Tony Yengeni word vir 4-jaar tronk toe gestuur vir bedrog en diefstal -maar
die ANC Vroueliga en ander kaders wag hom in op Kaapstad lughawe. Hy word
oorval met lofgesang, plakkate wat hom ondersteun, en word hy skouerhoog die
ontvangslokaal uitgedra.
Ek is so bly die man het nie moord gepleeg nie - anders sou Victoria, of Van
Riebeeck se standbeeld (of beide) deur Yengeni se standbeeld vervang word
...
Gelukkig doen Thabo kort-kort 'n beroep op die "ander" Suid-Afrikaners om
hulle teen bedrog te wend.
(Die ANC het seker alleenreg op daardie terrein ...)
Ek kyk alweer die wedstryd met 'n bottel byderhand.
Hoekom lyk die Stormers so ongeskeer en lusteloos?
Dis al asof elkeen maar net deur die motions gaan.
Fleck word blonder by die wedstryd - sy hare word al hoe ligter.
Nou het ek genoeg moed geskep om die tweede helfte te kan kyk.
Die HSBC op Waratahs se trui - wat is dit?
Annette - jammer - ek probeer peil of jy toe 'n geskikte woord vir
"streetwise" gekry het? Wat is die resultaat?
Die "streetwise" hou natuurlik verband met 'n ander ene wat ek nie kan
vertaal nie nl. "theory of mind."
So pas op SABC-TV (19:00) word dit gemeld dat die menslike skilde van
Suid-Afrika baie senuweeagtig is en dat hulle hul in 'n hotel (Pakistan
Hotel) bevind.
Hierdie ouens gaan Irak toe om die Amerikaanse Weermag aan te durf - en dan
word hulle senuweeagtig voordat 'n skoot geskiet is.
Hierdie ouens kan mos nie effektiewe skilde wees in 'n hotel nie - die
hotelle sal nie aangeval word nie. En dit weet die snare. Hulle sal meer
effektief wees as hulle by die militêre teikens gaan bly.
Blykbaar is 'n Prof van Unisa die samesteller van hierdie woordeboek wat
eersdaags uitgegee word,
Volgens hom is Afrikaans die basis van die Tsotsitaal.
Annette
'n Bietjie Afrikaanse opvoeding op hierdie dag.
Oorvertel as die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die
waarheid!!!
Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal
vergader. Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die eerste
rugbyspan geprys, die skoolkommittee hartlik bedank, die kinders met stories
bang gemaak - nie dat ek dink kinders skrik meer vir enigiets minder as die
doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgelê kan word nie.
Hy betuig verder sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele eise
teen die skool teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die klaskamers
rook nie.
Op die verhoog staan daar twee kartondose.
In hierdie kartondose is daar Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis
die ouens wat Bybels in hotelle ens. plaas) aan die skool geskenk is. Die
idee is om vir alle kinders wat nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee.
Omdat hierdie nogal 'n noemenswaardige gebaar is, het twee van die Gideon
mense na die skool gekom om die Bybels te oorhandig. Die twee sit so half
eenkant - weg van die onderwysers af.
Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op na die kinders, en
sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee Gideon mense se
kant toe en sê: "Julle wonder seker wat hierdie twee dose op die verhoog
doen?"
Nodeloos om te sê die volgende oomblik het chaos uitgebars en die
onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite werd
vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle telkens
uitgebars het van die lag.
Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry nie en die twee dose met
Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor verskuif.