Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikanns = Nederlands, van wanneer af?

Vr., 19 April 2002 07:40

Jong Q, onse Norbert het 'n groot vrees. Dit is die vrees dat Nederlands
nie gaan oorleef as taal nie. As jy van sy vorige poste gelees het sal jy
sien dat dit sommer ordentlik uitstaan. Volgens Norbert is die enigste
manier om Nederlands te laat oorleef om Afrikaans ook as 'n dialek van
Nederlands te laat verklaar. Net soos Vlaams beskou word as 'n dialek van
Nederlands.

Ek hou van jou verklaring hier onder. Ek kon dit nie beter stel nie al wou
ek ook. Ek wonder of Norbert weet dat Afrikaans tweede op die ranglys is in
Suid-Afrika wat gebruikerstal betref. Eerste is natuurlik Zoeloe, en nie
Engels nie soos wat Norbert blykbaar dink.

Drie hoera's vir die Afrikanerdom. Ons voorvaders moes baie meer keurlinge
gemaak het. Dan sou Afrikaans nou al klaar die hoogste gebruikerstal gehad
het.:-))))))

Sakkie(wat sy gat af sukkel om Nederlands te ontsyfer)

From: "Q"
Subject: Re: www.afrikaans.nu
Date: Friday, April 19, 2002 12:42 AM

"*Sterrenkijker*" skryf in boodskap news:3cbf131e.32000393@news.skynet.be...

> Ek is gelukkig dat ek sonet op die world wide web 'n bladsy gevind het
> in Afrikaans oor die toekoms van daardie taal ('n visie van 'n
> oorspronklike Afrikaner soos ek dit meen). Ek is gelukkig dat me
> mening oor Afrikaans nog deur andere mense in SA ondersteun word.
>
> Norbert (uit Vlaanderen)

Hallo Norbert,

Ek is van mening dat Petrus van Eeden se logika in hierdie verband gebrekkig
is. Terwyl sy definisies van omgangstaal en kultuurtaal miskien (en 'n groot
miskien) in 'n lesinglokaal van 'n universiteit sal water hou, wend hy hom
tot wat elders in die wereld gebeur in 'n poging om te bewys dat Afrikaans
slegs 'n plaaslike omgangstaal van Nederlands is. So hou hy as voorbeeld die
verhouding tussen Vlaams en Nederlands, die verhouding tussen Portugees soos
dit in Portugal gepraat word en soos dit in Brasilie gepraat word, ens. ens.
En daarom, stel hy dit, moet Afrikaans nou maar 'n soet seuntjie wees, en
terughardloop na sy herkoms. Ek merk egter dat hy nie probeer voorgee dat
Portugees slegs 'n omgangstaal van Spaans is nie (tog is hulle baie
soortgelyk). Of dat Spaans slegs 'n omgangstaal van Italiaans is nie.Of dat
Italiaans slegs 'n omgangstaal van Latyns is nie. Of hoekom gaan verduidelik
hy nie aan die Xhosas dat Zoeloe hulle kultuurtaal is nie (of andersom).

So, ongelukkig beteken sy argumente nie veel op die grond tussen gewone
Afrikaners nie. Dit is nie Brasilie of Surinam nie. Dit is Suid Afrika.

As iemand my mening moet peil of Afrikaans slegs 'n omgangstaal moet wees en
Nederlands my kultuurtaal, dan is die antwoord 'n besliste "NEE". Ek het
geen bande met die Nederlande nie. Dit beteken nie dat ek nie van
Nederlanders hou nie (trouens, ek het heelwat vriende wat vandaar kom en
verder handhaaf ek nie 'n opinie nie), maar as iemand Nederlands praat of
skryf, slaat ek 'n 'blank'. Hoe is dit dan? Wel, ek vergaap my aan die
Nederlandse tradisionele drag en tulpe en kaas en gragte en polders en
klompe, maar dit is nie myne nie. En wanneer ek Nederlands hoor, klink dit
soos een lang "zzzzssccchhh". Dit is nie myne nie. Ek sal graag vir jou wou
vertel wat myne is, maar dit sal ongelukkig te lank duur.

