
Rassisme en piesangs [boodskap #101734] So, 06 Maart 2005 12:16 na volgende boodskap
Schorsch  is tans af-lyn  Schorsch
Boodskappe: 96
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Volle Lid
http://www.praag.org/rubriek149.htm

Rassisme en piesangs
___________________________________________________________

Dan Roodt

Die afgelope weke kook en borrel dit in Suid-Afrika rondom die begrip
"rassisme". Die ergste belediging wat mens enigiemand deesdae kan
toevoeg is om hom of haar 'n rassis te noem.

Ekself is onlangs hieraan blootgestel, maar so ook die liberale
regters Traverso en King van die Kaapse regbank. Die herrie rondom
rassisme op die regbank tier nog steeds en dit wil voorkom asof die
Kaapse hoofregter, John Hlophe, elke blanke regter of advokaat van
rassisme verdink. Selfs die praat van Afrikaans in sy teenwoordigheid
word blykbaar as rassisme geïnterpreteer.

Die beheptheid met rassisme is natuurlik iets wat ons van die
Amerikaners oorgeneem het. In die verlede het verdelingslyne in
Suid-Afrika langs etniese en taalgrense gestrek - hoewel ons vanuit
die buiteland egter volgens die Amerikaanse rassemodel gesien is.
Sedert die ANC-oorname word mense in Suid-Afrika egter streng in
rassekategorieë ingedeel, presies soos dit in die VSA gedoen word.

Daarom is dit gepas dat ons in Amerika moet gaan soek vir 'n definisie
van rassisme. Een van die onlangse omskrywings van rassisme wat ek op
die internet teëgekom het, is: "om 'n piesang te eet". Ja, u het reg
gelees, die eet van 'n piesang kan onder sekere omstandighede as
"rassisties" ervaar word.

So 'n geval het onlangs in die VSA voorgekom toe 'n optog in die stad
Columbus op 15 Januarie 2005, Martin Luther King-dag, gehou is. 'n
Onbekende swart vrou het agterna 'n klag van rassisme teen 'n
polisieman by die burgemeester, mnr. Bob Poydasheff, aanhangig gemaak.

Wat het die polisieman gedoen? Het hy een van die swart optoggangers
een of ander rassistiese skelwoord toegevoeg? Het hy gewelddadig
teenoor iemand opgetree? Nee, al wat die arme man gedoen het, was om
'n piesang te eet.

Die ergste van alles is dat die burgemeester dié "klag", as mens dit
so kan noem, ernstig opgeneem het. Trouens, hy het agterna die vrou om
verskoning gevra dat 'n polisieman in sy stad 'n piesang op Martin
Luther King-dag naby 'n optog geëet het. In sy woorde:

"Soos ek aan u tydens ons telefoongesprek genoem het, spyt dit my dat
u Columbus-polisiemanne teëgekom het wat besig was om op straat
piesangs te eet toe u in Columbus vir die betoging aangekom het. Ek
verseker u dat daar geen bedoeling was om aanstoot te gee nie. Die
konstabels het voeding nodig gehad ná hulle vele lang ure op straat
gestaan het en veral die potassium wat in piesangs en ander vrugte te
vinde is."

Die burgemeester gaan voort deur te sê: "Daar was geen gedagte om
enigiemand te beledig of aanstoot te gee nie en miskien was dit
onnadenkend aan ons kant. Laat my in elk geval opreg om verskoning vra
vir enigiets wat ons polisiemanne kon gedoen het wat aan u of
enigiemand anders aanstoot gegee het."

Nou voel ek skielik skuldig. Ek moet bely dat ek so pas 'n piesang
genuttig het. Trouens, dit maak deel uit van my daaglikse ontbyt,
waarskynlik omdat ek insgelyks 'n behoefte aan potassium en ander
voedingstowwe voel. Sou Max du Preez dit as 'n teken van my rassisme
en verbintenis tot "blanke suprematisme" kon interpreteer? Moet die
onskuldige piesang as 'n rassistiese simbool gesien word omdat dit
beelde van sjimpansees wat iewers in die oerwoud dolgelukkig dié
vrugte afskil en verorber, oproep? Beelde wat dan onwillekeurig met
swartes geassosieer sal word, of liewer, wat swartes en sommige linkse
wittes in hul hipersensitiwiteit vir rassistiese simboliek of
toespelings geredelik op hulself van toepassing sal maak?

