Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuut by die groep.

Sa., 06 April 2002 12:57

Hi, ek is nuut op die groep en weet nou nog nie hoe ek dit reggekry het nie,
maar dit het gebeur. Dankie vir al die persone wat logies en rasioneel
dink, ek is egter van mening dat - uit wat ek die laaste paar ure kon
agterkom - dit `n vermorsing van energie en tyd is om Gloudina of selfs die
Europeers te probeer oortuig. Is dit nie vreemd nie, dat dit juis hulle
buite ons land en osmtandighede is wat vir ons wil voorskryf nie. Ek sê ook
dat hulle vir `n slag tussen ons gewone mense op die plase moet kom woon en
werk, dalk sal hul oë oopgaan en kry hul vir slag insig. Of dit vir die
Antie gaan werk, weet ek nie so mooi nie. Dalk is ons beter af met haar in
Kanada as in die RSA.
Ek hoop om nog vele aangename brokkies te ontvang en te deel.

JS

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Rugby: Persie die Ongelukkige

Sa., 06 April 2002 12:47

Ai Sjeim - ten minste het die Stormers twee bonuspunte vandag teen die Reds
verdien.
Die Stormers het eintlik baie goed gespeel - nie mooi nie want 2 is koelkas
toe gejaag.
Haai Oe -Net te jammer tog van Persie wat toe nie vandag so baie goed kon
skop nie:(
Reds 49 - Stormers 46.

Liewe Heksie.Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Weet iemand?

Sa., 06 April 2002 08:47

Wat die kantoor van Onse Prez se email of webbladsy se adresse is?
Ons is mos maar net 44 miljoen ( geskat) - maar as ek nog 'n paar miljoen
ander mense kan kry om vir Onse Prez te kan probeer oortuig dat sy
vigsbeleid uit die pyp gesuig is, dan kan daar miskien iets vinniger
gebeur.:))
Die rede is 'n berig wat Peter Makoba in die New York Times geskryf het.
Dis natuurlik in Engels - maar dit begin ( vertaal) soos volg:
HIV? Dit bestaan nie. Daardie tipe stories wat hulle vertel dat mense by die
honderde doodgaan, dit is net nie waar nie. Dit word nie deur feite
ondersteun nie. ens, ens ens.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Pasop!! Pahad het Gepraat

Sa., 06 April 2002 08:40

Ja, die wêreld moet met gespitsde ore regopsit en luister!!
Pahad het uit die Uniegebou ge-eis dat Israel internasionale diplomatieke
verteenwoordigers moet toelaat om Ramallah binne te gaan en onmiddelike
toegang na hul kantore moet gegee word.
Pahad het verder verklaar dat as Israel nie onmiddelik 'n wapenstilstand
afkondig nie, gaan daar sanksies teen Israel ingestel word.
Vat hulle Flaffie!!
As Israel nie na die VN, Bush of Blair wil luister nie, dan moet hulle na
Pahad luister:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Danielle?

Sa., 06 April 2002 07:03

Ek wou vir jou 'n e-pos stuur - dit het terug gekom.
Hoekom?
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Partytjietyd!!!

Sa., 06 April 2002 06:48

Vandag is dit 350 jaar gelede dat Jan van Riebeeck voet aan wal gesit het -
so SA hou onoffisieel partytjie omdat sy voel sy is nou 350 jaar oud.
Daar word glo 'n feesprogram in Die Tuine aangebied.
In gister se Argus skryf Ken Loots 'n pittige brief om te vertel dat Jan
eintlik 'n Capey was, sodat almal kan saam feesvier vandag.
Annette

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Wie van julle...

Vr., 05 April 2002 19:43

...woon in Pretoria? Is dit nie waar jy is nie Kinky?

Kry my môre by http://www.itemsa.com/wildexpo/

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Superioriteit

Vr., 05 April 2002 13:45

Hallo, elkeen,

As ek so die reaksies lees wat Gloudina moet verduur van haar eie volk
dan val my tog op dat baie Afrikaners tog so 'n superioriteitsgevoel
het teenoor hulle swarte landgenote...
Ek vra my hier in Vlaanderen soms af of dit wel geregverdig is.
Waarom voel julle eintlik julle so?

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

Nuus

Vr., 05 April 2002 10:29

Vandag is National Cleavage Day.
Wat is Afrikaans daarvoor? Nasionale Borsoopmaakdag?:))

Kaapstad gaan nou n modelstad word.
Dit is voortaan onwettig om:
In die openbaar te
piepie
akkies
rond te lê
seks te hê
te bedel
te slaap
wasgoed op te hang.
aan iemand te raak sonder daardie persoon se toestemming

Mense mag ook nie meer goedsmoeds oor die straat stap wanneer en waar hulle
wil nie.

Alles goed en wel - maar ons tronke is alreeds oorvol.:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Taak van Koerante

Vr., 05 April 2002 06:38

In die Engelse koerante word daar gekla oor die swak Engels in berigte.
Dit is seker ook die geval in Afrikaanse koerante.
Al wat my werklik grief is wanneer daar nie suiwer Afrkaans gepraat word
nie, en woorde soos cool, hip, stunning, ens in berigte gebruik word.

Ek voel sterk dat koerante - behalwe om nuus weer te gee, en kunstenaars te
kritiseer ( :)) ) , ook 'n baie belangrike opvoedingstaak het - naamlik om
die taal waarin hulle publiseer so korrek moontlik te gebruik.
Dit is selfs hulle taak om advertensies - nadat dit met die adverteerder
bespreek is, reg te stel .

In gister se Burger 'n advertensie - werk word aangebied - en die laaste
reeltjie is die stukkie wat my grief:

Hyt... ( naam van onderneming) is 'n gelyke geleentheid werkgewer.

Duidelik 'n vertaling - maar dit maak dit nie reg nie.
Hoe dink julle sou die regte Afrikaans gewees het vir daardie laaste
sinnetjie?

Enige persoon bo 21 mag aansoek doen - dit is wat ek sou gesê het.

Annette

Koeitjies & kalfies | 84 kommentare

Bladsye (1834): [ «    773  774  775  776  777  778  779  780  781  782  783  784  785  786  787  788    »]
Tyd nou: Di. Jan. 27 00:40:17 UTC 2026