Wat ek jou wel sal vertel is dat daar in die werklike lewe nie 'n groter pot
bollie is as die onderskeid tussen omgangstaal en kultuurtaal is nie. Gaan
luister maar hoe my mense praat. Hulle praat nie 'n dialek van Nederlands
nie (net soos Portugees nie 'n dialek van Spaans is nie). Hulle praat
Afrikaans, bid in Afrikaans, tel in Afrikaans, bewonder die geskenk van nuwe
lewe in Afrikaans, rou in Afrikaans, dig in Afrikaans, verklaar liefde in
Afrikaans, baklei in Afrikaans. My kultuur is Afrikaans (ja, ons het 'n
kultuur Norbert). My omgangstaal = my kultuurtaal = Afrikaans, en daarmee
basta. Niemand sal my anders vertel nie, en niemand sal my anders dwing nie.
Gaan lees so 'n bietjie wat Winston Churchill te se gehad het oor die
Boerevolk, en jy sal verstaan wat ek daarmee bedoel.

Nou is die vraag natuurlik of dit net ek is wat so voel? Wel, Afrikaners het
my nie as hul amptelike woordvoerder aangestel nie, maar ek het in my lewe
nog nie 'n ander Afrikaner teegekom (met die uitsondering van Petrus
hierbo), wat voel dat Afrikaans eintlik net 'n plaaslike omgangstaal van
Nederlands moet wees nie. Om die waarheid te se, wanneer enige iemand my
taal as 'Kitchen Dutch' beskryf, voel ek soos die Australiers voel oor enige
verwysing na kriminele in hul verlede. Ek voel dat daardie persoon my
beledig het. En ek is seker dat jy, as 'n gas by 'n Afrikaanse nuusgroep,
jou nie daaraan sal wil skuldig maak nie, of hoe.

Wat die toekoms van my taal betref, my taal se toekoms is so verseker soos
ek, en al my taalgenote, dit wil he. En elke keer wanneer een van ons
Afrikaans praat, eerder as 'n ander taal, raak Afrikaans 'n bietjie sterker.
En glo my... dit gebeur elke dag. Afrikaans sal nooit die internasionale
teenwoordigheid he wat Engels of Frans het nie. Maar dit maak nie saak
nie... solank my dogtertjie elke aand in Afrikaans vir my se dat sy my lief
het, weet ek dat my taal 'n toekoms in sy eie reg het.

Q

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: Afrikanns = Nederlands, van wanneer af?

Vr., 19 April 2002 07:36

Op 'n ander kol iewers is daar 'n ope brief van Breyten Breytenbach aan
Israel se Sharon - geskryf in Nederlands.
Behalwe dat ek gesukkel het om dit te lees, wonder ek of Sharon enigsins
moeite sou doen om dit te probeer lees of te vertaal.

Ons moet Thysie kry om meer Kaaps hier te skryf;)))

