Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Webtuistes
Re: Webtuistes [boodskap #99951 is 'n antwoord op boodskap #99941] Sa, 30 Oktober 2004 16:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

> Ja, ek gaan stem, maar soos bin Laden se, maak nie saak wie wen nie, Kerry
> of Bush, hulle sal ons nog steeds aanval, want dit is ons Israel beleid
> wat
> ons teikens maak.

Ja, ek dink ook dis die VSA se beleid van Israel
vrye teuels gee, wat die wortel van die kwaad is.
En alleen 'n drastiese ander buitelandse beleid
wat Bin Laden van die VSA se rug sal afkry.

Gloudina
Re: Webtuistes [boodskap #99952 is 'n antwoord op boodskap #99941] Sa, 30 Oktober 2004 16:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Ellie" skryf

Ek is baie nuuskierig om te sien wat Kerry gaan doen as hy
> inkom (ek dink hy sal)

Dink jy werklik Kerry sal inkom? Ek is maar
pessimisties. En ek wonder of dit nie beter vir
die Demokrate gaan wees om hierdie keer te
verloor nie. Wie wil nou oorneem van die gemors
in Irak? Waar, volgens die mees onlangse
berekeninge, nou al 'n honderd-duisend Iraki-
burgers gesterf het sedert die VSA die land
binnegeval het. En seker net 'n handjievol van
daardie mense was werklik terroriste.

Gloudina
Re: Webtuistes [boodskap #99953 is 'n antwoord op boodskap #99952] Sa, 30 Oktober 2004 17:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:6JednV9e-vgqWB7cRVn-uw@rogers.com...

"Ellie" skryf

Ek is baie nuuskierig om te sien wat Kerry gaan doen as hy
> inkom (ek dink hy sal)

Dink jy werklik Kerry sal inkom? Ek is maar
pessimisties. En ek wonder of dit nie beter vir
die Demokrate gaan wees om hierdie keer te
verloor nie. Wie wil nou oorneem van die gemors
in Irak? Waar, volgens die mees onlangse
berekeninge, nou al 'n honderd-duisend Iraki-
burgers gesterf het sedert die VSA die land
binnegeval het. En seker net 'n handjievol van
daardie mense was werklik terroriste.

Gloudina

Ja, ek het ook al gedink hoe onsmaaklik dit vir Kerry gaan wees om Bush se
gemors op te ruim, en wat hy gaan doen. As ek hy was, sou ek n globale
summit reel, en dit bespreek met ander lande, en saam-saam n plan maak, maar
dit sal seker nie gebeur nie.

-e-
Re: Webtuistes [boodskap #99954 is 'n antwoord op boodskap #99951] Sa, 30 Oktober 2004 17:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ellie  is tans af-lyn  Ellie
Boodskappe: 321
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Senior Lid
"@rogers.com" skryf in boodskap news:la6dnbdB6to1WR7cRVn-sw@rogers.com...

"Ellie" skryf

> Ja, ek gaan stem, maar soos bin Laden se, maak nie saak wie wen nie, Kerry
> of Bush, hulle sal ons nog steeds aanval, want dit is ons Israel beleid
> wat
> ons teikens maak.

Ja, ek dink ook dis die VSA se beleid van Israel
vrye teuels gee, wat die wortel van die kwaad is.
En alleen 'n drastiese ander buitelandse beleid
wat Bin Laden van die VSA se rug sal afkry.

Gloudina

Wat natuurlik nie regverdig is nie, die Amerikaanse publiek word gestraf vir
die misdade van die vaders, en in die geval is die demokrate en republikeine
se beleid teen Israel omtrent dieselfde, so dit maak nie saak wie wen nie.
Ek wonder hoe gaan die jongste verwikkelinge die stemmery beinvloed, ook
daardie ou met die tafeldoek om sy kop (glo n Amerikaner) wat ook nou die
dag gegorrel het oor die bloed wat rooi gaan vloei in Amerika se strate . .
. lieflik!

Ellie
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) [boodskap #99955 is 'n antwoord op boodskap #99919] Sa, 30 Oktober 2004 17:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 29 Oct 2004 20:18:48 +0200, DD wrote:

> Miskien sal jy dit interessant vind as ek jou vertel
> dat daardie foto in my huis geneem is, wat
> 650 kilometer van die see af is.
>
> DD
>

Moet toegee: dis inderdaad net asof jy minstens 650 km van die see af
woon!! Jy sou beter 'n bietjie digter by die see kom, sou ek so sê! Jy
sien baie droë uit!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Webtuistes [boodskap #99956 is 'n antwoord op boodskap #99953] Sa, 30 Oktober 2004 18:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 30 Oct 2004 17:20:34 GMT, "Ellie" wrote:

>
> Ja, ek het ook al gedink hoe onsmaaklik dit vir Kerry gaan wees om Bush se
> gemors op te ruim, en wat hy gaan doen.

