Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Lewer 'n bydrae ...
Lewer 'n bydrae ... [boodskap #101696] Vr, 04 Maart 2005 02:23 na volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Waarom fokus Pieter Dirk-Uys na 10 jaar steeds op die persoonlikhede van die
vorige regime? Is dit vanweë 'n gebrek aan vindingrykheid of is dit bloot
weens 'n gebrek aan politieke "manmoedigheid"?
Vat as voorbeeld die vise-President. Hy roem hom op 5 vrouens - maar kan nie
vir hulle sorg nie.
Duikbote wat ten duurste aangekoop word, en dan per vragskip hierheen
ge-abba word.
'n Minister van Sport wat aankondig dat regstellende aksies voorrang bo
oorwinning sal geld. Atletiek spanne en andere sal, volgens hom, nie op
meriete gekies word nie. (Is hy so dom om te dink dat verloorspanne sal
bydrae tot rasseharmonie?)
Mens kan voortgaan om voorbeelde aan te haal wat op 'n daaglikse grondslag
op 'n skinkbord aangeloop word.
Maar - wat is vir jou die snaakste? Lewer 'n bydrae. Of, is dit eintlik nie
snaaks nie, maar baie tragies?

(Miskien kan iemand dan die voorstelle aan liewe Pieter gee. Miskien sal
Ferdietjiekie die rol wil vertolk ...)
Re: Lewer 'n bydrae ... [boodskap #101702 is 'n antwoord op boodskap #101696] Vr, 04 Maart 2005 05:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Dis waar hy en Gloudina dieselfde is. Hulle 'claim to fame' is juis die ou
apartheidsdae en dit wat daar gebeur het. Hulle kan eintlik nie vorentoe
kyk nie, want waaroor kla jy is dat waarvoor jy gevra het werklikheid geword
het en al is dit dalk nie so goed nie, moet jy hou by jou storie want anders
lag die ander vir jou? Daai minister van sport van julle is die beste
voorbeeld van 'n idioot wat ek in 'n lang tyd gesien het. Tipies politikus
probeer hy van sport 'n stuk gereedskap maak waarmee hy sy politieke ideale
kan uitleef. Wat hy nie besef nie, as hy dit nie reeds op grondvlak kon
regkry nie, wat gaan deelname van 'n plonk-span wat elke wedstryd met oor
die 100-0 gaan verloor, doen om sy sportmense op te hef? Dis egter tipies
die tekens van die Afrika waarin ons leef. Gemiddelde mense sit in
topposte met nie die vaagste benul van wat aangaan nie en dan is hulle
bereid om sub-standaarde te aanvaar as die norm vir alles.

"Jonas" skryf in boodskap news:d07dkn$8gc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Waarom fokus Pieter Dirk-Uys na 10 jaar steeds op die persoonlikhede van
> die
> vorige regime? Is dit vanweë 'n gebrek aan vindingrykheid of is dit bloot
> weens 'n gebrek aan politieke "manmoedigheid"?
> Vat as voorbeeld die vise-President. Hy roem hom op 5 vrouens - maar kan
> nie
> vir hulle sorg nie.
> Duikbote wat ten duurste aangekoop word, en dan per vragskip hierheen
> ge-abba word.
> 'n Minister van Sport wat aankondig dat regstellende aksies voorrang bo
> oorwinning sal geld. Atletiek spanne en andere sal, volgens hom, nie op
> meriete gekies word nie. (Is hy so dom om te dink dat verloorspanne sal
> bydrae tot rasseharmonie?)
> Mens kan voortgaan om voorbeelde aan te haal wat op 'n daaglikse grondslag
> op 'n skinkbord aangeloop word.
> Maar - wat is vir jou die snaakste? Lewer 'n bydrae. Of, is dit eintlik
> nie
> snaaks nie, maar baie tragies?
>
> (Miskien kan iemand dan die voorstelle aan liewe Pieter gee. Miskien sal
> Ferdietjiekie die rol wil vertolk ...)
>
Re: Lewer 'n bydrae ... [boodskap #101703 is 'n antwoord op boodskap #101702] Vr, 04 Maart 2005 10:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dit is maklik om die minister van sport in sy moer in te stuur,

