Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ek hoor

Vr., 15 November 2002 05:53

Dat Suidwesters elke dag vleis, rys en aartappels eet.
As hulle lus kry vir groente, dan eet hulle varkvleis.:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

sing antie van blou berge of bomme

Do., 14 November 2002 20:55

hellou my antie

waar was ons nou weer laas. o ja oor sanien wat maak shoppie gaan
word. jislaaik my antie toe gaan maarts en toitoi my pa en oom hansie
vannie pennelbieters mos saam met die ooms en anties vannie pee-asee.
sesdysend van hille antie. my ma het langsie pad by die herdresser
gaan sit om die pistakel te aanskou sê sy. ma' sy sê die ynde is naby
want die bybel sê innie laaste dae sallie leeu ennie lammertjies saam
straatop loop. ma' het oom oujei nie geskrik vir my pa en oom hansie
pênnelbieter nie antie hyt sommer vegeet om tsanien se naam te
verander en nou is ons nie meer naam shoppie nie antie.

ma' lewies triegaart is nie so gelukkig nie antie want daai ooms
kannie sien lat hille saam met die pie-innie-see moet maarts nie. die
ooms vannie aas-en-sjee het mos treur lewiesie se naam loop staat
verander na makadoe ma' toe sê die ooms wat raad gee oor plekke se
name hille kannie want daars klaar 'n plek met die naam makadoe. toe
gaan die aas-en-sjee makadoe toe en sê hille moet hille naam verander
lat hille makadoe kan kry vir tragiese lewies. toe sê hille oukei ma'
dan wil hille dzananie wees ma' die naamplekooms sê hille kannie want
daars klaar 'n dzananie ok. toe gaan sê hille virrie mense van
dzananie hille moet 'n ander naam kry lat makadoe dzananie kan word en
triestige lewies makadoe. nou wag ammal in spanning antie. ma' my pa
sê hy weet nie vir wat noem hille tragedie lewies nie sommer waterbok
nie want die affêre klink vir hom soos 'n passer redenasie. 'n kring
al omme gat antie.

ma' op mokkopaan wat eers potgietersrus was lyk dinge nog leliker
antie. antie het seker gehoor vannie oom dokter wat hille gevang het
oor hy die staat ver wil omgooi. my pa sê kan 'n dokter tog so stoepid
wees toe sê my ma ja toe sê my pa sy moet sjarrap. ma' nou soek hulle
die stoepid dokter se drie seunkies virrie bomme in soewetoe antie. my
pa sê daas nou stoepid want as jy 'n bom wil plant sit jy hom inne
wimpie baar en nie op 'n trynspoor nie antie.

my pa het gesê na wat saterdag in marsyl gebeer het mag ek nie weer
die woord rakbie in ons hys gebryk nie. smaak my hys nou permanent
permanent genees antie. hy sê ons moet krieket praat. toe vra ek vir
hom wies jaak kallis antie. toe raak hy bemoerd want ek wed antie
antie weet nie lat ons mister van sport oomkontoe balfor nie weet wie
jaak kallis is nie. hys ma' net die eerste krieketspeler in wêreld
krieket wat in twintag jaar onner die tien beste boulers en die tien
beste kolwers tel antie. ma' oom toekont reken hy wil hom nie in ons
span hê nie antie want dan lyk ons nie soos die ôl bleks nie. oom
hansie vannie pennelbieters sê miskien moet jaak kallis vir ostralieje
gaan speel lat hille ons in twee dae kan wen in plaas van drie.

ons het nog steeds nie 'n rynkwien nie antie en dinge begin nou lelik
lyk hie op sanien. die antie vannie reinkwien kounsil het vi' my pa
gesê hille het klaar iemand gekies ma' sy wil nou eers in londin gaan
leer. ek wetie wat hille haar in londin van reentmaak kan leer nie
antie ma' sy moet haar maaind opmaak want ons het nog niks reent gehad
nie. oom hansie vannie pênnelbieters sê hy hoor dis el ninjo se skild
ma' my pa sê die rynkwien se naam is moedjadjie. ma' hy sê miskien
moet ons die droogte ma' ytstaan lat moedjadjie eers londin toe kan
gaan dalk leer sy die resep om rakbie te speel.

sjym antie toes die oom wat die orrel innie kerk speel ook dood. my pa
sê hy weet nie wat dit is met ons singers lat hille nie ordentlik kan
kar bestier of vliegtyg vlieg of boomklim nie. hy sê die berge lê nou
nog blouer as na marsyl ma' oom hansie vannie pênnelbieters sê hy
dink eerder die geliefde hang innie bitterbessiebos. my pa sê hy hoop
oom hansie praat van rakbie want 'n mens moet respekte virrie dood hê
soos in kanna hy kô hys toe.

koebaai antie

hennerietjie (antie moenie kringe in 'n bos loop waar daar bomme hang
nie)

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: tet

Do., 14 November 2002 18:45

On Thu, 14 Nov 2002 14:31:47 +0200, "pieter" wrote:

Wie s'n?

DD

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Valse beweringe en vedag makery?

