Annette - jammer - ek probeer peil of jy toe 'n geskikte woord vir
"streetwise" gekry het? Wat is die resultaat?
Die "streetwise" hou natuurlik verband met 'n ander ene wat ek nie kan
vertaal nie nl. "theory of mind."
So pas op SABC-TV (19:00) word dit gemeld dat die menslike skilde van
Suid-Afrika baie senuweeagtig is en dat hulle hul in 'n hotel (Pakistan
Hotel) bevind.
Hierdie ouens gaan Irak toe om die Amerikaanse Weermag aan te durf - en dan
word hulle senuweeagtig voordat 'n skoot geskiet is.
Hierdie ouens kan mos nie effektiewe skilde wees in 'n hotel nie - die
hotelle sal nie aangeval word nie. En dit weet die snare. Hulle sal meer
effektief wees as hulle by die militêre teikens gaan bly.
Blykbaar is 'n Prof van Unisa die samesteller van hierdie woordeboek wat
eersdaags uitgegee word,
Volgens hom is Afrikaans die basis van die Tsotsitaal.
Annette
'n Bietjie Afrikaanse opvoeding op hierdie dag.
Oorvertel as die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die
waarheid!!!
Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal
vergader. Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste
rugbyspan geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories
bang gemaak - nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die
doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgelê kan word nie.
Hy betuig verder sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise
teen die skool teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die klaskamers
rook nie.
Op die verhoog staan daar twee kartondose.
In hierdie kartondose is daar Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis
die ouens wat Bybels in hotelle ens. plaas) aan die skool geskenk is. Die
idee is om vir alle kinders wat nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee.
Omdat hierdie nogal 'n noemenswaardige gebaar is, het twee van die Gideon
mense na die skool gekom om die Bybels te oorhandig. Die twee sit so half
eenkant - weg van die onderwysers af.
Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op na die kinders, en
sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee Gideon mense se
kant toe en sê: "Julle wonder seker wat hierdie twee dose op die verhoog
doen?"
Nodeloos om te sê die volgende oomblik het chaos uitgebars en die
onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite werd
vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle telkens
uitgebars het van die lag.
Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry nie en die twee dose met
Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor verskuif.
Ek kan sien jy het weer lank weggekom met 'spin'. Kom ons kyk 'n bietjie na
jou opmerkings oor Vancouver as VOORBEELD.
Analise:
Doudie ken 'n suid afrikaner wat uit Vancouver terug is SA toe. [Anecdote
(Afr?)- verseker, mite - moontlik.] Volgens Statistics Canada (statscan) se
2001 sensus se daar het op daardie stadium 34,990 suid-afrikaans gebore
mense in Kanada gebly, waarvan 7,835 Vancouver gekies het. Die SA-ners in
Vancouver het vermeerder met 36.1% vanaf die 1996 sensus. [FEITE] Hierdie is
mobiele mense wat kan kies waar hulle gaan, kies almal 'n vreeslike plek om
te gaan bly. Yeah right.
Jy praat oor dinge soos 'n enkele individu se optrede (verskriklike optrede,
toegegee) - die massamoordenaar - om 'n algemene punt oor 'n groot stad te
maak. Daar is sulkes orals. Dit is so goed ons bespreek Milwaukee en maak of
almal Dahmers is. Nonsens.
Dan haal jy 'n totale trivialiteit aan - die premier se boozy trip in Hawai
(sic). Minstens erken hy dit, en dra die gevolge. Dink jy dit gebeur orals?
En so aan, dan dis jy 'n bietjie drama oor east-Vancouver op, dieselfde
trant.
Kom ons dink. Doudie ken iemand wat weg is uit Vancouver. Statscan se
SA-ners in Vancouver het met 36.1% oor 5 jaar vermeerder na amper 8000.
Klaar gedink.
Doudie haal anecdote aan. Mercers / die UN studies kyk na dosyne kriteria en
bevind dat Vancouver 'n uitstekende plek is om te woon. Klaar gedink.
Jy sien Doudie, jy kan hierdie tipe van nonsies opdis as objektiewe
waarneming vir die wat nie die agtergrond het om jou aan te vat nie. Maar
die ou Bees ken Vancouver goed, ek ken Statscan se uitstekende website. Ek
was al dosyne kere in Vancouver, veral toe ek net oorkant die berge in
Calgary gebly het. Ek is weer daar oor 3 maande om my gesin op vakansie te
neem. Al die pad uit Australia. En ek kan enige plek in die wereld kies.
Wanneer laas was jy daar? Was jy al OOIT daar?
QED.
Balans en feit uitoorle mite, anecdote en spin. Altyd.
Bees
Ps. Hierdie pos gaan nie oor Vancouver nie.
skryf in boodskap news:3E786AF5.3030902@rogers.com...
>
> Koot wrote:
>
>> Ou Bees, hier stry jy verniet. Gloudina het my oortuig dat Kanada 'n nes van
>> onheil is waar ouers snags bekommerd om die kersie hul kinders vashou en dat
>> ons hier in Suid-Afrika die misdaadsituasie hopeloos oorskat.
>>
>> Hierdie debat het ons al gehad. Glo my, dis futiel.
>
> Jy vergeet natuurlik, met opset, om te sê dat
> die hele debat begin het toe jy vertel het
> dat jou korrespondent in Vancouver sê dat
> hulle in Vancouver net klein oortredinkies
> het soos mense wat nie hulle biblioteek-
> boeke betyds ingee nie. Dit terwyl hulle nou
> al oor die dertig lyke uitgegrawe het op 'n
> plasie net buite Vancouver. Dit nadat die
> premier van British Columbia vir dronk bestuur
> in Hawai gevang is. Dit terwyl dele van downtown
> Vancouver van die ergste hole in Kanada is, en
> mense in gegoede buurtes vra dat daar iets gedoen
> moet word om die groeiende probleem van prostitute
> in hulle buurtes te bekamp.Dit nou, bo en behalwe
> die feit dat mense in duur condominiums sit waarvan
> die dakke so lek weens slegte struktuur dat die
> provinsie moet ingryp. Ek ken SA wat Vancouver toe
> getrek het en nou weer terug is in SA. Dit ten spyte
> van die feit dat dit nou glo, saam met Zurich, die
> beste stad in die wereld is om in te bly.
>
> Gloudina
>
Ek lees vandag in die teleteks webbladsye van die Nederlandse en
Vlaamse televisie dat afluisterapparatuur ontdek is in die geboue van
die Europese Unie in Brussel. Die ondersoek daarnaartoe is nog besig
maar die Franse koerant "Le Figaro" het al geskryf daardie apparatuur
is geplaas deur die Amerikaanse inligtingsdiens. Vernaamlik in daardie
geboue van die Duitse en Franse delegasies het die polisie die
afluisterapparatuur gevind.
As dit waar is dan gaan die Amerikane alle krediet wat hulle nog hê in
onse kontreie verloor. Dis luisig en smerig. Dit het ons nie kan dink
oor onse Amerikaanse vriende nie. Het hulle eintlik nog 'n bietjie
eergevoel oor? Ek sal hulle dit besonder kwalik neem as dit waar is
wat Le Figaro skryf. Hoe sou 'n mens self wees?