Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Waarom?

So., 07 April 2002 15:29

Ek het al sit en wonder waarom so veel Suid-Afrikaners so hard probeer om te
bewys dat dinge sleg gaan.

Kom vertel my, dat ek ook kan verstaan...

-Gids-

Koeitjies & kalfies | 38 kommentare

Hallo

So., 07 April 2002 12:13

Aangename kennis.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

weggesteekte bladsy op ....

So., 07 April 2002 10:46

Angola uitreiking / outreach
http://walk.isat.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

vinnige karre

So., 07 April 2002 09:58

Ek staan verslae. Hier is nou 'n moewiese hoe-ha oor die "carnage" op Wes
Australië se paaie. 53 sover dood hierdie jaar, en die mense sidder by die
gedagte daaraan. Net noudie dag het 'n belowende jong krieketspeler homself
uitgewis in sy Porche en sy meisie is sover ek weet nog in die intensiewe
eenheid aan't vegte vir haar lewe.

Maar skakel ek toe nou pas die televisiestel aan en jou wragtag. Daar is 'n
bleddie yahoo besig om sulke wolke te spin in sy vuurrooi Holden dat dit 'n
orkaan tot gevolg het. Almal weet dis peperduur om 'n ad op TV uit saai en
dit moes Holden 'n fortuin gekos het om daardie TV advertensie uit te saai -
elke 5 minute. Selle strorie met die twee yahoos wat in hulle Holden (of is
dit nou 'n Ford) verby die ou jaag in die woestyn in sy jet aangedrewe tuig
(die soort wat hulle gebruik om te sien of hulle deur die klankgrens kan
bars.) So met die verbygaanslag seg die een bloke vir die ander "hy het
seker in derderat vasgehaak". ha ha groot grap.

en in die nuusbuletin 5 sekondes later kla hulle oor die carnage en dreig
met verdere spoed beperkings en "double de-merit points" op
bestuurslisensies." Die spoedgrens is onlangs in beboude gebiede verlaag na
50 kmph en op die oop pad is dit 110 kmph.

Is daar erens 'n paar breinselle te spaar om oor te skeep hierdiekant toe?

Wiele | 10 kommentare

Persvryheid in Israel

So., 07 April 2002 09:26

Vanoggend 'n onderhoud met 'n Israeli minister omdat daar op CNN motors
geskiet is deur Israeli soldate toe hulle vertrek het.
Pertinente vrae oor persvryheid en wat die Israelse standpunt is t.o.v.
skietery op joernaliste is nie beantwoord nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Tobie

So., 07 April 2002 07:08

Dankie Tobie, ek het so pas geluister na jou bladsy
http://walk.isat.co.za/downloads.htm
en dit was al wat nodig was om die dag van vandag
die dàg van die dàe te maak
Dankie ook vir die fasiliteit om dit te ,download, (wou nie die
woorde af te laai gebruik nie want ek wil dit liewer oplaai)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Israeli Death Squads Committing Atrocities In Palestine ---- iqajcu

So., 07 April 2002 05:37

On Sun, 7 Apr 2002 07:22:07 +0200, "Jonas" wrote:

> Long live the state of Israel !

Jonas, ek begin wonder waarmee Israel besig is en as jy bietjie
terugblaai sal jy sien dat ek dit 'n paar dae gelede ook opgehaal het.
Is Israel nie miskien besig met 'n Ex Suid Afrika nie? Ek luister na
die Palestynse verduideliking en luister na die van Israel. Of
Palestina maak gebruik van 'n beter woordvoerder as Israel (en dit is
Israel se ambasadeur waana ek verwys) of die vrae verdiep.

As jy jou lojaliteit teenoor Israel kan verdedig sou ek dit baie graag
wou hoor. Indien dit slegs geloofs gegrond is, sal ek dit nie kan
verstaan nie want dit is Moslem teenoor die Israeliet wat buitendien
net die helfte van die bybel glo. Hierdie is 'n ernstige vraag wat ek
myself ook afvra en nog nie 'n antwoord kry nie Jonas. Dit is tog nie
reg om blindelings kant te kies nie. Wat is die ware feite?

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Een kontinent - twee wêrelde.

Sa., 06 April 2002 21:39

Dit is tog so verbasend dat daar deesdae gesê word die blankes het die
swartes se grond in Afrika gesteel. Waar kom hierdie mense aan hulle
sothede? Lees bietjie wat skryf IP du Preez oor wat werklik gebeur het.

