GENL.-MAJ. BRIAN MORTIMER van die Weermag het in 'n voorlegging
aan die Tutu-kommissie aangetoon met welke bedreiging Suid-Afrika
te doen gehad het tydens die terroriste-aanslag teen die Blankes
in Suid-Afrika. Dit onderstreep die selektiewe wyse waarop die
Tutu-kommissie hom slegs daarop toespits om van slegs een kant
die Blanke te veroordeel vir sy rol in die stryd teen terrorisme.
Genl. Mortimer begin by die stigting van die ANC in 1912 en die
SAKP IN 1921, en toon hoe hulle, nadat hulle in die vyftigerjare
verban is, ondergronds gegaan het en op die grondslag van die
Freedom Charter 'n terroristestryd gevoer het. Hy verwys
spesifiek na die "M-plan" (Mandela-plan) waarby ingesluit is
Operasie Mayibuye. Dit het uitgeloop op die stigting van
Umkontho we Sizwe (MK), die militÂre vleuel van die ANC wat vir
oorgrote getal gruweldade verantwoordelik was, en wie se belange
spesifiek deur Mandela in die buiteland bevorder is. In 1963 is
hulle by Lilliesleaf gevang, en tydens die Rivonia-verhoor aan
hoogverraad skuldig bevind en lewenslank gevonnis.
Die ANC en PAC was tydens die sestigerjare direk
verantwoordelik vir die studente-onrus, waar veral Steve Biko en
die swart bewussynsbewegings die leiding geneem het. Dit het
gekulmineer in die 1976 Soweto-opstande.
Die terroriste het in Suid-Afrika se buurlande skuiling gevind.
Dit was egter veral die onafhanklikwording van Mosambiek en
Angola wat aan hulle basisse verskaf het, maar die hoof
deurgangsroete het Swaziland gebly.
Die aanslag het uit vier fases bestaan: vestiging van
ondergrondse strukture, massa mobilisasie, gewapende offensief,
en isolering van Suid-Afrika. Dit was egter die derde fase, die
"people's war" wat in 1983 in Sechaba uiteengesit is, wat die
fisiese aanval op veral burgerlike teikens verduidelik het.
Benewens geweld sou vakbonde, anti-apartheidstrukture en massa-
optrede 'n belangrike deel van die aanslag uitmaak.
Halssnoermoorde veral op hul eie mense het tussen 1984 en 1989
sy verskyning gemaak, en 399 mense het so gesterf, terwyl 372 in
hulle huise doodgebrand het na petrolbomaanvalle. Chris Hani het
daaroor gesÂ: "Die halssnoer was 'n wapen... om hierdie kanker
(samewerkers met die polisie) uit ons samelewing te verwyder...
om die lokasies van hulle te suiwer... Ek weier om ons mense te
veroordeel wanneer hulle op tradisionele wyse die reg toepas op
diegene wat saamwerk."
Tussen 1976 en 1983 is 362 gevalle van geweld teen Suid-Afrika
aangeteken waarvan helfte dade van sabotasie was. Agt word
geÂdentifiseer, waaronder die aanvalle op die Carlton Hotel,
Sasol I, Natref, Sasol II, Voortrekkerhoogte, Koeberg, en die
Kerkstraatbom.
Tussen 1983 en 1985 het die aanslag sigbaar verskuif na
burgerlike teikens. Daar was ongeveer 200 aanvalle. Daarop is
die aanslag sigbaar verskerp: 1985-86 - 245; 1986-87 - 208; 1987-
88 - 245; 1988-89 - 315. Dit sluit in aanvalle op plase,
reisigers op veral plaaspaaie, winkelsentrums, motorbomme,
Wimpies en polisie en weermagvoertuie.
Sedert die ontbanning van die terroriste-organisasies in 1990
en die begin van die onderhandelingsproses, het die ANC en ander
die geleentheid gekry om van binne Suid-Afrika hulle veldtog van
moord en terreur voort te sit. Hulle het die situasie veral
misbruik om die magsbasisse van ander organisasies te ondergrawe.
