Niemand lees dit nie, hy maak niemand kwaad nie tog gaan hy voort om
dag in dag uit te sit en vloek!
Soos n weirdo wat in die agterplaas sit en vloek vir homself.
Kan iemand help asseblief? Ek het al die hele www deurgesoek na die klank
van 'n tarentaal en 'n hadeda, sonder enige sukses. Wie kan help, sal baie
waardeer word met baie dankies!
Jan.
--
Daniel Jan le Roux
IBICF
dan...@thelerouxs.com
Mobile: 0414 56 11 02
This email has been checked utilising the latest update of Norton
Anti-Virus.
Lank terug het 'n skreeusnaakse storie die rondte op die nuusgroepe
gedoen oor 'n ontmoeting in die skrywer se kamer tussen 'n luislang en
'n dwerg-'mongoose', of so iets.
Ek sou dit graag weer wou kry. Ek het soekes op die nuusgroepe probeer
doen maar kry net rekenaarspeletjies.
Is daar iemand wat dit onthou, en vir my kan aanstuur?
My vriendin in Suid-Afrika het vandag 'n nuwe polshorlosie van my
gekry..
Die een wat ek haar verlede jaar toegestuur het was gesteel, mees
waarskynlik deur Suidafrikaanse posdiewe.
Daar is nou twee moontlikhede: ofwel het die posdiewe van Suid-Afrika
hulle lewe verbeter, ofwel is ek 'n deurtrapte smokkelaar.
Ek werk vir 'n Taiwanese maatskappy. Dit was eers Hi-Tec Nuts en toe
verdeel hulle die plek in twee. Ek werk vir Pro-Tech Fasteners in
Spartan, Kempton Park.
In my kontrak word genoem dat ons oortyd betaling kry teen 1,5 keer wat
ons uurlikse salaris is. Sondae en Openbare vakansie dae teen dubbel tyd.
Die maatskappy se reels is dat indien jy etenstyd vat klok jy uit en
weer in as jy klaar is. 'n Voldwonge feit is dat ons skaars tyd kry om
etens uur te neem.
My vraag is moet hulle my betaal vir daardie tyd?
Ek het baie ure in gesit om te wag vir drywers, en om my werk in te haal
wat weens 'n te kort aan hande nie klaar was nie en is nie daarvoor
betaal nie. Alhoewel daar op my klok kaarte gesien kan word dat ek
meeste aande laat uit geklok het.
Ek het op 9 Augustus Vroue dag gewerk, en is nie dubbel tyd betaal nie.
Mag hulle dit doen?
Ons werkers het van ons griewe gelug teen die maatskappy omdat ons glo
ons word onderbetaal. Daarvoor is ek geskors en aangekla dat ek hulle
dreig. Daarna is ek weer geskors vir 'n nuwe verhoor wat more ten einde
loop. Nou kla hulle al die werkers aan omdat ons ons griewe gelug het.
Ons het hulle voorskrifte nagekom dat die griewe skriftelik gelug moet wees.
Hi-Tec Nuts se werkers het 'n massiewe salaris verhoging gekry omdat
hulle onder betaal was, en met my hulp het ons hulle na die Bargaining
Council vir Yster en staal gevat. Yster en staal het besluit dat die
werkers geweldig onder betaal is, en Oktober het die fabrieks werkers
'n helse verhoging gekry.
Kan iemand my raad gee wat om te doen. Hierdie mense is besig om my
geestelik af te breek en ek weet nie meer wat om te doen nie. Ons het
tog regte. Ons mag nie eers aan 'n Unie behoort nie. Dis teen die
Taiwanese se beleid dat enige mens aan 'n unie behoort.
Is daar enige persoon wat raad het?
Volgens hulle is Pro-Tech deel van distribusie en nie deel van die Yster
en staal nywerheid nie.

Die idioot wat skuil agter die simpel naam Eugene Terreblanke wrote:
> We blikskottels - wat het julle almal vandag gemaak?
(gewone vieslikhede uitgelaat... waar die hart van vol is loop die mond
van oor.)
Ons het al weer gewonder hoekom jou ma jou nie eerder doodgel? het
nie.
Het jy dalk daaraan gedink het om hulp te kry? Jy's duidelik nie mooi
lekker nie.
Uit jou artikels is dit duidelik dat jy jouself meesal in 'n staat van
obsessiewe
perversie bevind. Foeitog. Wat 'n verskoning vir 'n mens is jy nie.
Voertsek nou.
--
Beeld-forum: PW Botha was nie my leier nie
Nov 09 2006 09:54:48:890PM - (SA)
Ferdi Greyling
Lank terug, toe Dawie Snyman nog die Maties se losskakel was, was John
Vorster Suid-Afrika se premier.