Gedurende die eerste 150 jaar na die landing van Jan van Riebeeck aan die
Kaap ontstaan `n nuwe volk met `n eie kultuur, nl. die Afrikanervolk.
Twee trekke beweeg gedurende die agtiende eeu langs die ooskus van Afrika -
`n blanke trek vanuit die suide en `n trek van swartmense vanuit die noorde.
Die swartmense het ontstaan uit `n vermenging van Negers en Hamiete in die
omgewing van die Groot Meregebied in Afrika.
Kort na 1780 ontmoet die twee groepe mekaar aan die oewers van die
Visrivier. Dit was ongetwyfeld een van die belangrikste gebeurtenisse in
die geskiedenis van Suid-Afrika. Die twee groepe was ook die draers van
twee kulture wat radikaal van mekaar verskil het.
Kultuur is ten diepste religieus bepaald. Die Afrikaners was die draers van
die Westerse kultuur met sy ryke erfenis en wat ten diepste `n
Calvinisties-Protestantse wortel het. Hierteenoor was die swartes die
draers van `n Afrika-kultuur wat weer `n animistiese (dit is die geloof in
die verering van die voorvadergeeste) wortel het met `n gevolglik
fatalistiese uitkyk op die lewe - gebaseer op die deterministiese invloed
van bonatuurlike magte.
Die Westerse kultuur word weer gekenmerk deur rasionele denke. Die
besondere Calvinisties-Protestantse lewensbeskouing van die Afrikaner het
daartoe aanleiding gegee dat die Afrikaner sy kultuurarbeid as
roepingsvervulling, dit wil sê as `n opdrag van God, gesien het. Dit is
juis hierdie besondere kultuurbeskouing wat die weg oopgemaak het vir die
tegnologiese ontwikkeling, vir navorsing en die nywerheidsgroei in
Suid-Afrika.
Op hierdie pad van onwikkeling het die Afrikaner geweldige bydraes gelewer.
Name van vele Afrikanermanne en Afrikanervroue kan genoem word wat
baanbrekerswerk verrig het op mediese-, opvoedkundige-, kernkrag- en
ekonomiese gebied, om maar enkeles te noem.
Waar die Afrikaner vandag hoofsaaklik as onderdrukker uitgekryt word, kan hy
in nederige dankbaarheid en met trots terugkyk na die geweldige bydrae wat
hy, as gevolg van sy besondere kultuurbeskouing, gelewer het tot die
beskawingsontwikkeling in hierdie land.
Hoe geniet al die inwoners van Suid-Afrika net nie vandag die vrugte van
hierdie beskawingspeil nie, terwyl sommige nog gal braak teen die Afrikaner.
Mag die Afrikanervolk uit hierdie verlede van hom, wat begin het met die
landing van Jan van Riebeeck 359 jaar gelede, nuwe inspirasie put vir die
toekoms.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

350 Jaar in Afrika - Hoe lyk dit vorentoe?

Sa., 06 April 2002 21:25

Vir die wat belangstel, hier is `n interessante artikel geskryf deur Dr HJ
Smith.

