Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Staaljie oor die community....

Sa., 14 Desember 1996 00:00

On 13 Dec 1996 14:07:05 GMT, "Charl Durand" wrote:

<<<>In Suid-Afrika, soos elders, gaan die lewe doodeenvoudig voort.>>>>

Yip.
En is dit nie altyd verrassend om te sien hoe plat politiek is as dit
gestroop word van die pakke klere, die bosse blomme en die grand
verhoog nie en bedryf word op die laagste vlak.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Smartvrate...

Sa., 14 Desember 1996 00:00

Gloudina:
>
> Dave ou broer (jy met jou mooi Afrikaanse naam),
> elke keer wanneer ek sentimenteel word en terugdink
> aan ‘n Suid-Afrika vol wonderlike Afrikaanse mans,
> dan onthou ek vir jou en wat jy op die nuusgroep se^
> en dan word ek weer realisties. (Terloops, die kappie-
> op die e^ -storie werk nie altyd nie, meneer-weet-
> altyd-beter.) Hoekom volg jy nie die voorbeeld van
> Adriaan Vlok en beken SOOS ‘N MAN dat jy ook
> skuld het en behoefte het aan vergiffenis nie. Of is jy
> ook een van daardie mense wat elke Sondag kerk toe
> gaan, maar wanneer daar van sonde en vergifnis ge-
> praat word, dink jy maar aan die volgende “smart” ant-
> woord wat jy nou weer vir iemand kan gee.
> Ek raak ook so moeg vir al die mense wat kla oor
> hoe witmense hulle werk verloor. Ek kan nie dink dinge
> is te desperaat nie, as ek hoor hoe ‘n familielid deur die
> maatskappy waarvoor sy werk, tussen Johannesburg en
> Durban gevlieg word om hulle boeke in stand te hou.
> (Miskien het sy die regte “skills”?) Of ek hoor hoe Suid-
> Afrikaners Rusland toe toer, of na die Verre Ooste (om
> perels te gaan koop). En as die Afrikaanse vroumense
> hier in Noord-Amerika kom kuier, dan koop hulle nog
> altyd die duur parfume vir hulle dogters in Suid-Afrika,
> nadat hulle nou eers, in die winkel, ‘n oproep gemaak het
> na hulle dogter om uit te vind of hulle die parfuum nou
> moet koop of nie. Afrikaners is, sover ek kan agterkom,
> nie “in dire straits nie.” Hulle swart broers en susters is
> wel, en sal dit nog vir dekades en dekades wees, totdat ‘n
> nuwe generasie van nie-blanke kinders die kans gehad het
> om ‘n goeie opleiding te kry, en dan te wys wat hulle kan
> doen. En glo my, ek het gesien wat hulle kan doen, as hulle
> ‘n halwe kans gegee word.
> Gloudina
>

Gloudina

Ek het nie skuld om te bely teenoor enige ander ras nie.
My sondes het niks met rassehaat te doen nie. Ek het nog altyd goed met
swartmense (en alle ander skakerings) oor die weg gekom.
Ek is in beheer van sowat 1400 mense waarvan byna
almal swart is. Die wat 'n kans wil hę kry dit - wit of swart.
Die wat dit benut word ondersteun tot die einde, wit of swart.
Die wat bakhandjies staan en sę: "gee, gee", kry niks - wit of swart.
Wanneer jy verskillende standaarde het vir verskillende groepe,
doen jy verkeerd. Dit is hierdie einste konsep wat jy (en ek)
veroordeel - die kwessie van dubbelstandaarde. Of is dit hierdie keer
in orde? "Two wrongs don't make a right".
Dit is my opinie.

Terloops, Adriaan Vlok en meeste van die ander wat
hulle sondes op TV bely, doen dit nie omdat hulle hartseer
daaroor is nie, hulle het nie juis 'n keuse nie. Hulle doen dit om hulle eie
basse te red. Ek wens jy kon die sirkus eerstehands beleef.

Groete
Dave

Ns. Kom julle nog somtyds hier draai? Het julle heelwat familie daar?
Dit is seker nie lekker om Kersfees vęr van geliefdes te wees nie.
Wat van julle ander ouens soos Galjoen?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Vakantietips

Sa., 14 Desember 1996 00:00

Allereerst mijn excuses voor het feit dat ik dit in het Nederlands schrijf,
maar ik spreek helaas geen Afrikaans. Ik hoop dat u dit kunt lezen.