Annette

Sakkie skryf in boodskap news:3cbfc981$0$233@hades.is.co.za...
> Jong Q, onse Norbert het 'n groot vrees. Dit is die vrees dat Nederlands
> nie gaan oorleef as taal nie. As jy van sy vorige poste gelees het sal jy
> sien dat dit sommer ordentlik uitstaan. Volgens Norbert is die enigste
> manier om Nederlands te laat oorleef om Afrikaans ook as 'n dialek van
> Nederlands te laat verklaar. Net soos Vlaams beskou word as 'n dialek van
> Nederlands.
>
> Ek hou van jou verklaring hier onder. Ek kon dit nie beter stel nie al wou
> ek ook. Ek wonder of Norbert weet dat Afrikaans tweede op die ranglys is in
> Suid-Afrika wat gebruikerstal betref. Eerste is natuurlik Zoeloe, en nie
> Engels nie soos wat Norbert blykbaar dink.
>
> Drie hoera's vir die Afrikanerdom. Ons voorvaders moes baie meer keurlinge
> gemaak het. Dan sou Afrikaans nou al klaar die hoogste gebruikerstal gehad
> het.:-))))))
>
> Sakkie(wat sy gat af sukkel om Nederlands te ontsyfer)
>
> From: "Q"
> Subject: Re: www.afrikaans.nu
> Date: Friday, April 19, 2002 12:42 AM
>
> "*Sterrenkijker*" wrote in message
> news:3cbf131e.32000393@news.skynet.be...
>
>> Ek is gelukkig dat ek sonet op die world wide web 'n bladsy gevind het
>> in Afrikaans oor die toekoms van daardie taal ('n visie van 'n
>> oorspronklike Afrikaner soos ek dit meen). Ek is gelukkig dat me
>> mening oor Afrikaans nog deur andere mense in SA ondersteun word.
>>
>> Norbert (uit Vlaanderen)
>
> Hallo Norbert,
>
> Ek is van mening dat Petrus van Eeden se logika in hierdie verband gebrekkig
> is. Terwyl sy definisies van omgangstaal en kultuurtaal miskien (en 'n groot
> miskien) in 'n lesinglokaal van 'n universiteit sal water hou, wend hy hom
> tot wat elders in die wereld gebeur in 'n poging om te bewys dat Afrikaans
> slegs 'n plaaslike omgangstaal van Nederlands is. So hou hy as voorbeeld die
> verhouding tussen Vlaams en Nederlands, die verhouding tussen Portugees soos
> dit in Portugal gepraat word en soos dit in Brasilie gepraat word, ens. ens.
> En daarom, stel hy dit, moet Afrikaans nou maar 'n soet seuntjie wees, en
> terughardloop na sy herkoms. Ek merk egter dat hy nie probeer voorgee dat
> Portugees slegs 'n omgangstaal van Spaans is nie (tog is hulle baie
> soortgelyk). Of dat Spaans slegs 'n omgangstaal van Italiaans is nie.Of dat
> Italiaans slegs 'n omgangstaal van Latyns is nie. Of hoekom gaan verduidelik
> hy nie aan die Xhosas dat Zoeloe hulle kultuurtaal is nie (of andersom).
>
> So, ongelukkig beteken sy argumente nie veel op die grond tussen gewone
> Afrikaners nie. Dit is nie Brasilie of Surinam nie. Dit is Suid Afrika.
>
> As iemand my mening moet peil of Afrikaans slegs 'n omgangstaal moet wees en
> Nederlands my kultuurtaal, dan is die antwoord 'n besliste "NEE". Ek het
> geen bande met die Nederlande nie. Dit beteken nie dat ek nie van
> Nederlanders hou nie (trouens, ek het heelwat vriende wat vandaar kom en
> verder handhaaf ek nie 'n opinie nie), maar as iemand Nederlands praat of
> skryf, slaat ek 'n 'blank'. Hoe is dit dan? Wel, ek vergaap my aan die
> Nederlandse tradisionele drag en tulpe en kaas en gragte en polders en
> klompe, maar dit is nie myne nie. En wanneer ek Nederlands hoor, klink dit
> soos een lang "zzzzssccchhh". Dit is nie myne nie. Ek sal graag vir jou wou
> vertel wat myne is, maar dit sal ongelukkig te lank duur.
>
> Wat ek jou wel sal vertel is dat daar in die werklike lewe nie 'n groter pot
> bollie is as die onderskeid tussen omgangstaal en kultuurtaal is nie. Gaan
> luister maar hoe my mense praat. Hulle praat nie 'n dialek van Nederlands
> nie (net soos Portugees nie 'n dialek van Spaans is nie). Hulle praat
> Afrikaans, bid in Afrikaans, tel in Afrikaans, bewonder die geskenk van nuwe
> lewe in Afrikaans, rou in Afrikaans, dig in Afrikaans, verklaar liefde in
> Afrikaans, baklei in Afrikaans. My kultuur is Afrikaans (ja, ons het 'n
> kultuur Norbert). My omgangstaal = my kultuurtaal = Afrikaans, en daarmee
> basta. Niemand sal my anders vertel nie, en niemand sal my anders dwing nie.
> Gaan lees so 'n bietjie wat Winston Churchill te se gehad het oor die
> Boerevolk, en jy sal verstaan wat ek daarmee bedoel.
>
> Nou is die vraag natuurlik of dit net ek is wat so voel? Wel, Afrikaners het
> my nie as hul amptelike woordvoerder aangestel nie, maar ek het in my lewe
> nog nie 'n ander Afrikaner teegekom (met die uitsondering van Petrus
> hierbo), wat voel dat Afrikaans eintlik net 'n plaaslike omgangstaal van
> Nederlands moet wees nie. Om die waarheid te se, wanneer enige iemand my
> taal as 'Kitchen Dutch' beskryf, voel ek soos die Australiers voel oor enige
> verwysing na kriminele in hul verlede. Ek voel dat daardie persoon my
> beledig het. En ek is seker dat jy, as 'n gas by 'n Afrikaanse nuusgroep,
> jou nie daaraan sal wil skuldig maak nie, of hoe.
>
> Wat die toekoms van my taal betref, my taal se toekoms is so verseker soos
> ek, en al my taalgenote, dit wil he. En elke keer wanneer een van ons
> Afrikaans praat, eerder as 'n ander taal, raak Afrikaans 'n bietjie sterker.
> En glo my... dit gebeur elke dag. Afrikaans sal nooit die internasionale
> teenwoordigheid he wat Engels of Frans het nie. Maar dit maak nie saak
> nie... solank my dogtertjie elke aand in Afrikaans vir my se dat sy my lief
> het, weet ek dat my taal 'n toekoms in sy eie reg het.
>
> Q
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Besonderse Rugbywedstryd

