Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Mampoer stook gids

Tue, 17 April 2007 17:30

Ek is opsoek na die basiese riglyne om mampoer te stook. Kan iemand
miskien my inlig? Dankie

Kos & resepte | 10 kommentare

'n Ander Dimensie

Tue, 17 April 2007 12:58

Wie van julle het al ervarings gehad wat onteenseglik bo-natuurlik is?
Wat jy met die beste wil wat jy kon bymekaarskraap nie op 'n
verstaanbare wyse kon verklaar nie?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Afrikaner or Dutch

Tue, 17 April 2007 08:06

> As they got off Andre, who had said nothing initially and so they
> could not have heard his accent, asked how they'd recognised him. "Yer
> wearing f...ing Jarman boots like a dutchman, ain't yer?" was the
> response. They didn't have to hear him speak.

Ons is ook destyds vertel om nie Grasshoppers te dra nie, en om regs
te hou op die sypaadjies.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

TB-pasiënte huis toe oor te min beddens

Sun, 15 April 2007 09:14

TB-pasiënte huis toe oor te min beddens
WONDER HLONGWA

Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend

Terwyl die dodelike, geneesmiddelbestande vorme van tuberkulose, MDR-
en XDR-TB, onrusbarend vinnig deur KwaZulu-Natal versprei, stuur die
enigste hospitaal wat dié pasiënte daar behandel hulle nou huis toe
omdat hulle nie meer beddens beskikbaar het nie.

Die provinsiale gesondheidsdepartement word ook deur 'n span
tuberkulose-kenners daarvan beskuldig dat hy misluk het in sy pogings
om die verspreiding van XDR- en MDR-TB te beheer.

In 'n verdoemende verslag wat aan dr. Busi Nyembezi, provinsiale
gesondheidshoof, voorgelê is, sê kenners van die
Wêreldgesondheidsorganisasie, die Suid-Afrikaanse Mediese
Navorsingsraad en die nasionale gesondheidsdepartement hoewel 'n goeie
plan opgestel is, is tuberkulose steeds buite bedwang.

"Die tekort aan beddens by die verwysingsentrum (King George V-
hospitaal in Durban) het daartoe gelei dat waglyste van tot honderd
pasiënte met MDR- en XDR-TB opbou. Hierdie pasiënte word huis toe of
na die hospitale wat hulle verwys het gestuur waar hulle aanhou om die
siekte te versprei," lui die verslag.

Nyembezi sê in 'n verklaring die provinsie se probleem met die styging
in MDR-TB-gevalle is vererger deur die uitbreek van XDR-TB by die
Church of Scotland-hospitaal in Greytown verlede jaar. Volgens haar
het dié skielike styging tot 'n tekort aan beddens gelei en druk op
laboratoriumdienste geplaas. MDR-gevalle het van 270 in 2000 gestyg
tot 683 verlede jaar, tesame met die 221 XDR-TB gevalle wat verlede
jaar in Greytown, en nog 26 in die res van die provinsie gediagnoseer
is.

Daar is vir die eerste keer oor XDR-TB berig nadat wetenskaplikes
verlede jaar by 'n vigskongres in Toronto vertel het van die uitbreek
van die siekte in die noorde van KwaZulu-Natal. Van die eerste 53
pasiënte wat destyds gediagnoseer is, was 52 MIV-positief en almal is
intussen dood.

Sedert die dramatiese styging in aangemelde gevalle het die
gesondheidsdepartment satelliet-hospitale ingerig wat spesifiek XDR-TB-
gevalle sal hanteer.

Volgens die kenners se verslag lei 'n gebrek aan infeksiebeheer by
sowel die King George V-hospitaal in Durban as die vroeë ontslag van
pasiënte daartoe dat "XDR-TB deur die hospitaal versprei word".
Luidens die verslag word XDR-TB-pasiënte nie geïsoleer nie. Die
kenners beveel aan dat 150 beddens en bykomende personeel lededringend
beskikbaar gestel word om die pasiënte te versorg.

'n Dokter by die King George V-hospitaal, wat anoniem wil bly, sê
egter dit sal moeilik wees om dokters en algemene
verpleegpersoneellede te kry omdat hulle bang is en daar geen
aansporings vir personeellede is wat hulle aan die weerstandige
bakterie blootstel nie. "Daar is 'n risiko. Jy stel jou bloot en as jy
dit kry (XDR-TB) is daar nie 'n waarborg dat jy genees sal word nie."


http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2098758,00.htm l

Nuus | 0 kommentare

Jy mag rook, maar, ...........................

Sun, 15 April 2007 08:48

Regsman se rooklus lei tot arres
JOHAN EYBERS

Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend


Kemptonpark


'n Regsgeleerde se rooklus het hom sy vakansie gekos.

Mnr. Chris Cronjé, regsbestuurder van Scania-vragmotors, is op die
O.R. Tambo-lughawe in hegtenis geneem omdat hy in 'n restaurant se
rookgedeelte gerook het sonder om iets te bestel. Dit was terwyl hy
vir sy vlug gewag het.

Hy is geboei en meer as twee uur in die polisieselle op die lughawe
aangehou. Toe Cronjé uiteindelik vrygelaat is, het die
veiligheidspersoneellede geweier dat hy aan boord van die vliegtuig
gaan. Hy is glo as 'n veiligheidsrisiko beskou.

Cronjé sê hy was haastig toe hy sewe minute voor sy vertrektyd by die
Wimpy se rookgedeelte ingestap het om gou 'n dampie te slaan.

Hy het skaars sy sigaret aangesteek toe mev. Josephine Sethebe,
bestuurder van die restaurant, daarop aandring dat hy iets moet bestel
of loop.

Cronjé het geweier om iets te bestel.

