Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

tyd

Do., 28 Mei 1998 00:00

hallo almal

hoe gaan dit vandag??

kan een van julle buitelanders my asseblief sê hoe laat is 1pm edt in suid
afrikaanse tyd

baie dankie
ekke
:)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Love and happiness for Africans and beyond

Do., 28 Mei 1998 00:00

Anonymous wrote:

> Ebony Singles- Black love on the internet!
> http://www.deloresdarling.com/es.htm
>
> Man seeks woman
> Woman seeks man
> Love seeks love

En jy soek kak...

--
Crockitech@kincyb.comP - Remove the CP if you don't want your mail
daemon to Choke & Puke.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Johan en sy uit die mode gifpyle

Do., 28 Mei 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes: >
En hoekom hoor ons
>> nou net van die seksuele manewales?
>> Wonder wat die ou agendatjie is.
>
> ... mense doen dit deesdae nog, Gloudina ...

Tannie het in haar lang lewe uitgevind
dat mense wat knaend oor seks PRAAT, die
is wat moeilikheid het in die seks
department. Die wat nie kan doen nie,
praat.

>
> ..Drink jou pille, drink jou pille ...! Jy yl.

Johan, ek drink geen pille nie. Maar
jou gepraat van "pille" is natuurlik
n poging te vind om te beledig. Jy
is so passe. Die era toe mans gepraat
het van vrouens wat sekere tye van die
maand uit aksie is, en mense wat "pille"
moet drink, is verby, saam met 'n ander
klomp ou male chauvinist pig sêgoed.
Jy dateer jou net deur so te praat. Net
soos ek my sal dateer as ek wonder of
jy nou deur die male menopause gaan, en
of jy dalk ook pille drink. Word wakker,
jy lewe nie meer in die male chauvinist
droom van 'n paar dekades gelede nie.En
ek hoop jy praat nie met soveel minagting
met ander vroue as wat jy hier op die
nuusgroep openbaar nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: FLOU NUUSGROEP

Do., 28 Mei 1998 00:00

. Dieselfde geykte
> retoriek deur dieselfde rolspelers oor Afrikaanswees, Afrikanerskap en
> hoe alles aan die groot klok van die nuwe swart Suid-Afrika gehang
> word. Dit is verskriklik depressief om te dink dat sekeres met wie ek
> 'n taal deel oor niks anders interessants kan praat nie. Of is dit
> juis waaroor hierdie nuusgroep veronderstel is om te gaan? Is die feit
> dat ons hier Afrikaans praat maar bysaak ten bate van die oppering
> van verwaterde ideologiee? Wat van oorspronklike idees, nuwe
> perspektiewe of prikkelende debatte?

> Dit lyk my die Afrikaner verdien sy posisie.

Jopie,

Die soort klagtes en opmerkings klink ook al na retoriek! Waarom
plaas jy nie van jou EIE oorspronklike en prinkelende idees nie? Ek
stem egter met jou saam oor die 'verwaterde ideologiee' ! Verduidelik
wat jy bedoel met die 'Afrikaner se posisie'?

Groete

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Johan die kuber-farmakoloog

Do., 28 Mei 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

En dit
> maak my soms kwaad vir myself dat ek met iemand soos Gloudina
> deurmekaar raak. Hoe minder pille sy drink, hoe meer vererg sy my

Nou verstaan ek. Omdat ek geen pille
drink nie, vererg ek jou tot in die
grond in. En die hele ding is in jou
verbeelding. Die wonders van die
kuberwereld.

> Maar soos jy beskryf, is die wereld baie kompleks en iewers waar ons
> tussen die atoom en die sterrestelsels deur dryf, probeer ons hier in
> enkele honderde woorde sake kondenseer tot belaglike eenvoudighede!

O, "ons" dryf nou so tussen die atoom en die
sterrestelsels deur.

> Galjoen, ek het 'n persoonlike versoek: jy kan maar weier! Wil jy
> nie asb vir ons sê of jy 'n hemale of 'n female is nie!?! Ek sal
> graag wil weet...

