Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nepad

Do., 18 April 2002 04:54

Onse Prez se breinkind - en waarvan hy nie die eerste algemene vergadering
kon bywoon nie.
Daar is toe 'n wonderlike besluit geneem - Afrika moet met die wêreld
verbind word dmv die Internet.

Mens sou wou dink dat hulle liewers ten eerste sou besluit dat almal in
Afrika toegang tot elektrisiteit sou kry, en almal in Afrika geregtig is op
'n infrastruktuur wat vervoer na en van alle dele vergemaklik, en
gesondheidsdienste en opvoedingsdienste aan almal sou verseker.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dramatiese ommeswaai

Do., 18 April 2002 04:44

Vanoggend oor die nuus dat die regering 'n skielike dramatiese ommeswaai
beleef het na aanleiding van hulle vigsbeleid.
Dit is wat die nuus sê - en al wat eintlik aangekondig is, is dat middels
soos Nevirapine van nou af wel in staatshospitale aan HIV positiewe
verwagtende moeders verskaf word.
Het al hul steeks "redes" tot nog toe nou skielik POEF net verdwyn?
Het hulle besluit kom ons vergiftig ons volk maar nou maar?
Het ons wyse Prez skielik dom geword en begin dink soos 'n gewone mens?
Sal al die ANC politici wat die Prez so blindelings steun en te vertelle het
dat ons nie die Prez se vigsbeleid nie verstaan nie ( maar nooit vir ons
vertel wat presies ons nie verstaan nie) nou skielik verstaan wat ons nie
verstaan het nie?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Swak CD's

Wo., 17 April 2002 08:57

In hierdie week se Keur word daar 'n nuwe CD deur 'n onbekende mooi jong man
bespreek - mooi prentjie de lot van die CD - opskrif van die CD in dikker
swarter letters
Nog nooit van die sanger gehoor nie.
Wel, wel - geen mens kon seker 'n swakker resensie vir sy poging gekry het
nie - een van die resensent se sinne was: Kortom - hy sing vals.

Nou kom die vragie op - hoe kan 'n vals sanger so ver tot by 'n bespreking
in 'n gewilde musiekrubriek kom, om dan so absoluut brutaal afgekraak te
word?

Iemand moes tog vir die kind vertel het hy sing mooi en behoort 'n CD te
maak?
Iemand in die platebedryf moes tog gedink het die tyd en onkoste is die
moeite werd om die CD te maak en vry te stel?
Iemand het genoeg van die CD gedink om dit vir die resensent te stuur?

Ek het nie twyfel dat die resensent nie weet wat is vals nie - en in die
opsig het hy ook reg gedoen om die publiek te waarsku .
Die vragie is nou net of die sanger die resensent ook fisies gaan bykom vir
publisiteit;)))

Annette

Musiek & liriek | 8 kommentare

Afrikaans-kursus

Wo., 17 April 2002 06:54

As 'n entoesiastiese spreker van "die Taal" het dit my woes verheug toe my
epos-vriendin in Kanada vandag vir my skryf dat sy Afrikaans wil leer. Sy
kom volgende jaar hiernatoe vir 'n kuier (miskien is haar ander vriend van
Kaapstad ook op hierdie nuusgroep...).

Al kursusse wat sy kon sien wat ondersteunende cd's of bandjies het, kos
sowat 400 Kanadese dollar. Is hier nie so-iets hier plaaslik wat bietjie
goedkoper is nie? Is daar nie, soos die Franse kursus wat ek gesien het,
sulke lesse êrens op die web nie?

Miskien kan Gloudina persoonlik vir haar Afrikaans gaan toedien daar in
Vancouver.

Al wat my dan nog verder pla is wat daai ou in Kaapstad het wat ek nie het
nie. Ek korrespondeer al vyf jaar met die girl.

Koot

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuwe Spellings

Wo., 17 April 2002 06:24

Miskien moet die taalmense dink om sekere spellings van woorde te verander -
soos wat die Amerikaners met Engels gedoen het.
Veral waar dit logies is - en die mense dan reg spel, al is dit verkeerd:))

Soos byv
vool ipv voël - Ons praat tog nie van " vohel" soos in hoër nie.
klafier - ipv klavier - omdat daar niks van 'n vier op die klawerbord is
nie.

:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Driede

Wo., 17 April 2002 06:10

Luister nou net na die Afrikaanse Nuusbuletin op RSG.
Die arme nuusleser - Nadat hy " dit was die driede keer" gesê het, het hy
'n sekonde of wat stilgebly en verder aangegaan met die lees van die berig.

Kon seker nie glo wat hy sien nie, en besluit daar is nie genoeg tyd om te
vertel dat dit nie sy fout is nie- maar dit wat daar wel geskryf staan, dat
hy nie genoeg tyd voor die tyd gehad het om die buletin eers deur te lees
nie, en dat hy nie bereid is om op die lug vir ander mense se foute
verskoning en regstellings te maak nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Snaaksie

Wo., 17 April 2002 05:24

Kry dit op 'n ander kol:
Verder onder my Google soektog vir [oom tannie] kry ek hierdie kostelike
stukkie, nogal onder die naam "Anton's Home Page":

http://www.mothership.co.za/news.htm

2 January 2002

Olga Incremental Updates for December is available.

Off-ramps, on-ramp en sommer ramps in general.

