Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Good writing

Thu, 12 April 2007 12:23

On 12 Apr 2007 00:21:28 -0700, "Koot" wrote:

>
> Klink bietjie soos Dan Roodt in aksie.

as ons verkiesing hou hier waar die kieserstal nie veel meer is as 3
nie, sal Dan Roodt heerwaarskynlik die presidentskap wen.
Die kritici waag dit nie op Praag nie maar kritiseer hom graag hier op
'n nuusgroep waaraan hy hom nie steur nie, en noem dan graag
enigiemand wat met hulle verskil 'Dan'.
Dit is nie bedoel as kritiek teenoor jou nie Koot, want jy het nie
iets gesê wat dit verdien nie (nie nou nie:-) - eintlik aan die vele
dorpsidiote op die groep gedink wat hulle kritiek ver van Praag se
deure af weghou:-)

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Nie alle Dutchies vry na De la Rey

Wed, 11 April 2007 12:02

Nie alle Dutchies vry na De la Rey

- Deur Bitterpil

Skok, afgryse, intense naarheid en 'n hele warboel walgende emosies het my
vervul toe ek vanoggend rustig blaai deur Beeld se Plus bylaag oor kuns en
kultuur.

Dáár, op bladsy 4, onderaan maar steeds opmerklik genoeg berig ene "Galmgat"
van Son-Isha, 'n "nootvas" sangeressetjie skaars duskant doek-status wat
sopas 'n nuwe laserskyf vrygestel het: De La Rey moet 'n meisie kry.

Asof dit nie genoeg is dat Galmgat herhaaldelik skryf van "klein
kindertjies" of "klein blonde dogtertjies" nie, haal hy Son-Isha se lirieke
aan: "Generaal De la Rey 'n boeremeisie moet jy kry, van durf en daad die
moet sy wees, 'n boeremeise met geen vrees."

Dis genoeg om van intens bekommerd te raak oor die makers en luisteraars van
dié tipe musiek. Afkomend van 'n kind en gerig aan 'n afgestorwe ikoon laat
dié tipe heldeverering 'n baie wrang smaak in die mond, so laat ons eerder
nie nog boonop die ondergrondse implikasies van Son-Isha se liedjie byname
noem nie. Kom ons wees sommer reguit - wat 'n spul ontsagtelike klomp dubbel
K middel A is dit nie hierdie nie!

Is dít wat nou geword het van Afrikaanse musiek na die hele Voëlvry gedoente
en die daaropvolgende eklektiese opbloei van nuwe kunstenaars? Het die
aanvraag na makietie musiek en ander ondinge soos Skouspel TV partytjies nou
uiteindelik daartoe gelei dat ouers hul kinders bloot stel en uitbuit ter
wille van die munt wat geslaan kan word uit reaksionêre twak?

Miskien is dit wat oorlede Chris Blignaut op gesinspeel het. Ja-nee, die
donkie doen 'n wonderlike ding en die Afrikaners raak al hoe plesieriger.
Selfs Koos Kombuis, eens 'n ikonoklas maar nou getemper deur voorstedelike
gemoedelikheid, het blykbaar begrip en selfs waardering vir die sogenaamde
sosio-kulturele insiggewendheid van Bok van Blerk se volksliedjie. Het jou
good sense jou verlaat soos jou hare jou hoof?

Gin wonder die opbloei van Afrikaanse musiek het verander in 'n polsende
pitsweer van middelmatigheid nie, die jillende tiekiedraai-opskop massas
amper buite hulself van afwagting op die klaarblyklike bevryding wat hul
nuutgevonde groepsbewustheid veronderstel is om te bring.

Anders gestel, die hele De La Rey gespuis en al die lekkkerliedjie laaities,
vrome vroutjies, en skattige kindertjies in wie se musiek hulle hul so
verlustig, laat my dink aan 'n refrein van die anargistiese rokkers
K.O.B.U.S!: "Ons is gyselaars in een groot kultuurfeestent, word vermaak
deur mense met meer sefvertroue as talent."

What 'n sad state of affairs!

Vergeet van VIGS, misdaad, en morele morone wat Bybels op vlooimarkte
verkoop met groot rewolwers aan hul sye terwyl patties op die braai roosters
gis. Vergeet van die apokalips, wegraping, of wat jy dit ook al wil noem.
Dis alles wensdenkery in teenstelling met die eintlike gevaar - 'n
Afrikaanse musiek kultuur wat verkeer in die wurggreep van lageristiese
lieplappers - mense wat tog te lekker fees vier in die naam van Boer wees.
En ongeag die volksversmoring sing sogenaamde sangers soos Amor Vittone iets
soos: "druk my vas, druk my styf, styf vas." Wat 'n sidderende gedagte.

