Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Just so you know it happens else where too

Vr., 29 Mei 1998 00:00

>>
> Jy het natuurlik nagelaat om te noem soos wat in die artikel staan dat daar
> verlede jaar 633 moorde in Kanada was. Dit gebeur ook net in ander lande
>
>
> -Gideon-
HUH??? Dit gebeur ook net in ander land? Jy het my verloor daar. Ek
verstaan nie wat jou punt is nie.

Neels

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Polisie begroting

Do., 28 Mei 1998 00:00

Word daar in Suid-Afrika genoeg vir Veiligheid en Sekuriteit begroot?
Oordeel self. Kyk na
http://www.macnet.co.za/express/htmlpages/budget.html

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

" i roeiboot dryf af..." deur GERT VLOK NEL

Do., 28 Mei 1998 00:00

i roeiboot dryf af in die rivier by malgas; is weg
Gert Vlok Nel

ek het gekom lief
& gesê "ek het jou lief"

toe draai jy om
jou oë vol soos êrens i beker oorloop

en sê "dit was i lang tyd
& "ek is klaar los." vra ek "hoe los"

"Hèèltemal los" sê jy, & begin huil
toe begin ek lag

& begin toe lag
toe ek begin huil

Prosa & poësie | 0 kommentare

Riana Otto (was: Vir Gloudina)

Do., 28 Mei 1998 00:00

Neels,

Ek is nie Gloudina nie.

Wat gebeur het, is tragies en hartverskeurend. So-iets maak groot
opspraak in hierdie deel van die wêreld. Vandag se Edmonton Sun
het Riana se foto op die hele voorblad. Dis ook die hoofnuus in die
Edmonton Journal.

Die gemeenskap van High Prairie is in rou. Dit was vir hulle 'n
geweldige harde slag. Hulle sukkel deurentyd om geneeshere vir
plattelandse gemeenskappe in Alberta te werf, en hierdie voorval,
hoe raar dit ookal mag wees, gaan beslis nie hulle saak bevorder
nie.

Plaaslike vriende van die Otto's in High Prairie beskryf Riana as
'n "engel", en sy laat 'n onvervangbare leegte in die gemeenskap.

> Ek will jou 'n guns vra. Ek weet nie of jy kan help nie maar as jy kan
> sal ek dit waardeer.

Hier is die hoofberig uit die Sun:

May 28, 1998

Hunt goes on for murderer

Suspect released in High Prairie killing

By KIM BRADLEY -- Staff Writer
A 32-year-old High Prairie man
being questioned in connection with
the slaying of doctor's wife Riana
Otto was released last night without
being charged.
"We have to establish if there is
enough evidence to lay a charge and
at this time we feel there isn't," said
Staff. Sgt. Doug Mercer, who was
brought in from Peace River to work
on the case.
"He may be charged in an unrelated
matter that arose during a search of
his residence," Mercer added. "But
until such time he will be released."
The suspect was picked up by
RCMP late Tuesday, only a few
hours after a Grande Prairie RCMP
dog and handler found Riana's body in a wooded area about 15
metres from the gravel road where she disappeared while
jogging.
Family friend Roche Rossouw, who met the Ottos in South
Africa several years ago, said the couple's children - Marius, 14
months, Johan, 3, and Anri, 5 - are trying to deal with the loss of
their mom in their own way.
"Marius slept with me last night and I could tell he was looking
for her," said Rossouw, from the beautiful garden of the Ottos'
posh home.
"She left such a legacy behind. She was like a saint to us."
Another friend, Liske De Waal, praised Riana's devout
Christianity and dedication to her family.
"If there was anyone I could have picked as a mother for my
own children it would have been her," she said.
"She was an angel, a soft-spoken, compassionate angel, who
didn't deserve to die like this. I couldn't think of anyone who
would be her enemy."
Riana had left her home around 7:15 a.m. for her regular
six-kilometre jog along Township Road 744, past the local
cemetery, and was on her way home when she met with death.
"For the past three months she ran a regular route - one she
established with her husband," Mercer said.
"She would jog roughly three kilometres to the (telephone) tower
and then turn around. She was on her way home when she was
murdered."
When the 32-year-old mother of three hadn't returned home by
9 a.m. her husband, Dr. Johan Otto, became worried and began
calling her friends.
"Johan called me and asked if I would come and sit with the kids
while he went to look for her," said Rossouw.
"He drove the route that she jogged and when he couldn't find
her he went to see his friend in the RCMP."
A massive search was launched immediately and about 10 hours
later her body was found, partially buried beneath some shrubs in
woods on the northeast outskirts of town.
Mercer said because Riana was found fully clothed, less one
shoe, they have ruled out sexual assault.
"Confirmation of that is pending on the autopsy tomorrow," he
added.
Yesterday, about a dozen members of the Lesser Slave Lake
Regional Police and High Prairie fire department spent hours
searching the area where Riana's body was found.
Red surveyors' flags, marking everything from cigarette butts to
empty beer cans, lined the ditches on either side of the gravel
road.
All the evidence was sent to the RCMP crime lab in Edmonton
for DNA analysis.
Mercer said the searchers were not able to find Riana's missing
shoe - a brown Nike cross-trainer with cream and black laces -
during their hunt for clues.
Investigators are still trying to determine if Riana was killed in the
woods or if the killer dumped her body at the scene after death.
"At least one, possibly two, witnesses said they saw a vehicle in
the area," said Mercer, refusing to provide a description of that
vehicle.
RCMP said they have ruled out relatives as suspects.
Riana immigrated to Canada with her husband of 13 years from
Pretoria, South Africa, in 1991. The dedicated mom
concentrated on raising her children while Johan furthered his
career at the High Prairie medical centre.
The family was planning a trip home before tragedy struck.
Riana's death and the eerie circumstances surrounding it have
shocked residents of this town, 365 km northwest of Edmonton.
Results of an autopsy are expected today. There was no word
on funeral plans.

Hier is die URL vir verdere nuus:

http://canoe2.canoe.ca/EdmontonSun/front1.html

> My niggie is dinsdag in kanada vermoor. Sy het in High Prairie, Alberta
> gewoon. Ek kan nerens 'n "on-line" berig vind op die internet nie, behalwe
> in die beeld. As jy my inligting kan gee oor waar om te kyk sal ek dit
> opreg waardeer.

My leedwese met julle familie in hierdie tye. Die skok en medelye word
ook in 'n stad soos Edmonton gevoel.

Laat weet asseblief as daar verder inligting is wat julle verlang.

Groete,

Hjalmar Gerber
_____________

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

help

Do., 28 Mei 1998 00:00

weer ek

help my gou om te verstaan, want ek weet nie meer wat in die land aangaan
nie want kyk soos gister aand is daar nog 'n boer geskiet, 8 keer, ok ek is
seker maar net bang maar ek wil net hier uit...

wat kan ons as afrikaners doen, ons het nog altyd net die beste gehad,
hoekom kan ons nie meer nie, net omdat ons as blankes (jamer as daar ander
rasse is) die minderheid is???

ekke
:)

net so by the way ek is nie 'n rasis nie, ek wil net in vrede leef want ek
het nog my hele lewe voor!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ferdi vra dom vrae. Hoekom?

Do., 28 Mei 1998 00:00

Haai Ferdi,

Toe jy so lank stil is, dag ek jy's weg om die volgende ANC-kursus in
basiese propaganda, disinformasie en verwringing van die waarheid te gaan
doen.

Maar dit lyk my dit was toe nie 'n meer gevorderde kursus nie. Jou metodes
is nog steeds maar ewe amateuragtig:

Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 27 May 1998 04:58:00 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> On Wed, 27 May 1998 04:59:43 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
>
>
> Jy het ja. Oor die afgelope twee jaar of so. Gereeld.

Maar jy bly vra, Ferdi. Oor en oor. Sulke dom vragies.
Of, vir afwisseling, sulke opmerkingkies wat altyd een van die volgende
toon:

a) Jy het gladnie verstaan waaroor dit gaan nie.
b) Jy het iets in die teks ingelees wat eintlik net in jou kop bestaan.
c) Jy het die oorspronklike teks gespeog en plak totdat dit iets heeltemal
ander beteken - wat jy dan aanval.
Jy maak 'n heeltmal ongegronde bewering, wat eerder beskrywend is van jou
optrede as van myne.

Let op hoe doen jy dit hieronder:

Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 27 May 1998 04:50:49 +0300, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> >> On Sun, 24 May 1998 22:27:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
>>> wrote:
>>>
>>
>>>> > S^e my
>>>> > net, was Verwoerd ook 'n Afrikaner?
>>
>>>> > Gloudina
>>
>>>> Sê my net, Gloudina, is Gloudina 'n Kanadees? Of, om 'n meer akkurate
>>>> vergelyking te tref: is Gloudina se kinders wat in SA gebore is maar in
>>>> Kanada grootgeword het Kanadese?>>
>>
>>
>>> Laat ek jou gou hier help, Leendert: Sy het gevra of Verwoerd 'n
>>> Afrikaner was in jou oe.
>>
>>> Get it? Of Verwoerd 'n Afrikaner was.
>>
>>
>> Siestog, ou Ferdikins! Terug by die strooipoptakitek?>>>
>
> Nee Liegbert, die vraag was duidelik. Ek het net probeer om jou daarop
> te wys. Maar lyk my dis tydmors. Jy kan nie iets soos n eenvoudige
> vraag verstaan nie!!!
>
> Is dit weer een van daai vrae wat jy nie wil antwoord nie? Dan
> hardloop jy mos gewoonlik so weg met 'n spoegery.

Die woorde: >>>

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: Ferdi vra dom vrae. Hoekom?

Do., 28 Mei 1998 00:00

>

[knip]

> En ek dink hy weet
> meer van wat in Suid-Afrika aangegaan het in die
> laaste dekade as sommiges wat so sit en skel, veral
> uit die buiteland.

[knip]

Bravo, Gloudina. Nou praat jy vir die eerste keer die waarheid...oor
jouself.

Jennifer

--
Crockitech@kincyb.comP - Remove the CP if you don't want your mail
daemon to Choke & Puke.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die denker van Minneapolis.

Do., 28 Mei 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> Nee, man, Leenderdt en Galjoen, dit is een gesprek en is nie 'n eksplisiete feitelike
> fynuitgedinkte redenasie nie - moenie so stress nie - dink 'n bietjie
> ligkop.
>
> En wat is nou afterall so verkeerd met veralgemening? Is dit nie
> polities korrek nie? Ek hou van veralgemening - dit weerspieel meesal
> die waarheid beter as wat uitsonderings doen!

Ha, ha, ha.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Johan, die manlike chauvinistiese vark.

Do., 28 Mei 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> ...omdat ek die waarheid beskryf? Wanneer laas was jy in 'n swart
> mens se slaapkamer, Gloudina?

Wel, Johan, ek neem aan jy is 'n groot
outoriteit van "swart mense se slaapkamers."
Die swart slaapkamers waarin ek al was,
beide in Suid-Afrika en buite Suid-Afrika
het vir my nogal netjies gelyk. Nie soos
sommige wit slaapkamers wat ek al gesien
het nie.

> ....is alles nie my skuld nie, Gloudina, ek belowe! - dis nou tyd
> dat elkeen begin verantwoordelikheid neem vir sy eie situasie.

Ja, 'n mens kan sien hoekom jy vir die
Republikeine wil stem. Maar hou nou op
om die situasie in SA te kritiseer. Jy
het die land verlaat. Niemand daar vra
iets van jou nie. Hulle begin nou
verantwoordelikheid neem vir hulle eie
situasie. Die klaers kla. Die manne
werk. En die bevolking in SA (waarvan
die oorgrote meerderheid nou nie die
regte kleur vir jou het nie) werk hul
eie heil uit.


> Ja, Gloudina, wat het my ma byvoorbeeld gedoen om die land aan te help
> onveilig maak? Om die ekonomie te laat sink? Dis goed waaronder sy
> lei wat nie haar toedoen is nie.