"Tot my verbasing het Sethebe die sigaret uit my mond geruk en dit
gebreek. Ek het vir haar gesê sy is belaglik en het nog 'n sigaret
aangesteek, wat sy ook gebreek het."

Tydens die stryery daarna het Sethebe glo sy instapkaart uit sy
hempsak gepluk en die lughawe se veiligheidswagte ontbied.

Twintig veiligheidswagte en polisielede het opgedaag en Cronjé by die
deurgaanhek voorgekeer.

Hulle het geweier dat Cronjé sy instapkaart terugkry en hy het sy
vliegtuig verpas.

Cronjé wou weer 'n vliegtuigkaartjie gaan koop, maar die mans in
uniform het geweier dat hy dit doen.

"Ek het gesê hulle moet my dan in hegtenis neem of anders laat gaan
sodat ek kan vlieg."

Toe neem hulle hom in hegtenis. Hy is aangekla van aanranding en
crimen injuria.

"Wat my die kwaadste maak, is dat soveel mannekrag beskikbaar is vir
só 'n beuselagtigheid terwyl bendes op die lughawe jou bagasie steel.
Ek is in die openbaar gekleineer en aangerand.

"Die mans in uniform het my op die grond vasgedruk en my geskop en
geslaan. Dít net omdat ek geweier het om 'n bestelling te plaas."

Mnr. Solomon Makgale, woordvoerder van die Lughawensmaatskappy van
Suid-Afrika (Acsa), sê as 'n vergunning behoort restaurante rokers toe
te laat om in hul rookgedeeltes te rook, al bestel hulle niks. "Ons
beskou die aangeleentheid as ernstig en sal dit beslis met die Wimpy
opneem. Acsa vra om verskoning vir die ongerief wat dit veroorsaak
het."

Sethebe het geweier om oor die voorval te praat en die eienaar van dié
Wimpy, mnr. Brian Sko-sana, en me. Val Botes, besturende direkteur van
Wimpy SA, het nie op Rapport se navrae gereageer nie.


http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2098756,00.htm l

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ry of Bly

Sat, 14 April 2007 09:10

Nee Koot, jy was nie veronderstel om hier oop te maak nie!
Wrong way - gaan terug!

Vir die warriors en die worriers -

Ek wil nie Suid Afrika verlaat nie - ten minste nie in hierdie lewe
nie. maar wanneer ek luister na mense met die 'Riaanse Uitkyk'
en dit vergelyk met wat in Zim en ander buurlande gebeur,
wonder ek of dit nie in oorweging gebring moet word nie.

Ek ken mense wat uit Rhodesie gevlug het. Alles wat hulle nie kon
saambring nie, is verkoop en die geld is belê in ou karre.
Los goedjies het hulle in hul beleggings gelaai en oor die beitbrug
gery.

Dit is 'n feit dat die lokale regering defnitiewe simpatie het met die
grondonteiening in Zim en dit reeds hier begin toepas het. Ek dink 'n
kerkgroep was die eerste slagoffers daarvan maar kan nie veel
besonderhede onthou nie.

Wat my nou kommer, is as dit op grond toegepas word, kan dit later
toegepas word op ander vaste eiendom. Rhodesiërs het gespaar vir
aftrede en Zimbabwiërs het dit gesteel. Indien iemand nou wil eiendom
verkoop in Zim, sal die verkoper nerens ter wêreld 'n koper vind nie.

Suid Afrika se eiendomsmark is in 'n bloeitydperk. En as jy iemand is
wat aan slaaploosheid ly, kan laat nagte en vroeë oggende nogal vele
vrae laat ontstaan.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Re: Blair blames spate of murders on black culture

Sat, 14 April 2007 07:40

On 13 Apr 2007 21:59:32 -0700, "Vuur" wrote:
>
> Tony Blair yesterday claimed the spate of knife and gun murders in
> London was not being caused by poverty, but a distinctive black
> culture.

en dan wil bouwer en haar pienk meelopers (wat saam met haar in Soweto
na die soldate in die Kaspirs geluister het) swart misdaad toedig aan
apartheids geskiedenis. Maar oom Tony reken dit is by hulle ingebore.
En die Guardian berig bewys hom reg. Nie omdat hy so sê nie, maar
omdat dit ook in lande waar hulle gepamperlang word, gebeur.

Enkele dae gelede sien ek in een of ander koerant (dink dit was die
Beeld met 'n Afrikaans genaamde berigskrywer) weer 'n verwyt dat die
Eerste Wêreld Lande nie hul belofte nakom om Afrika met lepels te voer
nie. Die swartes is nooit skaam om te bedel nie en om een of ander
rede moet die witmense gereeld die swart ekonomie in ryk Afrika help.

So baaiderway Koot, hier is 'n nuwe topic soos jy gevra het!
Waarom moet die Weste altyd Afrika voer...?

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter?

Fri, 13 April 2007 03:40

Piet Pompies omdat hy pomp al die meite.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wie dink jy is die grootste Afrikaanse digter?

Thu, 12 April 2007 22:46

Ek weet al wat Riaan gaan sê - die ou
wat die beste kan rym. Op die basis
daarvan, behoort jy vir Opperman te stem,
Riaan.

Gloudina

Prosa & poësie | 13 kommentare

Wat verstaan jy onder die konsep van "die ewigheid."

Thu, 12 April 2007 22:44

Ek neem aan dat hierdie bespreking
uiteindelik oor "godsdiens" gaan
eindig, maar ek hoop dat mense dit
meer wetenskaplik ook sal bespreek.

Gloudina

Geloof & kerksake | 41 kommentare

Bladsye (1838): [ «    173  174  175  176  177  178  179  180  181  182  183  184  185  186  187  188    »]
Tyd nou: Tue Jan 07 11:40:56 UTC 2025