Enkele jare gelede was daar 'n geval van 'n blanke vrou wat 'n swart
kollega se fout met die onskuldige Afrikaanse uitroep "hoe kan jy nou
so 'n bobbejaan wees?" begroet het, en ook sy het haar 'n aanklag van
"rassisme" op die hals gehaal.

Oor die begrip "ras" kan daar heelwat gesê word (sien my vorige
rubriek Bloed, ras en genetika hieroor). Maar "rassisme" raak
toenemend 'n baie vae en al hoe meer belaglike begrip.

Dink gerus twee keer daaroor as u weer lus kry om 'n piesang te eet.
En maak tog seker dat daar geen swart persoon, of iemand soos Max du
Preez, in die omgewing is as u die geel vruggie begin afskil nie.
Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101739 is 'n antwoord op boodskap #101734] So, 06 Maart 2005 13:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Booner  is tans af-lyn  Booner
Boodskappe: 18
Geregistreer: Desember 2004
Karma: 0
Junior Lid
Dalk, eendag as ons oor die onregverdighede van die verlede is, en
almal het identiese omstandighede en geleenthede. Dan sal niemand iets
hê om oor te kla nie. Behalwe die skrapse talente wat hulle dalk mee
gebore is of die weerlig wat sy huis afgebrand het. Dan sal ons
regstellende natuurfratse moet hê, of regstellende geenmanipulasie.
Dis vanselfsprekend moeilike goed om te doen, wat makliker is: brand
almal se huise af of bestraal hulle dom. Dan is ons weer gelyk...
Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101741 is 'n antwoord op boodskap #101739] So, 06 Maart 2005 14:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
africa,nl.politiek,be.politics,nl.geschiedenis
Subject: Re: Rassisme en piesangs
Message-ID:
Organization: Voor Prins en Staten-Generaal

"Booner" schreef in bericht
:

> Dalk, eendag as ons oor die onregverdighede van die verlede is, en
> almal het identiese omstandighede en geleenthede. Dan sal niemand iets
> hê om oor te kla nie. Behalwe die skrapse talente wat hulle dalk mee
> gebore is of die weerlig wat sy huis afgebrand het. Dan sal ons
> regstellende natuurfratse moet hê, of regstellende geenmanipulasie.
> Dis vanselfsprekend moeilike goed om te doen, wat makliker is: brand
> almal se huise af of bestraal hulle dom. Dan is ons weer gelyk...

Jy is baie reg Broer Booner - ek kan mos ook nouliks verdra dat boetie
'Willem-Jan Markerink' vinniger as ek jaag in se SUV.
Laat ons se petrol ietwat met stof besoedel.
--
PietHein
Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101742 is 'n antwoord op boodskap #101739] So, 06 Maart 2005 14:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
africa,nl.politiek,be.politics,nl.geschiedenis
Subject: Re: Rassisme en piesangs
Message-ID:
Organization: Voor Prins en Staten-Generaal

"Booner" schreef in bericht
:

> Dalk, eendag as ons oor die onregverdighede van die verlede is, en
> almal het identiese omstandighede en geleenthede. Dan sal niemand iets
> hê om oor te kla nie. Behalwe die skrapse talente wat hulle dalk mee
> gebore is of die weerlig wat sy huis afgebrand het. Dan sal ons
> regstellende natuurfratse moet hê, of regstellende geenmanipulasie.
> Dis vanselfsprekend moeilike goed om te doen, wat makliker is: brand
> almal se huise af of bestraal hulle dom. Dan is ons weer gelyk...

Jy is baie reg Broer Booner - ek kan mos ook nouliks verdra dat boetie
'Willem-Jan Markerink' vinniger as ek jaag in se SUV.
Laat ons se petrol ietwat met stof besoedel.
--
PietHein
Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101743 is 'n antwoord op boodskap #101739] So, 06 Maart 2005 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
africa,nl.politiek,be.politics,nl.geschiedenis
Subject: Re: Rassisme en piesangs
Message-ID:
Organization: Voor Prins en Staten-Generaal

"Booner" schreef in bericht
:

> Dalk, eendag as ons oor die onregverdighede van die verlede is, en
> almal het identiese omstandighede en geleenthede. Dan sal niemand iets
> hê om oor te kla nie. Behalwe die skrapse talente wat hulle dalk mee
> gebore is of die weerlig wat sy huis afgebrand het. Dan sal ons
> regstellende natuurfratse moet hê, of regstellende geenmanipulasie.
> Dis vanselfsprekend moeilike goed om te doen, wat makliker is: brand
> almal se huise af of bestraal hulle dom. Dan is ons weer gelyk...