> -e-

Hy sal seker ook oor 10 jaar steeds die skuld op Bush pak
vir wat hy self nie mee slaag nie.
Julle is realisties as julle besef dat Bin Laden nie gaan vrede
verklaar as julle nuwe menu skielik kerriekos is nie. Dit in ag
genome, is dit steeds beter om 'n vegter as diplomaat aan die
spits van die VSA te hê. Dit is so dom om te dink dat
diplomaties met die moslem onderhandel kan word.
Toe Bush op platform aan Kerry sê dat hy ook
oorspronklik vir oorlog gestem het, het Kerry
'n antwoord vermy.

So effe het dit in my kop opgekom terwyl Bouwer by Basjan
opleiding ontvang het, dat die mag van die moslem volke
nie onderskat moet word nie. (en ek het bedoel om te sê
'moslem volke' en nie Arabiese volke nie, want hulle ìs 'n
eenheid. Saam met dit het ek gedink aan Openbaring
wat een van sy laaste lesse aan haar was, en aan die
mense wat tydens my grootword jare gepredik het dat
die moslem, die boek Openbaring, se antichris is.
Die meer onlangse geskiedenis het nie daardie
mening teëgewerk nie. Inteendeel, ek dink dat
iemand wat nou 'n lering met daardie tema sou
voorberei, nie baie voetwerk hoef te doen vir
ondersteunings feite nie.

DD
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) [boodskap #99957 is 'n antwoord op boodskap #99955] Sa, 30 Oktober 2004 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 30 Oct 2004 19:42:11 +0200, Sterrenkijker
wrote:

> On Fri, 29 Oct 2004 20:18:48 +0200, DD wrote:
>
>> Miskien sal jy dit interessant vind as ek jou vertel
>> dat daardie foto in my huis geneem is, wat
>> 650 kilometer van die see af is.

>> DD

>
> Moet toegee: dis inderdaad net asof jy minstens 650 km van die see af
> woon!! Jy sou beter 'n bietjie digter by die see kom, sou ek so sê! Jy
> sien baie droë uit!
>
> Norbert (uit Vlaandere)

Ek woon sowat 200 treë van die see af

DD (uit Azanië)
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) [boodskap #99958 is 'n antwoord op boodskap #99957] Sa, 30 Oktober 2004 18:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 30 Oct 2004 20:19:47 +0200, DD wrote:

> Ek woon sowat 200 treë van die see af
>
> DD (uit Azanië)
>

Ek verstaan! Nog 200 treë en jy lê IN die see!!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Webtuistes [boodskap #99959 is 'n antwoord op boodskap #99956] Sa, 30 Oktober 2004 19:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"DD" skryf

> die moslem, die boek Openbaring, se antichris is.
> Die meer onlangse geskiedenis het nie daardie
> mening teëgewerk nie. Inteendeel, ek dink dat
> iemand wat nou 'n lering met daardie tema sou
> voorberei, nie baie voetwerk hoef te doen vir
> ondersteunings feite nie.

En as ek vir jou vertel dat ek dink Bush
'n baie beter kandidaat vir die antichris
is? Hy en sy soort verloën, sover dit my
aangaan, alle beginsels van christelikheid.
Buitendien, du Plessis, AS jy enigsins die
geskiedenis ken, sal jy weet dat Europeërs
nog altyd hulle neuse en hulle gierige
vingers in die Middelooste gehad het. Van
die Kruistogte tot vandag. Ken jy die
geskiedenis van Irak? Daar was nie so 'n
staat totdat dit deur die Engelse saamge-
flans is uit drie verskillende bevolkings-
groepe wat eintlik niks met mekaar te
doen wou hê nie.

Gloudina
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #99960 is 'n antwoord op boodskap #99958] Sa, 30 Oktober 2004 20:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 30 Oct 2004 20:37:01 +0200, Sterrenkijker
wrote:

> On Sat, 30 Oct 2004 20:19:47 +0200, DD wrote:
>
>
>> Ek woon sowat 200 treë van die see af

>> DD (uit Azanië)

>
> Ek verstaan! Nog 200 treë en jy lê IN die see!!
>
> Norbert (uit Vlaandere)

Ek woon ìn die see.
Ek is op 'n eiland (oftewel, skiereiland)
Die see is voor my en die see is agter my en die see is langs my
Een kant van waar ek woon, is verbind aan die land.
Ek heg 'n skets aan.
As jy links onder by 'Bell Str.' kyk, sal jy 'n blou kruis sien wat ek
gemaak het. As jy dit genoeg zoom, sal jy my sien waai vir jou.

