Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ek is siek vir ASAR2001

Vr., 26 September 1997 00:00

Sy nuutste postuk Racism=WHITE SUPREMACY is uit en uit rasisties, want die
verdeling van "tipes" in die artikel wat aangehaal is berus suiwer op ras
en velkleur. Die hele artikel is gegrond op spekulasie en bevat geen
konkrete bewyse en navorsings statistieke nie. ASAR2001 is 'n rasis wat
blankes haat, maar glo dat hy nie as rasisties verklaar kan word nie, omdat
hy swart is. Hierdie punt is weereens baie duidelik gemaak na aanleiding
van die titel van hierdie en 'n epos gesprek wat tussen ons plaasgevind
het.

Ek is jammer om te sê dat ek in die epos gesprek my hand in vriendskap na
hom uitgesteek het, maar dat hy dit weggeklap het. Ek het reeds voorheen
gesê ek haat niemand nie, maar sulke aksies haat ek met die diepste van my
siel.

Kry hom liewer jammer, want hy voel die wêreld vervolg hom.

Ek sal nie weer op enige van sy posstukke reageer nie. Hy verdien dit nie,
en dit is juis wat hy soek.

------------------------------------------------------------ -
Joe Car
epitoli_sp...@hotmail.com

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

to JENNY CHAMBERS: Afrikans language

Do., 25 September 1997 00:00

Well, after a long,long,long research on the Internet using Excite I have
found
a site which contains LIVE PRONUNCIATION of Afrikaans referred to a
magazine
called Monitor se Tuisblad

The site you searched is............HTTP://SABC.CO.ZA/MONITOR
then you should choose the English version and finally go to "Listen to
audio-contribution in Afrikaan"

Enjoy yourself and don't forget giving your email next time.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Internet Blackout

Do., 25 September 1997 00:00

Jahoe!

Lyk my vandag (25/09/97) het ons 'n bietjie van 'n "Internet Blackout" oor
die wêreld beleef. Die vertraging was tot so veel as 2.5 sekondes tussen
van die routers. Wys jou nou net, die infrastruktuur kan nie die
ontwikkeling dra nie...

------------------------------------------------------------ -
Joe Car
epitoli_sp...@hotmail.com

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

E-Mail Help

Do., 25 September 1997 00:00

Goeiedag....
Ek is op soek na `n program wat 3 of meer E-Mail adresse gelyk kan hanteer.
Ek sal dit waardeer indien iemand my kan sê waar ek so `n program in die
hande kan kry.

Baie Groete
Frikkie

pot...@global.co.za

Rekenaars & selfone | 5 kommentare

Kostelike kinderstories

Do., 25 September 1997 00:00

Kostelike kinderstories te kry by:

http://www.global.co.za/~pretblad

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: afrikanse musiek

Wo., 24 September 1997 00:00

On Sun, 21 Sep 97 20:29:51 GMT, vi...@iafrica.com (V) wrote:
> Weet iemand wat van Jeremy Taylor geword het? Ek wil my amper verbeel hy't 'n
> plekkie êrens naby Broederstroom waar hy mense onthaal.

Jeremy Taylor het op 'n plekkie tussen Broederrstroom en Skeerpoort
gebly in die laat 1980s. Ek het in die gebied vir 'n rukkie toe gebly.
Hy het die bekende tee advertensie gemaak van die plek af. Oorkant hom
was 'n boer, Casper Kruger, wat geglo het dat as jy die wolke met 'n
kanon skiet as die weer opsteek sal jy die hael wegdryf. Lyl my die
storie het gewerk want ons het baie min reen gekry in die tydperk wat
ek daar was. Dit was natuurlik ook 'n goeie waarskuwing vir reen.

Ek verbeel my ook , Jerremy Taylor het 'n opvolg gedoen op die
liedjie. Ag pleez Daddy gemaak, opgedateer ens. ??

As hy nie het nie wat van 'n probeer slag hier. Iets soos

Ag pleez Nelson ...