Do., 14 November 2002 16:45

Een van die "sogenaamde regses" wat deur die SAPD gesoek word vir
verraad,terrorisme,sabotasie ens.;
is toe al die tyd 'n persfotograaf wat in Holland woon.
O my donner...wat nou?
Die huidige SAPD's het goed by PW BOTHA & DE KLERK geleer!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Kopdoekkarateka

Do., 14 November 2002 12:19

Togieda Flowers ( 55) Moslemdame, is 'n 4de dan swart gordel karateka wat
haar eie skool het.
Sy lyk soos 'n gawe tannie met 'n kopdoek, maar ek dink mens moet lig loop
vir haar.:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nare feite

Do., 14 November 2002 11:32

Die volgende verskyn in Die burger vandag re JK:
1) Daar was finansiële probleme
2) 'n Brief is agtergelaat
3) Beide sy polse is gesny
4) Daar was ook snymerke aan weerskante van sy nek.
5) Die motorsitplek was deurtrek met bloed.
6) 30m die bos in het hy op blare gelê.
7) 50 m verder het hy hom met sy belt opgehang.

Annette

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

US se Monstervergadering vanaand

Do., 14 November 2002 10:37

'n Grootse konvokasievergadering word vir vanaand voorspel, met duisende
mense wat verwag word om dit by te woon.
Die US se konseptaalplan en -beleid gaan deur die konvokasie gevel word.
Die konseptaalplan en -beleid is gister uitgereik.
Daarvolgens is die voorgraadse leer- en onderrigtaal van die US by verstek
Afrikaans.
Prof Christo Viljoen en sy makkers van die Afrikaanse Oorlegplatform, groep
van 63 en Vriende van Afrikaans wil hê die beleid moet stel dat Afrikaans
die ankertaal is, by verstek Afrikaans is te vaag.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Thtoute Kabouterth

Do., 14 November 2002 10:31

Dis nou die snare aan die hoof van staatsdepartemente ( lees asook
ministers), openbare ondernemings en staatsinstellings wat openlik
wetsvereistes oor verslagdoening ignoreer.
Die wet vereis dat bg binne 6 maande na die boekjaareinde 'n jaarverslag,
finansiële state en ouditverslag aan die Parlement of provinsiale wetgewer
moet voorlê. As die sperdatum nie gehaal word nie, bepaal die wet dat 'n
geskrewe verduideliking voor die sperdatum ingedien moet word.
Ongelukkig word die soetes nie genoem nie.
Hieronder diegene wat nie die wet handhaaf nie:
Geen verslag en geen verduideliking: Die volgende departemente:;
Kommunikasie, vervoer, nasionale intelligensie-agentskap, geheime dienste en
Statistieke Suid-Afrika.
Geen verslag, maar verduideliking ( ek neem aan laat): Openbare werke en SA
instituut vir bestuursontwikkeling.
Verslag laat ingedien, maar geen verduideliking betyds ingedien: Buitelandse
Sake, behuising, justisie en konstitusionele ontwikkeling, die presidensie,
handel en nywerheid, provinsiale en plaaslike regering.

Slegs 62% van die departemente het aan die bepalings van die wet voldoen.

Die volgende groot openbare ondernemings het ook nog geen verslag of
verduideliking ingedien nie:
Telkom, SA Poskantoor, die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, die
Atoom-energiekorporasie en Krygkor.

Annette

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Hulp met "Inkopie Site"

Wo., 13 November 2002 21:55

Ek hou daarvan om myself te vermaak. Ek praat nou van lees, musiek, flieks,
rekenaar speletjies, Internet, ens. Basies enige ding wat ek by die huis
kan doen wat my sal vermaak. Ek glo nie aan "piracy" nie en ek probeer so
ver moontlik al my "goed" (CD's, DVD's, en boeke) wettig koop. Voorheen het
ek al my "goed" by theshoppingmatrix.com gekoop, maar hulle het hulle deure
in Augustus toegemaak. Ek is nie mal oor Kalahari.net nie en ek kan uit die
aard van die saak nie Amazon se goed bekostig nie.
Ek soek 'n plek waar ek al my "goed" kan koop. Een sentrale site wat boeke,
dvd's, cd's en "games" verkoop. As theshoppingmatrix.com binne 24 - 48 uur
kon aflewer kan ander ouens dit ook doen. Nie een van die sites wat ek
besoek het kan dit aan my waarborg nie. Kalahari.net bied 24 uur aflewering
aan vir produkte wat hulle in voorraad het, maar dis gewoonlik die simpel
goed wat niemand wil hê nie.
My vraag is, wie kan my na 'n goeie "Inkopie Site" verwys? Een waar ek my
boeke, cd's, dvd's en games kan koop en waar ek nie 'n ewigheid moet wag
voordat hulle sal aflewer nie. Meer as een site is ook reg as dit moet.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

KERKORREL

Wo., 13 November 2002 15:42

DANKIE TOG HY HET GEVREK, HY KON NIEMAND N GROTER GUNS BEWYS HET NIE

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Bladsye (1834): [ «    672  673  674  675  676  677  678  679  680  681  682  683  684  685  686  687    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 05:32:20 UTC 2026