Ek was oor 15 jaar in Suid Afrika en het daar 'n boek gesien van Hans
Strydom: Vir Volk en Vaderland.
Nu probeer ik die boek naar België te krij via 'n tweedehandse
boekewinkel. Zover het ik nog niets gevonden. Kan iemand een paar hints
gewe om via zekere soekpaginas die boek terug te vind?
Toe ek vandag hier inloer toe sien ek 37 boodskappe wat nog nie gelees is
nie.
En tot my groot verbasing sien ek die volgende mense het uit die dood uit
opgestaan:
Suidwester
Torreke
Francois
Gloudina
Ja ek en Dave het die nuusgroep deur die ICU gedra, en alhoewel dit
nogsteeds wil voorkom asof ons in High Care is, glo ek daar is lig aan die
einde van die tonnel.
Miskien kan die 4 persone wat ek hier genoem het bietjie bloed skenk
(A+)frikaans sal die ding doen. Kom gesels weer 'n slag lekker asb - ek is
moeg om die klomp souties op (soc.culture.south-africa) te irreteer.
Dit sal stupid wees vir enige Durbanner om uit ons Sub-Trpiese klimaat
langs die Indiese Oseaan na Kaapstad te verhuis. Ek wens Helen Zille
kan oortuig word dat dit soveel lekkerder is hier.
Skuus vir dubbel pos
maar na ek op Francois se pos gereageer het,
het dit nie verskyn tot na ek dit vir 'n tweede keer gepos het onder
'n ander thread.
Toe verskyn dit nou saam met Ferdi s'n, en dit is waarom dit 2 keer
daar is.
On Tue, 14 Aug 2007 19:12:59 +0200, "Francois Human"
wrote:
> Ek het julle gewaarsku, hier is (was) mense hier wat die ng se einde gaan
> beteken. Ek sal die deur toemaak en die ligte afsit. Dit was goed om
> (sommige van) julle te ken........
>
Dankie dat jy darem die deur toe trek, Francois. Die nuusgroep het 'n
geskiedenis, maar die geskiedenis is soos die van vele uitgestorwe
diere - te veel jagters.
Hier was lafhartige anonieme skuim soos suidwester en jimagain. Hier
was hakkelaars wat probeer om iets te sê maar bly vassteek het op een
plek soos bouwer. Hier was opvoeders soos Torreke en noodhulp mense
soos Riaan wat op sy beurt kunsmatige asemhaling probeer toepas het op
die nuusgroep.
Hier was mense wat nice mense was en toe in die verkeerde geselsskap
beland het soos Annette en draadsitters soos Ferdi wat nooit laat blyk
het waar hy polities of Godsdienstig staan nie.
Hier was vredeliewende diplomate soos jy en ander waardevolle mense
uit wie die vriendelikheid geskyn het soos ek.
As ek langer moet terugdink was hier 'n oulike onderwyseres uit
Australië wat later om een of ander onverstaanbare rede 'n pyn in die
gat geword het, en presies dit was ook die ervaring met 'n te vol van
haarself aptekertjie van Georgia. Dieselfde twee kon mekaar nie verdra
nie, en word toe boesemvriende en lief vir niemand behalwe vir mekaar.
'n Girl in Londen wat daar erens vir 'n munisipaliteit gewerk het met
wie ek baie goed bevriend was en wat toe dik geword het vir al die
valshede hier en vele vele meer. Ek kan aangaan en aangaan en name
noem soos Jonas en name en name en wonder wat van almal geword het
maar jy het reeds die deur toegemaak...
Ek het julle gewaarsku, hier is (was) mense hier wat die ng se einde gaan
beteken. Ek sal die deur toemaak en die ligte afsit. Dit was goed om
(sommige van) julle te ken........