Die eerste agt maande van 1990 was daar 181 gevalle waar veral
MK by betrokke was. Sedert 1991 het dit verder toegeneem, en het
die ANC hom daarop toegespits om "bevryde gebiede" binne die
lokasies tot stand te bring. Dit was opsigtelik 'n rewolusionÂre
aanslag op Suid-Afrika. MK het veral vanuit die Transkei as
basis geopereer.
Intussen was die PAC net so aktief, en was hulle
verantwoordelik vir die opsienbarendste aanslae, soos die St
James Kerk-slagting, en aanvalle op burgerlike teikens in
Queenstown, King Williamstown, Oos-Londen en die Heidelberg
Taverne in Kaapstad.
Die militÂre aanslag was tussen 1984 en 1989. Toe is 48 000
gevalle van onrus en opstand aangemeld. Toe is 7187 huise
afgebrand (waarvan 1084 van polisiemanne), 1265 winkels en
fabrieke vernietig, 81 kantore in puin gelÂ, asook 66 poskantore,
49 kerke, 29 klinieke, 12 188 privaatvoertuie, 4 450
polisievoertuie en 152 treine. Meer as R90 miljoen se skade is
aangerig, 399 mense met die halssnoer gedood, 372 in hulle huise
verbrand, 271 skole in September 1985 elke dag geboikot, 351 in
April 1986, en 219 in Augustus 1986.
Nogtans was daar 'n sterker toename tussen 1990 en 1994. Dit
was hoofsaaklik as gevolg van politieke geweld in Natal.
Ontwrigting van plaaslike owerhede het toegeneem van 202 wat
in 1985 gefunksioneer het en 34 wat tot stilstand gekom het, tot
75 wat in 1993 gefunksioneer het tot 194 wat ontwrig is.
Vanaf September 1990 tot 31 Augustus 1994 is altesaam 12 921
mense om die lewe gebring as gevolg van die optrede van die
terroriste.
Hierdie prentjie is uiters insiggewend, en dit is nie te
verbaas dat dr. Alex Boraine van die Tutu-kommissie so heftig
gereageer het op genl. Mortimer se verslag nie. Hierdie verslag
is vir Tutu en sy kommissarisse 'n groot verleentheid. Hulle kan
dit nie ignoreer, en slegs voortgaan met die vervolging van mense
uit die veiligheidsmagte uit die vorige era nie.
Ouma kom kuier vir haar dogter en skoonseun. Nadat sy haar kinders en
kleinkinders gegroet het, sê klein Dirkie (ses jaar oud): "Weet Ouma wat,
ek gaan my doodlag terwyl Ouma hier is." Ouma is skoon dronkgeslaan, maar
ook nuuskierig en vra: "Dirk-man en hoekom gaan jy jou doodlag?" Kom die
onskuldige antwoord: "Want Pa het gesê as Ouma weer so lank vir ons kom
kuier soos laas, dan gaan hy sy broek vuilmaak."
Indien jy nog sulke goed wil lees, gaan kuier vir ons tuisblad:
Ek (Nakkie die Nar) moet om verskoning vra. Apologie aanteken. Soos jy
seker al opgemerk het, is daar vreeslik baie van my advertensies op
"newsgroups." DIE REDE: Ek het baie gesukkel om dit daar te kry, want
iets was iewers nie lekker nie. En skielik werk alles reg en AL my
pogings (let wel: ALLES) word meteens oorgeplaas. Ek is jammer !!!
Ek sal egter om te vergoed vertel ek vir jou drie kinder sê-goed en
dan gaan jy tog met 'n glimlag van hierdie briefie af weg:
1) Neelsie kuier by Oupa en Ouma. Oupa besluit om vir die mannetjie
stywe mieliepap te maak. Die pap is gaar en Oupa skep dit op met die
opmerking: "Dis nou heerlike stywe pap wat Oupa vir jou gemaak het."
Hy neem die bordjie by Oupa, bekyk die pap en vra: "Het Oupa dit met
styfmeel gemaak?"
2) Lian is net duskant drie en BAIE woelig. Juis weer met so 'n
woeligheid gryp Pa hom aan die oor en vra in 'n onvrindelike stem:
"Wat is hierdie goed?"
"My ore" antwoord 'n huilstemmetjie.
"En wat doen jy met hulle?" vra Pa weer, steeds knorrig.
Kom die antwoord: "Ek sukkel met hulle."