Ek het toe gestudeer aan die Universiteit van Stellenbosch en was deel
van 'n losse versameling studente wat so ietwat aan die kant van die
politieke hoofstroom van dié tyd was.
Ons het soms gepraat oor wie Vorster sou opvolg. Net soos die geval nou
met die ANC is, was daar destyds ook nie juis sprake van 'n
regeringsverandering nie, bloot van 'n verandering van leiers binne
die dominante party - destyds die NP.
Die "kroonprins" was dr. Connie Mulder, nie 'n geliefde van mense
aan die linkerkant van die Afrikaner se politieke spektrum nie. Die
volgende goeie nuus/slegte nuus -grappie (destyds was dié soort
grappies baie gewild) het toe ontwikkel: Die slegte nuus is dit lyk of
Connie Mulder vir Vorster gaan opvolg. Die goeie nuus is as die Kaapse
LV's saamstaan en hulle kry die steun van selektiewe LV's in die
Vrystaat en die Transvaal, kan hulle 'n stokkie daarvoor steek en
hulle man in kry. Die slegte nuus is dat hulle man P.W. Botha is.
Dan het die geselskap geskaterlag. Die grap het uiteindelik natuurlik
teen hulle gegaan . . .
Mnr. P.W. Botha is onlangs oorlede en rondom die simbool wat hy oor die
jare geraak het, is daar heelwat bitter politiek gespeel in die
afgelope tyd.
En soms, kry 'n mens die idee, ook dommerige politiek.
Die bitter politiek is ten beste geïllustreer deur die plakkaat van
'n Sondagkoerant wat gesê het P.W. "was ons Hitler". P.W. was na
my mening 'n brutale en visielose politikus wat nie demokrasie en
menseregte heeltemal verstaan het nie, maar Hitler? As hy Hitler was,
was daar nie Bantoestans nie, maar gaskampe.
Wat hy en Hitler gemeen het, is dat hulle (saam met baie ander -
sommige selfs in die ANC vandag!) in terme van velkleur gedink het en
van geweld gehou het.
Dis 'n baie losse ooreenkoms. Pres. Thabo Mbeki hou van sentrale mag.
Josef Stalin het ook van sentralisasie gehou, maar 'n mens kan nie
sê Mbeki is ons Stalin nie!
Die dommerige politiek is dat daar klaarblyklik in huidige
regeringskringe gedink word dat Botha 'n omvattende leiersfiguur vir
Afrikaners is. Bied sy familie 'n staatsbegrafnis aan en die
Afrikaners voel goed oor die land.
Elders is Botha ook verhef tot die simbool van wat "die Afrikaner"
is - soos dr. Edward Perkins, die eertydse Amerikaanse ambassadeur in
Suid-Afrika, klaarblyklik in sy biografie gedoen het wat toevallig pas
verskyn het.
Botha was nie "die Afrikaners" se leier nie.
Hy was sommige van die wittes se leier (waaronder die Engelse en Jode
en Portugese wat ook vir sy party gestem het).
Hy was egter nie ál die "wit" Afrikaners se leier van keuse nie.
Ek weet van persoonlike gesprekke dat hy nie baie van my ouers se
geslag se leier van keuse was nie. Hulle was NP-ondersteuners en P.W.
was die NP se leier, maar as hulle 'n keuse gehad het, sou hulle hom
nie gekies het nie.
Die man was te brutaal, sy vinger was te prominent en hy het nie
intelligensie en verfyndheid geprojekteer nie. Hy was nie hulle leier
nie net soos Mbeki vandag nie die leier is van almal wat ANC gestem het
nie.
P.W. was ook nie my leier nie. Hy was 'n domastrante man wat geneig
het om alles te wil reg skiet.
In die begin van die 1980's het 'n mens meer as 'n Amerikaanse
dollar vir 'n rand gekry. In plaas van om tóé infrastruktuur te
ontwikkel, opvoeding vir alle Suid-Afrikaners se verbeter en strukture
te maak waarmee swart mense by die demokratiese middelklas betrek kon
word, het P.W. Angola binnegeval, ons geld in die vorm van kanonkoeëls
weggeskiet en die Angolese se infrastruktuur (reeds bitter dun)
vernietig. Vandag kan ons nie juis met hulle handel dryf nie, al het
hulle olie.
En P.W. en sy generaals het geweet hulle moet die swart Suid-Afrikaners
begin betrek, dat klassieke apartheid doodgebore was.
Sy antwoord was destyds die powere driekamer-parlement wat mense net
verder vervreem het.
Nee, P.W. was nie my leier nie. En ek is seker baie wit Afrikaners van
my geslag voel ook só.
Ek is jammer hy moes sterf. Ek is jammer dat enige mens moet sterf.
Almal is 'n pa, ma of 'n kind.
Maar P.W. was nooit my leier nie.
Hy was eerder een van die groot politieke rampe van my tyd.