Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Haai, Fri...@penkop.za

So., 31 Mei 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes: > On 31 May 1998 17:31:11 GMT, wrote:
>
>> "Frikkie Potgieter" writes:
>>
>>> TOETS
>>
>>
> Is dit alweer my onkunde oor die nuusleser wat maak dat ek nie
> Gloudina se antwoorde raaksien nie, of is dit dalk wensdenkery, (soos
> wat baie wittes die swartes wil wegwens)?

Johan, 'n goeie begrip het 'n halwe woord
nodig. Jy het blykbaar een en 'n halwe
woord nodig. Maar, toemaar, Frikkie weet
goed wat ek bedoel, die ou hanskakie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Die tannie wat kolskote skiet en nie 'n nuuslese kan gebruik nie.

So., 31 Mei 1998 00:00

@igs.net wrote:
>
> "arno Vdh" writes: > Hoi Gloudina
>>
>> ik merk dat men hier nogal tegen jouw mening is, maar ik zeg je ga door,
>> want je raakt hem steeds
>
> Nie almal is teen my nie, Arno. Maar die dubbel-
> gesigte, verraaiers en verdraaiers, die skiet
> die tannie met die kappie sommer so keer op keer.
>

Jammer dat ek nou miskien onkundig klink Gloudina maar weet jy hoe om 'n
nuusleser te gebruik? Antwoord asseblief tog in die thread en moet nie
elke keer 'n nuwe een begin nie. Dit is heel irriterend as mens nou moet
gaan soek om te sien wat die konteks van die woorde was waarop jy
reageer.

Dankie
Lou

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Demokrasie

So., 31 Mei 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes: >

> Arthur,
> 'n mens sit hier met 'n baie groot probleem : die persepsie van
> westerlinge en Afrika inboorlinge van die term "demokrasie" is baie
> verskillend.
>
> Vir die swartes van Suid Afrika beteken dit bllot om in beheer van die
> regering te wees en geen blankes daar te hê nie. Gaan kyk bietjie
> mooi na die uitsprake van joernaliste en politici in sogenaamde swart
> demokrasie in Afrika.

Arthur, gaan kyk eerste wat die persepsie
van demokrasie was in Suid-Afrika onder die
apartheids-misdadigers. 'n Totale diktator-
skap is vir vier dekades in die land in
bestand gehou. Nou praat hierdie wit Afrikaners
van die persepsies van "demokrasie." Sies,
selfs ou Jaap Strydom, die een wat ek altyd
sê die vuur begin het vir die Soweto-onluste,
het altyd in die stafkamer gesê, as hy nou
sy mede-broederbonders so bietjie wil oprui,
"Suid-Afrika is nie 'n demokrasie nie." Dan
kyk die ander broederbonders op die personeel
hom met sulke glasige o"e aan. Wat, vra hulle,
"ons het mos verkiesings." Dan verduidelik ou
Jaap nou maar geduldig dat om demokrasie te
h^e, alle mense in 'n land moet kan stem. Dan
loop ou Jaap uit die stafkamer uit, en gaan
maak hy verdere planne om twee van die klasse
in Afrikaans te laat studeer, en hy skryf
handboeke in afrikaans vir Sosiale Wetenskap
en Wiskunde, en rol dit op die skool se masjien
af en verkoop dit aan die arme swart studente
teen 'n wins. En dan probeer ek nou in die
Geskiedenis klas vir die kinders verduidelik
wat demokrasie is, en dan kyk hierdie swart
kinders my met 'n snaakse kyk in hulle o"e aan.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Tannie se Pornografie

So., 31 Mei 1998 00:00

> Die vies-
> likse soort pornografie vir my is
> as wit rassiste gedurig oor nie-blankes
> en hulle gewoontes praat. --

Jislaaik, Tannie. Jy is dan maar 'n bleddie stupid ou gemors, nè? Gaan
soekop wat pornografie eintlik is.
Jy wys nou vir ons mooi dat jy glad nie 'n talewonder is nie.
Gaan hou jou bij jou lees, en skryf vinnig weer haikus. En los nou eens
en vir altyd jou misplaaste liefde vir die terroriste wat Suid Afrika in
'n piesang republiek verander.

Kyk net 'n bietjie hiernaar...

Cape Town - Police have arrested a 13-year-old boy after he allegedly
raped a 99-year-old woman in De Doorns near Worcester in the Boland at
the weekend. Boland police spokesman Captain Francois Rossouw said the
woman was on her way to a shop in the town when she was approached by
the boy near the cemetery.
Rossouw said the youth enticed the elderly woman into the cemetery where
he threw her to the ground and allegedly raped her at knifepoint. The
woman was treated at a hospital and discharged.
The youth has been placed in the custody of his parents

Dit kon dalk jy gewees het, ouma...