Ik ben van plan in januari of februari 1997 naar Zuid-Afrika op vakantie te
gaan, en er zijn een aantal zaken die ik graag zou willen weten. Misschien
kunt u mij hierbij helpen en weet u antwoord op de volgende vragen:

Wat zijn interessante gebieden om te bezoeken als je drie weken vakantie
hebt in Zuid-Afrika?
Wat zijn de mooiste natuurgebieden om te bezoeken?
Welke steden zijn het meest interessant?
Wat is de beste tijd van het jaar om naar op vakantie te gaan?
Is het niet te warm in januari of februari?
Waar in Zuid-Afrika is het minder warm in januari of februari?
Wat betaal je voor een eenvoudig hotel?
Wat betaal je voor een eenvoudige maaltijd in een restaurant?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

INKOSI JESU - 'n Kerslied

Do., 12 Desember 1996 00:00

INKOSI JESU

Soos Maria haar seun vertroetel het
druk ek my kindjie aan my bors
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Ek voel sy lewe en sy krag
en sy asemhaling stil en sag
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu

Ek hoor my mense singend
singend in die wind
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Die ruising van die vaal ou gras
wieg Hom sag in lieflike drome
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.

Die kafferboom hef sy arms omhoog,
vol van lof vir U alleen
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
O, gee ons krag, o, gee ons hoop;
maar bowe-al u liefde
o Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu

Uit die F.A.K. Volksangbundel
woorde van Rae Tomlin
musiek deur Edith Hugo Bosman

(ingetik deur gloudina bouwer)
Vir diegene wat nie kafferboom wil
sê nie, gebruik "umsinsi."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Twee gedigte, apartheidsjare....(APARTHEID WAS LEKKER !!!)

Wo., 11 Desember 1996 00:00

In Article, writes:

>
> Koos skryf:
>
>> Daar is toe 'n stukkie audio op van PW wat in sy paranoiese ergste
>> stemtoom (daai een wat so 'n mengsel was van selfbejammering en woede)
>> die wereld uitdaag om te doen wat hulle wil....
>> Fokkit. Toe kry ek koue rillings.
>
> Dit laat my nou dink aan daai tyd van die onluste,



>
> Vriendelike groete.
> |
> | ___/////
> | / \ /|
> | / O \ \/ |
> J > / /\ |
> \_________/ \|
> \\\
>

Galjoen

Jy is darem baie bitter - sal ons die SA troepe vergelyk met Vietnam? Hoeveel
het jy op 18 geweet, en hoeveel het jy omgegee? Die feit dat die Army eintlik
- nou as jy terug kyk - nogal lekker was - ou menslike ding - onthou die
lekker en vergeet die bad stukke - soos wagstaan, snotkop offisiere se stront
en 'intellectually challenged' PF's se magspeletjies, tydmors, terug keer van
pas, maak gou en wag ens ens.

Mens kan sien jy is al 'n tydjie uit die land. Die Afrikaners (en Engelse)
wat ek ken (ek het meeste uit gehaal en ken ingesit voor iemand weer oop my
kop dinges) krimp in mekaar as iemand die kaffer en meit woord gebruik. Dis
erger as om te vloek so sensitief is dinge deesdae. Was onlangs oorsee en
snaaks hoe die mense wat 'n tydjie uit die land is nog daardie woorde gebruik.
Jy voel hoe jy ineenkrimp as iemand dit hardop in 'n geselskap sê. Kyk rond
of iemand nie dalk gehoor het en jou in 'sulke' geselskap sien nie. Snaaks hoe
gou dinge verander.

Ek was gelukkig nie in die infanterie nie so het geen diens in operasionele
toestande gesien nie - was in die MP's en op die grens (Nam) - en het baie van
die minder gewenste elemente in die weermag gesien. So om nou van verkragting,
doodskiet by begrafnisse, konfiskeer van drank, bloufilms, verkragtings,
rondslaap, dagga rook te praat asof dit die norm was is 'n bietjie, nee sommer
baie oordrewe. Ek dink jy ruk die hol onder die hoender uit daarso.

