'n Boer koop 'n nuwe motor en is baie ontsteld oor al die pryse vir die
"opsionele ekstras" wat bygevoeg is by die standaard model. Later in die
maand koop een van die motorhandelaar se direkteure 'n koei by die boer vir
sy vakansieplaas.
Die volgende is die faktuur wat hy toe ontvang vanaf die boer:
1 Koei, standaard model R4,800
Opsionele Ekstras:
Twee kleure (swart en wit) R300.00
Leer bekleedsel R200.00
Melk houer vir die hele jaar se gebruik R100.00
4 Krane @ R25.00, R100.00
2 Stampers, horing gevormd @ R35.00, R70.00
Vlieë Plak, semi outomaties, R60.00
Kunsmis toerusting (biologies) R120.00
Permanente 4 x 4 R200.00
Dubbele kring remstelsel (voor & agter) R800.00
Multi-klank toeter R270.00
Outomatiese sluit halogeen soekligte R300.00
Multi-brandstof enjin R2,500.00
Totaal Standaard model plus ekstras: R9,820.00. (Verkoopsbelasting en afleweringskostes uitgesluit.)
Aan almal wat dit oorweeg om voor die kansel te gaan staan..........
Alhoewel daar hordes boeke en artikels oor hierdie onderwerp verskyn het,
bly dit 'n kopseer vir alle betrokkenes. Hier gee Nataniel bietjie hulp:
Laat per ongeluk 'n prominente familielid uit tydens nooi van gaste. Dit
veroorsaak 'n geweldige bitterheid en agteraf geskinder en sorg dat die
geleentheid vir altyd onthou word.
Gebruik 'n silwer koki en skryf uitnodigings met die hand. So bly dit
persoonlik en die reuk versag die werklikheid. (Lek ook die koeverte
self,die genot van gom is ongekend.)
Verander die kleurskema nadat die moeder van die bruidegom in kennis gestel
is. Die feit dat sy dan heeltemal uitstaan en heeltyd snaaks aangekyk word,
trek dus haar aandag af van die verrigtinge. (Onthou, sy verloor haar seun).
Borsruikers: Vervang die tradisionele orgideë deur blomme van versiersuiker,
veral as jy vermoed dit gaan reën. Dit sorg vir eindelose pret en hou die
vlieë van die buffet af.
Blomme teen die banke: Vars ruikertjies is tog so vervelig. Laat hekel die
goedjies - veral as jy herfskleure trou. Buiten dat dit werk verskaf, kan jy
dit later verkoop of bêre indien 'n tweede huwelik beplan word.
Laat ALTYD die trourok ontwerp deur 'n moffie. Sy grootste fantasie kry
gewoonlik die oorhand (almal het hulle drome) en sorg dat die bruid soos 'n
wandelende tert opeindig. Dit wakker die nodige behoeftes aan by die
bruidegom, veral as 'n voorhuwelikse oor-die-tou-trappery reeds plaasgevind
het!
Bestel loperige geregte by die caterers (aartappelslaai, slap hoederpastei
en trifle bly treffers). Dit verhoed dat bejaardes en minder gegoede
kollegas kos in hulle handsakke laai.
Hou die onthaal in 'n saal met 'n verhoog en sluit die aand af met karaoke.
Sodoende ontaard die geleentheid in 'n platvloerse affêre en bespaar jy die
onkoste van 'n going-away uitrusting - wie gaan notice?
Plaas groot hoeveelhede goedkoop vonkelwyn vooraf op die tafels en gaan neem
foto's vir ure in die munisipaliteit se tuin. Sodoende is almal vroeg al
gesuip en maak dit die seremoniemeester baie meer draaglik.
In geval van 'n beperkte begroting, plaas 'n waterval of fontein in die hoek
van die saal. Dit is tog te weelderig en die gedrup sorg dat gaste hulle
self kort-kort moet verlig en minder drink.
Ten Laaste: Nooi altyd mense met kinders, dit bly die simbool van
vrugbaarheid. Huur 'n springkasteel en plaas dit direk agter die
bruidstafel - die op-en-af-gespring en aanhoudende gegil bespaar jou die
koste van 'n orkes en lei tot volgehoue opwinding (veral met 'n paar
beserings).
>
Mag hierdie wenke lei tot 'n onvergeetlike dag en gelukkige samesyn.
Nataniel
> Die nuwe predikant besoek sy gemeentelede. By een huis hoor hy dat die
> mense tuis is maar hulle maak nie die deur oop nie. Hy haal toe 'n
> kaartjie uit en skryf daarop "Openbaring 3:20" en skuif dit onder die
> deur in. Die volgende Sondag kry hy die kaartjie in die kolektebord
> met
> 'n boodskap onderaan gevoeg: "Genisis 3:10".
> Hy trek sy Bybel nader om die gedeelte op te soek en toe hy dit kry,
> bars hy hardop uit van die lag.
> Openbaring 3:20 lees: "Kyk ek staan by die deur en ek klop... Genisis
> 3:10 lees: "Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword,
> want ek is kaal."