Confused in Minneapolis-St Paul.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Gloudina vs Jennifer - nou bars die bom

Do., 28 Mei 1998 00:00

Vir almal wat hierdie plasing gemis het... Geniet dit hoor. Ek het!! :)

>
>
> "Ek het nog nooit 'n onAfrikaanse Afrikaner
>> raakgeloop soos jy nie. In die tyd van die tweede wêreldoorlog sou
> mense
>> jou gevang het voor duidelike "landsverraad".
>
> So, Jennifer, jy neem dit op jou om
> Afrikaners te oordeel. On-Afrikaanse
> Afrikaner noem jy my. My voorvader
> aan vaderskant kom suid van Denemarke
> in 1706 na suidelike Afrika. My voorsate
> aan moederskant kom in 1688 as Hugenote
> uit Frankryk (heelwaarskynlik via
> Nederland.) Ek is 'n Afrikaner in murg
> en bloed

> Dis die tipiese werkwyse van 'n selfverheerlikende persoon soos
> Gloudina Bouwer om uit 'n lank plasing net die één stukkie te lig wat
> haar siel blykbaar raak en daarop met snert moet antwoord. (Ek is so
> gatvol van hierdie betweterige ou skooljuffrou. Gloudina, gee antwood
> op die vraë in my pos. Ek vra nie vir kommentaar op my stellings. Ek
> gee glad nie om wat se soort mense jou voorvaders was. maar ek begin
> jammer kry hulle het die Bartholomeus nag ontsnap. Magtig, ek kan
> skaars glo dat Hugenote tot in hierdie daë nog steeds "throwbacks"
> produseer. Dis seker 'n dominante geen in die Bouwer tak.

>

> . Hou op om vir opregte
> Afrikaners te sê hoe hulle moet voel
> of dink.

Hoe durf jy jouself 'n opregte Afrikaner noem??? Daai woord bestaan nie
in jou woordeboekie. Jy is een LAF Afrikaner. Ek is seker daar is baie
in hierdie groep wat saamstem.

> Waar kom jou voorvaders
> vandaan. Waar is jy gebore. As jy
> enigsins 'n eerbare haar op jou kop
> het, vertel dit vir ons.
>

My eerbare haar op my kop sê vir my dat ek aan daardie eis geen aandag
moet skenk tot jy jou epos adres hier durf afdruk en dit geverifier word
deur 'n derde party. My doopseel het glad niks met jou uit te waai nie,
maar ek is baie meer Afrikaans as verraders soos jy. Kanadese
grootbek.

Die volgende hieronder is die plasing wat ek gister (die 26 mei) gemaak
het......

> Ons groep in Holland met baie volgelinge het Jennifer die
> prys van die mees
>> emosionele
>> mens gegee, wie liefde het vir die eieskappe en behoud
> van die boervolk.
>> Jammer ander mense verstaan nie.
>
> Wel, wel, wel. Dis snaaks dat mense uit Nederland
> nou praat oor die goeie eienskappe van Jennifer.
> Ek het in die afgelope paar weke tot die besluit
> gekom dat Jennifer nie van SA Engelse oorsprong
> is, soos haar naam wil aandui nie. Dat sy ook nie
> van Afrikaanse oorsprong is (ten minste met voor-
> sate wat 'n paar generasies teruggaan nie.) Maar
> dat haar wortels in Nederland is. Hoekom dink ek
> so?

My oorsprong het niks met die bostaande uit te waai nie.

> (1) As sy aan die naam van 'n beroemde man-skrywer
> moet dink, noem sy Joost van den Vondel. Enige
> Afrikaner sou hom Vondel noem, Engelse SAers
> sal heelwaarskynlik nie van hom weet nie.

Oh? So, nou is jy skielik die alwetende "ou tannie", iets waarvan jy my
onlangs nog beskuldig toe ek meen dat mans in die agemeen nie geduld het

vir gedigte skryf nie, onthou jy?? Ek het mos ook vir Shakespeare
genoem? Iemand wat eerstens deur Leendert ter tafel gevoer is en jy het

toen glad nie besef hy kwoteer hom en dink Shakespeare het die
middeleeuse medisyn gewoontes beskryf. Het jy al ooit van Robert Burns

gehoor?

> (2) Sy maak in haar Afrikaans nie die soort foute
> wat Engelse SAers maak nie, maar Nederlands
> skif hier en daar deur.

