Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Die ryp is 'n rower" deur PETRA MULLER

Di., 11 Maart 1997 00:00

DIE RYP IS 'N ROWER
Petra Muller

(maartblom het april toe uitgedans,
stil-stil, op haar eentjie;
tanterlanta, lanterfanta,
hoogtrap, uitskop, rittelbeentjie -
stil-stil het sy weggeraak)

ryp het sy mes hier ingekry:
dit is die skrik van die bamboesbos
en die appelboorde kraak

"af met die note, af!"

so by so het die onbesonne bossies
reeds by die blink rampokker ingekruip,
en die werf gaan lê soos 'n naweeksman
wat leeghand huis toe sluip

"af met die note, af !"

ligvoet soos 'n jong bandiet
het die ryp verbygekom;
hy bêre sy diewesak
jy oes, my lelieblom

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Karoofees: info

Di., 11 Maart 1997 00:00

Meer besonderhede en die volledige program van die Klein Karoo
Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn is nou op die Net beskikbaar:
http://karoofees.com
As jy sukkel om daar kontak te maak, vat die lang pad:
http://naspers.co.za en klik dan net op die Karoofees-knoppie

Mampoer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Karoofees: info

Di., 11 Maart 1997 00:00

Meer besonderhede en die volledige program van die Klein Karoo
Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn is nou op die Net beskikbaar:
http://karoofees.com
As jy sukkel om daar kontak te maak, vat die lang pad:
http://naspers.co.za en klik dan net op die Karoofees-knoppie

Mampoer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Karoofees: info

Di., 11 Maart 1997 00:00

Meer besonderhede en die volledige program van die Klein Karoo
Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn is nou op die Net beskikbaar:
http://karoofees.com
As jy sukkel om daar kontak te maak, vat die lang pad:
http://naspers.co.za en klik dan net op die KaroofeesZknoppie

Mampoer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe Afrikaanse Verwysings op Robert se Tuisbladsy

So., 09 Maart 1997 00:00

Daar is (eintlik) nieuwe verwysings na Afrikaanse bladsye,
op Robert se Afrikaanse bladsy:

sien: http://www.xs4all.nl/~wagenaar
--

Robert se Afrikaanse bladsy: http://www.xs4all.nl/~wagenaar

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans

So., 09 Maart 1997 00:00

O, DIE LIEWE MARTATJIE

O, die liewe Martatjie, Martatjie, Martatjie!
O, die kleine vabondjie het my laat staan.
Geld is weg, nooi is weg, als is weg, alles weg!
O, die klein vabondjie! Wat nou gedaan?

B.A. De Wet
Oostenrykse volkswysie "Ach du lieber Augustin."

Liewe : dear
vabond : rascal, vagabond
geld : money
nooi : girlfriend
"Wat nou gedaan" : What to do? (gedaan : archaic, only
used in certain expressions. Also in
"Ek is gedaan" : I am exhausted


When one looks at the family names of Afrikaners
you must come to the conclusion that most of the
surnames are not of Dutch origin. The names are
from a wide spectrum of mostly European language
groups. None is as widely represented as those of
German origin. Germans came to the subcontinent
in large numbers, even during the early days of the
Dutch at the Cape. The Dutch East India Company
used them as soldiers and favoured them as colonists.
It must be remembered that the German people lived
in various principalities on a continent wracked by
war in the seventeenth century. Large numbers of them
joined the Dutch armies and fleet. In the second half
century after van Riebeeck landed, 66 percent of the
white population was of German origin. Since most of
them talked "Platduits" (a German very close to Dutch),
they easily assimilated with the Dutch.
Apart from this first influx of German blood into the
veins of Afrikaners, there was quite a large addition of
Germans into the eastern part of the Cape Province in
the nineteenth century. Some of their descendants still
talk German today. There was also a German colony in
what is today Namibia for quite a long time. Moreover,
until recently, German was taught as a third language
in most Afrikaans schools. One does not exaggerate
therefore when saying that German is, after English,
by far the language that most Afrikaners are comfortable
with, after their mother tongue.

Gloudina Bouwer

Musiek & liriek | 0 kommentare

Suid Afrikaanse Braai in Nederland

Sa., 08 Maart 1997 00:00

Vir julle wat huis toe verlang:

As julle in Nederland bly en julle is lus vir 'n regte Suid Afrikaanse
braai met sonskyn en 'n temperatuur van 20 grade of meer, ons gaan die
braai weer organiseer so vinnig as moontlyk.
Laasjaar was ons braai 'n groot sukses.
As julle belangstel, e-mail ons op:
0mo...@dronten.flnet.nl
Ons laat julle vinnig weet!

