Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rudolf se Kursus

Vr., 12 April 2002 05:07

Rudolf Straueli gaan glo hierdie naweek 'n kursus aanbied vir huidige en
potensiele springbokke.
Die kursus gaan die volgende belangrike probleme aanspreek:
1) Hoe om netjies aan te trek
2) Hoe om reg op te hardloop
3) Hoe om agter die doellyn te staan nadat die opposisie 'n doel aangeteken
het.
4) Die korrekte manier hoe om met die hand op die heup te staan.

Daar sal 'n gevorderde kursus aangebied word by 'n latere geleentheid.

:)))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kytie Koekblik (Sakkie - kyk annerpad!) :-)

Vr., 12 April 2002 01:35

Ek wonder nogal baie oor Kytie se taalgebruik. Is dit hoe julle
deesdae Afrikaans praat in die straat? So gemeng met Engels nes die
Nederlanders maak?
Ek kom dit nie juis so erg agter in die geskrewe taal nie. (Daarom
vra ek - in die hoop om 'n antwoord te kry - en nie om sarkasties te
probeer klink nie)

http://www.rsa-overseas.com/weekly/index1.htm#two

Washington D.C. - Oi. Afrikaners is g'n niks plesierig nie hulle is
maar altyd in binnekringe besig met die een of ander debat oor die
Volk, Taal en Kultuur.

Wat is daai kultuur op die oomblik?

Hierdie week het die klompie Afrikaners daar aan die voet van Afrika
alweer gegons en links en regs mekaar beledig en vir mekaar vertel hoe
“common” hulle is.

Dit was mos weer die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn
die week.

Baie van julle onthou seker nog vir Steve Hofeyr, SA se Manlike
Popster en Bruce Beyers van “Agter Elke Man.”

Nou ja kyk, Steve skryf commercial songs en sing Neil Diamond covers
en hy't met sy beautiful voice een van SA se enigste musicians in SA
wat geld maak.

Wie is ek, of jy for that matter, of my ma of pa of die oom in die
straat, of enige joernalis om te besluit Steve se skoene is uncool?

Dis toe mos wat gebeur het.

‘n Joenalis skryf 'n artikel wat Steve die moer in maak. Sy beledig sy
skoene, skryf oor sy audience wat so lekker “komon” is en skryf oor sy
buite-eglike kinders en launch 'n persoonlike attack en publiseer dit
in die KKNK se feeskoerant en noem dit 'n “Review” van sy show.

Na my humbele opinie, is die review glad nie professioneel nie. As jy
‘n arts joernalis is, stick by jou guts, staan by jou opinie maar maak
seker dat jy die show review, en die show presentation, en die show
content, en Nie Die Persoon nie.

Dan moet jy eerder by 'n tabloid gaan werk as jy wil skryf oor Steve
se skandale in 'n show review.

Nou kyk-, onder die afrikaners is daar mos die Sg “cool scenes” en die
sg “common scenes.” Daar is die Liberale en die Konserwatiewes en die
Ver Regses.

However, lyk my as jy nou na Steve Hofmeyr luister, dan het die een of
ander intellectual alreeds besluit jy is common en sommer nog
rightwing ook. Want die intellectuals in die Afrikaner kringe luister
mos na die fringe scenes se musiek.

En in SA lei die Afrikaanse media nog boonop aan daai high-and mighty
cool sindroom vandat hulle nie meer official apartheidsvehicles is
nie.

Hulle probeer dikteer wat is Styl en wat is Common. Die joernalis het
toe besluit, Steve en sy hele audience is common.

“Die gewone mense wat sy hele audience is, word toe sommer ook vertel
hoe lekker common “Die Afrikaners” is.

En of course 'n fraksie van die Volk, die Intellektuele wat nie meer
doilies brei of boeremusiek luister nie verhef hulleself bo die res
van ons “gewone mense.”

Die Intellektuele en hulle Arty Kringe, hou nie van Steve nie oor hy
‘n sogenaamde “sell-out” is. Hy is nie deel van die “cool scenes” nie
en die intellectuals gaan kyk nou nie eintlik na sy shows nie.