DD
Re: Webtuistes [boodskap #99961 is 'n antwoord op boodskap #99959] Sa, 30 Oktober 2004 20:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 30 Oct 2004 15:43:24 -0400, "@rogers.com" wrote:

>
> "DD" skryf
>
>> die moslem, die boek Openbaring, se antichris is.
>> Die meer onlangse geskiedenis het nie daardie
>> mening teëgewerk nie. Inteendeel, ek dink dat
>> iemand wat nou 'n lering met daardie tema sou
>> voorberei, nie baie voetwerk hoef te doen vir
>> ondersteunings feite nie.
>
> En as ek vir jou vertel dat ek dink Bush
> 'n baie beter kandidaat vir die antichris
> is?
Jy sou opgelet het dat ek my nie gebind het
aan 'n spesifieke teorie nie. En ek hoef dit
nie te noem nie, want jy het dit gesien.
Inderwaarheid is, teoreties gesproke,
enigiemand wat 'n ander godsdiens
as die Christelike Godsdiens aanhang,
antichristies. Ek weet nie wat Bush se
geloofsoortuigings is nie. Ek het in elk
geval nie rede om te dink dat hy anders
as Christelik aanbid nie.

> Hy en sy soort verloën, sover dit my
> aangaan, alle beginsels van christelikheid.
> Buitendien, du Plessis, AS jy enigsins die
> geskiedenis ken, sal jy weet dat Europeërs
> nog altyd hulle neuse en hulle gierige
> vingers in die Middelooste gehad het.

Bush is geen Europeër nie. Of sal ons Amerika
Klein Europa noem?

> Van
> die Kruistogte tot vandag. Ken jy die
> geskiedenis van Irak? Daar was nie so 'n
> staat totdat dit deur die Engelse saamge-
> flans is uit drie verskillende bevolkings-
> groepe wat eintlik niks met mekaar te
> doen wou hê nie.
>
> Gloudina
>
Wys jou hoe mens jou kan misgis.
Ek was onder die indruk dat jy
'n liefde vir die Margarette Thatcher's
en Tony Blair's het. Ongemaklike tannie, né.
Die anc is ook nie lief vir haar nie. Ek dink
sy het hulle terroriste genoem.

DD
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #99966 is 'n antwoord op boodskap #99960] So, 31 Oktober 2004 18:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 30 Oct 2004 22:01:18 +0200, DD wrote:

> On Sat, 30 Oct 2004 20:37:01 +0200, Sterrenkijker
> wrote:
>
>> On Sat, 30 Oct 2004 20:19:47 +0200, DD wrote:


>>> Ek woon sowat 200 treë van die see af
>
>>> DD (uit Azanië)
>

>> Ek verstaan! Nog 200 treë en jy lê IN die see!!

>> Norbert (uit Vlaandere)
>
> Ek woon ìn die see.
> Ek is op 'n eiland (oftewel, skiereiland)
> Die see is voor my en die see is agter my en die see is langs my
> Een kant van waar ek woon, is verbind aan die land.
> Ek heg 'n skets aan.
> As jy links onder by 'Bell Str.' kyk, sal jy 'n blou kruis sien wat ek
> gemaak het. As jy dit genoeg zoom, sal jy my sien waai vir jou.
>
> DD
>
Ek sien jou prentjie nie op hierdie nuusgroep nie, maar ek het gaan
sien by http://www.ushakamarineworld.co.za/park/index.html
Moet toegee: jy woon daar wel in 'n digterlike wêreld! 'n Groot
verskil met Vlaandere nou: die dae word korter en dit word al koud
buite. Tog sou ek daar die ganse jaar deur nie wil woon nie. Ek moet
af en toe eens afkoel.

Norbert uit Vlaandere
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #99967 is 'n antwoord op boodskap #99966] Ma, 01 November 2004 00:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker skryf

Tog sou ek daar die ganse jaar deur nie wil woon nie. Ek moet
> af en toe eens afkoel.

Hierdie idee dat dit die hele jaar warm is in
die omgewing van Durban is kaf. Die koudste
wat ek nog ooit gekry het, was op Adams
Mission, dertig myl van Durban af. Ek sien
my nog in 'n bad warm water klim met 'n
koppie sop in my hande. Die Drakensberge,
waarop daar sneeu kan wees in die winter,
is net 'n paar honderd myl daarvandaan,
en as die wind van die berge af waai, kan
dit snerpend koud daar word.