Vra vir jou ma wat sy in die jare tussen
1948 en 1994 gedoen het om die land veilig
en vol toekoms te maak vir die tagtig persent
van die bevolking wat in die uiterste ellende
en gevaar gedompel is deur die apartheidsvarke.
Ek hoop sy sê dat sy teen hulle gestem het,
vir haar predikant gesê het dat apartheid uit
die bose is en dat sy daar niks mee te doen wil
hê nie. Ek hoop sy het haar kinders grootgemaak
om nie gedurig te dink dat omdat hulle wit is,
hulle nou skielik beter breinkrag het as iemand
met 'n swart vel nie. As sy dit gedoen het, dan
is haar hande skoon.
>
> Jy is die siek een - ek sê hoeka al lankal jy moet of meer pille kry
> of jou voorskrif laat hersien!

Hier kom die pille-storie weer. Johan, die
uit-die-ou-doos-male-chauvinist-pig.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Om die Hardekoolvuur

Do., 28 Mei 1998 00:00

Hier is 'n waar storie, vir Hjalmar:

Die ander aand sit ek en vriend John langs die Olifants by die hardekoolvuur
en suig aan 'n Pinotage. Vriend John is 'n fantastiese mens wat sy lewe wy
aan die onderrig van gestremde (swart) kinders. Hy's 'n Pinotage man, so dis
op sy rekening. Na 'n ruk gaan haal hy sy kitaar. "Kom ons sing 'Die
nooientjie van Zeerust' ", sê hy. Dis 'n liedjie wat ek hom geleer het. (As
julle die woorde nie ken nie, sal ek dit een of ander tyd publiseer). Ons
sing met oorgawe, amper net so vals soos die aand toe ons die liedjie vir
Philip Moolman wou leer. Om sy repertoire aan te vul, sien.

Na 'n ruk is die seekoeie stil. Ons ook. Vriend John is ook 'n sterre man.
Nou praat ons oor die ruimte, en die sterre, en die heelal. Later praat hy
my kop deurmekaar oor wesens uit die buitenste ruimte wat esdraaie gooi om
planete met hul tuie. "Jy's mos 'n ou wat baie droom," sê hy skielik. "Hoe
bedoel jy?" "As jy slaap. Jou vrou sê so. Vertel my wat droom jy."

Nou kyk, ons droom almal. Nagmerries, vulgêre drome, die lot. Wat moet ek
hom vertel? "Die een van julle en die vliegtuig", spring hy my voor.

"OK, maar jy moet onthou dis 'n ware droom. Dit speel af op Barrydale, waar
ek grootgeword het. Barrydale lê aan die voet van die Langeberg, en word
omring deur heuwels. As kind het die dominee altyd op die preekstoel geklim,
sy arms in die lug gesteek, en gesê 'Rondom Jerusalem is daar berge, so is
die Here...'. Dan het ek altyd gedink Jerusalem lyk soos Barrydale.

"In elk geval, ek droom ons is op Barrydale, en ek en vroulief vlieg met so
'n rooi Cessna dorp uit, Ladismith se kant toe. By Doringriviersvlei se
afdraaipad draai ons om. Nou wil vroulief self vlieg. Ons ruil sitplekke in
die ry. Om die storie verder te verstaan, moet jy weet hoe vroulief kar
bestuur. Sy werk daai Golf teen hoë revolusies deur sy ratte tot in vyfde,
en dan weer terug tot by eerste as sy moet stop. Nou doen sy dieselfde met
die Cessna, en ons kom met 'n spoed Barrydale binne.

"By oom Isak Snyman se garage begin daai Cessna allerverskrikliks skud en
vibreer. Ons 'crashland' voor oorlede oom Ren Moelich se huis. Hy was 'n
befaamde garageman, en is dood toe ek in st. 7 was. Toe ons uitklim, kom oom
Ren by die huis uitgestap. Hy maak die Cessna se enjinkap oop en kyk rond.

" 'Die ketting het afgeval', sê oom Ren."

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1383  1384  1385  1386  1387  1388  1389  1390  1391  1392  1393  1394  1395  1396  1397  1398    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 14:31:41 UTC 2025