So toe die joernalissie die reviewe publiseer, toe doen Steve wat
Afrikaner boytjies geleer is om te doen: Hy staan sy man.

Hy gaan gee toe die Redakteur van die feeskoerant 'n punch dat hy
sommer so tussen die koffie en die suiker val.

Pa's het mos hulle seuns in die ou SA geleer om 'n blou-oog te gee.

Die Media skree toe oombliklik: Geweld. Geweld is nie die oplossing
nie. En Steve het glo die Freedom of Press bedreig.

Geweld en Freedom of Press my ass.

Wat hier gebeur het, is vir my 'n classic example van hoe high en
mighty cool die “In-scenes” van SA soms dink hulle is.

Praat gerus politiek en ek praat saam.

En dat die joernalis toe nou nog sommer die cheek het om die hele
Afrikaner kultuur as stylloos af ter skryf wie gee vir ‘n
pipsqueek/man in die maan/professionele joernalis die reg om vir ons
almal te besluit wat Styl en Kultuur nou actually is of behoort te
wees.

Wat, vra ek met trane in my oe is in elk geval ons bleddie kultuur ek
het nie eers 'n enkele gehekelde doilie oorgehou nie; was nie in die
Voortrekkers nie, en mind nie dat Voortrekkeweg in Belville se naam
verander gaan word nie.

En die joernalissie het nie net vir Steve beledig nie, maar sy't ook
al die “gewone mense”in daai audience beledig en al die “gewone mense”
wat all ooit by 'n Steve show was dis ook ek, ma en pa, ens beledig.

So what.

Steve se audiences is 'n mixture van tannies, hoerskool girls en
families en dit represent actually 'n wye spektrum van jan publieke.

Ek waag dit toe om met 'n cool friend van my in SA te verskil oor die
insident hy's ook joernalis en reken Steve se ego is groot genoeg om
blows in 'n review te kan vat., meen my buddie.

Wat van ethics, will ek weet? Blows is maar net dieselfde as a punch
die joernalis het dit in die oog van 'n die publiek geskryf en sy
beskik oor mag van die pen, en Steve het toe sy vuis in defense en dis
wat gebeur as jou show benadeel word dieselfde situasie.

Ek't genoeg gehad van fokken high en mighty cool funky soort mense;
gee my maar daai tannies wat giggel en daai wat scream vir steve ten
minste is hulle nie vol van hierdie soort siniese kritiese apathetic
hypocritical soort wat rondhang in die drama departement en kroee en
arty scenes en vir almal rondom hulle wil dikteer wat nou actually
Kultuur is of nie.

Ek se vir my vriend: Ek mis daai goeie Afrikaanse tannies waaroor die
joernalis so lelik geskryf het.

Sy't nie Steve se show review nie maar hom die target gemaak van 'n
cultural review.

Ek het nogals actually daai tipiese SAner KKNK/Senet gebitch gemis en
ek sal wat wil gee om op die oomblik daar te wees en die kultuur van
konflik te beleef.

Maar toe ek my tirade begin in Defense of die Afrikaner toe vertel my
vriend mos vir my: “Rustig nou, jy't lanklaas die gewone witmense in
SA ervaar om jou sommer so by hulle te wil skaar. Die gewone witmense
is die gewone witmense. Ek en jy is intellectual snobs vol kak idees,
liberalisme en fucking the colour barrier. Die gewone witmens hier se
goed soos "Fok, julle sal mos 'n k++++r bangmaak met daai wors" as
opmerking by boerewors-roll stalletjies. die gewone mens kak op die
trappies agter die banketsaal. Die gewone mens gaan kyk Black Hawk
Down by die cinema op oudtshoorn tydens die KKNK.”

Een van sy punte kon ek insien, 'n gevoel wat in my maag in sink.
Rassisme leef voort.

Ek weet nie of ek na 'n multi-kulturele Washington DC weer sal kan
gaan in daai environment van PC/ subliminal racism en prejudice nie.
Ek weet nie of ek die stamina het om myself heeltyd te probeer
verdedig nie.