1. Die borge moet daarop aandring dat die beste span speel anders ontrek
hulle.

2. Toeskouers moet die byeenkoms gladnie ondersteun nie

As die geld opraak, sal die ouens se bekke ook toemaak

"Suidwester" skryf in boodskap news:JLKdnaxtd7ODq7XfRVn-3A@is.co.za...
> Dis waar hy en Gloudina dieselfde is. Hulle 'claim to fame' is juis die
> ou apartheidsdae en dit wat daar gebeur het. Hulle kan eintlik nie
> vorentoe kyk nie, want waaroor kla jy is dat waarvoor jy gevra het
> werklikheid geword het en al is dit dalk nie so goed nie, moet jy hou by
> jou storie want anders lag die ander vir jou? Daai minister van sport
> van julle is die beste voorbeeld van 'n idioot wat ek in 'n lang tyd
> gesien het. Tipies politikus probeer hy van sport 'n stuk gereedskap
> maak waarmee hy sy politieke ideale kan uitleef. Wat hy nie besef nie,
> as hy dit nie reeds op grondvlak kon regkry nie, wat gaan deelname van 'n
> plonk-span wat elke wedstryd met oor die 100-0 gaan verloor, doen om sy
> sportmense op te hef? Dis egter tipies die tekens van die Afrika waarin
> ons leef. Gemiddelde mense sit in topposte met nie die vaagste benul van
> wat aangaan nie en dan is hulle bereid om sub-standaarde te aanvaar as die
> norm vir alles.
> "Jonas" wrote in message
> news:d07dkn$8gc$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Waarom fokus Pieter Dirk-Uys na 10 jaar steeds op die persoonlikhede van
>> die
>> vorige regime? Is dit vanweë 'n gebrek aan vindingrykheid of is dit bloot
>> weens 'n gebrek aan politieke "manmoedigheid"?
>> Vat as voorbeeld die vise-President. Hy roem hom op 5 vrouens - maar kan
>> nie
>> vir hulle sorg nie.
>> Duikbote wat ten duurste aangekoop word, en dan per vragskip hierheen
>> ge-abba word.
>> 'n Minister van Sport wat aankondig dat regstellende aksies voorrang bo
>> oorwinning sal geld. Atletiek spanne en andere sal, volgens hom, nie op
>> meriete gekies word nie. (Is hy so dom om te dink dat verloorspanne sal
>> bydrae tot rasseharmonie?)
>> Mens kan voortgaan om voorbeelde aan te haal wat op 'n daaglikse
>> grondslag
>> op 'n skinkbord aangeloop word.
>> Maar - wat is vir jou die snaakste? Lewer 'n bydrae. Of, is dit eintlik
>> nie
>> snaaks nie, maar baie tragies?

>> (Miskien kan iemand dan die voorstelle aan liewe Pieter gee. Miskien sal
>> Ferdietjiekie die rol wil vertolk ...)



>
Re: Lewer 'n bydrae ... [boodskap #101704 is 'n antwoord op boodskap #101696] Vr, 04 Maart 2005 13:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Deneile Riffel  is tans af-lyn  Deneile Riffel
Boodskappe: 56
Geregistreer: Januarie 2005
Karma: 0
Volle Lid
Die Sharks is maar sand haaikies en die Stormers see was te woes vir hulle!
Die Sharks is amper soos Lenny, lyk gevaarlik maar is te sag.

"Jonas" skryf in boodskap news:d09kpa$894$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hi Annette. Ek roer (stir) so bietjie mbt PDU.
> Wat die Sharks betref het ek my bedenkinge - maar, die Sharks, en ander
> spanne soos hulle kan dalkies net verras - juis omdat hulle nie die
> gunstelinge is nie.
> WP se voorspelers het maar sleg les opgesê teen Natal - wat met 'n klompie
> onbekendes die Bokke (Burger ens.) aangepak en goed gevaar het. Die WP
> drieë
> was bepaald bepaal deur die wip van die bal.
> Die Brumbies/Bulle wedstryd vanoggend het gewys dat die Bulle dalk goed
> kan
> vaar die seisoen.
> Ek dink Rassie en Brenson Venter het bepaald 'n positiewe impak op die
> Katte
> se spel.
>
Re: Lewer 'n bydrae ... [boodskap #101705 is 'n antwoord op boodskap #101696] Vr, 04 Maart 2005 14:12 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Janee - dit lyk of die ChesterRassieBrendonafrigtingkombinasie nogal gedug
kan wees.
Ja foeitog, die BlouselblouBulletjies gaan verloor toe nog steeds teen 'n
verswakte Brumbies.
Ek was nogal verbaas om Rathbone te sien speel - hy is mos verlede week af
met harsingskudding.

--
Groetnis
Annette

"Jonas" skryf in boodskap news:d09kpa$894$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Hi Annette. Ek roer (stir) so bietjie mbt PDU.
> Wat die Sharks betref het ek my bedenkinge - maar, die Sharks, en ander
> spanne soos hulle kan dalkies net verras - juis omdat hulle nie die
> gunstelinge is nie.
> WP se voorspelers het maar sleg les opgesê teen Natal - wat met 'n klompie
> onbekendes die Bokke (Burger ens.) aangepak en goed gevaar het. Die WP drieë
> was bepaald bepaal deur die wip van die bal.
> Die Brumbies/Bulle wedstryd vanoggend het gewys dat die Bulle dalk goed kan
> vaar die seisoen.
> Ek dink Rassie en Brenson Venter het bepaald 'n positiewe impak op die Katte
> se spel.
>
Vorige onderwerp: Dit móét gesê word!
Volgende onderwerp: Re: Lewer 'n bydrae ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 06:04:59 MGT 2024