Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Naweek saam meyt Likho (lang storie)

Di., 02 April 2002 12:44

Het die naweek iets gedoen wat menige ou rassis die horrie stuipe sal laat
kry. Maar dan moet hulle dit maar kry!

Dit het soos enige ander Paasnaweek sy begin gehad. Maar daar was iets
anders in die huis aan die gang. Na 'n 7 maande sonder kinders in die huis,
was daar weer een. Maar die ander het ook kom kyk. En loer. En vashou. En
Oe! en Aa! en wat nog als. Vasgedruk, en gekielie tot die lagbuitjies
wie-weet-waar gehoor is. Selfs buurvrou se twee kleindogters, met hul ouma
se versameling hoëhakskoene en bonte klere om, het kom kyk en saamgespeel.
Ekself het ook so nou en dan help vashou en troetel.

En snags het ek vir Hanlie gehelp met die voedings en wat nog als.

Likho het by ons gekuier hierdie Paasnaweek. Hy was ons gas, en ons had hom
heerlik kon bederf! Self Kleinbaai toe opgetrek. 'n Bakkievrag vol van alles
waarmee sulke kuiermense gaan kuier.

Likho was homself vir die eerste keer in 'n baie lang tyd. So 3 weke gelede
het almal rondom hom gedink dat hy dit nie sou maak nie.

Dit was toe. Nou is dit 'n ander storie.
Hy lag en brabbel heerlik voort in sy eie gemaakte 10-maand oue taal. En
gryp sy voet en druk dit fluks tot binne-in sy 8-tand mond. Die skattigste
klein skat! 'n Baba van 10 maande oud, wat ons by ons kon hê. Net geleen
vanaf sy liewe pleegma Bettie, van Nomzamo.

Vir die wat nou-nog wonder, hier's die storie:
Likho is 'n vondeling wat die Polisie na Bettie in Nomzamo geneem het.
Bettie het 'n creche in haar kleine HOP huis aan die gang. Na kontak deur
'n sopkombuis-program het ons gemeente met haar kontak gemaak. Ons het gaan
help waar ons kan en waarmee ons kon. Daar het ons toe met Likho kennis
gemaak. Baba, klein en fyn. 'n Paar dames het gaan help met allerhande
programme: Aktiwiteite om die kinders in die creche aktief besig te hou en
te stimuleer met allerhande dinge: Rol oor 'n groot strandbal, strek
ongeoefende spiertjies aan lyfies klein. En hulle kwetter en kweel soos net
kindertjies kan.

André en ekself gaan werk eendag aan die elektriese bedrading wat letterlik
en figuurlik skokkend is. Binne 'n uur-en-'n-half toe werk Bettie se ligte
weer, en kan sy 'n ketel gebruik sonder dat haar krag "uitskop". Daar sien
ek toe vir Likho die eerste keer. Op 'n ander een se rug, knus in kombersie
toegedraai met daai twee ogies wat so soekend na jou kyk. Wie is jy, en wat
krap jy hier in ons plek rond? En hoekom is jou gesig so wit? En jou taal
so anders?

Drie weke gelede was ek weer daar om die nuwe kombuisie se elektriese
bedrading te gaan insit. Likho lê op Bettie se bed, die enigste in die
huis. Sy ogies verlep agter in sy oogkassies. Hy kan skaars sy bottel
vashou. Bettie sê dat die kliniek nie weet wat hom makeer nie. Hy loer so
dan en wan na my waar ek hier so bokant sy kop aan die kragboks werk. Ek en
André hou kajuitraad. Iets sal ons hier moet doen. Die dames sal moet kom
kyk en planne maak, anders gaan hy dit nie maak nie.

So gesê, so gedaan. Die Maandag word hy in die hospitaal opgeneem. Sake
lyk maar sleg vir hom. Maar hy maak dit, en Bettie vra of ons hom nie kan
versorg tot hy beter is nie. Geen probleem nie. Daar is huis gesoek, en
huis gevind. Gretha en Rudy neem hom vir 'n week, Igna en haar Ingelsman
neem hom vir die naweek. Die Paasnaweek kom, en wie kan hom neem? Hanlie
en Igna neem hom Dinsdag na ons pediater-buurman. "Nee," seg hy, "Hierdie
kind het BAIE TLC nodig, en ek sal hom dokter tot hy gesond is, en sonder
enige koste van my." So kom dit dan dat Hanlie my toe vra of ons hom die
naweek by ons kan hou. Baie huiwerig sê ek ja, en dit was vir my en haar 'n
belewenis. Meer nog skat ek vir Likho.