So terug na Vietnam/SA - ons was binne 'n stelsel en het nie die moed of die
inisiatief of die lus gehad om teen die prikkels te skop nie. Het meer geworry
oor jou volgende date as oor die politiek. Bietjie volstruis politiek ja maar
dis nou maar ons Afrikaners - sal ons 'perceived' leiers tot in die hel volg -
hulle sal mos nie vir ons lieg nie, sal hulle? So moet ons nou ons eie longe
oopskeur en daarop kak omdat ons deel was van 'n stelsel wat uitgedraai het
dat dit mense regte geskend het? (Al was dit duidelik as jy vir 'n oomblik
stil gestaan en gedink het). Nie deel was van die stigting van so 'n stelsel
nie, maar tog gedeel het in die voordele daarvan (en gestem het vir die
voortbestaan daarvan?)? Hoe lank moet ons boete doen( as enig sins)? Hoekom?
Gaan dit enigiets verander? Daar is tans hierdie geskopte hond mentaliteit (
jy weet mos so 'n brak wat sy baas baie geskop het - gaan le^ stert tussen die
bene - reg vir die volgende skop of skrobering) by die Afrikaner. Die klere
skeur en as op die hoof hoop mentaliteit - kruisig my - ek's 'n Afrikaner - ek
het gebaat by apartheid - mentaliteit! Die gat kruip by enig iemand wat nie
gesien word as apartheid deler? Hoekom moet ons boete doen? Moet ons
kollektief verantwoordelikheid aanvaar vir die sondes van apartheid? Gaan dit
enigsins help - of sal dit maar wees soos - ons het dit gedoen - voel jammer
daaroor ( en fok julle in elk geval)! Hoeveel van die ouens voor die
Waarheids Kommissie is rerig jammer en hoeveel probeer maar net hulle eie
gatte red?

Soos (ek dink) klaasvakie gesê het : wat is eintlik aan die gang? Probeer ons
nou ons eie gewetes salf deur die sondes van apartheid as ons eie te aanvaar?
Of is dit maar net 'n gebors slanery - ter salwing van die gewete?

Vir eers - genoeg vrae? Antwoorde het ek nie! Het iemand?

Cheers
Lou

Prosa & poësie | 4 kommentare

Afrikaanse Radio?

Wo., 11 Desember 1996 00:00

As daar iemand is wat Afrikaanse of Suid Afrikaanse Radio luister in Noord
-Amerika sal ek bly wees as die inligting beskikbaar gemaak kan word. 'n
Mens mis baie duidelik Afrikaans en Suid-Afrikaans in die deel van die
wereld. Ons het 'n groep Suid-Afrikaners wat so drie maal per jaar hier in
Orlando area bymekaar kom en vleis braai, maar 'n radiostasie sal 'n treffer
wees.

Groete

Rex (Oud Vrystater)

Musiek & liriek | 9 kommentare

KOM HERWAARTS GELIEFDES

Wo., 11 Desember 1996 00:00

LOFSANG
Antjie Krog

kom herwaarts geliefdes
met voete vlugtig oor bolandse berge
oor koel valleie varkoor
versamel in die vlaktes
trek op uit die Hantamgebergtes
uit die Koue Bokkeveld
en die Witteberge naby Bethlehem
vertoef nie vir klere nie
ook nie vir brood of wyn nie
snel geluidloos deur die donker
net die hoewe van die aarde wat sterre vonk
en silwer mane wit salpeter teen sy flanke
want 'n kind is vannag gebore
'n seun is gegee in vreugde ontvang en gebore
'n seun wat die aarde langs sal huppel
oseane sal opvang in sy strandemmer
sy speelgoed oor vastelande strooi
oor kape met windrigtings sy helder top laat tol
en die son soos 'n ghoenie-ghoen in sy agtersakkie dra

o kom herwaarts geliefdes
vrolik en seëvierend
psalmsing
met goud en wierook en mirre
en kniel op die berge waar daar son is
gevange
en heerlik en bloesend gekruisig
teen die aardse ritme van die ewigheid.