Gloudina
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #99981 is 'n antwoord op boodskap #99967] Ma, 01 November 2004 12:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 31 Oct 2004 19:47:47 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Sterrenkijker skryf
>
> Tog sou ek daar die ganse jaar deur nie wil woon nie. Ek moet
>> af en toe eens afkoel.
>
> Hierdie idee dat dit die hele jaar warm is in
> die omgewing van Durban is kaf. Die koudste
> wat ek nog ooit gekry het, was op Adams
> Mission, dertig myl van Durban af. Ek sien
> my nog in 'n bad warm water klim met 'n
> koppie sop in my hande. Die Drakensberge,
> waarop daar sneeu kan wees in die winter,
> is net 'n paar honderd myl daarvandaan,
> en as die wind van die berge af waai, kan
> dit snerpend koud daar word.
>
> Gloudina
>

Ja, miskien, Gloudina.. Maar ons het hier in Vlaandere tog geen
palmbome buite nie!! Die digste palme wat hier is groei in 'n klein
stukkie van Engeland (Wales) waar die Golfstroom passeer en verder is
daar ook nog palme rond die Meer van Genève in Switserland. Maar dis
al 900 km verder en die palme van die "Lac Leman" in Switserland kry
in die winter soms 'n ekstra beskutting van die mense. Desnietemin
moet ons gewoonlik tog Middellandse See toe gaan om die eerste
palmbome te kan sien.
Ek hou van 'n warm klimaat en inderdaad: die somer kan hier by ons nie
warm genoeg wees nie. Maar ek is blank en ek sou me eie nie rêrig
kompleet voel sonder jaarliks 'n porsie winterse kou nie. Dis maar net
waaraan 'n mens gewend is, nè? Vanmôre was dit maar net 7°C (45 °F)
hier in Vlaandere en die winter hier begin eers oor 7 weke!

Norbert (uit Vlaandere)
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #99983 is 'n antwoord op boodskap #99960] Ma, 01 November 2004 12:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Is dit nie waar die vroue van die nag eens gewandel het nie?
En voor hulle waar die kolonialiste van Brittanje planne beraam het
nie?

On Sat, 30 Oct 2004 22:01:18 +0200, DD wrote:

> On Sat, 30 Oct 2004 20:37:01 +0200, Sterrenkijker
> wrote:
>
>> On Sat, 30 Oct 2004 20:19:47 +0200, DD wrote:


>>> Ek woon sowat 200 treë van die see af
>
>>> DD (uit Azanië)
>

>> Ek verstaan! Nog 200 treë en jy lê IN die see!!

>> Norbert (uit Vlaandere)
>
> Ek woon ìn die see.
> Ek is op 'n eiland (oftewel, skiereiland)
> Die see is voor my en die see is agter my en die see is langs my
> Een kant van waar ek woon, is verbind aan die land.
> Ek heg 'n skets aan.
> As jy links onder by 'Bell Str.' kyk, sal jy 'n blou kruis sien wat ek
> gemaak het. As jy dit genoeg zoom, sal jy my sien waai vir jou.
>
> DD
>
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #99991 is 'n antwoord op boodskap #99966] Ma, 01 November 2004 20:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 31 Oct 2004 19:27:24 +0100, Sterrenkijker
wrote:

> Tog sou ek daar die ganse jaar deur nie wil woon nie. Ek moet
> af en toe eens afkoel.
>
> Norbert uit Vlaandere

Afkoel? Jy sal verras wees as jy sien hoe groot dam het ons hier.

DD
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #99992 is 'n antwoord op boodskap #99967] Ma, 01 November 2004 20:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 31 Oct 2004 19:47:47 -0500, "@rogers.com" wrote:

>
> "Sterrenkijker skryf
>
> Tog sou ek daar die ganse jaar deur nie wil woon nie. Ek moet
>> af en toe eens afkoel.
>
> Hierdie idee dat dit die hele jaar warm is in
> die omgewing van Durban is kaf. Die koudste
> wat ek nog ooit gekry het, was op Adams
> Mission, dertig myl van Durban af. Ek sien
> my nog in 'n bad warm water klim met 'n
> koppie sop in my hande. Die Drakensberge,
> waarop daar sneeu kan wees in die winter,
> is net 'n paar honderd myl daarvandaan,
> en as die wind van die berge af waai, kan
> dit snerpend koud daar word.
>
> Gloudina
>

Koue is natuurlik relatief. Tot die begin van die jaar
het ons Durban 'n paar keer per jaar besoek.
23 Mei hierdie jaar het ons permanent hierheen verhuis.
Kort voor die winter dus. Vir niemand hier hoef ek te vertel
dat my vrou en ek as 'n standaard middernag verby op
rekenaars is.
Gedurende die afgelope winter, wat natuurlik kort na
ons hier aangekom het, begin het, het ons drie keer 'n
verwarmer aangeskakel gehad. Slegs drie keer het ons dit
as koude genoeg beskou om 'n verwarmer aan te skakel'
en dit is eers laatnag aangeskakel.

Op die Hoëveld, waar ons vandaan is, sou ons elke aand
'n verwarmer aangehad het. Ons het ons verwarmers weggegee
voor ons hierheen gekom het, en slegs een klein verwarmertjie
saamgebring. Dit was 'n goeie besluit.
Die mense wat al baie jare hier woon, het heelwaarskynlik
baie meer dikwels verwarmers aangeskakel gehad.
Die somers is heerlik. Kom ons vergelyk sommer die voorspeling
vir die omgewing waar ek vandaan is. Ek kyk na Elaine se voorspelling,
want dit is net oor die bult van waar ek gewoon het.
Minimum vannag by Vereeniging 8° en by ons 15°
met Maksimum van Vereeniging 31° en by ons 31°.