Ok so jy ry in jou mini, volksie, citi, bmw of merc (maak nie regtig saak
nie) oppad hiway toe. Na `n hele dag van 60 agter `n ou tannie poer-poer
deur die stad dink jy "nou gaan ek so `n bietjie carbon van die plugs af
brand". Groot suprise.. daai selfde ou tannie het die oom gaan optel en
hulle is oppad Ceasar's toe met die pensioen geldtjies. Nou hiers die
probleem, hoekom maak die tannie nie so bietjie spoed by mekaar as sy die
on-ramp na die hiway toe aandurf nie?? Is dit nie die rede hoekom ons on en
off-ramps het nie?? Jy weet, sodat jy tyd het om spoed op te bou sodat jy
kan invloei by die verkeer as jy daar kom.

Is dit maar net ek wat onnosel is? Anders kon hulle mos stopstrate gebruik
het by die hiway. Dis die selfde storie as die oom en tannie terugkom. Twee
kilos van die off-ramp na Huis Herfsblaar slack hulle af na 60 kpu. Vir wat
vra ek jou nou met trane in my navy blou oe? Dis die selfde storie as ons by
`n speedtrap kom. Spoedgrens is 100 maar oom en tannie insist om af te slack
to 60, net om seker te wees nê, back die traffic op tot by Menlyn en begin
dan weer spoed opwerk na `n lekker loslit 80. O amper vergeet ek, hulle is
natuurlik in die regterbaan, jy weet, living in the fast lane. OK dit was
dit, nou is my hartjie sommer ligter. Om hierdie sosiale las alleen te dra
maak mens moeg so dis goed om nou en dan te deel. GROUP HUG!!! Volgende keer
wil ek ontslae raak van my obsessie vir valve-ease, fleishmanns, speed humps
en swak afrikaanse musiek.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sommige briewe...

Di., 16 April 2002 20:57

Party briewe kry ek nie. In antwoorde
word briewe weer saamgebring waarvan
ek nie die oorspronklikes gesien het nie.
As daar iets is waarin ek gebreke gebly het
om te antwoord, is dit die rede.

ns.
Dit kan handig ook wees. As daar miskien
'n brief was waarin die tannie weer wil opmaak
het ek dit (en sal ek dit) defnitief nie (ge)kry nie.

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Belgiese koerante

Di., 16 April 2002 19:33

Hallo, elkeen,

Daar was iemand van hierdie nuusgroep wat my 'n rukkie gelede gevra
het as daar ook Vlaamse internetkoerante bestaan wat publiseer op die
Internet. Ek was dit inmiddels glad vergeet maar ek het dan tog 'n
opsoeking gedoen. Wel, vir daardie mense wat hulle daaromtrent
interesseer: daar is 'n klomp Belgiese koerante waarop julle kan inlog
as julle gaan na:
http://www.digikids.be/nl/media/kranten/europa/k-belg.htm
Moet wél sê dat nie elke Vlaamse koerant wat daar vermeld staan
nuusberigte in se tuisblad het. Dit kan ook slegs publisiteit wees.
Nou, julle sal die Vlaamse koerante wel kan lees maar julle sal tog
opmerk dat ons hier in Vlaanderen tog in 'n gans andere wêreld lewe.

Vir elkeen die groete uit Vlaanderen

Norbert
http://users.skynet.be/strandkruier/index.html

Boeke, tydskrifte & koerante | 7 kommentare

Skielik somer

Di., 16 April 2002 15:40

Lente het amptelik 21 Maart begin, en om dit te vier het oor die die pos vir
my vrou 'n bos tulpe bestel, en vir ons dogter 'n bos rose. Maar nou is dit
skielik somer hier by ons. Minder as 'n maand gelede nog het ek een
Sondagmiddag by die venster uitgekyk en alles was spierwit van die sneeu wat
onverwags begin val het. Nie lank gehou nie, maar darem.

Saterdag het ek die gras gesny - die derde keer na die winter. Dis so groen
en blink soos ek lanklaas gras gesien het. Seker oor die vroeë reën. Toe ek
besig was om op te ruim stap daar 'n vrou met haar hond verby. "You have a
beautiful lawn," sê sy in die verbygaan. "Thank you!" antwoord ek. Baie in
my skik, al is die mooi gras nie my skuld nie. "You're very welcome,"
antwoord sy en stap verby.

Verlede week nog was dit vriesend koud. 'n Arme man, desperaat, het die dag
gesorg vir hoë drama toe hy die hele dag bo-op 'n adevertensieteken op 'n
hoë gebou gestaan het en gedreig het om af te srping. So koud dat die
polisie wat hom probeer red het vir hom warm klere gerbing het, wat hy
woedend afgewys het. Boonop was die man doof en kon hy nie hoor hoe die
mense hom probeer moed inpraat nie. En tussendeur het verdwaalde
sneeuvlokkies heen en weer gedwarrel. Ek kon alles deur my kantoor venster
sien, wanneer ek nie besig was nie.

Die naweek was die temperatuur skielik in die 80, en ek kon gisteraand weer
heerlik gaan stap in die buurt. Dit word al later donker, deels omdat ons
nou op somertyd is. Dit was al na agt die aand, en nog goed warm. Baie mense
het die heerlike weer geniet en rondgeloop vir oefening (soos ek) of net
sommer vir die lekker. Groet mekaar en gesels sommer so, al ken 'n mens nie
mekaar nie.

Ek dink dit gaan 'n warm somer wees. Môre is dit glo 90, maar Sondagnag gaan
dit glo net 36 wees.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1835): [ «    766  767  768  769  770  771  772  773  774  775  776  777  778  779  780  781    »]
Tyd nou: Sa. Des. 27 02:48:40 UTC 2025