In die Middel-Ooste is daar al vir duisende jare 'n
tradisie van die liefdeslied te gebruik om jou liefde vir
God uit te druk. Dis uit daardie tradisie wat ons die
lieflike "Hooglied van Salomo" in die Bybel kry:
"Hoe mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter!
Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade,
'n werk van kunstenaarshande."
Een van die beroemdste godsdienstige digters in hierdie
tradisie was RUMI (1207-1273) wat in Afghanistan
gewoon het, toe nog deel van die Persiese koninkryk. Hy
verklaar:
"Moenie dink dat alle soorte ekstase
dieselfde is nie.
Enige wyn kan vir jou dronk maak.
Oordeel soos 'n koning, en kies die suiwerste."
"Die oomblik toe ek my eerste liefdesverhaal gehoor het,
het ek begin om vir jou te soek; maar ek het nie besef
hoe dom ek was nie.
Geliefdes ontmoet nie uiteindelik erens vir mekaar nie.
Hulle is binne in mekaar die hele tyd."
Nog 'n beroemde digter wat in hierdie tradisie skryf, was
KABIR, die vyftiende eeuse Ekstatiese Sufi Moslem digter
van Benares, op die Indiese subkontinent. Hy verklaar:
"O vriend, ek het jou lief. Dink versigtig daaroor.
As jy verlief is, hoekom is jy dan aan die slaap?
As jy hom gevind het, gee jouself aan hom,
neem hom as jou eie.
Hoekom verloor jy hom keer op keer?"
Dis in hierdie tradisie dat ons die volgende gedig van
Andre Letoit moet verstaan. Die groot oordadigheid,
die energie en die vreugde in die woorde is nie alleen
vir een besondere vrou nie. Dis 'n pryslied vir al die
wondere van die heelal, vergestalt in die teenwoordig-
heid van 'n geliefde:
Winterpad ( uit "Die Bar op de Aar.")
Ek wil my deken met jou deel
Daar's prentjies van mooi bome op
Ek wil nagdeur jou vrugte steel
En die skille in my hand omdop
Ek wil jou uitsuig soos lemoene
Hoog raak op jou soene
Verlei maar my spioene
Kom deel my bedsprei en nog wat
Kom rook die pyp met my majat
Winterpad my willegat
Daar's pinball-games diep in jou oe"
Daar's twintigsente op jou bors
Jou water kom direk van bo
En soos die hert het ek ook dors
Ek sal jou inryg soos rooi krale
Ek sal jou rook soos my sigare
Jou vel, jou hande en jou hare
Oompie het 'n vark gery
Maar jy's vir altyd bo-op my
Winterwei my lekkerkry
Krismisrose in die tuin
Poliesmanne in die townships
Luister-bugs in die gordyn
Wie gaan next time opslip?
Kanker op die wit veranda
Jou troepe roep 'n hees amandla
Vlug jou oe" na ander lande?
Vroutjie, wees my noodtoestand
My hele lyf is aan die brand
Winterland my watertand.
'n Mens moet in ag neem dat hierdie woorde van
'n lied is wat gesing moet word. Jy vergewe dus die
stilistiese sondetjies hier en daar. Dit amuseer ook dat
hy sommer so glad oorgaan tot die gebruik van beelde
uit die apartheidsjare. Op 'n sekere manier word die
gedig dan ook 'n protes-stuk. Maar in die laaste analise
bly dit vir my nog 'n "hooglied."
Britse wors proe na seep. Enigste metode vir goeie wors, is om jou
eie hier in die vreemde te maak. Die het ek ék gedoen voorlat ek
skrik gevat het vir die mal koei siekte (amper so gevaarlik as PMS in
jou vrou).
Nou se dae maak ek net my eie biltong hier in Engeland. Maak hom in
die somer, Devon winter is te nat. Sal later as die mal koeie uit
gestig uit kom weer wors maak.
Nou moet ek vir jul sê die Roe (deer) hierso maak 'n lekker wilds
biltong soos ek nog nie in die Republiek geproe het nie.
Almiskie dalk is dit die lank geheelonthou van SA biltong wat my smaak
affekteer maar nogtans hy proe vorentoe!
Help asseblef. Ek is opsoek na vliegtuigkaartjied vanaf Amerika na SA
net voor Kersfees. Weet enigiemand van 'n reisbure of Website wat
moontlik nog vliegtuigkaartjies beskikbaar het?