En? Is dat deesdaë nie meer toegestaan nie? Dit was mos die taal
waaraan Afrikaans vreeslik baie ontleen het of nie?

> (3) Sy gebruik on-Afrikaanse uitdrukkings soos
> "tante Kwaak" wat vir my oor Nederlands klink.

Leendert het dit baie meer gedoen as ek maar toe sê jy niks nie...
Kwaak-kwaak.

> (4) Sy klink asof sy Nederland taamlik intiem
> ken.

Ja, ek ken vir Nederland baie goed. Is dit dan ook al fout?

> Sy gebruik aanmekaar sterk Afrikaans
> op 'n manier wat meeste vroue in Suid-Afrika,
> hetsy Afrikaans of Engelssprekend, nie doen
> nie.

Jy is te lank al uit Suid Afrika uit om daardie oordeel te kan vel, ou
vrou. Ek dink jy is so oud jy dra regtig nog 'n kappie.

> Ek het hierdie soort van praat (baie
> vloek, baie onsuiwere taal) al opgemerk by
> baie mense wat uit Europa na SA immigreer.

Vloek?? Jy praat onsin. Sê my waar ek gevloek het.

> Dis asof hulle nie die kultuur goed kan begryp
> nie, en onsuiwere taal besig wat geen
> Afrikaanse dame ooit sou besig nie.

Die feit dat jy Afrikaans nogal goed beheers maak van jou nog glad nie
'n dame nie.

>
>
> En sy is anti-swart en vreeslik voor op die wa pro-"Boer."

Bog!! Waar kry jij sulke snert? Kan ek darem maar sê jy is "vreeslik
voor op die wa pro-ANC?"Ek het nog nooit 'n onAfrikaanse Afrikaner
raakgeloop soos jy nie. In die tyd van die tweede wêreldoorlog sou mense

jou gevang het voor duidelike "landsverraad". Magtig is jy vol van
jouself en die huidige grapjasse wat hulself die SA regering noem.
Terloops, wat is dan verkeerd om pro-boer te wees? Is dit nie die boere
wat jou van die kos in jou mond voorsien? Jislaaik tannie, jy is maar
lelik vir hulle!

> En dis nog iets wat ek in my dae in Suid-Afrika opgemerk
> het: dat Nederlanders wat na SA emigreer, baie ekstreem
> regs word.

Snaaks, ek het juis opgemerk dat party Afrikaners wat uitwyk ekstreem
links tot selfs kommunisties word...

> Dis asof hulle nie die Afrikaner se kultuur
> verstaan nie, en nie die ingebore beleefdheid het wat
> meeste Afrikaners tog het teenoor hulle nie-blanke land-
> genote nie.

Alweer snaaks, ou feeks. Ek dink juis dat die mense die Afrikaners wèl
verstaan maar dat vlugtende Afrikaners hul self nie eens kan verstaan
nie en dan vervolgens hul snert in die nuusgroepe los in die hoop dat
iemand hulle weer op die regte paaitjie sal sit. Ek is net jammer dat jy

al veels te diep afgesak het. Redding is voor jou te laat.

> Ek wonder hoekom Nederlanders wat uitgeweke
> is na SA so aangaan? Ek vind dit nie by immigrante van
> ander Europese lande nie.

Ag nee. Natuurlik nie. Dit was mos 'n Hollander wat Chris Hani plat
geskiet het, nè? Janek is 'n veel voorkomende naam in Nederland, of is
ek nou tog dronk? Dronkgeslaan deur jou blatante, banale en self
vererende onsin, Gloudina? Verwoerd was ook 'n vreeslik gewelddadig
persoon. So wild dat hy homself tot leier van Suid Afrika gekroon het.
Paul Kruger ook, natuurlik, Hy was mos so gewelddadig dat die Hollanders

hom uit die land uit gesit het. Kom, dink oom Paul. Dan word ek maar
die leier van die boere republieke... Johan Rissik was sy vriendjie.
Saam is hul toe op pad SA toe en die een stig Johannesburg en die ander
word sy baas....

Gloudina, WAKKER word asseblief. Hou asseblief tog op om hierdie groep
teën ander mense te vergiftig met jou leuëns.