Vanuit 'n kommersiële perspektief natuurlik sal platemaatskappye jou vertel
dat Afrikaanse musiek nog nooit so sterk was nie. Gin wonder dis so maklik
vir mensies soos Son-Isha om 'n CDtjie uit te bring nie.

Genugtig man. As 'n boy band bemarkingsboffin soos Sean Else 'n legende uit
die dood kan laat herrys en Bok van Blerk die beste ding maak sedert
boerewors, wat verhoed 'n spul kultuurfeestent klatergoudgekke om iemand
soos Son-Isha op die mark los te laat? Haar naam alreeds is 'n eksotiese
sensasie. Eish, Son-Isha! Hoe betowerend! Jammer dieselfde kan nie gesê word
van die pseudo-kulturele kotteljons waaruit sy gemanifesteer het nie.

Intussen is dit skaars moontlik om tred te hou met wie speel waar en
wanneer. Arno Jordaan, Inique Deo, Hans Drommedaris - Afrikaanse musikante
pop so vinnig op hulle gaan binnekort mense moet begin kloon om voor te bly.
Des te meer die dorpe. Vanwee al die marquee makieties, gehou in plekke van
vervloë vrekkigheid, gaan daar binnekort 'n groot behoefte wees vir nuwe
nedersettings. Verbeel jou die vindingrykheid waarmee musiekdorp
Voortrekkers vorendag sal moet kom?

Inteendeel, hoekom het niemand nog nie daaraan gedink nie?! De La Reyville
in die Noord-Wes provinsie hoef nie meer die slaapwandelaars hoofstad van
Suid-Afrika te wees nie. Kom ons maak Bok van Blerk ere-burgemeester van dié
ou dead hero dorpie en gooi een maal 'n jaar 'n helse show met 'n hologram
van die einste De La Rey wat Seanie se song sing uit volle Boerebors.
Alvorens kan die oulike Afrikaner-jeug van Klopjag die beroering onder die
mense aanwakker met hul hardegat statement dat hulle nie meer jammer wil sê
nie. En voor die manne in die gehoor te veel bravado raak drink kan die
tannies die tunes geniet van die oulike kindjie Son-Isha.

Iewers anders sal 'n klein teenpool konsert ondergronds woed. Nie met
Fokofpolisiekar nie, dié het vir eers die stryd gewonne gegee. Rokkeloos sal
hard probeer om kontroversieel te wees en K.O.B.U.S! sal dit wel wees.

Ek's bevrees 'n woeste kopskud-konsert dan en wan by die Bohemian is nie
goed genoeg om van die bykans alomteenwoordigde, groter-groeiende gekkigheid
van die kultuurfeestent gepeupel gered te word nie.

Intussen I'l just pretend I are English and hopefully escape from being
typecast as just anover dumb Dutchman.

--

Artslink.co.za News
www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sien julle dit al

Tue, 10 April 2007 07:57

Hier is / was 'n paar mense op die groep, en ek sal vir nou myself daarvan
weerhou om hulle op die naam of skuilnaam te noem wat baie posetief is oor
die nuwe reënboog nasie.

Nou sal ek maar elke maand of so 'n paar goedjies hier plaas om my punt te
staaf hoekom ek NIE met julle saam stem nie, en hopelik ook om aan julle te
wys hoe verkeerd is julle.

1. Lottery is daarmee heen
2. Munisipale dienslewering die swakste nog
3. SA se politieke houding teenoor ZIM

Indien julle voel julle wil eerder op 'n daaglikse grondslag ingelig word
besoek gerus
http://southafricasucks.blogspot.com/

Koeitjies & kalfies | 38 kommentare

Openbare versoek ? EU Engelse, ens. , Afrikaanse, bemagtigings (Inisiatiew(e)), om te verhoog ?

Sun, 08 April 2007 20:53

Openbare versoek ?
(ondersteun) (Vry en/of regverdige),
EU Engelse, ens. , Afrikaanse, bemagtigings (Inisiatiew(e))
om te verhoog ?
-
((Ondersteun) (mega-)Meer aangename Toekoms,
Vorentoe vernuwe-bou-groei-verstaal,
(bewusmaking, eenheids-bereiking en/of leierskap,
en/of
vrede, vriendskap, ens. ,
((demonstrasie en/of) ondersteuning)),
((Lig gewing en/of) Rekonsiliasie) (Inisiatief) )

*

Gerespekteerde (Lede en/of) Leiers,

Hiermee word U,
(ondersteun) vry en/of regverdig bedank,
vir die baie wat U wil doen, doen en/of alreeds gedoen het,
in die bereiking van Aangename uitkomste.

