Twee seuntjies lê in die hospitaal, albei wagtende om geopereer te word.
'Waarvoor is jy hier?' vra Kosie vir Jannie. 'My mangels word uitgehaal' sê
Jannie, 'en ek is nogal bang.' 'Ag nee wat, dis sommer niks', sê Kosie, 'my
mangels is uitgehaal toe ek nog klein was, en ná die tyd gee hulle jou
roomys en jellie en alles en jy is sommer gou beter.' 'O,' sê Jannie, 'en
waarvoor is JY hier?' 'Ek gaan besny word,' antwoord Kosie. 'Oooooo!' sê
Jannie waarskuwend, 'Ek is bly ek is nie JY nie. EK is besny toe ek nog 'n
baba was, en ek kon vir 'n hele jaar daarna nie loop nie!!'
Die telefoon lui by die FBI hoofkantore: "Hallo?" "Hallo, is dit die
FBI?" "Ja, waarmee kan ek u help?" "Ek skakel net om my buurman
Adrian Thibodeaux te raporteer. Hy steek marijuana is sy vuurmaakhout
weg!" "Baie dankie vir die oproep Meneer." Die volgende dag, slaan
die FBI op Thibodeaux se huis toe, en deursoek sy buitekamer waar hy
sy vuurmaakhout be're. Hulle gebruik toe byle en kap elke stukkie
vuurmaakhout oop, maar vind geen marijuana nie. Al swetsende vertrek
hulle weer. Die telefoon lui in Thibodeaux se huis: "Haai Adrian, was
die FBI toe daar?" "Ja." "Het hulle jou vuurmaakhout opgekap?" "Ja."
"Wonderlik, nou is dit jou beurt om te bel, my tuin moet omgeploeg
word."
Die blonde meisie stap in die nuwe Suid Afrika in die straat met al
haar mooi goue juwele, toe iemand haar gryp, al die juwele afruk en
weghardloop. Sy gil en gil. Sy hardloop agter die skelm aan, maar
toe sy om die hoek kom, is hy skoonveld. Maar tot haar verbasing le
al haar juwele netjies op 'n hopie, met 'n groot Z langsaan
uitgekerf. Sy kan haar oe' nie glo nie, en se': 'Dankie Zuperman!'
15 new funny movies (MPG), a.o. Bill Clinton, Striptease, Driving
School, Axe commercial, Mr. Bean and The woman in the Elevator.
Games: Sesamstraat (Dutch) + Stripball.
New Game: Beat Up Your Computer!
Verlede jaar het ek en my swaer en my skoonseun per vliegtuig
na Windhoek gereis om veral die dierelewe van Namibië te
besigtig. Last year, me and my heavy and my cleanson traveled by
flying harness to Windcorner specially to belook the
animal-living in Namibia.
In die Noorde het ons toe volop springbokke,steenbokke,
blesbokke, kameelperde en ook meerkatte gesien. In the North we then saw full-up jumping goats, brick
buck, bald buck, camel horses and also more cats.
Een keer was ons senuwees egter skoon op hol. One time genuine our sinews were clean on hollow.
Ons het agtergekom dat 'n luiperd besig was om ons te bekruip. We aftercame that a lazy-horse was becreeping us.
In 'n oomblik was ons slaggereed met ons dubbelloop haelgewere. In an uncle-tin we were slaughter ready with our double walk
hail guns.
Toe die luiperd agter die bos roer, skiet ons almal gelyk. When the lazy-horse mixed behind the bush, we all shot equal.
Na alles verby was, was ons hare baie deurmekaar. Ons het dit
toe netjies gemaak, in die bakkie geklim en huis toe gery. After all was past, our hairs were very through each other.
We then made it into small nets, we climbed in the dish, and
rode home.
Langs die pad het ons 'n pap wiel gekry. Along the road we got a porridge wheel.
So het ons lang, opwindende dag geëindig. So did our long, wound-up day end!