3) Oupa is ongelukkig nie gesegend met 'n wilde kuif nie. Ewenwel, een
oggend sit hy knus in die sonnetjie en rustig begin hy die yl
haartjies te kam. Eers hiernatoe en dan weer daarnatoe, om nou soveel
as moontlik van die bles toe te kry. Aandagtig betrag Mandie die ydele
pogings en gee dan pront uitspraak: "Oupa kan maar stop, jy sal NOOIT
al daai kaal vleise toekry nie"
Het valt mij op dat in het Afrikaans de meeste bijvoeglijke
naamwoorden wanneer ze voor een zelfstandig naamwoord gebruikt worden,
een "e" als uitgang krijgen, terwijl dat bij andere niet gebeurt.
Bijvoorbeeld:
'n onhigienies-e levenswyse
'n spesial-e kursus
die naast-e bushalte
Tegenover:
die ander kant
haar vry dag
'n mooi, swart bikini
In het Nederlands zijn er bepaalde regels die bepalen of er wel of
niet een "e" achter een bijvoeglijk naamwoord geplaatst moet worden,
maar ik krijg de indruk dat in het Afrikaans sommige attributief
gebruikte adjectieven (bijv. "spesiaal") altijd een "e" krijgen en
andere (bijv. "swart") nooit.
Is deze veronderstelling juist en moet men gewoon leren welke
bijvoeglijke naamwoorden niet verbogen worden?
> A few weeks back I had a seizure in a public place and lost
> consciousness. While I was out, other people called an ambulance to
> transport me 12 km to hospital. I just got the account for the ambulance,
> which amounts to R1101.79. This is probably the most expensive ride I
> have ever taken.
Niemand kan jou eintlik dwing om te betaal nie , aangesien jy nie die
ambulans bestel het nie. Of het jy papiere geteken wat se dis bakgat
jy wil in die ambulans rondry ?
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
As julle nou regtigwaar 'n bliksemse goeie brandewyn wil drink,
koop 'n bottel 20 jaar oue KWV. Dit het op 'n keer die prys
in Londen gewen vir die wereld se beste brandewyn, met stywe
kompetisie van oral. Ek was toe in Belgie, en het dadelik
vir my 'n bottel gaan koop. (Gelukkig het ons Belgiese wynmense
hulle gat afgevee aan wynsanksies).
20 jaar in 'n eikehout vat is 'n lang tyd ! (vanjaar is dit 1976..)
Ek sê julle: Selfs 'n druppel daarvan is
genoeg om jou "floppy" in 'n "stiffie" te verander.
Lank na jy dit gedrink het talm die reuk van heuning en eikehout
nog in die glas. Ek het die hele bottel druppel vir druppel
oor 'n maand uitgedrink, te suinig om dit te deel.
Maar julle ouens in SA weet mos nie wat julle
het en hoe goedkoop julle dit daar kan koop nie.
Noudiedag het ek vergeet om wyn te koop, maar ek is lus vir 'n dop.
Ek skink toe maar vir my 'n dop (gewone) KWV brandewyn.
(Jy kan dit nou hier in Australie koop vir omtrent $30 = R90)
Ek drink normaalweg my brandewyn of Cognac skoon,
(mens neuk nie water by iets wat goed op sigself is nie)
maar omdat dit so warm is besluit ek skielik
om koue water (die boere noem dit windpompsjerrie) by te gooi.
Ek lag so vir my seun van 4 jr:
"Pappa, is dit aanmaak brandewyn" ?
"Nee my seun, hoekom ?"
"Ek sien jy maak dit met water aan..."
Nou ja- Resep vir aanmaak brandewyn:
------------------------------------
1 stewige dop brandewyn
+water na smaak!
Wie van julle onthou die "Bols storie", wat die NG kerk
in rep en roer gehad het so 10 jr gelede ????????
Daar was 'n kongres van kerke in Nederland
(Die NG kerk was natuurlik die swart skaap oor Apartheid)
en 'n predikant van SA het iets laat val (dalk oor hy vies was?)
oor die Hollandse dominees wat so glasies Bols drink.
