Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

sommer net dag se

Wo., 26 Februarie 2003 09:46

hi,
die eerste keer gelees, lekker gelag en na gedink!Dit is lekker om my
moedertaal te lees(my afrikaans het maar vrot geword in die laaste paar
jare!).
Gedagte vir die dag(of volgende paar jare?!)

Why be SMALL minded,
if you can be BIG hearted?

volgende net as erinnering...vir die stoutes onder ons

Do not linger under the canopy of a strangers car,
and do not fumble and mess around there either,
for Thy could get pregnant
and have children against Thy will,
who will sponge on Thy pension
and multiply Thy bills!!

cheers vir eers!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

AJ vir 4 weke uit spel

Wo., 26 Februarie 2003 06:51

Belaglik.
Indien die reël en strawwe konsekwent toegepas gaan word, gaan die Super
12-spanne leegloop.
Dat Aj wou kopstamp is so - maar hy het nie vir Fleck getref nie. (Dis
jammer - en daarvoor moes hy gestraf word....)
Gaan ons nou ouens bloot straf omdat hy 'n hou gooi - wat nie tref nie?
Belaglik.

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Kanada se krieket

Di., 25 Februarie 2003 09:45

En niemand het nog vir Gloudina geluk gewens oor die feit dat een van
haar span se spelers, John Davison, die vinnigste 100 nog in eendag WB
wedstryde aangeten het nie. Net 67 balle, en dit nogal teen die
Windies wat bekend is vir hulle mean boulers.

Sport & ontspanning | 33 kommentare

Sommer nonsens, naar oulik

Di., 25 Februarie 2003 08:38

My wyfiemens het hierdie iewers uitgeknip, soos gewoonlik sonder titel
en sonder om te weet waar dit vandaan kom. Soos gesê is dit sommer
nomsens, maar dis vir my oulik, veral omdat so-iets net uit SA kan
kom.

Valentine, oh Valentine,
I smaak you stukkend, say you'll be mine.
You're my morning, my sunshine, my moon and my stars,
You're my air freshener from the OK Bazaars;
You're my beaded love-letter, my breeze in the night,
You're my coffee, my Cremora, my Blitz firelight.
You're my Crime-Stop, my Tracker, you're my AZT,
My pap, Mrs Ball's chutney, my Nando's for free;
You're my lamb chop, my dewdrop, my partner in crime,
My chilli, my pepper, my vetkoek sublime.
The list is just endless and this isn't all,
You're my Lotto jackpot, my dop and my jol,
You're my 4 X 4 when the road is so hilly,
You're the Floro margarine that butters my mielie.
I smaak you my poppie, so please be my wife,
‘Cause, babe, you're the tomato sauce on the slap chips of life. Ja
nee!

Verskoon die Engels Ta' Hessie; daar is darem so bietjie Afrikaans ook
by :-)

Drom

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

SA / Nederland

Di., 25 Februarie 2003 05:02

Ons kyk vir hulle en hulle kyk terug na ons.

SA / Nederland by www.see.org.za

:-)

TJ
www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Vragie

Ma., 24 Februarie 2003 22:53

Ek het 'n vragie. As 'n mens 'n huis wil koop, moet die eienaars nie alle
probleme met die huis aan die potensiele koper uitwys nie? Is daar nie 'n
ding soos "Full Disclosure" wanneer dit by huiskoop kom nie? Ek vra, want
nou dat die mense uit ons nuwe huis is, is daar eweskielik 'n klomp probleme
wat ons nie gesien of gewys is toe ons daar was nie. Hulle het gate in die
mure toegemaak met portrette. Iets wat nie ons of die agent geweet het nie.
Hulle het meubels oor stukkende plekke in die matte geskuif. Die deur was
oop toe ons gaan kyk het, vandag toe ons die deur probeer opmaak, breek die
handvatsel af! Die ou het ook goed soos rakke uit die mure geruk en daar's
groot gate in die mure waar hy dit gedoen het! In die badkamer was 'n
kassie wat teen die muur gestaan het. Ek het die kas oopgemaak en kon sien
dat die kassie teen die muur "vasgebolt" was. Vandag toe ons daar kom is
die kassie uit die muur geruk (letterlik) die gate is net so oopgelos en die
vloer het 'n groot "roesagtige" kol waar die kas gestaan het. Is daar nie
iets wat ons kan doen nie? Die koop is klaar deur, maar ons voel die
verkoper het ons om die bos gely. Daar's seker maklik R10 000 - R20 000 se
skade aan die huis wat ons nou moet regmaak, of omdat hulle ons nie die
foute gewys het nie, of omdat hulle regtig roekeloos was toe hulle, hul
"goed gevat en geloop" het.
Goeters soos die verf wat van die geute afdop kon ons sien, maar dis nou
regtig niks om gou te fix nie. Ek weet nie, lyk vir my asof ons 'n kat in
die sak gekoop het hier - en ons was so opgewonde oor die huis gewees, nou
is ons nie eers meer lus vir die plek nie. Dis nie 'n groot huis nie, maar
hoeveel plek het 2 mense nodig?

Anyway, wou maar net weet of daar dalk iemand is wat kan raad gee.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Meel

Ma., 24 Februarie 2003 14:35

Daar is twee soorte meel
Een is vroulik en die ander manlik
Koekmeel en Mieliemeel.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Krieket vandag 24/2

Ma., 24 Februarie 2003 13:52

Kenia het nounet vir Sri Lanka gewen met 57 lopies.
Hoo Boy!! Afrika gaan die Oosterse lande verbysteek!:))
Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Tafelberg Brand

Ma., 24 Februarie 2003 13:18

Ek het bietjie opgewonde geraak toe ek uit Bellvile op die N1 kom en die dik
wolk rook teen Tafelberg sien.
Bietjie vinnig gery totdat ek kon sien dis darem links van die peperpotte,
en kon toe bietjie ontspan, want daar is nie wind nie, en twee helikopters
gooi water.
Maar nou, trek die vuur met 'n stink spoed na regs, sonder wind, en die
vlamme, wat mens van 10km ver kon sien is nou hier reg agter my agter die
peperpotte. Die helikopters lyk ook nou hier van naby of hulle verdwaal op
pad na die vuur toe, want een het skuins oor ons links gevlieg, en toe terug
gedraai na die vlamme toe. Ek gaan nou bietjie kyk - die lyk of die vlamme
bitter baie na-aan die grend huise hoogste op teen die berg gekom het.
As julle nie weer van my hoor nie, kyk in die koerant of ek onder die
oorledenes gelys is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    625  626  627  628  629  630  631  632  633  634  635  636  637  638  639  640    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 06 04:15:45 UTC 2026