Noudat my masjien weer werk wil ek so bietjie meer oor die pampoene hier
in Kanada vertel: Mens kry nie die wit boerpampoene hier nie. Net sulke
ronde oranjes wat meeste mense nie eens eet nie! Hulle kerf sulke
bangmaak gesigte daarop uit en sit dan 'n kersie binne in. "Jack o'
Lanterns" wat met Halloween in die venster of buite by die voordeur
sit. Mens kry ook 'n kleiner weergawe wat "mini pumpkins" of "pie
pumpkins" genoem word en wat veral vir die maak van "pumpkin pie" bedoel
is. Die Kanadese het so 'n gewoonte om alle soorte terte en koek (selfs
sjokolade koek) met roomys te eet. "Pumpkin pie" word net soos appeltert
warm gee"et en dan is dit 'n treffer kombinasie met die koue roomys!
Dan is daar nog die reuse "North Atlantic Pumpkin" wat net vir kompetisie
doeleindes gegroei word. Elke herfs weeg die mense die pampoene en die
wenner gaan gewoonlik met 'n kontantprys huis toe. Die enigste deel van
die pampoen wat gebruik word is die saad.
Hier is "sweetcorn" die enigste soort mielie wat die mense eet. Ek kon
nog nie 'n behoorlike mielie hier opspoor nie. Miskien kan Gloudina
help, maar ek het 'n vermoede ek moet gaan soek vir "cattle corn" dan is
ek dalk op die regte spoor! Met "Thanksgiving" word "Indian corn" as
versiering gebruik. Dis nou 'n mielie met pitte van verskillende kleure.
Mens kry donkerbruin, pers en geel pitte sommerso deurmekaar op een kop.
Ek verbeel my ek het vroee"rtyd so iets e^rens in die Vrystaat gesien.
Wat noem die mense dit daar?
Koos (fe...@is.co.za) wrote:
: On 31 Oct 1996 22:06:44 GMT, ven...@ilink.nis.za (dries venter)
: wrote:
: oninteressant - meesal vlaktes deur die Westelike deel van die land.
: >>>>
: Ry oor die Swartbergpas tussen Oudtshoorn en Prins Albert.
Lees die oorspronklike antwoord weer, en dan gaan kyk jy in 'n atlas en volg
die platorand van Noord-Transvaal deur Natal Oos-Kaap tot in die Wes-Kaap,
dan sê jy vir my waar het jy die Swartbergpas gesien, buitendien ek het
gesê MEESAL en VLAKTES en WESTELIKE deel!
Elke keer wanneer ek na Ravel se "Pavane pour une
Infante defunte " (Pavane vir 'n gestorwe Infanta)
luister, kan ek nie help om geroer te word nie, al is
dit nou sommer 'n klein en ligterige stukkie musiek.
Die gedig wat Ernst van Heerden daaroor geskryf het,
roer my op dieselfde manier:
PAVANE VIR 'N GESTORWE PRINSES
'n Hulsel van kristal het telkens
spanninge van stoot en skok verdra,
die allerlaaste keer die ruwe hand
trotseer, en toe, vermoeid,
met rinkelinge ingestort.
Kaleidoskoop se fokus hunker
na sy ou bestel terug;
die skerwe-stand
kom tot 'n wonderlike eenheid weer,
waar als byeengeskud en uitgester,
die lig vang en die son,
en sy, donsfyn, verruklik-broos,
haar koninklike intog doen.
Ravel het die stukkie musiek waarna hier verwys word
geskryf in 1899 en dit opgedra aan die Prinses de
Polignac. Dis die eerste keer uitgevoer in 1902. Ravel
het later bietjie moeg geword om die stuk musiek van
hom oor en oor te hoor. Hy het verklaar dat daar teveel
invloed van Chabrier in is, en ook dat die vorm iets te
wense oorlaat. Aan een jong pianis het hy eenkeer
gesê: " Ek het 'n pavane geskryf vir 'n dooie prinses,
nie 'n dooie pavane vir 'n prinses nie." Ek wonder of
Ravel sou kon glo dat omtrent 'n honderd jaar nadat hy
dit geskryf het, die stukkie musiek nog vele mense baie
ontroer.
Sanet, daar van Saldanha vertel die volgende kinder staaltjie:
Sy is besig met haar laaste klas van die dag. Die les gaan oor verlamming,
blindheid, stomheid en oor ouens wat doof is. Die klok lui en sy vra vir
Riaan om af te sluit met gebed en hy bid: "Dankie Liewe Jesus vir hierdie
dag en wees tog asseblief met al die verlamders, verstomdes, verblindes en
verdoofdes, Amen."
Indien jy nog sulke kinder sê-goed wil lees, gaan loer in by: