Enigiemand hier gisteraand se titelgeveg gesien?
Kon nie die deelnemers se name hoor nie, en niks in Argus vanoggend nie -
maar die een se ruggraat was getatoeëer en en ander een het gordyne vir 'n
broek gehad.
Nietemin - nie 'n slegte geveg nie, tot die 6de rondte, toe Gordynman vir
Ruggraat per ongeluk vreeslik erg met die kop stamp. Soveel so, dat die
geveg dadelik stopgesit moes word.
Ruggraat se wenkbrou het in die gat verdwyn.
Toe kom die sports - nieteenstaande die feit dat van die grootbase van
boks - CEO van Boks SA, sowel as die baas van boks in Mpumalanga ook
teenwoordig was.
Dit blyk ook toe dat slegs die kommentators die reëls ken.
Tot op daardie stadium was daar geen twyfel dat Gordynman die geveg moes wen
nie - maar hoe - en dis waar SA boks se fatcatmentaliteitkleure begin wys
het.
Hier is 'n opsomming van die gebeure.
1) Nadat die geveg gestop is, kon die skeidsregter een van die beoordelaars
nie in die hande kry nie - hy was nie op sy stoel nie.
2) Daar was blykbaar 'n besluit geneem, ( technical draw) maar na vele
protes deur beide kampe het die CEO TWEE keer iemand geskakel voordat 'n
antwoord na 10 minute aan die skeidsregter op skrif gegee is. - technical
knockout. - wat eintlik ook verkeerd was.
3) Volgens die reëls moet na die tellings gekyk word as so iets na die
vierde rondte gebeur. Volgens die ref is so 'n beslissing nodig na die 3de
rondte, volgens die CEO na die 5de rondte.
4) Toe die CEO uiteindelik toestem om kommentaar voor die kameras te lewer,
val hy die ondersteuningspanne aan, en het niks te sê van die feit dat hy
nie in staat was om dadelik 'n beslissing te kon gee nie, of wie hy eers
moes skakel nie. Hy verklaar toe onomwonde dat die geveg 'n technical win
s - wat reg is - maar dit is nie wat hy aan die ref gegee het as beslissing
nie.
Die string hierbo raak so effe lank, maar die 'sogenaamde fight' is eintlik
maar net 'n gerattle...die een uit die VSA van 'Hotpants Katryn' wat maar
net nie haar emosionele uitbarstings in toom kan hou nie en my maar net nie
wil uitlos nie. Ek vra so hard, maar sy spring elke keer! Wat die
Plaasvark aanbetref, hy het homself op hierdie troontjie geplaas en ek wil
glad nie naby 'sy hoogheid' kom nie, maar ook hy wil nie verby hou
nie....dalk is die lug daarbo te skoon vir hom en verlang hy na ons commen
ouens? Soos ek dit sien, klim hy en Katryn elke keer in met skerp
aanmerkings en is dan skoon verbaas as hulle 'n skerp antwoord terug kry.
Maar daar gelaat.....ek het hoop dat hulle nou sal verby hou??????
Ek sou wou geweet van die taalkundiges onder julle:
-wanneer skryf die mense in Afrikaans 'n 'e' an die einde van 'n
byvoeglike naamwoord en wanneer doen hulle dit nie?
Ek is daaroor in die grootste verwarring.
Sal 'n antwoordjie seer waardeer.
Tony Yengeni word vir 4-jaar tronk toe gestuur vir bedrog en diefstal -maar
die ANC Vroueliga en ander kaders wag hom in op Kaapstad lughawe. Hy word
oorval met lofgesang, plakkate wat hom ondersteun, en word hy skouerhoog die
ontvangslokaal uitgedra.
Ek is so bly die man het nie moord gepleeg nie - anders sou Victoria, of Van
Riebeeck se standbeeld (of beide) deur Yengeni se standbeeld vervang word
...
Gelukkig doen Thabo kort-kort 'n beroep op die "ander" Suid-Afrikaners om
hulle teen bedrog te wend.
(Die ANC het seker alleenreg op daardie terrein ...)
Ek kyk alweer die wedstryd met 'n bottel byderhand.
Hoekom lyk die Stormers so ongeskeer en lusteloos?
Dis al asof elkeen maar net deur die motions gaan.
Fleck word blonder by die wedstryd - sy hare word al hoe ligter.
Nou het ek genoeg moed geskep om die tweede helfte te kan kyk.
Die HSBC op Waratahs se trui - wat is dit?
Annette - jammer - ek probeer peil of jy toe 'n geskikte woord vir
"streetwise" gekry het? Wat is die resultaat?
Die "streetwise" hou natuurlik verband met 'n ander ene wat ek nie kan
vertaal nie nl. "theory of mind."
So pas op SABC-TV (19:00) word dit gemeld dat die menslike skilde van
Suid-Afrika baie senuweeagtig is en dat hulle hul in 'n hotel (Pakistan
Hotel) bevind.
Hierdie ouens gaan Irak toe om die Amerikaanse Weermag aan te durf - en dan
word hulle senuweeagtig voordat 'n skoot geskiet is.
Hierdie ouens kan mos nie effektiewe skilde wees in 'n hotel nie - die
hotelle sal nie aangeval word nie. En dit weet die snare. Hulle sal meer
effektief wees as hulle by die militêre teikens gaan bly.