Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

WAT KAN ONS VERWAG VIR 2003?

Tue, 12 November 2002 16:03

Daar sal min verbasing wees indien die ANC die volgende
hervormings sal toepas in die komende jaar of wat:

* Wyle Idi Amin van Uganda se regstelsel;
* Kameraad Robert Mugabe se grondhervormingsbeleid;
* Lesotho se beleid oor lugvervoer en hawens;
* Die Noorde van Mosambiek se stelsel van ruilhandel:
Jy ruil vrot beesvleis vir vrot vis,aangesien daar geen
geldstelsel is nie;
* Vryheid van die media soos in Zimbabwe;
* Mosambiek se "padbou" program;
* Vladimir Lenin se NEP(Nuwe Ekonomiese Plan);
* Mao Tse Toeng se "Peoples Republic";
* Josef Stalin se Tsjeka onder die skuilnaam van die
" Skerpioene";

Enige- of al die hervormings kan dalk ingestel word,u moet net nie met 'n
werkbare plan of 'n goeie voorstel
na die ANC gaan nie...Dis Afrika,onthou!

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Wat is julle mening?

Tue, 12 November 2002 14:50

Berig: 'n Skoolhoof het 'n 9-jarige gedreig dat hy uit die skool gesit gaan
word as hy nie opdaag vir sy span se krieketwedstryde nie.
Die moeder beweer die kind neem aan 3 sportsoorte deel, en het middagsport
elke dag van die week. Sy skoolwerk en gesondheid het daaronder begin ly, en
hulle het besluit om die krieket te los.
Die skoolhoof beweer daar is pertinent aan die kinders gestel om nie in te
skryf vir 'n sport as hulle nie die res van die jaar daarmee kan volhou nie.

In die briewekolom vandag ondersteuning vir beide faksies - aan die een kant
die wat die ouers ondersteun wat die kind na die dreigement uit die skool
geneem het omdat sy gesondheid vir hulle belangrik was.
Aan die ander kant die wat die skoolhoof ondersteun, waar skole op grond van
die aantal leerlinge wat vir 'n sport inskryf, hulle skool in sekere ligas
inskryf, en verplig word om by hulle onderneming te hou.

Annette

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Flukse Oos-Kapenaars

Tue, 12 November 2002 14:42

Vandag in die Argus die nuus van die staatsamptenare wat so sieklik is op
Maandae.
Waar op provinsiale vlak tussen 27% en 90% siekteverlof op Maandae geneem
word, skitter die OP met 2.7%, en met 14% in Limpopo en 14% in Mpumalanga
as die ander provinsies met gesonde en getroue werkers.
Nou wonder mens hoekom skitter OP so?
Daar is verskeie redes waaraan ek kan dink:
1) Die registers word verkeerd gehou, of
2) Daar is baie spook-werkers op die boeke wat nooit siek kan wees nie, of
3) Niemand waag om siek te wees nie, anders sal iemand dalk agterkom hoe min
hulle doen..

Die grootste groep Maandagsiekes kom voor in die ouderdomsgroep 30 - 39.

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Inflasiekoers 12.5%

Tue, 12 November 2002 11:17

Dit is so. Telkom het so pas aangekondig hulle gaan alle oproepkoste met
12.5% verhoog, wat ooreenstem met die inflasiekoers.
Die spreekdame praat van "die werklike" inflasiekoers, wat natuurlik nie
ooreenstem met die dept van finansies se " die verkeerde" inflasiekoers
nie;))
Waar, o waar, is die kompetisie wat al verlede jaar, en " op die laaste
einde Mei vanjaar", ingestel sou gewees het?

Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Rugby: Jammer Koot!:)

Tue, 12 November 2002 10:30

Wat is die gevoel hier van ons span se vertoning verlede Saterdag? Het hulle
maar net so swak gespeel omdat hulle gesien het hoe goed die Engelse en All
Blacks gespeel het en besluit het vir wat sal hulle verniet die Engelse laat
bang voel?:))
Annette

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Pragmatis

Mon, 11 November 2002 19:32

Kan iemand aan my hierdie term verduidelik in eenvoudige Afrikaans?

Tks Willie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Kaapstad is top-stad in wêreld

Mon, 11 November 2002 11:55

1|11|2002 10:22 - (SA)
Die Burger
Kaapstad is top-stad in wêreld
Theuns van der Westhuizen

KAAPSTAD. - Dis amptelik. Kaapstad is die top-stad op die lys
van die 50 plekke wat mense in hul leeftyd moet sien, en vyfde algeheel.
Dié goeie nuus vir Kaapstad is gisteraand om tienuur in 'n regstreekse
uitsending van die BBC se 50 places to see before you die aangekondig.

Die lys is saamgestel nadat die vervaardigers van die hoogaangeskrewe
BBC Holiday Programme sowat 9 miljoen kykers gevra het om vir die
50 beste vakansiebestemmings ter wêreld te stem. Meer as 20 000
kykers het deelgeneem.

Kaapstad het stede soos Sydney, Parys, New York, Las Vegas,
Venesië en Rome uitgestof. Die eerste vier plekke word ingeneem deur
die Grand Canyon in die VSA, die Groot Barrière-rif in Australië,
Disney World in Florida, VSA, en die Suideiland van Nieu-Seeland.
Die nuus is gister wyd verwelkom deur die stad se toerisme-
en sakesektor.

Die BBC-lys is nie net op BBC1 uitgesaai nie, maar gaan ook
op die BBC World-Wide-satellietdiens en die Discovery Channel
vertoon word. Die inligting kan ook gekry word op die BBC se
webwerf www.bbc.co.uk/50.