Rooikappie stap deur die bos oppad na haar ouma toe.
Sy sien toe Wolf se ore wat uitsteek bokant 'n bossie.
Sy sê vir Wolf: "Ek sien vir jou".
Wolf spring toe maar op en hardloop verder aan.
Na 'n ent sien Rooikappie weer Wolf se ore wat uitsteek.
Sê toe weer vir Wolf: "Ek sien vir jou"
Wolf spring weereens op en hardloop verder aan.
So gaan dit aan. Dis nou al die 5de keer wat
Rooikappie Wolf se ore sien uitsteek bokant 'n bossie.
Sê weereens vir Wolf: "Ek sien vir jou, Wolf".
Sê Wolf toe:
"Ag Rooikappie, wat de hel gaan aan met jou. Kan 'n
wolf dan nie eers in vrede kak nie".
Ek pos hierdie stukkie maar net om te probeer help om die lot nonsens
hieronder van die eerste bladsy af te stoot.
In Maandag se Beeld sê Blouwillem dat sy neef Theo sê dat hy nogal sin
het in oggendtroues, want as dinge nie uitwerk nie, het jy darem nie
die hele dag gemors nie.
Die afgelope maande het ons gesien hoe in meeste lande geprotesteer is teen
die oorlog in Irak en die feit dat onskuldige mense gaan sterf in 'n
militêre konflik. My vraag is nou of die mense wat so 'n weersin het in
onskuldige mense wat in konflikte sterf, te alle tye dieselfde standpunt het
en of dit ook maar verander soos wat die populêre politieke standpunt van
die oomblik is?
Hier by ons in Namibië het die mense ook teen die oorlog betoog en het
die huidige politici sterk standpunt ingeneem teen die oorlog, maar
terselfdertyd is dit die mense wat die sogenaamde 'vryheidstryd' in ons land
ondersteun het en toe doelbewus die dood van ons eie onskuldige mense
aanvaar het. Soos ek reeds op hierdie ng gesê het, die bosoorlog van SWA
was beperk tot Owamboland in die Noorde van die land en het dit net maar by
enkele gevalle gebeur dat die terroriste in pare of klein groepies oor die
rooi lyn kon kom.....daar waar hulle die blankes kon bykom. Die hele
aanslag teen SWA het dus maar bestaan uit landmyne wat geplant is in die
paaie van Owamboland en die groepies wat probeer het om die rooi lyn oor te
steek. In die proses is duisende Owambo's dood. Is dit nie ook
onskuldige mense nie?
Die ANC en ander strydende groepe het bomme geplant in SA en die mees
bekende een was voor die Pointon-gebou in Pretoria waar groot getalle
onskuldige mense dood is en dit alles in die naam van hul vryheidstryd.
Ondersteuners het hul goedkeuring geblêr dwarsoor die wêreld. Dit klink
dan half nou vir my of die mense wat dan juis protesteer teen die oorlog,
diesefde lot was wat geweld teen siviele mense in die naam van die stryd
teen apartheid juis goedgekeur het?
Hoe rym dit?
HI daar
Gegewe die debat rondom di eboek tussen die interessante oorlog stories
deur, het ek besluit om n 101-blaai opsomming vandie boek in *-pdf formaat
te email vir enigeen wat belangstel. Laat weet en ek stuur, so 1,5Mb. Heel
toevallig is di e"opsomming" presies die hele boek !!!
Tot later
Joeboy
(Verskoon spelfoute, ek kan nie tik nie)
Ek het gister "boegoe" gekry.., regstreeks uit Suid-Afrika met die
pos. Dis van die firma "Vital Health Foods" uit Kaapstad en dis almal
klein kapsuletjies met boegoe-olie.
En inderdaad, dis wat ek op die doos gelees het: "Boegoe word al eeue
lank in die Kaap gebruik as 'n hulpmiddel vir verslanking.."
Nou, watter een van julle het nou vir my gejok? Annette het vir my
gesê dit was rêrig boegoe wat deur die Amerikaanse farmaseutiese
bedrywe ontdek is teen vetsug en daar was andere mense wat het gedink
dis nie boegoe nie maar "Hoodia Gordonii", 'n soort kaktus wat ook in
Suid-Afrika groei.
Kom, ek sal nog eens luister na julle..
(Ek het daardie boegoe gekry vir my verjaardag. Ek is nou vandag 50.
Jammer dat julle almal so ver van my af woon. Ons gee tertjies vir die
vriende as ons 'n verjaardag maak. En daardie Belgiese tertjies is
baie lekker, maar ek mag hulle self nie eet nie).
Ek sien Riaan Cruywagen sal moet gaan vir 'n oudisie as hy na Junie nog wil
nuus lees by die SAUK TV. Wonder wie gaan die oudisies hou en of hulle hom
nog nooit sien nuus lees het oor die afgelope 28 jaar nie.
Riaan is baie positief, want hy sê hy oefen darem nou al 28 jaar vir die
oudisie.