Maar ek is besonder die bliksem in vir my vriend wat imply dat ek
vergeet het wat gaan aan in Suid-Afrika. Ek is siek en sat daarvoor
dat die hele ekspatriate-issues maar altyd political word. Ek is weg
in 2000, my formative years was in daai country; daai sogenaamde
common mense en society het my geshape into die mens wat ek vandag is.
‘n Mens vergeet nie jou konteks nie en jy leef saam met die chips op
jou skouer en daarvoor is ek moeg. Ek is moeg vir labels en Issues
rondom my: “Kom jy of Gaan jy. “

Dis in elk geval tyd dat elke Suid-Afrikaner in die US besef, ons is
die generasie Saners wat in hierdie mighty powerful land bly en ons
gee om vir daai landjie en ons kan 'n contribution maak, in whatever
small way. Ons is immers in die mees powerful country in die wereld.
En ons kinders Gaan dalk US citizens wees wat nie gaan omgee nie SO
dis UP TO US.

Dis ook tyd dat Saners in SA besef ekspatriates is ALLIES wat omgee
want jy kan nooit jou roots ontken nie.

Ek is moeg vir daai guilt. Ek is moeg vir die ewige vrae oor “Are you
staying/So jy kom nie terug nie” en moeg vir die gebitch oor die nuwe
government en ek is moeg vir die politiek waarin ons vaskyk terwyl
daar actually pressing issues is waar mee ons elkeen moet wroeg: Wat
het ons gedoen en waarheen nou, wat kan ons doen al is dit ook so
klein bydrae soos 'n US dollar Donasie aan Friends of Boystown wat
hopelik kriminele gaan reform.

Ek het ten minste uitgefigure wie Kytie is: Ek is nie trots op die
geskiedenis nie maar dit is en bly my geskiedenis.

So ek weet wie ek is: Obviously 'n Afrikaner met 'n chip op my skouer
en my mense is die Afrikaners en die Afrikaners kan maar die
sognemaade uncool velskoene of kakibroeke dra, solank hulle net nie
met my rightwing politiek kom praat nie.

Wat ek is en bly, South African/Suid-Afrikaner, meer as enigiets
anders en my mense is die South Africans.

Kytie K.

Kytie Koekblik would like you to respond to her tongue-in-cheek
running commentary on suburban life in America in this editorial.
Fresh off the boat, she is ready to explore and experiment with
American bath plugs and to drive on the other side of the road.
ga...@rsa-overseas.com
repo...@erols.com

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Wouter Basson onskuldig bevind

Do., 11 April 2002 17:25

Wouter Basson is vandag onskuldig bevind
aan al die aanklagte teen hom en ek lag
Gloudina uit vir nog 'n keer wat die Tannie
haarself cheap gemaak het (sonder ophou!)
)})})})})})})})} Ek skud soos ek lag antie. Jy's
'n belasteraar van onskuldige mense en dit
is nie regtig snaaks nie, so dit is nie waaroor
ek lag nie. Nee, ek lag saam met almal op die
groep omdat jy jouself weer poppey gemaak het.

D

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Wie ry op die N3?

Do., 11 April 2002 13:10

Hoor nou net op die nuus van al die verkillende ongelukke daar die afgelope
24 uur.
Glo agv swak weer.
( Geen melding van vrouebestuurders nie:)) )

Is die deel waar die ongelukke gebeur deel van 'n tolpad?

Miskien moet hulle maar 'n paar honderd Strauss Walse op daardie stuk pad by
Van Reenen aanbring.
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Om mnr Mbeki te verstaan...

Do., 11 April 2002 11:45

Mnr Mbeki se standpunt oor vigs is, soos wat ek kan uitmaak, in iets dieper
begrond as bloot 'n opinieverskil oor die herkoms daarvan. Iets daarvan is
te lese in 'n toespraak wat hy by Fort Hare gegee het, waarin hy sê dat die
huidige internasionale benadering oor die siekte swart mense weerspieël as
synde "draers van 'n bose kiem", en dat hy hom nie daarmee kan vereenselwig
nie.