--
---
a
---
Product Warnings:
On a helmet mounted mirror used by US cyclists - REMEMBER, OBJECTS IN THE
MIRROR ARE ACTUALLY BEHIND YOU.
Die gemeente was bra moeg van hulle jong dominee se temerige preke en die
koster het met ontsteltenis gemerk dat die kerk elke Sondag leër word. Ten
einde raad besluit hy om so 'n titseltjie brandewyn by die dominee se
kraffie water op die preekstoel te gooi. En sowaar! die volgende Sondag gooi
hy 'n skootjie meer by en dinge verbeter sodanig dat die kerk Sondae spoedig
weer kant en wal sit.
Een naweek woon een van die dominee se kweekskoolprofessore die erediens by.
Na die diens wil die dominee weet hoe die professor sy preek gevind het.
Die professor wat die die man as 'n powere redenaar onthou, wens hom geluk
met sy verbeterde voordrag. Maar, sê hy, daar is drie dingetjies wat hy net
wil regstel. In die eerste plek: Delila was nie Simson se kys nie; In die
tweede plek: Simson het nie met die eselskakebeen onder die ANC ingevlieg
nie; en in die derde plek: die water by die bruilof te Kana is nie in Oude
Meester verander nie!
_________________________________________________
_________________________________________________
Onse Spele
DIE minister van sport en ontspanning, Ngconde Balfour, het met nuwe
perspektiewe uit Sydney teruggekeer. Hy was diep onder die indruk
van die omvang van die Spele en die aanbieding deur die Australiers.
en so byna biy dat Kaapstad nie gekies is om die Spele in 2004 aan te
bied nie.
Hy se geen stad in SA of in enige ontwikkelende land is in staat om
die Olimpiese Spele in sy huidige vorm aan tebied nie.
Sy opiossing? Die aantal sportitems (tans 300) op die Spele moet
verminder word.
As die Internasionale Olimpiese Komitee dieselfde besluit neem, sal
Balfour dalk sy kans vir 2008 kry om te se watter sportsoorte afgeskaf
moet word. Duwweltjie het 'n paar idees vir horn:
^ Skaf alle sportsoorte at waarin SA en ander ontwikkelende lande nie
goedvaar nie.
o Om te voorkom dat te min items oorbly, kan 'n aantal sportsoorte
byge-voeg word waarin SA wel presteer, soos toi-toi en motorkapings, ^
DieOlimpiesevIam kan 'n brandende taxi opTafelbergwees.
o Dit kan net die geleentheid wees om 2 008 misdadigers los te laat.
o Die Olimpiese dorp kan sommer vooraf aan plakkers belowe word om
waglyste en burokratiese rompslomp te voorkom.
By 'n internasionale konferensie spog drie plastiese sjirurge oor
hulle prestasies. Die Amerikaner: 'Onlangs het ek 'n pasient gehad
wat sy arm in 'n ongeluk verloor het. Ek het daarin geslaag om vir
hom 'n nuwe arm op te bou, en hy is nou in staat om in die fabriek
waar hy werk, vyf ander werkers se werk te verrig!'
Die Rus: 'Wel, tydens die Chernobil-ongeluk het ek een van die
werkers wat feitlik tot as verbrand het weer opgebou tot 'n volledige
mens. Hy doen so goed dat hulle vyftig werkers in die aanleg kon
afdank omdat hy almal se werk kan doen!'
Die Suid-Afrikaner: 'Ek het 'n klompie jare gelede 'n botteltjie
peperkorrels geneem, dit in hare verander en 'n hele liggaam daaraan
opgebou. Toe het ons hom staatspresident gemaak, en nou sit die hele
land sonder werk!'
15 new funny movies (MPG), a.o. Bill Clinton, Striptease, Driving
School, Axe commercial, Mr. Bean and The woman in the Elevator.
Games: Sesamstraat (Dutch) + Stripball.