Dit is hoekom ek sê dat koue relatief is. Elke wintersdag dra ek
'n T-hemp en herken die laaankalse Durbaniete aan hulle truie en
serpe, terwyl die Transvalers geken word omdat hulle swem:-)

Vorentoe sal ek klimatiseer vir hier, en dan net in somer in Gauteng
gaan kuier; alhoewel dit 'n voorreg is wat ek myself nou al toe
eien:-)

Norbert sal in die winter hier sweet as dit vandag 7° by hulle is.

Een ding wat verseker is, Norbert, is dat die mense wat hier woon
snaaks na jou kyk as jy sou van ryp praat. Ek dink dat jy sal moet
verduidelik wat dit beteken.

DD
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #99993 is 'n antwoord op boodskap #99983] Ma, 01 November 2004 20:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 01 Nov 2004 14:52:54 +0200, Ferdi Greyling wrote:

>
> Is dit nie waar die vroue van die nag eens gewandel het nie?
> En voor hulle waar die kolonialiste van Brittanje planne beraam het
> nie?
>
>
> On Sat, 30 Oct 2004 22:01:18 +0200, DD wrote:
>
>> On Sat, 30 Oct 2004 20:37:01 +0200, Sterrenkijker
>> wrote:

>>> On Sat, 30 Oct 2004 20:19:47 +0200, DD wrote:
>
>
>>>> Ek woon sowat 200 treë van die see af
>>
>>>> DD (uit Azanië)
>>
>
>>> Ek verstaan! Nog 200 treë en jy lê IN die see!!
>
>>> Norbert (uit Vlaandere)

>> Ek woon ìn die see.
>> Ek is op 'n eiland (oftewel, skiereiland)
>> Die see is voor my en die see is agter my en die see is langs my
>> Een kant van waar ek woon, is verbind aan die land.
>> Ek heg 'n skets aan.
>> As jy links onder by 'Bell Str.' kyk, sal jy 'n blou kruis sien wat ek
>> gemaak het. As jy dit genoeg zoom, sal jy my sien waai vir jou.

>> DD


weer een van daai briewe waar mense in opvolg skryf
en dan plak iemand sommer bo iets in, wat jou dan laat wonder
of die wandeling in België was of dit hier was.
As jy van hier praat, sou jy reg wees. Inderwaarheid sou jy reg wees
as jy van enige plek in Durban praat. Soos enige plek in Johannesburg.
En enige plek in Antwerpen, soos in Brussel.
Hierdie was natuurlik voor die nuwe ontwikkelings, 'n plek wat sy
beurt moes afwag daarvoor. Ek was gelukkig genoeg om te geweet het
wat hier gaan gebeur. Die mense wat veteraan inwoners is, is ook
daarvan gesê, maar dit nie geglo nie, omdat dit baie jare se beloftes
was. In besigheid is ek somtyds naief, want ek hou daarvan om mense
te glo. Naief genoeg gewees om my hele toekomstige ekobnomiese
ontwikkelimg hier te vertrou. En ek is opgewonde as ek sien wat
gebeur.

DD
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100000 is 'n antwoord op boodskap #99992] Ma, 01 November 2004 21:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 01 Nov 2004 22:27:56 +0200, DD wrote:

>
> Norbert sal in die winter hier sweet as dit vandag 7° by hulle is.

Nou, rêrig: ek begin al sweet as ek na die prentjies loer van die
palmbome op uShaka-island!!!!
>
> Een ding wat verseker is, Norbert, is dat die mense wat hier woon
> snaaks na jou kyk as jy sou van ryp praat. Ek dink dat jy sal moet
> verduidelik wat dit beteken.

Ek verstaan. Wel, ek herinner my ek het hier enige jare gelede ook
eens daaroor gepraat en selfs prentjies daaroor gepubliseer. Ek het
hulle nog teruggevind. Dis prentjies wat nie ver van my huis geneem is
nie op 'n koue winterdag. Moet maar eens hier loer:
http://users.skynet.be/fa112974/RIJP3.JPG (66 kB) en
http://users.skynet.be/fa112974/RIJP4.JPG (48 kB)
(daardie prentjies is nie baie groot)
Dis één van die mooiste belewenisse hier gedurende die winter as
hierdie verskynsel se eie voordoen. Dis die mis wat teen die takke van
die bome aanvroor. As die son dan nog 'n bietjie wil skyn is dit hier
net 'n sprokieslandskap. En 'n mens kan net so uitsien as die bome: ek
het nog gesien die asemdamp van die manne vroor vas op hulle snor of
baard en hulle kom dan tuis soos 'n Verskriklike Tibetaanse Sneeuman!