Dit gesê, moet ek net jou aandag
daarop vestig dat "Sizwe" se plat taal
beperk was tot een vroumens wat aanhou-
dend sterk gekruide taal en persoonlike
aanmerkings teen 'n hele klomp mense
gemaak het.

'n hele klomp, nè? Gloudina, Gloudina, Sizwe, Gloudina, Gloudina...
Alle Wêreld, Al twee van hulle.
"Gekruide" taal... Ek loop nie voortdurend rond en vloek soos daai ANC
stooge Sizwe nie... En jy mag dalk nie vloek nie maar jou tong doen
baie meer skade as 'n gewone vloekwoord, hoor Gloudina.

(En wat ons nou uitvind ook
private eposte aan mense gestuur het om
hulle aan te val.)

Voetsek Gloudina. Ek het niemand persoonlik aangeval nie. Nou lieg jy
ALWEER!!!

Ek neem aan dat
Sizwe aan Jennifer wou wys dat as dit
nou kom by gekruide taal, hy met... [knip]

Yadda, yadda, yadda... jy praat net om te praat, ou mens. Gaan walkies
met jou hond en slaan vir hom.
Jy moet nou rêrig ophou om mense so te verneuk, verstaan jy? Dis almal
se nuusgroep, nie net joune nie! Wie het jou keiserin van hierdie NG
gemaak?
Hou jou by jou lees. Skryf gedigte en praat oor Afrikaans. Nie oor
Afrikaners nie. Daar het jy geen verstand oor nie.

Vriendelike groete,

Jennifer

Crockitech@kincyb.comP - Remove the CP if you don't want your mail
daemon to Choke & Puke.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Totsiens, Suid Afrika

Do., 28 Mei 1998 00:00

Wel, dit is tyd om te groet.

Ek sal nog in kontak bly met die nuusgroep, maar nie meer van Suid-Afrikaanse
bodem nie.

DV 4 Junie vlieg my vrou, my seun, my hond en my eie Afrikanerbagasie na
Nederland.

Ek wil om verskoning vra vir Gloudien omdat ek nognie daardie lirieke klaar
gepubliseer het hier nie - iets te make met kopiereg het die plateouens my
die swye laat oplê. Maar dit sal seker net so twee weke wees dan is alles
goed - 'ksal laat weet.

Dit is nie 'n Haiku nie, maar dit sal moet doen.

geen verskonings
baie vrae
geen verduidelikings
geen identiteit

miskien lafhartig
miskien braaf
miskien half vol
miskien half leeg

een moord te veel
het niemand gepla
miljoene wys na die goue rand as die son
of miskien lieg hul maar net...

Groete uit nêrens

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Totsiens, Suid Afrika

Do., 28 Mei 1998 00:00

> Waar bring jou hond sy kwarantiene deur? In Nederland of Engeland? 6 maande?

'n Argaise engelse wet wat nie tred hou met tegnologiese vooruitgang nie, wat
dit moontlik maak om na twee weke (vandaar die duitse kwarantyn-periode) enige
dolheid of rabies in 'n hond te diagnoseer. Ek het my hond saamgebring VSA
toe, en het hom van die vliegtuig afgelaai - geen kwarantyn, gegee dat sy
innokulasiedokumentasie op datum was.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Griet skryf 'n Sprokie

Wo., 27 Mei 1998 00:00

Griet,

Ek het jou storie oor 'n kleindorpse debakel terdeë geniet. Jy gee opnuut
betekenis aan 'vat hom laag'! Skryf nog.

Ek wil vir jou 'n storie vertel, wat eintlik vir Gloudina bedoel was, maar
sy het nie laat blyk dat sy belangstel nie. Miskien het jy hom al gehoor:

Die ander aand sit ons so om die hardekoolvuur langs die Olifants, al
luisterend na die gesnork van die seekoeie hier neffens ons, terwyl ons
rustig teug aan die Chateau Libertas (Krismis se Roodeberg het die vorige
keer al die bodem gesien). Die Rubicon hou ek vir my en vroulief vir wanneer
die kinders een aan by maatjies gaan slaap - Shakespear het mos gesê
"Alcohol provokes the desire...", maar voor ek die wysheid kan voltooi, tjip
haar vriendin altyd in met "man hy het bokkerôl van wyn geweet!" En sy het
'n bybie om dit te bewys - sy bynaam is "Boplaas", na aanleiding van die
port wat sy by Carel Nel gekoop het toe ons laasjaar by die Kunstefees was.