Die Skotse werker in Glasgow sny per ongeluk sy vinger af. Sy
kollegas sit sy vinger in 'n plastiese sak, pak dit in 'n bak vol ys
en jaag met hom na die hospitaal in Glasgow, waar 'n beroemde sjirurg
(emigrant uit Suid-Afrika) die vinger weer vaswerk.
Na 'n week is die Skot weer terug by die werk, sy vinger is gesond,
en hy ontvang 10 000 pond kompensasie. Sy een kollega besluit hy het
ook geld nodig. Hy steek sy arm in die masjien, wat dit afsny. Sy
kollegas gryp die arm, plaas dit in 'n plastiese sak, pak ys
daaromheen en jaag met hom na Glasgow se hospitaal. Die sjirurg werk
die arm weer vas, en na 'n maand is die werker terug by die werk, sy
arm gesond, en hy ontvang 100 000 pond kompensasie.
'n Derde werker sien die moontlikheid om groot geld te maak. Hy druk
sy kop in die masjien in. Die masjien sny sy kop netjies af. Sy
kollegas kry die kop, plaas dit in 'n plastiese sak, plaas die sak in
'n emmer vol ys, en jaag met hom na Glasgow se hospitaal toe. Na 'n
uur in die operasiesaal kom die sjirurg uit en se aan die hoopvolle
kollegas: "Julle vriend is dood." "Maar wat het dan gebeur? Kon u hom
nie ook help nie?" vra hulle. "Ongelukkig nie," antwoord hy, "hy het
versmoor in die plastiese sak!"
'n Man tel 'n bottel langs die strand op en trek die kurk uit.
Skielik verskyn daar 'n gees langs hom en gee die man drie wense.
Sy eerste wens is om 'n Switserse bankrekening met 'n miljoen
Amerikaanse dollar. Bam! flits daar 'n lig en 'n papiertjie verskyn
in sy hand met 'n rekeningnommer op. Sy tweede wens is om 'n
bloedrooi Ferrari. Bam! flits die lig en 'n splinternuwe Ferrari
verskyn reg langs die strand in die parkeerterrein en die sleutels
verskyn in sy hand. Vir sy laaste wens vra die man om onweerstaanbaar
te wees vir vroue. Bam! flits die lig weer en die man verander in 'n
blok sjokolade.
Boer Jan klim van sy perd af en op pad na sy buurman se voordeur sien
hy 'n vark met 'n houtbeen. Hy is erg nuuskierig en vra: "Koos,
hoekom het jou vark 'n houtbeen?" "Wel, Jan, daardie is 'n hoogs
intelligente vark! 'n Ruk terug het 'n tier my aangeval hier agter
die randjie. Daardie vark storm toe nader, stamp hom in die ribbes en
jaag hom weg - my lewe gered!" "En die tier het sy been afgeskeur?"
"Nee, die vark het net ligte skrapies opgedoen, maar 'n ruk later het
ons mos die brand hier gehad. Die brand het in die kafhok langs die
kraal begin. Die vark het begin skree - ons almal wakker gemaak. Maar
voor ons daar kon uitkom, het hy reeds die hekke oopgestamp, al die
diere uit die kraal gejaag en so almal gered!" "So dis hoe hy sy been
seergemaak het, hmm, Koos?" "Nee, Jan, hy was net liggies geskroei.
Twee weke terug, toe my trekker 'n klip tref en omgerol het tot in
die spruit was ek heel bewusteloos. Toe ek bykom, het die vark
ingeduik en my uitgesleep voor ek kon verdrink - verseker my lewe
gered." "En dis hoe hy sy been seergemaak het?" "Ag nee, hy was
piekfyn - bietjie vol modder." "Alles reg, Koos, maar vertel my net:
hoekom het die vark 'n houtbeen?" "Wel", se Koos toe, "'n vark soos
daardie - jy wil hom nie op een slag opeet nie!"