Jy is baie reg Broer Booner - ek kan mos ook nouliks verdra dat boetie
'Willem-Jan Markerink' vinniger as ek jaag in se SUV.
Laat ons se petrol ietwat met stof besoedel.
--
PietHein
Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101747 is 'n antwoord op boodskap #101739] So, 06 Maart 2005 14:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
"Booner" schreef in bericht
:

> Dalk, eendag as ons oor die onregverdighede van die verlede is, en
> almal het identiese omstandighede en geleenthede. Dan sal niemand iets
> hê om oor te kla nie. Behalwe die skrapse talente wat hulle dalk mee
> gebore is of die weerlig wat sy huis afgebrand het. Dan sal ons
> regstellende natuurfratse moet hê, of regstellende geenmanipulasie.
> Dis vanselfsprekend moeilike goed om te doen, wat makliker is: brand
> almal se huise af of bestraal hulle dom. Dan is ons weer gelyk...

Jy is baie reg Broer Booner - ek kan mos ook nouliks verdra dat boetie
'Willem-Jan Markerink' vinniger as ek jaag in se SUV.
Laat ons se petrol ietwat met stof besoedel.
--
PietHein
Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101749 is 'n antwoord op boodskap #101747] So, 06 Maart 2005 16:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Willem-Jan Markerink  is tans af-lyn  Willem-Jan Markerink
Boodskappe: 331
Geregistreer: Mei 1999
Karma: 0
Senior Lid
PietHein wrote in
news:qkwxjk33v96iz9itd9rudd2kbknk89okf@hein:

> "Booner" schreef in bericht
> :
>
>> Dalk, eendag as ons oor die onregverdighede van die verlede is, en
>> almal het identiese omstandighede en geleenthede. Dan sal niemand iets
>> hê om oor te kla nie. Behalwe die skrapse talente wat hulle dalk mee
>> gebore is of die weerlig wat sy huis afgebrand het. Dan sal ons
>> regstellende natuurfratse moet hê, of regstellende geenmanipulasie.
>> Dis vanselfsprekend moeilike goed om te doen, wat makliker is: brand
>> almal se huise af of bestraal hulle dom. Dan is ons weer gelyk...
>
> Jy is baie reg Broer Booner - ek kan mos ook nouliks verdra dat boetie
> 'Willem-Jan Markerink' vinniger as ek jaag in se SUV.
> Laat ons se petrol ietwat met stof besoedel.

Benzine is om mee te poetsen.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand

[note: 'a-one' & 'en-el'!]
Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101757 is 'n antwoord op boodskap #101734] Ma, 07 Maart 2005 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In Namibië moet jy baie, baie versigtig wees om iemand nie 'n bobbejaan te
noem of enige konnotasie daarmee te maak wat moontlik 'n swart mens kan
verwys as hy/sy dan sou iets met bobejaane te doen sou hê nie. Dis vir ons
Afrikaansprekendes nogal moeilik want ons streektaal is baie beskrywend en
sterk gekoppel aan die natuur en die diereryk. Dis vir ons moeilik om te
verstaan wat die probleem is, want die bobbejane is die slimste diere op
aarde en in vele gevalle dalk slimmer as die mens, maar as mens na die
voorkoms kyk, dan kan mens die sensitiwiteit verstaan.

"G. Bartels" skryf in boodskap news:c5ada23c.0503060416.740dfdef@posting.google.com...
> http://www.praag.org/rubriek149.htm
>
> Rassisme en piesangs
Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101758 is 'n antwoord op boodskap #101757] Ma, 07 Maart 2005 06:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Miskien moet julle die ongelukkiges vra met watter dier hulle vergelyk wil
word as jy hulle wil komplimenteer oor hul intelligensie en
aantreklikheid:)))
--
Groetnis
Annette