In sy skrywe op die ANC se webwerf beskuldig hy die Vigs-aktiviste daarvan
dat hulle "a whole people" beledig. Dit kan nie bra anders verklaar word as
dat hy die miv/vigs-koppeling as 'n persoonlike belediging teenoor 'n hele
ras beleef nie.

Dit fassineer my. Kan hy nie op 'n manier oortuig word dat dit 'n MENS-ding
is en nie 'n RAS-ding nie? Hy behoort dit tog te kan sien in die groeisyfers
onder mense van alle rasse.

Koot

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

My Geld Steel

Do., 11 April 2002 10:42

Ek ry gister terug van Durban. Ek het tyd om op te maak en besluit en nie
die Tol pad vir R 26.00 vir 10km te ry nie. Kom by die Tolhek aan ek vra hoe
ry ek JHB toe sonder om die Tol te gebruik. Jammer se Ta ons het alle paaie
gesluit, haal maar uit en wys.

Kan jy die K*K glo.

Diewe

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Nuwe Ou Nuus

Do., 11 April 2002 06:58

Wouter Basson gaan glo vandag hoor hou stout die regter dink hy was, en wat
sy straf sal wees.
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Brief - weer gekleurd

Wo., 10 April 2002 20:10

'n Brief uit 'n tydskrif wat ek maandeliks kry en bes moontlik lê
dieselfde tydskrif nou ook op Sakkie se lessenaar.

Black And Disappointed

I wish to mention a problem which seems to have escaped the attention
of your Metro Police. People shower naked in groups along the
beachfront from Blue Lagoon to Waterworld, completely disregarding the
law and showing utter disrespect for other cultures and people: locals
and tourists. People, particularly black men, urinate openly in
public, not even turning their backs.

I am a 54 year old black women from England, over on holiday and am
quite disgusted and find this a huge disappoinment, as I am proud of
being black - and of what black people have achieved.

I will be visiting South Africa with my niece and nephew in the
future, but I think Durban will not feature on our 'places to go'
list.

Unfortunately I will not be here to read your reply but I am certain
my friend will send me a copy of METRObeat.

Margaret Cunningham
in METRObeat 15 March 2002 P6
******** ******** ******** ******** *******
Waarom het ek die brief hier geplaas?
Of vir die mense van buite, wat hulle enigste
kennis oor Suid Afrika in hul lokale tydskrifte
en koerante opdoen, die klasseverskil te
verduidelik. Vir hulle verstaanbaar te maak
dat 'n reënboognasie nie bestaan nie,
dat ons totaal en al verskillend is en
verskillende waardes openbaar.

Mev Cunningham gaan, wanneer haar vriendin
vir haar dié uitgawe stuur, teleurgestel word deur
te sien dat haar brief die enigste van al die
lesersbriewe is wat nie as belangrik genoeg geag is
om 'n voetnota met 'n antwoord uit te lok nie.
************************************************************

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe veilige karre?

Wo., 10 April 2002 13:07

Verskoon die Engels eers - maar dit is die aanknopingspunt - en ek wil nie
dat iets miskien verlore kan gaan in die vertaling nie:

I was amused to see on the TV last night that they have already invented
drive by wire, computer controlled cars - saw several of them charging down
a motorway with barely 20 feet between them and the guys in the driving seat
reading their newspapers. They reckon it's safer (fail-safe even) than we
mad fools being let loose at the wheel. Not surprisingly, they are having
trouble selling the idea.

Nou, ek het 'n teorie hoekom hierdie wonderlike gedagte nie aanvaar wil
word nie.
Wil iemand anders hier hul/hulle mening waag?

Annette

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Die kunssinnige mense

Wo., 10 April 2002 12:14

ek is op soek na 'n webwerf waar ek baie inligting kan kry oor
naturalisme
realisme
afrosentries
eurosentries
politieke kuns
sosiale kuns

Die wat ek wel kon kry, was die inligting maar baie skraal.

Dankie!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    769  770  771  772  773  774  775  776  777  778  779  780  781  782  783  784    »]
Tyd nou: So. Jan. 11 15:28:42 UTC 2026