Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Groep

Vr., 08 Junie 2007 08:25

"Dave" skryf in boodskap news:pibg635mu8o1lj2vs7fu5tcfj96ni3c35k@4ax.com...
> On Thu, 07 Jun 2007 11:29:39 +0200, Ferdi wrote:

> Ek dink oor die jare het ons groep groot genoeg vriende geword om meer
> openlik oor eie sieninge te wees, en nie systappendde antwoorde te gee
> nie. Eintlik is dit lekker as elkeen weet presies hoe en wat die ander
> lede redeneer, en dan is dit nie nodig om iemand se antwoord te lees
> en wonder wat daar bedoel word nie

>>> Een ding is egter vir seker, News Groups is nie vir sissies nie. En ek
>>> herhaal wat ek al voorheen gese het. Sekere mense kan hulle nie so goed op
>>> papier uitdruk soos ander nie, en dit dra grootliks daartoe by dat ander
>>> mense hom "verkeerd" verstaan. Ek se met opset "verkeerd" want ek glo in
>>> baie gevalle word die doelbewus gedoen.

Ek het, soos jy sien, die onderwerp geskuif uit die vorige na 'n eie,
omdat dit heel van die oorspronklike onderwerp af is, behalwe miskien
vir die vraag aan Ferdi, maar selfs dìt is op eie.

> Francois is openlik oor hoe hy oor dinge voel. Daar is sieninge wat ek
> nie met hom deel nie, soos sy duidelike pogings om van 'n
> konserwatiewe ma 'n liberalistiese denke oor te slaan, maar hy is
> eerlik daaroor. Een of twee keer 'n jaar sê ons hallo vir mekaar oor
> sy toonbank, en ek hou van die ou.

>>> Goed opgesom hier dink ek. Het net persoonlik nog nooit vir hom gaan hallo
>>> se nie, want ek het nie 'n idee waar om hom agter sy toonbank op te spoor
>>> nie

> Riaan is straight reggsgesind en hy pobeer dit nie wegsteek nie
> Hy sê presies hoe hy oor dinge voel, hy praat nie om draaie nie en gee
> selfs toe dat hy miskien verkeerd redeneer, maar glo dat hy reg is en
> daarom sê en glo soos hy sê en glo.

>>> Se maar net wat ek sien / voel - En dit help soms ook nie my saak die feit
>>> dat ek op die kakhuis gesit het toe diplomasie uitgedeel was nie

As jy, wat Riaan is, by die long drop was toe diplomasie uitgedeel is,
waar dink jy was die antie(!)? Reeds landuit?

> Bouwer glo die helfte van ons Bybel en die res vul sy aan met wat die
> vet mannetjie sê.

>>> Nooit gedink ek sal die antie mis nie, maar ek moet se ek verlang nogal na
>>> haar, wonder hoekom hou sy haar so skaars.

Sy sal een of ander tyd terugkom. Sy wag soos vele ander droogmakers
doen, dat die stof ietwat gaan lê. Ek het vrae gevra wat sy, nie
geweier het om te antwoord nie, maar amateuragtig probeer omseil het.
Torreke het haar eers probeer verdedig, toe deur haar gesien en haar
ook met vrae gepeper. Sy het haar teen 'n muur vasgeloop en in plaas
daarvan om te vra waar die deur is, het sy in 'n hoekie gaan skuil.
(Miskien is ek verkeerd, en soek sy wel na die deur:-)

> Jim Again is 'n vark en hy probeer dit nie wegsteek nie.

>>> Ek geniet nogal van die ou se plasings, seker maar omdat hy ook regs oorhel

Ek moes hom nie hier ingesluit het nie. Hy is nie deel van die groep
nie. En in teendeel met wat jy sê, is my probleem nie met sy
regsgesindheid nie. Ek is meer regsgesind as wat vele mense sou aflei,
wat ek spreek my nie dikwels daaroor uit nie.
My probleem is ook nie met sy verwronge leer nie, want ek en jy het
ook met Torreke oor uitverkiesing verskil, en dit het tot sinvolle
gesprekke gelei, want Torreke is 'n gentleman.
My probleem met hom is sy totale gebrek aan maniere, sy Bybel praat en
gevloek in dieselfde skrywe, en sy misbruikmaking van die anonomiteit
van USENET. Net soos die suidwester gedoen het, vloek hy ook mense en
kruip weg agter 'n skuilnaam.

> Ek is die intelligente warm presoonlikheid in Durbs wat altyd nice is
> met almal en niemand skade doen nie. Die een wat nie weet hoe ek
> redeneer nie, hoef dit nie te weet nie, want hy lees nie.

>>> Durbs - Daai plek waar die haai hierdie jaar gesneuwel het Dave ?

LOL... was ôk mar net net, Riaan:-) Die oorwinning was ons'n, en toe
maak die span wat vele naellopers doen; breek spoed twee treë voor die
wenstreep.