Maar nou het ek heeltemal afgedwaal. Laataand toe die leeus begin brul, en
'n hiëna hier naby sy uitgerekte kinkhoesroep los, toe skuif almal so 'n
bietjie nader aan die vuur, en begin vertel van noue ontkomings met wilde
diere. So half eenkant het 'n ou met rooi hare en sproete, wat ek nie
eintlik geken het nie, rustig aan 'n Klip en Coke gesit en suig, Hermias
Bester. Toe almal nou al net kort duskant die dood omgedraai het, praat hy
vir die eerste keer, met 'n sterk Noordweste aksent.

"Daai's alles fiekerôl", sê Hermias. Hy vertel ons toe hoe hy een oggend op
Noenieput in die koöperasie in 'n Landbouweekblad lees van 'n opkomende
Dorperveiling op Hotazel. Dit was 'n besonderse reënjaar in wat die Weerburo
destyds 'Gordonia' genoem het, en die skaap was vet. Net daar oortuig hy sy
pa dat hulle so 20 skaap op die veiling moet loop sit.

Hulle leen toe sy oom Andries se Landcruiser, die een met die relings,
waarvan die bande se seil so plek-plek deurkom. Vroeg die betrokke môre
vertrek hulle toe met die skaap oor Askam Hotazel toe. Anderkant Kings Rest
begin die son sulke rooi strale oor die pienk duine langs die Kurumanrivier
gooi. In die skemerte sien hy iets voor in die grondpad lê, maar voor hy kon
waarsku, is sy pa bo-oor.

Die Cruiser gee net so 'n paar rukke, en kom dwars in die pad tot stilstand.
Met die uitklimslag sien hulle hier onder die mudguard bo die regter
voorwiel is 'n ding opgerol, en sy ogies spring heen en weer, soos 'n krap
s'n. "Julle weet mos 'n pofadder se tande is hol", sê Hermias. Ja, ons weet.
Nou, volgens Hermias het die pofadder deur daai flentergat band gepik, en
nodeloos om te sê, as die bande so lyk, is daar van 'n spaarwiel geen sprake
nie.

Sy pa sit toe die Cruiser in reverse en stoot versigtig agteruit. Met die
rol die pofadder af, maar al die wind blaas deur daai hol tande in die ding
se lyf in. Nou is die band pap, en die pofadder opgeblaas, al ses voet van
hom. Hermias gryp die slang agter die kop en probeer hom afpluk, maar sy pa
keer hom. "Ek het 'n plan", sê pa.

Sy pa klim toe op die pofadder se stert, en begin voetjie vir voetjie die
wind terug werk in die band in. Maar hy's te haastig, dan glip die wind
verby, dan moet hy weer voor begin. Uiteindelik is al die wind terug in die
band. Sy pa gryp die pofadder agter sy kop vas, knoop sy nek, en toe ry
hulle deur Hotazel toe.

Die beste pryse ooit vir Dorpers gekry.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: Griet skryf 'n Sprokie

Wo., 27 Mei 1998 00:00

Hjalmar Gerber skryf:

>> . . . 'n opkomende Dorperveiling op Hotazel.
>
> Dit strek die waarheid nou effe dun - dunner as die
> seil op die Landcruiser se bande.
>
> Het Hotazel nou van 'n myndorp in 'n plaasdorp verander ?

Hjalmar, wil jy nou voorgee dat ek die feite verdraai het? Vir al wat ek
weet het Hermias-hulle die veiling by daai versukkelde karaatsie by Hotazel
se ingang gehou. Maar hoekom slaan jy nie die lyn Noenieput toe, en vra hom
self hoekom hy so lieg nie?

Moenounie 'n goeie storie met feite kom befomfaai nie, man!

Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1384  1385  1386  1387  1388  1389  1390  1391  1392  1393  1394  1395  1396  1397  1398  1399    »]
Tyd nou: Vr. Des. 19 18:44:09 UTC 2025