'n Uittreksel uit die lys is:
1. Grand Canyon, VSA.
2. Groot Barrière-rif, Australië.
3. Disney World, Florida, VSA.
4. Suideiland, Nieu-Seeland.
5. Kaapstad.
6. Goue Tempel, Amritsar, Indië.
7. Las Vegas, VSA.
8. Sydney, Australië.
9. New York, VSA.
10. Taj Mahal, Indië.
11. Rotsgebergte en Louise-meer, Noord-Amerika.
12. Uluru/Ayers Rock, Australië.
13. Chichen Itza, Mexiko.
14. Machu Picchu, Peru.
15. Niagara-waterval, VSA.
16. Petra, Jordanië.
17. Piramides, Egipte.
18. Venesië, Italië.
19. Maledive.
20. Die Groot Muur van China.
21. Victoria-waterval, Zimbabwe.
http://www.news24.com/Die_Burger/Plaaslik/0,5824,4-77_128332 3,00.html

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Ek en Richard

Sun, 10 November 2002 22:46

Van die van julle wat nog in Suid-Afrika is en wat BB2 gevolg het wil ek
graag hierdie storie vertel. Ek was in die bevoorregde posisie om 'n
paartie vir my en 9 van my pelle saam met Richard Cawood (wenner van Big
Brother 2) by Nando's te wen. Wat 'n heerlike dag het ons nie gehad nie.

Die Nando's span het vreeslik moeite vir ons gedoen. By ons aankoms het ons
elkeen 'n geskenk pakkie met 'n T-hempie, 'n potlood, 'n Nando's sous en
twee Nando's kondome in gekry.
Richard was veronderstel om eers 3:00 daar te wees. 2:40 het hy (alleen)
daar gestop en terwyl hy sy Nando's hempie gaan aantrek het, het die Nando's
personeel alles buitentoe geskuif. Richard het gesê hy's gatvol daarvoor om
"indoors" te wees, maar dis my besluit of ons binne of buite sit.
Ek was bietjie skaam aan die begin, maar hy was so aangenaam en vriendelik
dat ons almal gou ontdooi het. Hy't lekker saam met ons gekuier en tot
"gepose" vir 'n klompie fotos. 'n Paar keer het van sy bewonderaars kom vra
vir 'n handtekening en hy't vriendelik geglimlag en gesels en elkeen
"verpersoonlik". Twee vrouens, met twee klein meisiekinders, het nader
gestaan en gevra of hulle 'n foto van hom kan neem. Hulle volg hom glo die
hele Johannesburg vol, maar in hulle eie woorde is hulle nie "phsyco's" nie.
Hy't met die dogtertjies gesels en gegrap en geposseer vir die foto's.
Voor hy gery het, het hy elkeen van ons se T-hempies geteken. Op myne het
'n gekryf "To Elaine - from one winner to another - Love Richard". En vir
my suster se baas "To the "boss" give her a raise please - from Richard -
BB2", en so het hy in die ry afgegaan en elkeen se hempie met 'n persoonlike
boodskappie geteken. Op my man s'n het hy eenvoudige geskryf "Chucky
Rules", en net omdat my man die enigste een was wat Chucky "genoem" het.

Ek het eerlikwaar gedink dat sy kop omtrent twee keer te groot vir sy lyf
gaan wees, maar hy's 'n eenvoudige plat op die aarde mens wat vir ons vertel
het dat dit net "luck" was en dat dit 'n kans was wat hy gekry het, en dat
hy van plan is "too ride it for all it's worth", voordat hy teruggaan na sy
plaas in die Karoo. Hy het nie eenkeer gemaak of hy beter is as ons nie, en
het selfs 'n paar keer self opgestaan om sy koeldrank te gaan haal en kos te
bestel.
Hy was veronderstel om net 'n uur saam met ons te kuier, maar hy's eers 4:45
daar weg met 'n smile en 'n "I'm gonna watch 'n movie tonight - I'm really
looking forward too it." Hy't elkeen met die hand gegroet en my met 'n
drukkie en 'n soentjie, met die woorde: "I hope too see you around some
time", ek het terug geantwoord met 'n witty "That's highly unlikely!"
Nie een van ons wat daar was, was hengse groot BB fans nie, ek het op die
meeste 4 keer 'n week die half uur hoogtepunte gekyk, en maar op die
ingewing van die oomblik deelgeneem. Na gister is ek 'n groot Richard
aanhanger en ek wens hom die beste en al die geld wat hy kan kry uit die
ondervindig uit toe.

Chucky Rules!

Groete
Elaine

Ns. Vir die regte groot fans van BB wil ek net noem dat daar, volgens
Richard, nie volgende jaar weer een gaan wees nie, ons sal maar wag en kyk
of hy reg is.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Afrikaners is plesierig 3

Sun, 10 November 2002 18:38

Al lê die berge nog so blou
al lê die berge nog so blou
al lê die berge nog so blou
?????????

Ai, hoe gou vergeet mens. :-)

Die vorige een was "aanstap rooies' né Tobie, wonder wie
die rooies was, seker die beeste.


"Tobie" wrote in message

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: Afrikaners is plesierig

Sun, 10 November 2002 18:21

Ek het daardie musiek kan beluister en ek moet sê: dit lui vir my net
so verfrissend as die taal wat julle praat.

Norbert (uit Vlaanderen)

On Sun, 10 Nov 2002 19:15:37 +0200, "Tobie" wrote:

>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    673  674  675  676  677  678  679  680  681  682  683  684  685  686  687  688    »]
Tyd nou: Mon Jan 20 15:57:33 UTC 2025