(ingetik deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

re: re dringende versoek

Wo., 11 Desember 1996 00:00

Hei Sakkie-sakkie

Oe, maar ons is bitter, né. Laaskeer toe iemand my as 'Sakkie' aangespreek
het, het ek 'n bruin uniform gedra. Miskien was onse Jan toe 'n korporaal, en
het die aanspreekvorm sowel as die mentaliteit vasgesteek, daarom dat woorde
soos 'misbruik' ingespan word om te dui op my sogenaamde onreëlmatige gebruik
van gesaghebbers se infrastruktuur. Moenie worrie nie, korporaal, ek het klaar
die pakkie gepos, self daarvoor betaal met my salaris wat ek darem verdien so
tussendeur die misbruik van e-pos en die internet. En hoe lekker dit ook al
was om met jou te praat, ek moet nou gaan werk. Sodat ek volgende keer nie so
skuldig voel as ek iemand anders se e-pos misbruik nie.

En wat die Broederbond betref: mense wat hou van sakkie-sakkie sal seker
graag tant mossie (of is dit oom mossie?) se boeredans doen.

Balke toe!
herman

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Ghoebaai Bed - 'n Gedig deur MARIETTE LIEBENBERG

Wo., 11 Desember 1996 00:00

DIE GHOEBAAI BED
Mariette Liebenberg

WEEK 1
Perfekte beddens in 'n ry,
grys liggame, soos jy,
wat georden saam met die skadu's
teen die mure verby gly.
Dis jou kas !
Dis jou tas!
hangslot liewer alles
want hier kan selfs God verdwyn.
Kom voetspoor op die glad getrapte vloer
na geen gesig - net doktersjas.
Valiumparade in die dag
Pethidine in die nag.

WEEK 2
Die ringkoppe hou indaba.
Kliniese oë vra:
Wie is jy?
Sukkel deur al die vrae -
O, al die pyn.
Dankie tog,
nog 'n martelsessie is verby!
Laat ons aansit by die tafel sonder wyn
waar ons met weetbixblokke oë vermy.

WEEK 3
Vyf-uur is slagskaaptyd.
In gelid na die skokstoel gelei:
Slagskaap een...
Slagskaap twee...
Slagskaap drie...
Bande oor die lyf, tentakels op die kop.
Moenie worry nie
iemand sal jou brekfistafel toe lei.
Iemand?
Ek is dan naak
afgeskil en uitgedop,
Net my kop steek bo die water uit.

WEEK4
Liewe Iemand,
na 'n uiters psigiese maand wil ek net vra
wat word van Annie, Gertrud en ou Fred,
almal hier om my ghoebaai bed?
Of nee,
juis ek moet weet
dat Jy nie skaamkry om tussen
rubbermure rond te sluip...

(ingetik deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Om te oordeel.... (EK GENIET DIT !!!)

Wo., 11 Desember 1996 00:00

In , augu...@icon.co.za writes:
>
> Ek is een van die duisende ouens in Suid Afrika wat dit haat om politiek te
> gesels en in die besonder om te luister na ander se opinies oor hoe sleg en
> verkeerd die wit Suid Afrikaner is. Net 'n paar gedagtes gedagtes vir veral
> julle ouens in die buiteland:
>
>

Ek is so bly dat jy tog oor politiek geskryf het.
Dis lekker om sulke opinies te hoor,
al verskil ek soms baie.
En dis lekker as dinge op 'n rasionele manier gestel word,
i.p.v. 'n histeriese, persoonlike belediging.

Ek wil eerder hoor van my eie mense in my eie taal,
oor hoe hulle oor DIE dinge voel en verskil, as bv. van 'n engelse of
ander ou wat nooit in SA was nie maar wat sy bek vol het
- al stem ek miskien met hom saam.

So skryf asseblief oor julle army-balsakke en julle skuld
en verontwaardiging en onskuld !!!
Julle kan maar kak praat ook, (ek doen dit heeltyd).
Ek lees en dan dink ek daaroor as ek gaan visvang.
Ek het baie dinge op my hart, en ek moet dit uitskryf.
En soos Koos seg: mens maak maar vyande ook.
As jy gedurig met almal saamstem het jy niks te seg nie.

Van Army-balsak tot balsak
Vriendelike groete.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1568  1569  1570  1571  1572  1573  1574  1575  1576  1577  1578  1579  1580  1581  1582  1583    »]
Tyd nou: Sa. Jan. 24 14:36:23 UTC 2026