Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die tannie wat kolskote skiet

Sa., 30 Mei 1998 00:00

"arno Vdh" writes: > Hoi Gloudina
>
> ik merk dat men hier nogal tegen jouw mening is, maar ik zeg je ga door,
> want je raakt hem steeds

Nie almal is teen my nie, Arno. Maar die dubbel-
gesigte, verraaiers en verdraaiers, die skiet
die tannie met die kappie sommer so keer op keer.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Uit "onvertaalde teleks" deur ANTJIE KROG

Sa., 30 Mei 1998 00:00

Uit "onvertaalde teleks"
Antjie Krog

die bolandse herfs word nou eers myne
met die winterreëns wat dae al oor die dakke skif
en snags slaap ek weer alleen
die kraanvoëlblom blits druppels in die tuinhoek rond
vaal vogtige veertjies tussen die dooie kannas in
nog babalaas van die jaar se dop
roes plek-plek ranonkelrooi
die wingerde in die reën
die nat stamme trek bakkoppie onder oulaas blare in
en snags slaap ek weer alleen

langs die uitgeswelde rame groei voetkombersies
en mossige oulappe teen die eike
ons mymer saam oor die legkaart van blare
my oë het skielik vat gekry
met herfsklawer bottend in die kaal boorde
met gladde vel kieliekaal reën aan wit koejawels
alles behoort nou
en die herfs word skielik myne

- net soms nog die helder gil van lemoene tussen
droefgroen blare.....

Prosa & poësie | 0 kommentare

Ria van der Merwe

Sa., 30 Mei 1998 00:00

Ik ben op zoek naar Ria van der Merwe uit Pretoria. Op 10 julie 1966 schonk
zij mijn moeder het boekje "Eenmaal in die silwer tyd". "Vir Stijntje met
die allerbeste wense", schreef zij voorin het boekje dat werd uitgegeven
J.P. van der Walt en seun (EDMS.) BKP. Vigilansgebou, Pretoriusstraat,
Pretoria. (Ik hoop dat de Afrikaner een beetje Hollands kan lezen.)

Tom van Nieuwenhoven
Nieuwenhoven.van@net.#NOS#HCC.nl
remove #NOS# from mailheader

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Ria van der Merwe

Sa., 30 Mei 1998 00:00

On Sat, 30 May 1998 14:39:39 +0200, "tvni...@pop1.inter.NL.net"
wrote:

> Ik ben op zoek naar Ria van der Merwe uit Pretoria. Op 10 julie 1966 schonk
> zij mijn moeder het boekje "Eenmaal in die silwer tyd". "Vir Stijntje met
> die allerbeste wense", schreef zij voorin het boekje dat werd uitgegeven
> J.P. van der Walt en seun (EDMS.) BKP. Vigilansgebou, Pretoriusstraat,
> Pretoria. (Ik hoop dat de Afrikaner een beetje Hollands kan lezen.)

Tom, jy moet ons sien as ons eers opwarm - dan lees ons sommer al die
Nederlandse dialekte ook!

Soek of jy nie dalk jp vd walt se website kry nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

St. Bartholomeus-nag

Vr., 29 Mei 1998 00:00

"Jennifer L. Logan" writes:
.
gee glad nie om wat se soort mense jou voorvaders was. maar ek begin
>> jammer kry hulle het die Bartholomeus nag ontsnap. Magtig, ek kan
>> skaars glo dat Hugenote tot in hierdie da� nog steeds "throwbacks"
>> produseer.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Paraquay

Vr., 29 Mei 1998 00:00

"Jennifer L. Logan" writes: > >

> En jy kan gerus pos in Guarani, die Indiane taal van Paraquay. Ek verstaan
> die taal ook. Nog 'n Apartheids "legacy" uit die ou da�, daar is baie
> Afrikaners EN boere in Paraquay. Uit die tyd dat 60% van Paraquay se
> ekonomie in die hande was van Apartheidsvarke.

Hoekom vertel jy ons nie van Paraquay nie.
Hoekom is sestig persent van Paraquay se
ekonomie nie meer in die hande van die
apartheidsvarke nie?

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Hygromans en alkohol

Vr., 29 Mei 1998 00:00

"Griet" writes:
>
> Ek het gisteraand met my skrywersvriendinne gesels (veral die hygroman
> outeurs), en nou wil hulle vir Gloudina vreeslik hard slaan. Dis nou nadat
> ons deur 'n paar Nyu Chanteneé en Slanghoek se Rooies is en histeries
> gegiggel het oor die tannie in Kanada.

En waarom wil jou vriendinne (die
hygroman-skryfsters) vir Gloudina
slaan? Omdat sy sê dat om 'n goeie
hygroman te skryf, jy nie maar sommer
net die pen kan optel en oor fornikasie
skryf en dink jou lesers is dom genoeg
om te dink dat alle gepraat oor seks
interessant is nie? Of omdat G, sê
Kanada is een van die grootste produ-
seerders van hygromans? En ek sê nog -
goeie seks en die baie intense gebruik
van die drankies by die hygroman-
ambisies gaan nie saam nie.

Koeitjies & kalfies | 35 kommentare

Volksliedere

Vr., 29 Mei 1998 00:00

Hi daar!

Ek het op 'n baie interesante URL afgekom waarop al die volksliedere
van die wereld gedra word. Beide die musiek, oorspronklike taal en
die Engels word telkens gegee en die midi files laai blitsig af en is
nie groot nie.

Hoop julle geniet dit!

http://www.emulateme.com/anthems/index.htm

Musiek & liriek | 7 kommentare

Re: Volksliedere

Vr., 29 Mei 1998 00:00

Baie interessant Johan maar ek stel voornamelik belang in " DIE STEM"
en daarna die Vlaamse en Nederlandse volkslied ek ken al 3 hulle..
Ek haat bo al nKosi siekelelik

Groet uit Holland

Johan N Potgieter wrote:

> Hi daar!
>
> Ek het op 'n baie interesante URL afgekom waarop al die volksliedere
> van die wereld gedra word. Beide die musiek, oorspronklike taal en
> die Engels word telkens gegee en die midi files laai blitsig af en is
> nie groot nie.
>
> Hoop julle geniet dit!
>
> http://www.emulateme.com/anthems/index.htm

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

FLOU NUUSGROEP

Vr., 29 Mei 1998 00:00

Ek kan dit nie glo nie:

Dis nou etlike maande sedert ek weer kyk wat op hierdie nuusgroep
aangaan. Dit voel of ek net uit was vir middagete. Dieselfde geykte
retoriek deur dieselfde rolspelers oor Afrikaanswees, Afrikanerskap en
hoe alles aan die groot klok van die nuwe swart Suid-Afrika gehang
word. Dit is verskriklik depressief om te dink dat sekeres met wie ek
'n taal deel oor niks anders interessants kan praat nie. Of is dit
juis waaroor hierdie nuusgroep veronderstel is om te gaan? Is die feit
dat ons hier Afrikaans praat maar bysaak ten bate van die oppering
van verwaterde ideologiee? Wat van oorspronklike idees, nuwe
perspektiewe of prikkelende debatte?

Dit lyk my die Afrikaner verdien sy posisie.

Groete

Jopie

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1381  1382  1383  1384  1385  1386  1387  1388  1389  1390  1391  1392  1393  1394  1395  1396    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 26 14:52:54 UTC 2026