Hy's 10 maande oud, en kan nog nie kruip nie. Hy't nog nooit enige ander
kos as melk gekry nie. Ons leer hom kou, en pap eet. Piesangs fyngemaak,
verslind hy letterlik. As jy die lepel in bakkie skraap dan gaan die
mondjie al oop. En lag hy reeds!

Die vreugde om te kon sien hoe hy binne vier dae kon vorder. Dat hy die
eerste keer homself op sy sy kon draai. Kon rek na sy speelgoed wat net
buite sy bereik gesit is. En dan beloon kon word met daai bekkie wat so
8-tand vol vir jou glimlag. Die manier waarop hy sy "dummy" in sy mond kon
sit en so met die twee handjies saam dit vasdruk. En suig dat handjies so
hop!

Maar die naweek was ook anders: Stoere boermense kon saam met ons Oe! en
Aa! oor die klein mensie. Selfs hulle vooropgestelde siening en selfs
heilige (rassistiese) koeie kon "rattle" dat hul tonge uithang. Die tannies
langs skoonma het almal kom kyk oor die kleinding, en het weggegaan met
ander hart en siening. Ander het kom inloer om te kom sekermaak dat die
kleinding wel swart is!

Waar ek die lekkerste "skokke" gekry het was om met die kleinding in 'n
stootkarretjie in die Mall te gaan loop! Mese wat my ken kom van vooraf
aangestap. Kyk na my met die stootkar. Kyk af na dit wat in die karretjie
is, en kyk weer op. Net om seker te maak of dit wat hulle gesien het wel so
is! En een tannie het sommer hardop gesê: "Ag nee! Haai shame! En nou sit
hy met die gemors!" Net hardgenoeg sodat ek dit kon hoor, en ek bars sommer
hard uit van die lag... Sy kyk maar net om en loop amper in iemand anders
vas!

Likho is maar een van baie ander soos hy. Die aanklag lê in ons ore. Nie
net my ore wat wit is nie, maar ook in die ore wat nie wit is nie. Wat doen
ons om die lot van ander te verlig? Hoe kan ek onbeskaamd sê Genees jouself
as jy dan siek is? Kan jy en ek dit doen? Het ons die reg om so 'n
hardvogtige siening te hê?

Ons land sal net vooruit kan gaan as ons die Likho's in ons midde gaan help
met die baie wat ons het. Ons wat baie het kan so baie doen om hulle wat so
min het, se lewenshoop te kan verander. Van wanhoop na hoop. Van help om
mense te leer om hulleself te help en sodat ek dan weer ander kan gaan leer
om hulleself te help.

Likho is nie HIV positief nie. Sy bloedtoets was negatief.

Gisteraand sê Skoonpa aan hom toe hy so lê en koer in al die aandag: "Haibo!
Jy moet gou groot word en slim word. Jy moet gaan leer: Skool en
universiteit, sodat jy parlement toe kan gaan, en die Nuwe Suid-Afrika 'n
werklikheid kan laat word."

Likho gaan vanaand weer terug na sy pleegma Bettie. Sy wat hom net so
liefhet soos haar eie.
Dis vir ons net so swaar om hom terug te gee, want ons het hom net so lief
gekry na 4 dae.
Dit neem nie lank om 'n baba te leer liefkry nie.

Thys oppie Bos

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Tante Gloudina

Di., 02 April 2002 12:15

Wee' jy, ek lees al die vorige strories wat ons geskryf het en ek besluit
toe maar om die ding hier te stop want jy het geheel en al geen ondervinding
of begrip vir enigiets anders as net politieke slagspreke en begrippe nie.
Jy leef duidelik nog in die 60's en niemand het jou vertel dat die stryd
iets van die verlede is nie.   Jy en ou Bob Mugabe is van dieselfde hout
gesny.   Duidelik is jy geleerd en so ook hy, maar hy is bereid om sy hele
land se ekonomie in sy moer te stuur ter wille van sy persoonlike politieke
ideale......en dit terwyl hy en sy parlement hulleself uit die land verryk
het!
   Jy daarenteen, het geen gevoel vir wat in normale Suider-Afrika gebeur
nie, solank jy net jou 'wit omies' en 'apartheidsvarke' kan slegsê.   Jy
geen nie om dat die land agteruit gaan nie, solank jou politieke ideale
vervul raak........en dit terwyl jy, lafaard, in die vette van Kanada soos
'n bedelaar gaan leef het terwyl jou eie mense swaarkry in Afrika.   Skaam
jou!    Wat was jou bydrae tot die vryheidstryd wat jy so propageer?   Aas,
terwyl jou pelle suffer?
.........en JY probeer vir die mense preek?