Norbert (uit Vlaandere)
>
> DD
>
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100002 is 'n antwoord op boodskap #99993] Ma, 01 November 2004 21:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 01 Nov 2004 22:40:35 +0200, DD wrote:
> Naief genoeg gewees om my hele toekomstige ekobnomiese
> ontwikkelimg hier te vertrou. En ek is opgewonde as ek sien wat
> gebeur.
>
> DD

Ek sien so enkele ou spelfoutjie of twee. Beter gedoen as wat ek
gedink het. Vanmôre van 'n leer afgeval (die hele leer eht omgeval)
en ek het baie hard geval. Met my regterhand teen 'n erdepot geval,
en dit agteroor gebuig terwyl my hele momentum betrokke was.

Met 'n regtergewrig wat geswel is, ge 'wintergreen is en ge 'deapheat'
is, sukkel ek om 'n beker ystee vas te hou. En as mbeki apartheid kan
beskuldig en Kerry kan Bush beskuldig, kan ek die val beskuldig.
En dit sal seker 'n rukkie neem om te heel. Die pyn wat julle hier in
my stem hoor is nie aansit nie.

DD
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100003 is 'n antwoord op boodskap #100000] Ma, 01 November 2004 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 01 Nov 2004 22:34:39 +0100, Sterrenkijker
wrote:

> On Mon, 01 Nov 2004 22:27:56 +0200, DD wrote:
>

>> Norbert sal in die winter hier sweet as dit vandag 7° by hulle is.
>
> Nou, rêrig: ek begin al sweet as ek na die prentjies loer van die
> palmbome op uShaka-island!!!!

>> Een ding wat verseker is, Norbert, is dat die mense wat hier woon
>> snaaks na jou kyk as jy sou van ryp praat. Ek dink dat jy sal moet
>> verduidelik wat dit beteken.
>
> Ek verstaan. Wel, ek herinner my ek het hier enige jare gelede ook
> eens daaroor gepraat en selfs prentjies daaroor gepubliseer. Ek het
> hulle nog teruggevind. Dis prentjies wat nie ver van my huis geneem is
> nie op 'n koue winterdag. Moet maar eens hier loer:
> http://users.skynet.be/fa112974/RIJP3.JPG (66 kB) en
> http://users.skynet.be/fa112974/RIJP4.JPG (48 kB)
> (daardie prentjies is nie baie groot)
> Dis één van die mooiste belewenisse hier gedurende die winter as
> hierdie verskynsel se eie voordoen. Dis die mis wat teen die takke van
> die bome aanvroor. As die son dan nog 'n bietjie wil skyn is dit hier
> net 'n sprokieslandskap. En 'n mens kan net so uitsien as die bome: ek
> het nog gesien die asemdamp van die manne vroor vas op hulle snor of
> baard en hulle kom dan tuis soos 'n Verskriklike Tibetaanse Sneeuman!
>
> Norbert (uit Vlaandere)

>> DD




Dit lyk soos prentjies by ons op poskaarte en Kerskaarte!
Mense, maar dit is mooi; maar net mooi op 'n foto:-)
As mens tussen daardie bome is, voel jou voete soos ys,
en jou hande moet jy bly vryf om dit warm te hou.

Sprokieslandskap sê jy. Kom ek wys jou die sprokieswêreld
wat ek sien as ek by die agterdeur uitkyk of oor die opwasbak
deur die kombuisvenster kyk, of hier by die rekenaar die gordyne
ooptrek en oor die rekenaar na buite kyk. Die foto het ek enkele
weke gelede geneem.

http://davedup.bravehost.com/photos/rearview.jpg
as jy dit rear-view maak, sien jy dit in die dag
Deur die ander vensters lyk dit so:
http://davedup.bravehost.com/photos/dayview-front.jpg
Dit wat jy by die strand sien, is uShaka Waterworld

DD
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100004 is 'n antwoord op boodskap #100003] Ma, 01 November 2004 23:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 02 Nov 2004 00:06:46 +0200, DD wrote:

>
> Dit lyk soos prentjies by ons op poskaarte en Kerskaarte!
> Mense, maar dit is mooi; maar net mooi op 'n foto:-)
> As mens tussen daardie bome is, voel jou voete soos ys,
> en jou hande moet jy bly vryf om dit warm te hou.

Ja, inderdaad, maar as 'n mens goeie klere aandoan sal jy nie so baie
kou voel nie. Hierdie is tog bysonder omdat dan die lug so suiwer
aanvoel en die wit kleur van die land kalmeer die mense. En dan kom 'n
soort eendragtigheid onder hulle want hulle het almal dieselfde
probleem: dis bitter koud buite maar tog voel elkeen dis geen weer om
te werk of te veg nie en dan gaan die mense in die huis en hulle drink
'n warm koppie koffie of 'n drankie. Die algemene stemming is baie
spesiaal op sulke dae.