(Jy kon destyds Bols-brandewyn in Nederland en SA koop)
Die "bols" het een of ander sinspeling gehad op knaters,
en dit het groot opslae verwek oor dit nou nie juis paslik was vir
'n dominee nie of so iets.
Vriendelike groete.
(niks water vir my nie dankie...)
Daar is 'n staat van Onskuld. Dit is die staat wat jy
eerste as kind geken het, voor die kennis van goed
en kwaad 'n emosionele en intellektuele val in jou
teweeggebring het. In die volgende siklus gebruik
die digter woorde soos kerkorrel, glo, bid, hallelujas,
psalms, nagmaal, heilig om die staat van onskuld te
beskryf. Die jeug word dus aangedui as 'n geheiligde
bestaan in "Voor die Val."
Maar al te gou kom die besef dat jy as mens uit
daardie paradys uitgedryf word. In "Die Son Sak Weg"
en "Herfs, Oudtshoorn" praat die digter met 'n verba-
sende ekonomie van woord en styl oor hierdie gevoel
van verlies en ontnugtering.
Sommige digters se werk bly 'n gedurige hunkering
na die verlore staat van Onskuld, en hulle gedigte bly
pogings om weer terug te keer na daardie verlore staat.
Maar somtyds vind jy 'n emosioneel-volwasse digter
wat vir ons daarop wys dat, selfs binne die gevalle staat
van tyd en ruimte, dit moontlik is om helder en vreugde-
vol te lewe. So 'n gedig is "Die Imperialisme van die Tyd,"
die laaste gedig in die volgende siklus.
VIER GEDIGTE UIT DIE KLEIN KAROO
Ferdi Greyling
VOOR DIE VAL
In die Klein Karoo het ek geweet
dat die Swartberge elke oggend
soos kerkorrels weer uit my drome sal verrys,
en dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
uit die stof sal opstaan
om in pers vlamme teen die bome te dans.
Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
En geglo.
Heel die dag lank
het ons met fietse deur die strate gebid
en hallelujas in die sagte gras gelag.
Met pakkies Lucky Strikes
het ons skelm psalms agter die heinings gerook
en met meisies onskuldig soos Post Toasties
het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.
In die ligblou lug,
wyd en glad soos 'n stil rivier,
het die tierende son elke middag laat
in die Klein Karoo
soos 'n oopgesnyde waatlemoen
ondergegaan.
En dan het die soet nag
om ons
soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
en die koel aand het sag soos water
deur die strate van die dorp gespoel.
Terwyl die saad van nog 'n heilige dag
op die sypaadjies ontkiem het.
DIE SON SAK WEG
Weg van die growwe, groen heuwels
van die Oos-Kaap,
ver na die suidweste
le^ die Swartberge.
My hart het op 'n tyd daar gewoon.
Maar dis blote klip en grond, my liefstes,
wat onder 'n koeelronde son hoog rys
in die droë Klein Karoo.
Daar verkoop slinkse boere
waatlemoene om aan die lewe te bly.
HERFS, OUDTSHOORN
ma, die son jaag 'n wind van verder as ver
wat die helder lug bo die berg verbrokkel
bruin aan bome in die lanings vreet
en die appelkoosboom in jou agterplaas
in geel vlamme verbrand
DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
Ek het die Swartberge geken
in die land voor die tyd.
Daar het ek die reine wiskunde geleer
van die son wat glorieryk om die aarde tol.
Daar kon die geometrie van my geloof
die hele wereld elegant aan 'n enkele uur anker.
Maar met die ontvangs van oktrooie
duskant die Swartberge,
het die tyd my heerser gemaak.
Ek het koning oor my lewe geword.
Ek vat die dae en die nagte
en ek maak statistieke daarvan.
Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
van die wereldlyn.
Ek is administreeder van idees.
Ek weet hoe vulkane
berge uit die aarde gedruk het,
hoe vreemde diere vroeër
in die moerasse van die Klein Karoo
onder die fel son gebulk het.
Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
en weer in die koue planeet wegsak
wanneer die son rooi en oud word,
voor alles weer soos saad
in die donker kiltes van die hemel verskiet.
Ek is koning van konsepte.
En van hier
waar die kragte van die tyd
glorieryk in balans
om my helder hede hang,
heers ek
oor die verlede
en oor die toekoms.