En/of asook, vir -
o Opstaan en/of Vorentoe Gaan, (Inisiatiew(e)),
o Skepping en/of ondersteuning, van Werks geleenthede,
en/of (vir),
o (Indirekte en/of) Direkte, Betaling (Inisiatiew(e)), vir diens(te),
gelewer.

Om te vervorm,
van, (verby), en/of na,
'n (ondersteun) (mega-)Meer aangename,
(ondersteun) (Konserwatiew(e) en/of) Liberal(e),
Teokratiese Kreatiwiteit, Demokratiese (Samelewing),
(en/of beter (en/of nuwe) (argument),
Aangename uitkomste (Inisiatief)).


By voorbaat baie dankie.
U ondersteuning, (in die verband), word inniglik waardeer.

*

Hiermee word 'n (ondersteun) vrye en regverdige,
Internet Polisie besoek,
en/of
Swaai ondersteuner besoek,
aan Argus, Saan en/of Naspers (Lede en/of) Leiers
versoek.

Om (die outeur),
as mede-Vennoot in diens te neem,
asook,
geskenk deposito(s) te betaal.

Voor, tydens en/of na,
die oorhandiging van (sy) Bank besonderhede,
en/of
die lewering van Aangename uitkomste (Inisiatiew(e)).

Om (onder andere),
privaat besoek(e) by te gaan aflê, (om beter (Inisiatiew(e)) te
lewer),
en/of
groter sukses(se) te kan bereik, (in die verhoging van vrede,
vriendskap, ens. ),
as wat normaalweg verwag word.


By voorbaat baie dankie.
U ondersteuning (in die verband), sal innilik waardeer word.

*

((Aangaande miv/vigs - Die optrek van 'n vergelykings verslag,
kan moontlik deurbrake lewer,
in die soek na kure vir (ondersteun) ongeneeslike siekte(s). ))

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Rassistiese' skildery oor nuwe SA is "'n belediging vir die president'

Sun, 08 April 2007 09:06

Liesl Peyper
Oudtshoorn


Die verf het behoorlik op die Absa Klein Karoo Nasionale Kunstefees
(KKNK) gespat oor 'n skildery waarin die nuwe Suid-Afrika uitgebeeld
word.

Feesgangers het dié olieverfskildery bestempel as 'n belediging vir
pres. Thabo Mbeki en 'n rassistiese en eensydige blik op Suid-Afrika.

In dié skildery deur Dirk van Wyk van George troon Mbeki uit bo 'n
Suid-Afrika waar misdadigers die oorhand het en veral wit mense die
spit afbyt.

Dié skildery, met die titel "Die nuwe Suid-Afrika 2006" , was
weliswaar nie deel van die fees se amptelike kunsuitstalling nie, maar
is by die snuffelmark uitgestal.

Feesgangers wat by sy tent ingeloer het, was volgens Van Wyk " 'n
bietjie bang" om kommentaar te lewer.

"Nee wat, ek sê maar niks nie," het 'n vrou aan Rapport gesê.

Aan die feeskoerant Krit het 'n feesganger egter gesê hy beskou die
skildery as 'n belediging vir "sy president".

Van Wyk sê hy het nog nie 'n aanbod vir die werk ontvang nie.

"Daar het al 'n paar mense na my toe gekom en gesê hulle stel belang
in 'n afdruk."

Mnr. Theo Kleynhans, kurator van die visuele kunsuitstalling by
vanjaar se fees en self 'n skilder en skrywer van Kaapstad, sê dit is
jammer dat iemand soos Van Wyk nie omgee dat sy werk aanstoot gee
nie.

"Maar ek wil my eintlik nie eens daaroor uitlaat nie. Ek vra myself
net af: Waar is die versoening?

Ons is nog lank nie verby die proses waar versoening afgehandel is
nie."

Van Wyk gooi egter wal.

"Hierdie is nie 'n rassistiese werk nie, maar dit wys watter tragedie
hier in ons wonderlike land is - misdadigers maak wat hulle wil en die
slagoffers is aan die verloorkant."

"Pres. Imbeki (sic) staan met sy rug gedraai - hy praat van
verandering, maar staan hande gevou," lê hy sy kunswerk uit.

