Daar is tot Saterdag tyd om in te skryf vir die nuwe Mnet realiteitsprogram
Fear Factor.
Drie mans en drie dames gaan per program deelneem, en die wenner van elke
program gaan R50 000 wen.
Ek sal nie inskryf nie. Ek sal wel die desperate deelnemers innig jammer
kry - veral die vyf verloorders in elke program.
Onse Prez se breinkind - en waarvan hy nie die eerste algemene vergadering
kon bywoon nie.
Daar is toe 'n wonderlike besluit geneem - Afrika moet met die wêreld
verbind word dmv die Internet.
Mens sou wou dink dat hulle liewers ten eerste sou besluit dat almal in
Afrika toegang tot elektrisiteit sou kry, en almal in Afrika geregtig is op
'n infrastruktuur wat vervoer na en van alle dele vergemaklik, en
gesondheidsdienste en opvoedingsdienste aan almal sou verseker.
Vanoggend oor die nuus dat die regering 'n skielike dramatiese ommeswaai
beleef het na aanleiding van hulle vigsbeleid.
Dit is wat die nuus sê - en al wat eintlik aangekondig is, is dat middels
soos Nevirapine van nou af wel in staatshospitale aan HIV positiewe
verwagtende moeders verskaf word.
Het al hul steeks "redes" tot nog toe nou skielik POEF net verdwyn?
Het hulle besluit kom ons vergiftig ons volk maar nou maar?
Het ons wyse Prez skielik dom geword en begin dink soos 'n gewone mens?
Sal al die ANC politici wat die Prez so blindelings steun en te vertelle het
dat ons nie die Prez se vigsbeleid nie verstaan nie ( maar nooit vir ons
vertel wat presies ons nie verstaan nie) nou skielik verstaan wat ons nie
verstaan het nie?
In hierdie week se Keur word daar 'n nuwe CD deur 'n onbekende mooi jong man
bespreek - mooi prentjie de lot van die CD - opskrif van die CD in dikker
swarter letters
Nog nooit van die sanger gehoor nie.
Wel, wel - geen mens kon seker 'n swakker resensie vir sy poging gekry het
nie - een van die resensent se sinne was: Kortom - hy sing vals.
Nou kom die vragie op - hoe kan 'n vals sanger so ver tot by 'n bespreking
in 'n gewilde musiekrubriek kom, om dan so absoluut brutaal afgekraak te
word?
Iemand moes tog vir die kind vertel het hy sing mooi en behoort 'n CD te
maak?
Iemand in die platebedryf moes tog gedink het die tyd en onkoste is die
moeite werd om die CD te maak en vry te stel?
Iemand het genoeg van die CD gedink om dit vir die resensent te stuur?
Ek het nie twyfel dat die resensent nie weet wat is vals nie - en in die
opsig het hy ook reg gedoen om die publiek te waarsku .
Die vragie is nou net of die sanger die resensent ook fisies gaan bykom vir
publisiteit;)))
As 'n entoesiastiese spreker van "die Taal" het dit my woes verheug toe my
epos-vriendin in Kanada vandag vir my skryf dat sy Afrikaans wil leer. Sy
kom volgende jaar hiernatoe vir 'n kuier (miskien is haar ander vriend van
Kaapstad ook op hierdie nuusgroep...).
Al kursusse wat sy kon sien wat ondersteunende cd's of bandjies het, kos
sowat 400 Kanadese dollar. Is hier nie so-iets hier plaaslik wat bietjie
goedkoper is nie? Is daar nie, soos die Franse kursus wat ek gesien het,
sulke lesse êrens op die web nie?
Miskien kan Gloudina persoonlik vir haar Afrikaans gaan toedien daar in
Vancouver.
Al wat my dan nog verder pla is wat daai ou in Kaapstad het wat ek nie het
nie. Ek korrespondeer al vyf jaar met die girl.
Miskien moet die taalmense dink om sekere spellings van woorde te verander -
soos wat die Amerikaners met Engels gedoen het.
Veral waar dit logies is - en die mense dan reg spel, al is dit verkeerd:))
Soos byv
vool ipv voël - Ons praat tog nie van " vohel" soos in hoër nie.
klafier - ipv klavier - omdat daar niks van 'n vier op die klawerbord is
nie.
Luister nou net na die Afrikaanse Nuusbuletin op RSG.
Die arme nuusleser - Nadat hy " dit was die driede keer" gesê het, het hy
'n sekonde of wat stilgebly en verder aangegaan met die lees van die berig.
Kon seker nie glo wat hy sien nie, en besluit daar is nie genoeg tyd om te
vertel dat dit nie sy fout is nie- maar dit wat daar wel geskryf staan, dat
hy nie genoeg tyd voor die tyd gehad het om die buletin eers deur te lees
nie, en dat hy nie bereid is om op die lug vir ander mense se foute
verskoning en regstellings te maak nie.
Olga Incremental Updates for December is available.
Off-ramps, on-ramp en sommer ramps in general.
Ok so jy ry in jou mini, volksie, citi, bmw of merc (maak nie regtig saak
nie) oppad hiway toe. Na `n hele dag van 60 agter `n ou tannie poer-poer
deur die stad dink jy "nou gaan ek so `n bietjie carbon van die plugs af
brand". Groot suprise.. daai selfde ou tannie het die oom gaan optel en
hulle is oppad Ceasar's toe met die pensioen geldtjies. Nou hiers die
probleem, hoekom maak die tannie nie so bietjie spoed by mekaar as sy die
on-ramp na die hiway toe aandurf nie?? Is dit nie die rede hoekom ons on en
off-ramps het nie?? Jy weet, sodat jy tyd het om spoed op te bou sodat jy
kan invloei by die verkeer as jy daar kom.
Is dit maar net ek wat onnosel is? Anders kon hulle mos stopstrate gebruik
het by die hiway. Dis die selfde storie as die oom en tannie terugkom. Twee
kilos van die off-ramp na Huis Herfsblaar slack hulle af na 60 kpu. Vir wat
vra ek jou nou met trane in my navy blou oe? Dis die selfde storie as ons by
`n speedtrap kom. Spoedgrens is 100 maar oom en tannie insist om af te slack
to 60, net om seker te wees nê, back die traffic op tot by Menlyn en begin
dan weer spoed opwerk na `n lekker loslit 80. O amper vergeet ek, hulle is
natuurlik in die regterbaan, jy weet, living in the fast lane. OK dit was
dit, nou is my hartjie sommer ligter. Om hierdie sosiale las alleen te dra
maak mens moeg so dis goed om nou en dan te deel. GROUP HUG!!! Volgende keer
wil ek ontslae raak van my obsessie vir valve-ease, fleishmanns, speed humps
en swak afrikaanse musiek.
Party briewe kry ek nie. In antwoorde
word briewe weer saamgebring waarvan
ek nie die oorspronklikes gesien het nie.
As daar iets is waarin ek gebreke gebly het
om te antwoord, is dit die rede.
ns.
Dit kan handig ook wees. As daar miskien
'n brief was waarin die tannie weer wil opmaak
het ek dit (en sal ek dit) defnitief nie (ge)kry nie.