Emigrasie & buiteland | 0 kommentare

AUSTRALIE: KULTUUR EN SPORT.........

Vr., 07 Maart 1997 00:00

Ek het al 'n paar kritiese artikels gesien oor probleme rondom Australie
se soeke na 'n identiteit. En dit intereseer my.
Ek moet die groeipyne verduur van 'n jong nasie op soek na 'n identiteit,
iets wat oral deurslaan, in bv. politiek en sport, en dit irriteer
my en baie immigrante grensloos.

Daar was in die verlede enkele dokumentere programme op die TV en radio
wat bv. die Outback mite en die Australiese sonskyn/sport-mite krities
ontleed het, asook ander kwessies aangaande die Aboriginese en Immigrante
en die Australiese geskiedenis.

Ek lees Kanada "worstel" met dieselfde probleme, wie hul nou eintlik
is ens. Ek lees hulle gaan deur dieselfde "groeipyne", hulle is nie
Europieers nie, maar defnitief nie Amerikaans nie,
hulle het Rooihuide i.p.v. Aboriginees, en moet ook nog vir of teen 'n
republiek/die koningin "debateer" ens.

Die verskil tussen RSA en Australie is dat RSA
sy identiteit moet HERdefinieer, dit het reeds genoeg substansie,
dit is die integrasie of samehang van verskillende element wat nou
nodig is. Maar Australie is nog op soek na die bestanddele.

Na 'n sewe jaar hier is ek al so gatvol oor al die gesanik oor wat dit
nou beteken om 'n Australier te wees, die afgesaagde debat oor Australie
nou 'n republiek moet word of nie, die polities-korrekte "debatte" oor
die Aboriginees dat ek wil kots daarvan.
(Die beste van alles is dat die gesoute Aussies meer oor hul
identiteit teem en tob as die immigrante).
Ek is eenkeer in die straat in Melbourne deur 'n TV-span voorgekeer en
gevra wat my standpunt is oor die Republiek "debat". Ek het aan hul gese ek
gee nie om wat hul doen nie, hul moet tog net om godswil klaarkry daarmee.

Australie is soos 'n tiener wat deur sy puberteit gaan:
nog heeltyd besig om in die spieel te kyk en aan sy puisies te vroetel
en sy draad te trek. Om volwassene te wees beteken om jouself te aanvaar
sonder dat jy jouself gedurig hoef te bewys op een of ander manier.
Die Engelse is engels, en Duitsers duitsers, of hulle nou die sokker
wen of nie. (Nie dat mens Australie en Kanada kan kwalik neem nie,
hulle is relatief jong nasies).

Australie kan nie besluit of hy deel is van Asie of die Weste nie,
of hy 'n Aboriginese element moet akkomodeer nie ens ens.
(die kwessies duik gedurig in die politiek op). Australie is
nog steeds op soek, en vol moderne mites en cliches,
soos "multi-cultural", die "outback", die "Gallipoli" saga ens.
wat gedurig in die media aan jou opgedis word,
tesame met Crocodile Dundee snert.

Dit is vir die Australiers nog belangrik om te "wys wie hul is",
om hulself bekend te maak en aan te kondig aan die wereld.
Hul wil graag hul merk maak,
wil he die wereld moet kennis neem wie hul is. Want hul dink
niemand weet of gee om nie. (Wie gee nou eintlik om ?).
Hulle noem die tendens die "cultural cringe" hier in Australie.
Hul dink om iets te wees, om 'n identiteit te he, moet hul wen,
die beste of enigste wees ens.
DAN sal die wereld kennis neem van hulle. Dis eintlik pateties.
In Australie wys hulle nog op die TV nuus dat hulle
die TV nuus gehaal het in 'n ander land.
En daar word gedurig obskure "worlds first" opgedis en belaglike
aansprake gemaak, dikwels sommer twak, want hul is dikwels te
agter die klip om te weet dat dit nie so is nie).

So het die pers hier verkondig dat hulle elke goue medalje sou wen
in die winter-olimpiese spele in Lilyhammer en Australie se naam
sal weerklink deur die wereld (hul het net hul naam gat gemaak),
dat hul sou wegloop met elke gou medalje in swem in die olimpiese spele.
So gaan dit heeltyd.

Maar sodra die Australiers verloor (soos onlangs in krieket met die Wes-indiers,
Pakistanis en voor dit die Indiers en Sri-lankies), word dit dan afgemaak
en geignoreer, of word daar gese dat dit nie belangrike
wedstryde was nie, (soos met die toets in Indie) of dat dit net
eendagwedstryde was.