Koeitjies & kalfies | 100 kommentare

Hoffmeyer plant uitklophou op KKNK ...

Di., 02 April 2002 11:08

Wat sê julle nou?

Ek dink die ou het die reg om sy man te staan wanneer imand jou in die
openbaar aanvat/beledig?

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Oplossing vir ons Sportprobleem

Di., 02 April 2002 10:27

Wanneer mens bietjie baie siek is, dan werk die brein soms wonderlik.
Soos julle weet - in die sport waar Onse Regering die meeste inmeng, gaan
dit die ergste - en tot Onse Prez het sy pyp uit sy mond gehaal, sy Chivas
Regal 'n oomblik neergesit, van sy beleid van Stille Diplomasie vergeet, en
verklaar dat ons net vir 3 jaar of so aanvaar dat ons spanne nie kan wen
nie.
Ons praat nou van Rugby, Krieket, Sokker, Hokkie en Netbal hoofsaaklik.

Hier is my voorstel - en dit is ook ekonomies haalbaar - dat ons vir die
volgende 3 jaar aan geen oorsese kompetiesies deelneem in bg sporte nie.
Laat die wat wil hier kom speel en koning kraai - maar geen meer freeby
oorsese vakansies vir die lot nie.

Dink net - geen onkoste vir toere waar ons in elk geval gaan verloor nie -
geen vernedering vir spelers en afrigters nie en die mense gaan 3 jaar kans
kry om nuwe verskonings uit te dink:))

Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Hallo?

Di., 02 April 2002 09:59

More mense - lekker dronk in die kop - sonder wyn - maar dit gaan al baie
beter - ek hoes nie meer in plaas van praat nie , en ek kan darem al weer
maklik asemhaal sonder om te klink soos 'n Model T Ford met 'n ernstige
ratprobleem:)))

Ma het gegaan vir daardie verkoueinspuiting, het baie siek geword - en swak
verspleegster wat ek is, het ek ook toe die kiem ingekry.
Ek neem ook nie graag antibiotika nie, maar moes dit hierdie keer teen wil
en dank neem - mens mag glo nie dubbele longontsteking ligtelik opneem nie -
tot die Koningingmoeder is dood agv daarvan - en omdat ek vir myself werk,
moes ek 4 dae van my lewe prysgee sodat ek weer kan werk:))

Ek dink nog steeds mens word baie ernstiger sieker met daardie inspuiting as
daarsonder.

Dit gaan nog steeds my verstand te bowe hoekom mense betaal om 'n inspuiting
te kry wat hulle sieker maak as wat hulle sou gewees het.

Dus, liewe vriende - moenie warrie oor die soentjies nie - daardie tipe kiem
word deur baie nouer kontak opgedoen:)

O ja - ek lees dat SABC1 - weereens - hoeveelste keer is dit sedert 1994 -
20 of 30 keer? - in nuwe baadjie gaan aantrek.- seker weer met groot fanfare
en 'n helse duur partytjie - lyk my dit is al wat hulle kan doen;))

Ek het die afgelope week tussen die ylery kans gekry om na ons TV te kyk -
en al oplossing wat ek aan kan dink vir SA NO BC 1 is dat hulle 'n
kommissie van ondersoek moet saamstel om uit te vind hoekom die publiek nie
24 uur per dag na musiekvideos wil kyk nie.:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Elisabeth Eybers (geb. 1915) -Pietà

Ma., 01 April 2002 19:42

Elisabeth Eybers (geb. 1915)

Pietà

By die beeld van Michelangelo in die Sint-Petruskerk, Rome

Hy is weer waar hy hoort, haar eerste seun:
die spanninglose liggaam weeg nog warm,
die vreemd-volwasse hoof hang oor haar arm,
sy beur haar regterknie om hom te steun.

