Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Sommer nonsens, naar oulik

Di., 25 Februarie 2003 08:38

My wyfiemens het hierdie iewers uitgeknip, soos gewoonlik sonder titel
en sonder om te weet waar dit vandaan kom. Soos gesê is dit sommer
nomsens, maar dis vir my oulik, veral omdat so-iets net uit SA kan
kom.

Valentine, oh Valentine,
I smaak you stukkend, say you'll be mine.
You're my morning, my sunshine, my moon and my stars,
You're my air freshener from the OK Bazaars;
You're my beaded love-letter, my breeze in the night,
You're my coffee, my Cremora, my Blitz firelight.
You're my Crime-Stop, my Tracker, you're my AZT,
My pap, Mrs Ball's chutney, my Nando's for free;
You're my lamb chop, my dewdrop, my partner in crime,
My chilli, my pepper, my vetkoek sublime.
The list is just endless and this isn't all,
You're my Lotto jackpot, my dop and my jol,
You're my 4 X 4 when the road is so hilly,
You're the Floro margarine that butters my mielie.
I smaak you my poppie, so please be my wife,
‘Cause, babe, you're the tomato sauce on the slap chips of life. Ja
nee!

Verskoon die Engels Ta' Hessie; daar is darem so bietjie Afrikaans ook
by :-)

Drom

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

SA / Nederland

Di., 25 Februarie 2003 05:02

Ons kyk vir hulle en hulle kyk terug na ons.

SA / Nederland by www.see.org.za

:-)

TJ
www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Vragie

Ma., 24 Februarie 2003 22:53

Ek het 'n vragie. As 'n mens 'n huis wil koop, moet die eienaars nie alle
probleme met die huis aan die potensiele koper uitwys nie? Is daar nie 'n
ding soos "Full Disclosure" wanneer dit by huiskoop kom nie? Ek vra, want
nou dat die mense uit ons nuwe huis is, is daar eweskielik 'n klomp probleme
wat ons nie gesien of gewys is toe ons daar was nie. Hulle het gate in die
mure toegemaak met portrette. Iets wat nie ons of die agent geweet het nie.
Hulle het meubels oor stukkende plekke in die matte geskuif. Die deur was
oop toe ons gaan kyk het, vandag toe ons die deur probeer opmaak, breek die
handvatsel af! Die ou het ook goed soos rakke uit die mure geruk en daar's
groot gate in die mure waar hy dit gedoen het! In die badkamer was 'n
kassie wat teen die muur gestaan het. Ek het die kas oopgemaak en kon sien
dat die kassie teen die muur "vasgebolt" was. Vandag toe ons daar kom is
die kassie uit die muur geruk (letterlik) die gate is net so oopgelos en die
vloer het 'n groot "roesagtige" kol waar die kas gestaan het. Is daar nie
iets wat ons kan doen nie? Die koop is klaar deur, maar ons voel die
verkoper het ons om die bos gely. Daar's seker maklik R10 000 - R20 000 se
skade aan die huis wat ons nou moet regmaak, of omdat hulle ons nie die
foute gewys het nie, of omdat hulle regtig roekeloos was toe hulle, hul
"goed gevat en geloop" het.
Goeters soos die verf wat van die geute afdop kon ons sien, maar dis nou
regtig niks om gou te fix nie. Ek weet nie, lyk vir my asof ons 'n kat in
die sak gekoop het hier - en ons was so opgewonde oor die huis gewees, nou
is ons nie eers meer lus vir die plek nie. Dis nie 'n groot huis nie, maar
hoeveel plek het 2 mense nodig?

Anyway, wou maar net weet of daar dalk iemand is wat kan raad gee.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Meel

Ma., 24 Februarie 2003 14:35

Daar is twee soorte meel
Een is vroulik en die ander manlik
Koekmeel en Mieliemeel.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Krieket vandag 24/2

Ma., 24 Februarie 2003 13:52

Kenia het nounet vir Sri Lanka gewen met 57 lopies.
Hoo Boy!! Afrika gaan die Oosterse lande verbysteek!:))
Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Tafelberg Brand

Ma., 24 Februarie 2003 13:18

Ek het bietjie opgewonde geraak toe ek uit Bellvile op die N1 kom en die dik
wolk rook teen Tafelberg sien.
Bietjie vinnig gery totdat ek kon sien dis darem links van die peperpotte,
en kon toe bietjie ontspan, want daar is nie wind nie, en twee helikopters
gooi water.
Maar nou, trek die vuur met 'n stink spoed na regs, sonder wind, en die
vlamme, wat mens van 10km ver kon sien is nou hier reg agter my agter die
peperpotte. Die helikopters lyk ook nou hier van naby of hulle verdwaal op
pad na die vuur toe, want een het skuins oor ons links gevlieg, en toe terug
gedraai na die vlamme toe. Ek gaan nou bietjie kyk - die lyk of die vlamme
bitter baie na-aan die grend huise hoogste op teen die berg gekom het.
As julle nie weer van my hoor nie, kyk in die koerant of ek onder die
oorledenes gelys is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ekonomie in lewende lywe

Ma., 24 Februarie 2003 07:46

Iemand staan in 'n ry by die krieket, en sê vir sy vriend:
Ek is 'n lopende ekonomie

Vriend: Wat bedoel jy?

Ekonomie: My haarlyn is in resessie, my maag is 'n slagoffer van inflasie,
en die kombinasie van hierdie faktore plaas my in 'n diep depessie.

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

Growwe Grap - Onder 18's hou verby

Ma., 24 Februarie 2003 07:26

Op fyndraai sê 'n Afrikaner: 'Ek kom, Ek Kom!"
'n Engelsman: "Im coming, I'm coming!"
En 'n Namakwlander: .... "Dit smaak my die naai staan nou einde se kant toe!"

Elaine

Humor & grappe | 21 kommentare

Nog iets van Koos Doep

Ma., 24 Februarie 2003 06:45

Hiersie was gister net so in ons kerk se nuusbrief:

'n Gebed van Koos du Plessis

laat my nooit die grond verlaat nie
laat my in U skadu bly
gee dat elke aardse vreugde en en vrees
eintlik nietig word vir my
elke afdraaipaadjie ken ek
elke keer het ek gedwaal
elke keer het U my iewers kom haal
maak dit Heer die laaste maal

elke dag is 'n gedagte
elke kamer net gehuur
elke aardse droom van rykdom en roem
net 'n skadu teen die muur
wat ek is is net genade
wat ek het is net geleen
eintlik smag ek na U waters van rus
lei my Heer vanaand daarheen

Dis die eeste keer dat ek dit sien. Weet iemand iets hiervan af?

Drom

Musiek & liriek | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    625  626  627  628  629  630  631  632  633  634  635  636  637  638  639  640    »]
Tyd nou: Do. Des. 25 04:29:05 UTC 2025