Intussen is die fees se amptelike kunstenaars verheug nadat meer as 'n
halfmiljoen rand se kunswerke vanjaar verkoop is.

Dit is amper dubbel soveel as verlede jaar se bedrag, R235 000.

Kleynhans gee toe die sogenaamde roofuitstallers is 'n probleem.

"Hierdie kunstenaars ploeg geen persentasie terug in die fees soos die
amptelike feeskunstenaars nie, maar steek alles wat hulle verdien in
hul sak."

Nuus | 0 kommentare

Re: Divine Attribute of Maalik (The Master) Part III --LOVE FOR ALL HATRED FOR NONE

Sat, 07 April 2007 13:46

On Apr 7, 5:14 pm, Dave wrote:
> On Sat, 7 Apr 2007 14:27:09 +0200, "BodieClone"
> wrote:
>
>> wrote in
>
>>>> >The message of Islam ------------------------------------ LOVE FOR ALL
>> HATRED FOR NONE
>>>> >exceptthosew that do not believe in our lanatic desease called Islam .
>> .then they are kaffir and we will slaughter them ..
>
>>>> >Nothing but world domination will satisfy us.
>
>> -----------------------------------------------------------
>
>> It least you telling the truth there, fucking raghead islamist loonie !!!!!
>
>> Bodie ...
>
> please read the homepagewww.thereligionofpeace.com

Kom dave , BV het meer aksie , daar altyd eimand daar
http://www.boerevryheid.co.za/modules.php?name=Jig

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

heel interessant, die Boeremag

Fri, 06 April 2007 09:50

ek sien een van die lede van die Boeremag
het die eerste 3 letters van Mandela Rylaan
uitgevee. Heel kreatiewe denke:-)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

'n Interne dokument van die SAPD

Fri, 06 April 2007 04:34

------------------------------------------------------------ --------------------

Geskryf deur Carl van Rooyen
Vrydag, 02 Februarie 2007

'n Interne dokument van die SAPD wat onlangs uitgelek het, bepaal dat
ongeveer 15 000 blanke polisiemanne voor 2010 uit die SAPD geskop moet
word ten einde plek vir swartes te maak ingevolge die ANK-regering se
beleid van "gelyke indiensneming".

Die inhoud van die verslag is glo deur Jackie Selebi goedgekeur.
Gegewe die huidige misdaadgolf wat oor Suid-Afrika spoel, is dit
weereens 'n duidelike teken van die absurde rassebeleid wat die ANK
volg. Daar is absoluut geen logika daarin om wetstoepassers met 10
jaar en meer ondervinding met persone met geen ondervinding te vervang
nie. Dit is verder duidelik dat die ANK-regering nie ernstig is om
plaas- en huisrooftogte te bekamp of te voorkom nie. Ongelukkig is dit
die gewone, hardwerkende en eerlike man op straat/plaas wat die wrange
vrugte van die ANK se rassebeleid gaan proe.

http://praag.org/mambo/15_000_wit_po...moet_waai.html
__________________

Nuus | 0 kommentare

VERY IMPORTANT WARNING

Thu, 05 April 2007 19:46

Gedurende die dag ontvang vanaf 'n makelaars vriendin by Absa

> Dear All,
>
> VERY IMPORTANT WARNING
>
>
> Please Be Extremely Careful especially if using internet mail such as Yahoo,
> Hotmail, AOL and so on. This information arrived this morning direct from
> both Microsoft and Norton.
> Please send it to everybody you know who has access to the Internet.
> You may receive an apparently harmless email with a P ower Point
> presentation "Life is beautiful."
> If you receive it DO NOT OPEN THE FILE UNDER ANY CIRCUMSTANCES, and delete
> it immediately. If you open this file, a message will appear on your screen
> saying: "It is too late now, your life is no longer beautiful." Subsequently
> you will LOSE EVERYTHING IN YOUR PC and the person who sent it to you will
> gain access to your name, e-mail and password.
> This is a new virus which started to circulate on Saturday afternoon. AOL
> has already confirmed the severity, and the antivirus software's are not
> capable of destroying it. The virus has been created by a hacker who calls
> himself "life owner."
> PLEASE SEND A COPY OF THIS EMAIL TO ALL YOUR FRIENDS and ask them to PASS IT
> ON IMMEDIATELY
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1838): [ «    174  175  176  177  178  179  180  181  182  183  184  185  186  187  188  189    »]
Tyd nou: Tue Jan 07 12:04:43 UTC 2025