"Suidwester" skryf in boodskap news:Uf2dnZsUs8mHbrbfRVn-vw@is.co.za...
> In Namibië moet jy baie, baie versigtig wees om iemand nie 'n bobbejaan te
> noem of enige konnotasie daarmee te maak wat moontlik 'n swart mens kan
> verwys as hy/sy dan sou iets met bobejaane te doen sou hê nie. Dis vir ons
> Afrikaansprekendes nogal moeilik want ons streektaal is baie beskrywend en
> sterk gekoppel aan die natuur en die diereryk. Dis vir ons moeilik om te
> verstaan wat die probleem is, want die bobbejane is die slimste diere op
> aarde en in vele gevalle dalk slimmer as die mens, maar as mens na die
> voorkoms kyk, dan kan mens die sensitiwiteit verstaan.
> "G. Bartels" wrote in message
> news:c5ada23c.0503060416.740dfdef@posting.google.com...
>> http://www.praag.org/rubriek149.htm
>>
>> Rassisme en piesangs
>
Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101760 is 'n antwoord op boodskap #101758] Ma, 07 Maart 2005 09:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ongelukkig gebeur dit mos op die ingewing van die oomblik. As jy vir
iemand sê hy tree nou op soos 'n bobbejaan, dan bedoel jy die snaakse
eienskappe van die dier of dalk slegter einskappe, soos stupid, ens. Jy
kan enige mens 'n skaap noem oor hy stoepid was en niemand sal jou aankla
van rassisme nie. Of 'n vrou 'n koei as sy natuurlik is..........Dalk is
dit oor die looks van die arme bobbejaan waar die probleem lê?

"Annette" skryf in boodskap news:d0gskk$qkn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Miskien moet julle die ongelukkiges vra met watter dier hulle vergelyk wil
> word as jy hulle wil komplimenteer oor hul intelligensie en
> aantreklikheid:)))
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:Uf2dnZsUs8mHbrbfRVn-vw@is.co.za...
>> In Namibië moet jy baie, baie versigtig wees om iemand nie 'n bobbejaan te
>> noem of enige konnotasie daarmee te maak wat moontlik 'n swart mens kan
>> verwys as hy/sy dan sou iets met bobejaane te doen sou hê nie. Dis vir ons
>> Afrikaansprekendes nogal moeilik want ons streektaal is baie beskrywend en
>> sterk gekoppel aan die natuur en die diereryk. Dis vir ons moeilik om te
>> verstaan wat die probleem is, want die bobbejane is die slimste diere op
>> aarde en in vele gevalle dalk slimmer as die mens, maar as mens na die
>> voorkoms kyk, dan kan mens die sensitiwiteit verstaan.
>> "G. Bartels" wrote in message
>> news:c5ada23c.0503060416.740dfdef@posting.google.com...
>>> http://www.praag.org/rubriek149.htm
>>>
>>> Rassisme en piesangs
>
Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101771 is 'n antwoord op boodskap #101749] Ma, 07 Maart 2005 17:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietHein  is tans af-lyn  PietHein
Boodskappe: 64
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Volle Lid
africa,nl.politiek,be.politics,nl.geschiedenis
Subject: Re: Rassisme en piesangs
Message-ID:
Organization: Voor Prins en Staten-Generaal

"Willem-Jan Markerink" schreef in bericht
:

> PietHein wrote in
> news:qkwxjk33v96iz9itd9rudd2kbknk89okf@hein:
>
>> "Booner" schreef in bericht
>> :

>>> Dalk, eendag as ons oor die onregverdighede van die verlede is, en
>>> almal het identiese omstandighede en geleenthede. Dan sal niemand iets
>>> hê om oor te kla nie. Behalwe die skrapse talente wat hulle dalk mee
>>> gebore is of die weerlig wat sy huis afgebrand het. Dan sal ons
>>> regstellende natuurfratse moet hê, of regstellende geenmanipulasie.
>>> Dis vanselfsprekend moeilike goed om te doen, wat makliker is: brand
>>> almal se huise af of bestraal hulle dom. Dan is ons weer gelyk...

>> Jy is baie reg Broer Booner - ek kan mos ook nouliks verdra dat boetie
>> 'Willem-Jan Markerink' vinniger as ek jaag in se SUV.
>> Laat ons se petrol ietwat met stof besoedel.
>
> Benzine is om mee te poetsen.

Dat is waar, jy gaat op lampenolie.
--
PietHein

Vopo Hermann:
"Hoeveel heb jij er eigenlijk bij de vlucht neergelegd?"
Heinrich:
"Ach Mensch, drei oder vier - warum fragst du?"
http://www.ifdt.de/0101/_images/Bauer010106.jpg
http://de.wikipedia.org/wiki/Bild:Nva-ehrenwache.jpg
http://www.cascoscoleccion.com/alemania/al56.htm
http://home.snafu.de/veith/iris.htm
Re: Rassisme en piesangs [boodskap #101772 is 'n antwoord op boodskap #101749] Ma, 07 Maart 2005 17:08 Na vorige boodskap

Vorige onderwerp: Richard Attenborough
Volgende onderwerp: MODELMOOI...
Gaan na forum:
  
[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:02:43 MGT 2024