Vr., 19 April 2002 05:17

Hierdie naweek is gaan daar 'n besonderse rugbywedstryd gespeel word.
Al dertig spelers op die veld se van gaan Ferreira wees.
Ek weet nie wat die skeidsregter en vlagmanne se vanne is nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

www.afrikaans.nu

Do., 18 April 2002 18:47

Hallo, elkeen,

Ek is gelukkig dat ek sonet op die world wide web 'n bladsy gevind het
in Afrikaans oor die toekoms van daardie taal ('n visie van 'n
oorspronklike Afrikaner soos ek dit meen). Ek is gelukkig dat me
mening oor Afrikaans nog deur andere mense in SA ondersteun word.

Norbert (uit Vlaanderen)

(Sien asseblief na: http://www.afrikaans.nu/)

Afrikaans, ons taal | 103 kommentare

geheim vir suksesvolle huwelik

Do., 18 April 2002 14:02

die ou se hy en sy vrou het die geheim vir `n suksesvolle huwelik
ontdek. hulle gaan twee keer per week uit by `n goeie restuarant en
geniet goeie wyn, kos en geselskap. hy gaan op dinsdae en sy op
donderdae.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

start die kar

Do., 18 April 2002 11:43

ek het so gehoop iemand sou my help met die regte afrikaans vir die
term 'start die kar', maar te vergeefs het ek gewag. nie dat ek dit
wil gebruik nie, dis maar net uit nuuskierigheid uit. meeste mense wat
ek al gehoor het se gewoonlik 'ek start solank die kar hoor'. hoe
gemaak in afrikaans.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

Conradie Hospitaal

Do., 18 April 2002 09:54

Ek het nou die gelees dat die Conradie Hospitaal hier in die Kaap toegemaak
gaan word.
Weet nie wanneer nie.
Dit lyk al jare lank maar sleg daar - die gronde en geboue word nie versorg
nie -
En ek het een Oukersdag saam met my tannie in die ongevalle afdeling 4 jaar
gelede deurgebring - wat nou nie die gelukkigste dag van my lewe was nie.
Wat ek wel weet is dat die hospitaal 'n groot aantal pasiënte versorg wat
van die nek af ondertoe verlam is - baie van hulle jong manne agv
sportbeserings.
Die Conradie word as spesialiste in die veld beskou tov versorging van sulke
pasiënte.

Ek dink 'n groot invloed op die besluit van die hospitaal is omdat die
ouetehuis - Huis Zerilda Steyn - toegemaak het. Die hospitaal was net
oorkant die straat, en die oues is daar en van daar behandel.

Ek hoop die hele eenheid skuif oor na 'n bestaande hospitaal wat plek het.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ek het dit hier al lank gesien!..

Do., 18 April 2002 08:08

Hallo, elkeen,

Soos ek al gesê het: ek het dit hier al lank gesien!! Julle skryf
almal julle is boos op Gloudina vir se skerpe kommentare...
Maar as Gloudina 'n ruk nie gepraat het nie dan gaan julle self
Gloudina die tent uitlok!
Moet dus nie boos wees op Gloudina want julle is almal dieselfde!

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)
http://users.skynet.be/strandkruier/index.html

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Kleurassosiasies.

Do., 18 April 2002 06:46

Op 'n ander ng het ons begin praat oor kleur - ek het gemeld dat ek elke
syfer in 'n ander kleur sien.
Ook dat sekere konsepte vir my 'n bepaalde kleur het.
Iemand anders weer vertel dat sy al die klinkers in verskillende kleure
sien.

Toe vertel iemand ons die volgende:
This condition is known as "synesthesia". It's believed that synesthetes
retain
certain neural connections that the rest of us eventually lose.

http://wabakimi.carleton.ca/~sscott2/sam/Synaesthesia.html

Lyk my ek gaar nie net goed op nie;)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Plaaskwessie: Vir Annette......