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

"Bossies" Oorlog-trauma PTSD

Wo., 24 September 1997 00:00

Hallo

As jy diensplig in die SAW gedoen het, en jy nog steeds na all die jare met
die oorlog in jou kop rondloop, en dit vir jou moelik maak om 'n normale
lewe te lei ... en jy wil met iemand praat wat dieselfde ding deurmaak ...

dan kan jy met my kontak maak

Marius van Niekerk
Tel/fax: 46-8-641 4408
E-mail: van.m...@stockholm.mail.telia.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Musiek

Ma., 22 September 1997 00:00

sheri

Ek het die volgende CD's as jy belangstel:
Klassic Kramer,Stuur groete aan Mannetjies Roux, Verre Lande van Andre
Michael , Songs from State of the Heart van Amanda Strydom(uitstekend),
Meer en meer en Eerste Jare van Anneli van Rooyen, Miljoen van Lucas Maree
en Hot Gates(baie goed) van Laurika Rauch en 'n paar ander.

Riana
Christchurch NZ

Musiek & liriek | 0 kommentare

Uit die Perspektief van God (vir Tim Fan)

Ma., 22 September 1997 00:00

'n Mens is maar baie dom in vergelyking met God. Dit is nie vir ons
moontlik om dinge uit die perspektief van God ( wat bo tyd en ruimte is) te
sien nie. Ons heg veels te veel waarde aan hierdie nietige en verganklike
wêreld en beskou alles wat ons hier "bereik" as die apeks (gagga! laat ek
liewer sê piek) van ons bestaan.

Ons is net bywoners. Mense op reis na die finale bestemming. Wat na die
dood gebeur is belangriker as wat in die lewe gebeur.

Pyn, oorlog, siekte is gevolg van die vrye wil van die mens en die wette
van die natuur.

------------------------------------------------------------ -
Joe Car
epitoli_sp...@hotmail.com

Geloof & kerksake | 0 kommentare

sore

Ma., 22 September 1997 00:00

My buurman kom sê vandag vir my "ons moet sore vir mekaar". ek sê ja.  Hy sê
die mens is 'n groep-gedierte. Hy sê ons het mekaar nodig. Afrikaanse mense is
te insulêr.  Elkeen worrie maar vir homself, die ander ou se probleem is nie
syne nie. ek sê nee. Dis die moderne lewe. Ek sê Afrikaners is minder so as
ander westerse volke.  Ek het al my lewe al eerder by 'n Afrikaner om hulp
aangeklop as by 'n ander een.

En die lelike deel van my dink en wie se skuld is dit nou dat jy vier kinders
het om voor te "sore". En wie se skuld is dit dat Vira nie 'n man het om mooi
vir haar of die kinders te "sore" nie.

Maar ek is net bedonnerd.  Omdat hierdie dogter van my wat more verjaar nou vir
my sê sy gaan hier aangesleep kom met dertig tieners wat deur die nag more wil
party hou. En "alternative" musiek speel. Moenie my vra wat dit is nie. Ek weet
net dis kliphard.  Ek beter nou al vriendelik met die bure gaan praat. Maar ek
staan en kook 'n enorme pot hoender-kurrie omdat die hordes mos gevoer moet
word. En worsrolletjies. En klomp ander goed.

En ergste van alles is hulle gaan my ateljee oorneem vir hulle party - dis al
lekker plek wat daar is. Ja. reg. En my werksbank is nou toegemaak.  En ek
mompel so in die kerrie-pot in, in voorbereiding vir die toespraak wat ek gaan
lewer voor die affêre begin. Laat eeeeen van hulle dit net waaaaag....!  om die
grens oor te steek wat ek gemaak het tussen my werkbank, en hulle jol-plek.
Maar hulle lag net vir my.  Ek moes voor nou getrou het.  Met die grootste ou
wat ek kon vind.  Een wat bereid sal wees om my toekoms te beskerm teen die
hordes wat gaan toesak.  Matriek seuns met karre en biere . Ek is doodbang!

En boonop 'n dogter met lang blonde hare en 'n swart leer broek.

Ek is gewoond om ma en pa en broodwinner en kok en skottelgoedwasser te wees,
soms voel dit selfs ek moet alle-dinge-vir-alle-mense wees,  maar ek was nog
nooit 'n polisieman gewees nie.  Hoe maak ek nou?????

Ek hoop maar my liewe Christen buurman "sore" so bietjie vir my, as dinge
hand-uit ruk.

Met liefde,
Vira.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1483  1484  1485  1486  1487  1488  1489  1490  1491  1492  1493  1494  1495  1496  1497  1498    »]
Tyd nou: Sa. Jan. 17 18:55:39 UTC 2026