>
> Sprokieslandskap sê jy. Kom ek wys jou die sprokieswêreld
> wat ek sien as ek by die agterdeur uitkyk of oor die opwasbak
> deur die kombuisvenster kyk, of hier by die rekenaar die gordyne
> ooptrek en oor die rekenaar na buite kyk. Die foto het ek enkele
> weke gelede geneem.
>
> http://davedup.bravehost.com/photos/rearview.jpg
> as jy dit rear-view maak, sien jy dit in die dag
> Deur die ander vensters lyk dit so:
> http://davedup.bravehost.com/photos/dayview-front.jpg
> Dit wat jy by die strand sien, is uShaka Waterworld

Ek moet toegee: ek sou wèl lus kry in 'n nagtelike braai in dergelike
omgewing!
Hier in Vlaandere is dit moeilik om 'n braai te gee. 'n Mens maak
alles gereed en nooi sy vriende of familie uit en as die mense begin
eet begin dit ook reen!
In die somer is die reen nooit baie ver nie!
http://users.skynet.be/fa112974/30aug2003-2a.jpg
(Hier slaan die reen neer op die agterste dak van ons huis)

Norbert (uit Vlaandere)

>
> DD
>
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100005 is 'n antwoord op boodskap #100000] Di, 02 November 2004 01:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Sterrenkijker" skryf

> Dis één van die mooiste belewenisse hier gedurende die winter as
> hierdie verskynsel se eie voordoen. Dis die mis wat teen die takke van
> die bome aanvroor. As die son dan nog 'n bietjie wil skyn is dit hier
> net 'n sprokieslandskap. En 'n mens kan net so uitsien as die bome: ek
> het nog gesien die asemdamp van die manne vroor vas op hulle snor of
> baard en hulle kom dan tuis soos 'n Verskriklike Tibetaanse Sneeuman!

Ja, daar is sekere "belewenisse" wat mens net kan
ervaar in lande waar dit regtig koud word. Daar is 'n
verskil tussen mis wat op alles vries en wat dinge
werklik spookagtig laat lyk. Sulke wit slierte op
alles. As dit egter reën en die reën vries dan op
die plante en bome, dan is dit dat die bome lyk
asof dit met juwele versier is wat alle kleure van die
reënboog het.

Gloudina
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100020 is 'n antwoord op boodskap #100003] Di, 02 November 2004 09:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
"DD"
> As mens tussen daardie bome is, voel jou voete soos ys,
> en jou hande moet jy bly vryf om dit warm te hou.

Ek moet darem toevoeg dat dit hier in Europa 'n "nat" koue is. Hy's nie so
droog soos daai koue van bv die Vrystaat nie. Daar is dit 5 grade, dan voel
dit of jou vingers wil afval. Hier is dit minus tien grade en dan is dit
eintlik nog heel houdbaar... Ek het nog nooit hier so koud gekry soos ek al
in SA gekry het nie.

Miskien ook omdat mens hier nooit tot op die been koud word nie - en in SA
nooit tot op die been warm nie...
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100031 is 'n antwoord op boodskap #100020] Di, 02 November 2004 13:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Max" skryf

Hier is dit minus tien grade en dan is dit
> eintlik nog heel houdbaar... Ek het nog nooit hier so koud gekry soos ek
> al
> in SA gekry het nie.
>
> Miskien ook omdat mens hier nooit tot op die been koud word nie - en in SA
> nooit tot op die been warm nie...

Ja, dis ook my ondervinding. My ideale temperatuur vir
die winter hier is - 10 C.
Ek het ook geen wintersklere anders as 'n warm jas,
warm winterboots en handskoene nie. Ek het geen
truie nie, geen langmou rokke nie. Ek is amper altyd
te warm binnekant in publieke geboue, wanneer ek
nie my jas kan afhaal nie. Ek dink nie ek sal ooit weer
in SA 'n winter kan deurmaak nie.

Gloudina
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100032 is 'n antwoord op boodskap #100031] Di, 02 November 2004 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Riaan  is tans af-lyn  Riaan
Boodskappe: 1008
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Wat is 'n langmou rok?

"@rogers.com" skryf in boodskap news:6cidnZbdW6VWExrcRVn-iA@rogers.com...

> warm winterboots en handskoene nie. Ek het geen
> truie nie, geen langmou rokke nie. Ek is amper altyd
> te warm binnekant in publieke geboue, wanneer ek
> nie my jas kan afhaal nie. Ek dink nie ek sal ooit weer
> in SA 'n winter kan deurmaak nie.
>
> Gloudina
>
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100033 is 'n antwoord op boodskap #100032] Di, 02 November 2004 15:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Riaan" skryf

> Wat is 'n langmou rok?

'n Rok met lang moue.