Do., 18 April 2002 06:41

Ek sit en luister op die radio na 'n 'chat show' oor die plaaskwessie, toe
dit my herinner aan 'n onderhoud wat ek met 'n ou oom gevoer het. Hy was
'n legendariese platjie in ons land. Hy het vertel van die dominee wat vir
die eerste keer na omtrent 5 jaar nadat hy op sy nuwe plaas begin boer het,
daar aangekom het om huisbesoek te kom doen. Nou moet ek eers vir jou sê
die betrokke plaas is in die berge geleë waar bobbejane met kieries moet
loop. 'n 4x4 se bande hou skaars 10 - 15 000km dan's hulle glad.....en dis
8 laag bande!
Wel daar was net 'n boorgat op die grond. In die 5 jaar het die oom
die grond ontwikkel. Hy het vir hom 'n huis en krale gebou, boorgate
geboor en damme gebou. Alles wat enige goeie boer sal doen om
vooruitstrewend te raak. Ewenwel, hy vat toe die dominie vir 'n 'spin' op
die plaas wat so 10 000ha groot is en wys trots vir hom alles wat hy op die
grond bereik het.
Die kerkman het sê gesit en luister en sê toe: "Broer, jy moet darem
onthou dat jy nie alles alleen vermag het nie. Die Heer het 'n groot
aandeel gehad."
Die oom kyk gemaak-geskok na die dominee. "Dominee, jy moes hierdie
plaas gesien het toe die Here alleen hier geboer het."
He-he! Onnodig sekerlik om te sê die kerkman was nie te gelukkig
nie.......maar dit bring my terug na die plaaskwessie. Al die grond wat
die mense nou so graag wil opeis as hul eie, het geen ontwikkeling op gehad
voordat die kommersiële boere daar begin boer het nie. Nêrens in die
geskiedenis van Afrika sal jy kry dat die swart bevolkingsgroepe ooit geboer
het nie......behalwe om 'n bestaansekonomie te voer. Hulle het geen
infrastuktuur opgerig, geen paaie gebou nie. In ons droë land waar geen
standhoudende riviere is nie, was water beperk tot putte in sandriviere.
So, as daar nie 'n groot rivier naby was nie, was daar g'n mense nie.
Dit was eers toe die Duitsers hier aangeland het en gekom het met die
idee van 'n sandstoordam, dat water meer beskikbaar geraak het in afgele�
gebiede. Later het hulle begin boor vir water en nog meer droë areas is
oopgemaak. Na anneksasie deur SA het dit natuurlik voortgegaan en kon
mense plase koop......'n stuk grond met 'n enkele boorgat op was al wat jy
gekry het. Daar is natuurlik plekke soos die Soutblok in ons Kalahari waar
die water uit die boorgate nie te skaars is nie, maar as dit oop staan in
die son dan begin dit so jellieagtig raak en dit stink. Dit beteken dat
enige ou wat daar wil boer vir al sy damme en suipplekke dakke moet opsit!
As daai water begin sleg word en jy drink daarvan......wel jy looi 'n naald
se oog op 400m!
Nou is dit so dat omtrent een en elkeen van die boere skatryk geword het
in die soutblok want die drakrag is fantasties en die veld het geen peste
nie. Tog, nou met die grondhervorming bied van hierdie manne hulle plase
te koop aan vir die regering vir hervestiging van swart boere........maar
dink jy die regering stel belang? Nee! In die eerste plek sien hulle nie
kans vir die waterprobleem nie, en in die tweede plek kan hulle niemand kry
wat daar wil gaan bly nie!
Dit bring mos die vraag of die mense wat so skree na grond, agter die
grond aan is, of agter die infrastruktuur wat reeds daar is, aan is?

--

The information in this E-mail is confindential and it is intended for the
addressee only. Access to this E-mail by anyone else is unauthorized. If
you're not the intended recipient, any disclosure, copying, distibution or
any action taken or omitted in reliance on this, is prohibited and may be
unlawful. Whilst all reasonable steps are taken to ensure accuracy and
integrity of information and data transmitted electronically and to preserve
the confidentiality thereof, no liability or responsibility whatsoever is
accepted if the information or data is, for whatever reason, corrupted or
does not reach its intended destination.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    765  766  767  768  769  770  771  772  773  774  775  776  777  778  779  780    »]
Tyd nou: So. Mrt. 08 02:22:16 UTC 2026