Nou kan sy hom sorgvuldiger beskou .
die fyn ovaal van haar gelaat word weer
jonk en verwonderd soos die eerste keer:
sê sal sy hom 'n leeftyd lank behou.

En weer gewaar sy: elke groot pyn bring
die stilte, peilloos, van versadiging .
Al het geen ander vrou hom ooit vervreem
word alle seuns uithuisig op die duur.
Sy makkers sal hom uit haar skoot kom neem,
soos vroeër ook, maar nou's dit nog háár uur.

André P. Brink (samest.), Groot Verseboek 2000, (Kaapstad: Tafelberg) 2000.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: O. Chambers

Ma., 01 April 2002 04:23

"Tobie" skryf in boodskap news:...
> 14 September

KïnkY: Ek het verlore geraak, Tobie . . . ?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Pfizer 3

Sa., 30 Maart 2002 18:36

Nou daar het jy dit!

Die sensitiewe kykers het nou amptelik klagte ingedien oor die
ereksieprobleem advertensies. Hierdie advertensies gee nou nuwe betekenis
aan die term "Soft-Porn". Ek ken van sensitiewe kykers: Ek is getroud aan
een! Ek het nie probleem met die advertensies nie, maar dis nie my skuld
dat mense nie hulle Jungle Oats wil eet nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Aan Gloudina......

Vr., 29 Maart 2002 09:15

Ek wil van dié antie weet wat maak dat sy so 'n verskriklike haat opgebou
het teen die blankes van Suid-Afrika? Sy kan nie ophou teem oor die
'blanke omies' en 'apartheidsvarke' nie! Nou nie dat dit eintlik snaaks in
hedendaagse Afrika is nie. Hier by ons in Namibië is die beste lemoenplaas
in die land opgekoop deur die regering......boorde, masjiene, et al. Die
grond het in seker 'n goeie 40% van die totale lemoenbehoeftes van ons land
voorsien. Daar het 40 families op gaan vestig met 'n Kubaan aan't beheer.
Vandag, sowat 5 jaar later, lewer nie een lemoenboom meer produksie nie, die
masjiene is moer toe en nou sê die mense daar dat dit die vorige eienaar was
wat sulke swak lemoenbome geplant het wat maak dat die bome gevrek het!
Wat ek eintlik probeer sê, is dat wat ook al in die verlede gebeur het
in SA & Nam, daardie regerings het nie hul plig versuim sover dit die
administrasie aanbetref nie. Goed, daar is baie verkeerde dinge gedoen en
dit was uiters swak dat die swartmense met passe moes rondloop, maar ten
minste was daai dokument in die hand van elke burger van goeie kwaliteit!
Ek probeer nie die politiek goedpraat nie......maar my punt is dat dit help
niks as jou politiek reg is en jy maak 'n boggerop van die administrasie
nie!
Terug by jou haat. Ek ken baie mense van beide kante van ons oorlog
en ek kan dit nou vir jou kategories stel dat geen voël skyt in sy eie nes
nie. Jy sit en bollie aanmekaar in die blanke nes.....so my vraag is jy 'n
blanke? Nie dalk 'n boorlingtjie doer van Upington se kant 'van kleur'
nie? Dis net logies!
Nie dat dit saak maak nie antie, dis net jy wat probeer voorgee jy's
iets anders!

--

The information in this E-mail is confindential and it is intended for the
addressee only. Access to this E-mail by anyone else is unauthorized. If
you're not the intended recipient, any disclosure, copying, distibution or
any action taken or omitted in reliance on this, is prohibited and may be
unlawful. Whilst all reasonable steps are taken to ensure accuracy and
integrity of information and data transmitted electronically and to preserve
the confidentiality thereof, no liability or responsibility whatsoever is
accepted if the information or data is, for whatever reason, corrupted or
does not reach its intended destination.

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Waar is Annette ?

Vr., 29 Maart 2002 08:32

--
An eye for an eye only ends up making the whole world blind. Mahatma Gandhi.

hilda....@pandora.be
http://users.pandora.be/hilda.gervaas
http://www.oocities.org/hhellin
http://members.fortunecity.com/hhellin

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1834): [ «    775  776  777  778  779  780  781  782  783  784  785  786  787  788  789  790    »]
Tyd nou: So. Mrt. 08 05:28:54 UTC 2026