Die Pastoor , wie se dogter 'n Profeet is, is nog nie dood nie.
Hy wil nie meer verklarings/voorspelling maak wanneer hy nou gaan dood nie,
maar sy broer sê dat alhoewel hy nog rond sit en elke dag iets eet, hy
miskien voor die einde van die maand sal dood wees.
Sal julle laat weet wanneer die heuglike gebeurtenis wel plaasgevind het:))
Annette
'n vriend van my het vandag 111 e-pos stukke van verskillende
mense gekry wat hom vra om hulle van sy e-pos te verwyder. saam
met die 111 se pos het bostaande lêer ook saamgekom.
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Angola uitreiking / outreach http://walk.isat.co.za
Niemand het nog die weggesteekte
bladsy gekry nie
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Sondagmiddag, net na 2nm, is 2 jong bruin seuns doodgeskiet, en nog een
ernstig gewond by 'n sokkerveld by Beaufort Wes.
Die persoon wat dit gedoen het was 'n polisie-inspekteur.
Blykbaar was die drie jong mans by die sokkerveld om voor die tyd op te warm
vir 'n belangrike wedstryd bietjie later die middag.
Net hulle drie was daar op die veld.
Die Inspekteur het op hulle geskiet, want hy het vermoed hulle was daar op
die sokkerveld om te dobbel.
Volgens die koerant is die inspekteur 'n maand gelede na Beaufort Wes
verplaas nadat hy "verskeie verplasings na verskeie polisiestasies alreeds
op Die Kaapse Vlakte gehad het oor dieselfde probleem."
"Dieselfde probleem" word nie bespreek of verduidelik nie, maar ek neem aan
die inspekteur is iemand wat eers skiet en dan probeer uitvind waarom twee
of meer mense op 'n oop sokkerveld ( of enige ander openbare plek) staan "en
dobbel" - wat hy ook mag bedoel met die term.
Dis ongelukkig al wat ek weet van die geval.
My probleem is dat ek in die eerste plek nie geweet het jy seël jou dood as
jy dobbel nie.
Tweedens kos dit iemand met 'n helse vrugbare verbeelding om te dink mense
dobbel as slegs drie mense, geklee in sportklere, hulle op 'n oop sportveld
bevind.
Jy praat strooi, Reginald ou Dingetjie.
Wees nou soet en pos net op een groep toe?
Hoe Doen Jy Dit?
Jy deliet bo by newsgroups ( net onder news server) al die ander ng groepe
waarna jy nie behoort te pos nie - soos byv hierdie een - waar ons verkies
om die bydraes hoofsaaklik in Afrikaans te lees.
Verstaan?
Daar waar Afrikaans geskryf is, daar moet jy uitvee daarbo.
Annette
Reginald Bosanquet skryf in boodskap news:72335186.0204090609.2e3dc555@posting.google.com...
> add...@not.for.you (Ferdi Greyling) wrote in message news:...
>> On Mon, 08 Apr 2002 23:34:38 GMT, "Frank" wrote:
>>
>>
>> > we have
>>> no idea about those times. Very bad times, strong economy, strong
>>> currency....I presume you can take all your money out of SA today. You have
>>> free trade and free exchange.. I have never seen more stupid moron than this
>>> Ferdi - sorry I am wrong, Sabsy is another one.
>>> How much did you get paid for this theory of "free market". Do not forget to
>>> patent this your stupidity - one day you will be famous.
>>> Frank
>>
>> We are waiting on your analysis.
>
>
> South Africa will end up like ZImbabwe in 2 years or less.
> Bob Mugabe is the Black Hitler.
> ANC is a breeding ground for more Hitlers.
> Anything else you need?
>
>> ...er... you have one, don't you....?
Het tannie nog koppies en pierings om uit te leen?
"A solid gold tea-set worth about R3-million, a gift from the British royal
family to the South African government in 1952, has been stolen from
Tuynhuys." - www.iol.co.za
Ek koop die Huisgenoot vir ma, en omdat ek dit koop, blaai/lees ek dit gou
deur voordat ek dit vir haar gee.
Van verlede week af is 'n nuwe redaktrise aan die roer, en haar hand kan
onmiddelik gesien word
Verlede week was daar 'n artikel oor 'n "slim" blonde advokaat en haar
"bates". Hierdie "slim" dame laat haar absoluut manipuleer deur haar
mansvriend, wat ook 'n advokaat is, en liggaamsboubedinges is.Dan ook die
aspris onnodige verwysing na die syblomme wat in die tuin geplant is.- glo
omdat daar nie tyd is om na regte blomme om te sien nie.
Hierdie week is dit 'n bietjie erger - Thereza Troskie - sjeim en foeitog-
al wat ek kan sê is dat daar in byna elke stelling wat daar gemaak word, in
dieselfde paragraaf soms, of verder aan, die eerste stelling weerspreek
word.
Ek is ook seker sy gaan binnekort 'n brief kry van iemand wat by die
Ontvanger werk.
Sou Huisgenoot die artikel vir goedkeuring aan die slagoffers voorlê voordat
dit geplaas word?
Die vraag is of Huisgenoot doelbewus van en op die spesifieke wyse van
hierdie mense skryf om reaksie van die lesers uit te lok, en of Huisgenoot
hulle mark skat as diegene wat net die strokiesprente lees, en nie kan
onthou wat van die een sin tot die volgende gelees word nie, of 'n algehele
gebrek aan begrip het van wat gelees word.
In die lig van bogenoemde, en omdat ek net bevrees is dit sal vorentoe net
al hoe erger en meer idioties -sensasiolisties raak, kan ek nie eers 'n
brief aan Huisgenoot skryf nie, want hulle sal heelwaarskynlk uit pure
vermaak die brief plaas - en daar sal mense wees wat sekerlik dit verkeerd
sal vertolk dat ek jaloers is op die twee dames in die artikels.
'n Meer verkeerde aanname kan daar nie wees nie.
Om die waarheid te sê, ek kry die twee betrokke dames jammer, omdat hul
gebrek aan oordeel so uitgebasuin word.
Dit gaan vir my meer dat Huisgenoot vir my, as potensiele leser, so
geringskat.
Nou sal ek maar die Huisgenoot vir ma koop, en dit dadelik wegsit in 'n
bruin papiersakkie totdat ek dit vir haar gee - net soos die ouens wat op
straat uit 'n bottel drink wat nog in 'n bruin papiersak toegemaak is:))