Klomp waarheid in wat ek hier sê hoor, hou hardlopers dop op TV en kyk
hoeveel van hulle gaan volspoed oor die wenstreep. Vele gooi ankers
dire of vier treë voor daar oor die eindlyn gehardloop word.

> En jy, wat glo jy? Waarom gee jy heel dikwels hierdie tipe antwoord
> maar bedek jou eie sieninge oor die betrokke onderwerp? Wat glo jy met
> betrekking tot wat die Skrif leer?

>>> Het ook al die vraag vir Ferdi gevra, maar as ek reg kan onthou het hy dit
>>> of nie geantwoord nie.

Hier kan debat oor gevoer word, met die basis van 'sy sake is sy
sake'. Maar die ander kant van die munt is dan of hy dàn die reg gehad
het om Francois uit te vra oor hoe hy redeneer.

/
/
/

Op 'n ander nuusgroep waar ek saam gesels, 'n groep waar ons inligting
oor 'n spesifieke sagteware program deel, het een van die groep wat 'n
instrukteur in New York is, gesê dat ons 'n 'Klan' gevorm het, en
buitestaanders en nuwelinge (liggestel) stief behandel word.

Onlangs het 'n buitestaander my aangevat oor iets daar, en mense met
wie ek al heftig verskil het daar, het tot my verdediging ingespring
en die newbie vertel om 'n ander groep te gaan soek.

Oor die jare het ons hier ook 'n Klan gevorm. Gloudina sal terug wees.
Jonas sal ook terug kom, so ook 'n paar meer, en nuwelinge sal steeds
nie lank hou nie.

*
Laat ek jou sê wie het oor die jare vasgesteek hier, Riaan - diegene
wat ander se verskille in sieninge respekteer.
*
+
+
+
+

Pluspunte - ek sal vir die volgende tien dae of twee weke skaars wees.
My meisiekind kom kuier en ons gaan, (terwyl julle die Internet
browse,) Durban browse:-)

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

SONDER JOU IS MY DAE LEEG - George Weideman

Do., 07 Junie 2007 18:27

SONDER JOU IS MY DAE LEEG

[vir Ounooi]

Sonder jou is my dae leeg, word die maande
oorslaanjare, wanneer die reën wegbly
en die noordewind tam is
en die fyngras nouliks roer.
Sonder jou is my vlaktes vaal en verskote
- ou papier waaruit woorde weggebrand het -
en in die lopies van droë slote
skilfer skaars herinneringe op.
Sonder jou is my hart 'n dor vrug
waaruit die sap verseng het.
Kom nog een keer, my beminde,
laat die reënwind dit uitspel in die lug
en die weerlig steels in jou oë speel -
nog een keer wil ek in die nat gras snuif:
wil ek voel hoe die reën oor my stuif.
Kom, lê jou woorde saggies in my mond soos reën,
dat die saad in my hart kan opslag maak
en 'n ewigheid in my groei soos 'n vrug -
sonder jou is my dae leeg, en wolkeloos my lug.

George Weideman

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

President Hilary Clinton

Wo., 06 Junie 2007 23:55

Die Amerikaanse politiek begin nou weer interessant word.
Ek het die afgelope tyd na die Demokratiese kandidate
en die Republikeinse kandidate se debatte geluister, en volgens
die media lyk dit of Hilary Clinton die voorloper is onder die
Demokrate. Ek hoop Barack Obama is uiteindelik haar
vise-presidensiële keuse. Dit sal 'n baie oulike kombinasie
wees. Tensy dinge baie verander, sal die Demokrate seker
die 08 verkiesing maklik wen.
Bill Clinton is nou so populêr in die VSA dat 'n
klomp mense nou die dag "eight more years" geroep het
toe hulle hom sien. Wie sou nou kon dink dat dinge tot
so 'n einde sou kom. Die "religious right" het uitmekaar
geval onder 'n aantal skandale, George Bush se populariteit
is in die grond in.
Wat my die meeste van die Republikeine verbaas,
is hoe min entoesiasme daar is vir John McCain.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Jesus.

Wo., 06 Junie 2007 21:10

The poor idiot has the facts wrong. Jesus did not fight Satan at the cross.
He actually defeated him by rising from the grave. Jesus being God in human
form caused the hold that Satan and Death have over believers to dissipate.
What is left is the mere remnants of the power of Satan

Aan Ferdi kan ek net sê: ware intelligensie is om te glo, dit wat onsienlik
is en nie om met menslike slimpraatjies die teendeel te probeer bewys nie.

Ek en jy is te stupid om hierdie wereld te vertaan, dus moet ons slim genoeg
wees om inHom te glo wat die weereld laat ONTstaan het.

Soois

"Ferdi" skryf in boodskap news:4rk763p4rnqok1bdk2ll85rohbnfasnepn@4ax.com...
> On Sat, 02 Jun 2007 13:17:27 -0000, Dino wrote:
> > and now they are in a worse state than they were at first. They would
>> have been better off if they had never known about the right way. What
>> happened to them is just like the true saying, "A dog will come back
>> to lick up its own vomit. A pig that has been washed will roll in the
>> mud." 2 Peter 2:20b-21a, 22.