Gloudina
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100036 is 'n antwoord op boodskap #100031] Di, 02 November 2004 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 2 Nov 2004 08:42:35 -0500, "@rogers.com" wrote:

> Ek het ook geen wintersklere anders as 'n warm jas,
> warm winterboots en handskoene nie.
>
> Gloudina
>

mm, hier by ons verkies die vroumense warm stewels in die winter

DD
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100037 is 'n antwoord op boodskap #100004] Di, 02 November 2004 18:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 02 Nov 2004 00:15:23 +0100, Sterrenkijker
wrote:

> en die wit kleur van die land kalmeer die mense.

...natuurlik! Nog altyd het ek gewonder waarom die mense
in dié land nie so kalm is nie!

> http://users.skynet.be/fa112974/30aug2003-2a.jpg
> (Hier slaan die reen neer op die agterste dak van ons huis)
>

Dit moet 'n dubbelverdieping wees, anders was jou kamera papnat.

DD
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100044 is 'n antwoord op boodskap #100020] Di, 02 November 2004 19:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Afrikaner  is tans af-lyn  Afrikaner
Boodskappe: 546
Geregistreer: Oktober 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 2 Nov 2004 10:35:11 +0100, "Max" wrote:

>
> "DD"
>> As mens tussen daardie bome is, voel jou voete soos ys,
>> en jou hande moet jy bly vryf om dit warm te hou.
>
> Ek moet darem toevoeg dat dit hier in Europa 'n "nat" koue is. Hy´s nie so
> droog soos daai koue van bv die Vrystaat nie. Daar is dit 5 grade, dan voel
> dit of jou vingers wil afval. Hier is dit minus tien grade en dan is dit
> eintlik nog heel houdbaar... Ek het nog nooit hier so koud gekry soos ek al
> in SA gekry het nie.
>
> Miskien ook omdat mens hier nooit tot op die been koud word nie - en in SA
> nooit tot op die been warm nie...
>

ja, daars is koue plekke hier, maar ek dink die Norbert's lag vir ons
as hulle hoor wat ons koud noem. Om een af ander rede wat 'n
sielkundige sal kan verduidelik, lieg Gloudina onophoudelik wanneer sy
vertel hoe lekker dit daar in die kniehoogte sneeu is. Daar waar die
sneeu eers met 'n graaf voor die motorhuis verwyder moet word eer die
kar kan uitgehaal word. Ons vriende in England kry net so koud, en so
in die res van Europa.

Durban het nie koue nie. Môreoggend se voorspelde tempratuur is

Weather for Durban
Forecast: Wednesday, 3 November 2004
Min: 16°C Max: 23°C
Weather: Cloudy becoming partly cloudy.
Wind: moderate SE but moderate E in the afternoon.
Sunrise: 05:00 Sunset: 18:19
Moonrise: xxxx Moonset: 09:26

Weather for Johannesburg
Forecast: Wednesday, 3 November 2004
Min: 13°C Max: 29°C
Weather: Fine.
Wind: light north-westerly
Sunrise: 05:17 Sunset: 18:25
Moonrise: xxxx Moonset: 09:49
Moonphase: Waning

Weather for Cape Town
Forecast: Wednesday, 3 November 2004
Min: 17°C Max: 28°C
Weather: Fine, evening cloud
Wind: moderate south-westerly
Sunrise: 05:43 Sunset: 19:15
Moonrise: 00:29 Moonset: 10:05
Moonphase: Waning

http://www.saweather.co.za
Re: Webtuistes - DuPlessis.jpg (0/1) - uShaka-island.jpg (0/1) [boodskap #100045 is 'n antwoord op boodskap #100037] Di, 02 November 2004 20:36 Na vorige boodskap
Norbert de strandkruier  is tans af-lyn  Norbert de strandkruier
Boodskappe: 221
Geregistreer: Junie 2004
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 02 Nov 2004 20:23:52 +0200, DD wrote:

> On Tue, 02 Nov 2004 00:15:23 +0100, Sterrenkijker
> wrote:
>
>
>> en die wit kleur van die land kalmeer die mense.
>
> ...natuurlik! Nog altyd het ek gewonder waarom die mense
> in dié land nie so kalm is nie!
>
Die lewe is hier inderdaad nogal jagtig. Vlaandere behoort tot die
digtstbevolkte lande van die wêreld.

>
>
>> http://users.skynet.be/fa112974/30aug2003-2a.jpg
>> (Hier slaan die reen neer op die agterste dak van ons huis)

>
> Dit moet 'n dubbelverdieping wees, anders was jou kamera papnat.

Ek het agter die venster gestaan van die gang op die eerste
verdieping. 'n Lugfoto van my huis staan hier:
http://users.skynet.be/fa112974/HUIS1.JPG (123 kB)
Soos jy sien lewe ek nogal agraries.

Norbert (uit Vlaandere)
>
> DD
>
Vorige onderwerp: SP2
Volgende onderwerp: Nokia - Check out http://ww.ezbuy.co.za
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:43:14 MGT 2024