Op 6 April vanjaar herdenk ons die feit dat Jan van Riebeeck 350 jaar gelede
aan die Kaap voet aan wal gesit het. Daarmee is die loot vir `n nuwe volk
alhier geplant - uit 16/17de eeuse Wes-Europese kultuurbodem, blank en uit
`n Calvinistiese religieuse wortel. Die kontinent waarin die loot gelê is,
word deur vele "donker Afrika" genoem - onder andere met verwysing na die
heidendom wat toe grootliks geheers het, en die kulturele verskrompeling wat
met dié heidendom gepaard gaan. Die loot het ondertussen tot `n volwaardige
volk gegroei en sy eiesoortige staanplek in Afrika ingeneem - met die
tipiese tegniese kultuurbloei van die Weste. Die donker kontinent is steeds
daar, met geringe kulturele veranderings.
350 jaar is nie lank in die geskiedenis van `n volk nie. Eintlik behoort so
`n jong volk nog lewenskragtig en aggressief te wees. Daar behoort nog
kragtige invloed van hom uit te gaan.
En inderdaad hét daar `n besondere invloed van hom uitgegaan om veral sy
onmiddellike omgewing hier aan die suidpunt van Afrika te raak. Selfs te
midde van die mode om die blanke Westerling vir sy teenwoordigheid in Afrika
voortdurend skuldig te verklaar, sou daar seker min denkende mense wees wat
nie ten minste beter geletterdheid en beter gesondheid aan Westerse invloed
toeskryf nie. Volgens Klaus Vasqué se syfers kon teen die einde van die
1980`s 71% van die swart bevolking in Suid-Afrika lees en skryf, teenoor 47%
van Kenia, 38% in Egipte, 34% in Nigerië en 26% in Mosambiek. Om maar één
syfer te noem wat beter gesondheid betref: volgens die Wêreldbankatlas was
die kindersterftesyfer onder swartmense in Suid-Afrika in 1985 31% laer as
in die res van die kontinent. Ons sou ten minste nog een vergelyking kon
maak: reeds in 1972 het Suid-Afrika se swart bevolking 360 000 motorvoertuie
besit - meer as in al die swart state van Afrika saam.
Ons het sonder twyfel iets om vir Afrika te gee. Die beste wat ons het, is
daardie Calvinistiese of gereformeerd-Christelike wortel wat, soos ons glo,
die geheim agter die opbloei van die Wes-Europese kultuur van die 16/17de
eeu was. En inderdaad is die Evangelie in Suid-Afrika en in Afrika
uitgedra. Sedert 1911 tot 1991 het swart Christene as persentasie van die
totale bevolking in Suid-Afrika nomineel vanaf 26,2% tot 77,2% gestyg, of in
getalle uitgedruk vanaf 1,1 miljoen in 1911 tot 23,4 miljoen in 1996. Die
buitelandse sendingarbeid onder andere uit die gereformeerde kerkfamilie in
Suid-Afrika en die kerkplantings in Afrika wat daaruit gevolg het, is
bekend.
Indien hierdie impulse kon voortgaan vir die volgende 350 jaar, glo ons sou
Suid-Afrika en Afrika in die geheel teen daardie tyd `n blink toekoms hê.
Maar t.o.v. hierdie impulse het daar `n bejammerenswaardige verlamming
ingetree. Om die donker kontinent tot ontwikkeling te lei, was dit nodig
dat allereers `n kragtige roepingsbesef wakker gehou moes word, tweedens dat
die eiesoortigheid van die "motor" ongeskonde bly, en derdens dat die nodige
offerbereidheid daar sou wees. Op al drie hierdie terreine het ons
skromelik begin faal. Op grond van humanisties-ideologiese en selfsugtige
materialisties-kapitalistiese motiewe, veral uit die buiteland, is ons
wysgemaak dat die behoud van `n eiesoortige blank-Westerse lewenswyse in ons
land immoreel en nadelig vir "demokratiese" ontwikkeling is. Kerke in ons
eie land het in die koor begin sing. Die eiesoortige leefwyse, en daarmee
ook die politieke en ekonomiese beheer oor die middele wat vir ontwikkeling
aangewend kon word, is ons ontneem. Die beheer en die middele het in `n
gryse algemeenheid verdwyn. Die "motor" was weg. Ons was onnoemlik skuldig
verklaar en die meeste van ons mense het dit geglo. Daarmee was tegelyk ook
die kragtige roepingsbesef gekelder, want iemand wat skuldig staan, verloor
die morele moed om voort te gaan. Ook die offerbereidheid was daarmee heen.
Wie is dan bereid om te offer vir `n saak wat veroordeeld staan? Die vraag
is natuurlik of ons uit die staanspoor bereid was om die geweldige materiële
offers, die steun op eie arbeid, asook die offers aan gerief en gemak te
bring wat die taak geverg het. Het selfsug en materialisme ons nie reeds
ingesluk nog voordat die buitelandse grypsug die hele saak kom kelder het
nie? Kort gesê: het ander belange as die eer van God ons nie reeds vroeg
in hul greep gekry nie?
En nou staan ons en Afrika voor die volgende 350 jaar. Word Afrika aan sy
eie lot oorgelaat, is verval die voorland - ook tot in ons midde. Die
geskiedenis het dit reeds bewys. En ons staan voor die volgende 350 jaar -
verlam. Saam met die hele Westerse blankedom neem ons bevolkingsgetalle
proporsioneel onrusbarend af (ons kies gemak en gerief bo kinders), word ons
territoriale gebiede onrusbarend ingesypel deur mense van ander kulture (ons
is onder liberaal-demokratiese aanslag baie "mededeelsaam" daaroor), en het
ons die ideologiese krag van die Christendom vaarwel toegeroep (`n paar
tweetand-teoloë het ons daarvan oortuig).
Maar daar is altyd nog hoop: die terugwin van daardie dinamiese wortel
waarvan ons gepraat het! Net dit! Net Christus en sy Gees deur sy Woord
kan dit doen! Hy het juis kom herskep. Is ons tot sy beskikking?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

hoi DD

Sa., 06 April 2002 19:52

het so paar klein veranderinkies gemaak, gee tog kommetaar
het die meeste toe verander soos Bart Nel voorgestel het.
dankie
ekke
Ns. As jy my nie uit drollery op die ng. nie, stuur maar privaat.
goebaai, geniet jou wedding anniversary

--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Angola uitreiking / outreach
http://walk.isat.co.za
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    772  773  774  775  776  777  778  779  780  781  782  783  784  785  786  787    »]
Tyd nou: So. Mrt. 08 03:57:14 UTC 2026