>> You are a dog and a pig and you refuse to bow down to the Lamb of God.
>> May God have mercy on your soul!
>
> Ah! The forgiving nature of fundamentalist Christians is a thing to
> behold...

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Bymekaarkomplek vir die alternatiewes

Di., 05 Junie 2007 20:13

OUkei. Hiers die plan. Wanneer Bob Mugabe uitgevang word dat hy in die
openbaar poep, dan sal ons weet die laaste weke is hier.

Kom dan so laatmiddag op die strand by Plet bymekaar. Die mans bring
gin en die vroue bring tonic water.

Ons sal die ding daar op die strand uitsien.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuwe bymekaarkomplek?

Di., 05 Junie 2007 08:48

Hi julle!

Is daar 'n bymekaarkomplek in die Noord Kaap? Naby Calvinia?

Tanya weet jy dalk?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die Israelwaarheid deur JW12

Di., 05 Junie 2007 00:10

Die Israelwaarheid op KletsKerk, deur JW12 ...

Die begin van JW12 se skrywes op KletsKerk se Israelwaarheid-draad is
hier :

http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?t=386&postdays= 0&postorder=asc&start=15

Die bladsy waar die studie oor Moses se Kusitiese Vrou is, is hier
(bladsy 15) :

http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?t=386&postdays= 0&postorder=asc&start=210

Die bladsy waar die studie oor die Hofdienaar van Ethiopie is, is hier
(bladsy 13) :

http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?t=386&postdays= 0&postorder=asc&start=180

Die bladsy waar die studie oor die Twee Sade is, is hier (bladsy
23) :

http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?t=386&postdays= 0&postorder=asc&start=330

Bladsy 8 van die Israelwaarheid-draad bevat ook baie omvattende
studies :

http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?t=386&postdays= 0&postorder=asc&start=105

En hier is die Bybelstudie oor die Heidene en die Nasies in die Nuwe
Testament :

http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?t=3131

Die volgende drade op KletsKerk bevat ook aanvullende en insiggewende
studies van JW12 --

- Oor die Naturelle en Adam se geslag :

http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?t=2759&start=0

- Oor die Jode :

http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?t=3010&start=0

- Oor Boerevryheid :

http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?t=2651&start=0

Lekker lees

Jim

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Surrendering email negotiations

Do., 31 Mei 2007 13:49

On Thu, 31 May 2007 14:31:02 +0200, "Riaan" wrote:

> "(ondersteun) Beter (en/of nuwe), Inter-G, hetero-(Praniese) (Nirwana en/of)
> Salem (hoof en/of sub-) (staat) Pres. Onderst. 01"
> wrote in message
> news:1180607873.388743.128660@m36g2000hse.googlegroups.com.. .
>
>> would like to give notice hereby, that he is surrendering internet
>> negotiations.
>> Thank You very much.
>
>
> No ... THANK YOU !

Op 'n punt van orde, voorsitter! Is hier 'n kworum?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Staking

Do., 31 Mei 2007 06:54

Met more se staking in gedagte:

Dink julle dit gaan more veilig wees in die middestad van JHB?

Sou jy aangemeld het vir diens indien jy in die hartjie van JHB werk

Is daar enige sekuriteits waarskuwings uitgerig waarvan julle weet

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

2010

Ma., 28 Mei 2007 20:49

Vir die regering draai alles nou blykbaar om 2010.
Biljoene Rande word gespandeer ter wille van 'n paar weke in 2010.
Ek dink daar word seker aan diegene wat huise soek ook gesê dat hulle
dit hopelik voor 2010 sal kry. En daar word gehoop om misdaad ietwat
kalmer te kry voor 2010. Die minister van polisie wou selfs spesifieke
misdade wettig vir 2010. Ons stad vergroot die in- & uitgaan snelweë
met 'n ekstra rybaan elk (nie net ter wille van 2010 nie!) en 2010 is
op elke sokker geesdriftige se lippe.

Nou verwonner ek my, oor wat daar in 2010 is vir die nie-sokker fan.

'n Skryfster wat hier woon vertel aan my dat verblyfplekke sal verhuur
kan word vir £1000+ per maand ens. Per maand? Dit sal tog net 'n paar
weke se chaos (hopelik nie chaos nie:-) wees.

Ek dink Riaan van der Merwe het een aand op Fokus dit as tema gehad,
maar ek het ander dinge gehad wat my besig gehou het. Later het ek
begin wonder of daar enige voordeel in sou wees vir nie-sokker
geesdriftiges.

DD

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bladsye (1834): [ «    171  172  173  174  175  176  177  178  179  180  181  182  183  184  185  186    »]
Tyd nou: So. Apr. 12 01:56:26 UTC 2026