En sodra hul wen, word dit in jou keel afgedruk dat hul die "wereld se
beste is". Dit alles klink bekend, maar hier is 'n (minder subtiele) verskil:
Elke land wil graag he hul span moet wen, en dit is 'n nasionale
ramp as hul span verloor, maar by die Aussies gaan dit oor veel meer.
Dit gaan nie slegs oor hul nasionale eer nie, dit gaan oor
hul identiteit. In sy soeke na 'n kulturele identiteit, definieer hulle
hulself o.a. as 'n gesonde, buitelug/sportnasie, met krieket as hul
nasionale sport. Eintlik is die mees gewilde sport nou "footy" of
"Australian rules", 'n opgeneukte form van rugby. (Hul wil altyd iets
verander sodat hul hul eie stempel kan afdruk, om uniek of anders te
wees, daarom is hul so trots op hul "Aussie rules").

Eers toe ek begin lees het hieroor en die die nasionale psige hier
begin verstaan het, het ek besef waarom hul vir die "underdog"
skreeu, waarom krieket tussen Engeland en Australie ("the Ashes")
magiese proporsies aangeneem het, waarom die fenomeneem van
"the little Aussie battler" harte laat bloei ens.

Veral die geskiedenis van hul krieket teen Engeland. Dit is asof die
Australiers wraak wil neem teen vader Engeland en wys dat hul nou op
hul eie bene kan staan. (Die "uitwerpsels" van Engeland,
die gevangeniskolonie, wys wie is baas). Enigiemand wat dink
dat die wedstryde teen Engeland net 'n sportwedstryd is,
(ek het eers so gedink), verstaan nie waaroor dit gaan nie.
Die Australiers kan dit glad nie verstaan as hul dit onder jou neus
vryf dat hul gewen het, en jy (as engelse immigrant bv.) dit maar net
as nog 'n belangrike sportwedstryd beskou nie.

Dit lyk my RSA gaan elke krieketwedstryd verloor, die Australiers
is eenvoudig te goed. Ek sou 'n groot bewondering vir hul gehad het as
hul op 'n waardige manier kon wen. Maar ek het 'n ewige hekel aan
arrogansie en slegte sportmanskap, en die Aussies is ongelukkig 'n klomp
windgatte, grootbekke (en vuilbekke) as dit by krieket kom.
Hul is ook die wereld se grootste verneukers
as dit bv. by kolfblaaie kom. Meer oor hul verneukery
(en verneukers soos Darryl Hare) later.

Groete.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Brixton Blou" deur CHARL DURAND

Vr., 07 Maart 1997 00:00

BRIXTON BLOU
Charl Durand

Mistige oggend

Mis kyk toring raak
mis raak aan dakke
lig is dof soos voetstappe
dik lig warrellig soos blou

Brixton blou

Mis soos sewe voormiddag
mis land amper op straat
klank twengel mistig
blou

Brixton, soos blou

Vingers mis, wyse mis
Sien is nooit mis, eerder 'wonder'
see is mis, maar dis anders
as blou

Brixton blou

7 maart 1997

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Vrouens, los tog julle (.)(.) uit asseblief !!

Vr., 07 Maart 1997 00:00

Hier was 'n (lang) ruk gelede 'n baie amusante brief oor vrouens wat
grondboontjiebotter sakkies gebruik om hul borste groter te maak,
en ek het die brief geniet.

Maar daar is nog die kwessie oor waarom vrouens dit doen ?
Is dit ons mans se skuld ?

Ek dink vroue moet ophou om aan hul (.)(.) te peuter, hulle
moet dit aan ONS oorlaat om daaraan te vroetel.
En tensy dit nou regtig te groot of te klein is,
los dit om godswil uit !, julle is so gemaak en laat staan !!

En as jou man te veel kla daaroor, sny eerder aan hom.
'n paar (.)(.) kan nooit te klein wees nie, maar uitsonderlik
groot (dis nou 2 emmersvol) kan jou seker rugpyn gee.

Enige jong (.)(.) is vir my mooi, en as mens nou ouer raak,
soos ons boeretannies, dan kry 'n borskas 'n erestatus,
dis mos hoe ons groothartige boeretannies van binne is, nie van
buite nie.

(My oom het altyd gese ons boeretannies het drie rye tiete).

In elk geval, moenie te veel lol nie !!!

Vriendelike groete.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1538  1539  1540  1541  1542  1543  1544  1545  1546  1547  1548  1549  1550  1551  1552  1553    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 07:54:12 UTC 2026