Jennifer

--
Crockitech@kincyb.comP - Remove the CP if you don't want your mail
daemon to Choke & Puke.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rhea van der Vijver

Sa., 30 Mei 1998 00:00

Ik ben voor mijn moeder op zoek naar Rhea van der Vijver, zij schreef
destijds het boek "Eenmaal in die silwer tyd", uitgegeven doorJ.P. van der
Walt en seun (EDMS.) BKP. Vigilansgebou, Pretoriusstraat, Pretoria. Ik hoop
dat de Afrikaner een beetje Hollands kan lezen.

Tom van Nieuwenhoven
Nieuwenhoven.van@net.#NOS#HCC.nl
remove #NOS# from mailheader

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Camille Paglia en pornografie

Sa., 30 Mei 1998 00:00

jo...@fourie.com (Jopie Fourie) writes: >

Iemand soos Camille Paglia beskou pornografie as
> kuns, omdat dit die verbeelding sou prikkel. Is dit so?

"Pornografie" is 'n politieke konsep.
Ek is seker Camille Paglia het nooit
gesê alle "pornografie" is "kuns"
nie. Kan jy aanhaal waar sy dit sê.

Pornografie hoef ook nie altyd oor
seksuele dinge te gaan nie. Die vies-
likse soort pornografie vir my is
as wit rassiste gedurig oor nie-blankes
en hulle gewoontes praat. Niemand dwing
hulle om dit te doen nie. Hulle kan net
hulself nie help nie. Dis of deel van
hulle brein altyd besig is met die mense
van 'n ander kleur as hulle. So asof die
"Ander" iets het wat hulle nie het nie.

Ek vind die deursnee "pornografie" maar
baie boring, en ek is sekerlik nie alleen
nie. Dinge soos kittyporn word egter streng
vervolg in Kanada. En tereg ook.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Insae in die kop van 'n verslaafde

Sa., 30 Mei 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

>> 3. SEKSUALITEIT: Iemand soos Camille Paglia beskou pornografie as
>> kuns, omdat dit die verbeelding sou prikkel. Is dit so?
>
> Jong, jy moet in my verbeelding kom kyk - weet jy, jy sal my nou nie
> glo nie, maar ek sou jou daar kon wys dat dit glad nie belangrik is of
> dit kuns is of nie!

> Ons kyk maar wat kom uit - as ou Gloudina nou weer trol antwoorde
> hierop uitgooi, het jy nou groot pyne begin.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Dwelms en bedwelmdheid

Sa., 30 Mei 1998 00:00

jo...@fourie.com (Jopie Fourie) writes: >

> 4. DWELMS: Is dagga skadelik, of is dit medisyne? Dit lyk al hoe meer
> dit kan eersdaags gewettig word, dieselfde met prostitusie. Enige
> opinies?

In die dae van Paul Kruger was prostitusie
wettig in die ZAR. Ek dink Oom Paul het 'n
ding daar beetgehad. As jy toelaat dat seks
as kommoditeit beskou word, beheer dit dan
ten minste.

Of dagga skadelik of medisyne is, is 'n
kwessie. Maar hier in Noord-Amerika is die
grootste kultuurskok wanneer jy sien dat
die regerings 'n monopolie het op die
verkoop van drank, wat nog altyd die grootste
en vernietigendste dwelmmiddel in die wereld is.
En hulle laat die verkoop van sigarette toe,
ten spyte van die feit dat dit die staat
miljoene kos in gesondheidsuitgawes. Maar
hulle vervolg mense vir "pot" wat nie
gewoontevormend is nie, en vir mense wat
"magic mushrooms" oes. Dubbele standaarde,
inderdaad.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Lees dié:

Sa., 30 Mei 1998 00:00

Hier is 'n stukkie om julle lus te maak en vir die stommerik wat gese
het ons het nie humorsin nie:

"Terwyl die voorsang aan die gang is, dwaal oom
Willie se hand oudergewoonte oor sy lippe,
wange en voorkop en daarmee identifiseer hy dan
ook die velplekkies wat by 'n vegie lipsalf kan
baat vind. Met die vaardigheid van 'n geoefende
hand word die stiffie solank binne-in sy
baadjiesak tot in die handpalm gegly, gereed vir 'n
vinnige smeer. Maar vanmôre gee Dominee se
kanselprosedures oom Willie nie kans vir sy stiffie
nie. Tydens die seëngroet probeer hy, maar dis te
gou verby en die gemeente se oë is al weer oop.
Dan maar wag vir 'n geskikter oomblik. Dominee
gee sy teksverwysing, kompleet met
bladsynommer "ter wille van die ou kleintjies",
wag dat almal die leesplek gekry het en sê dan
dat hy graag die seën wil vra op dit wat gelees
gaan word. Met die eerbied wat die oomblik vra,
doen oom Willie opreg mee, maar besluit tog dis
die kans vir oppoets. Met vinnige hale smeer hy
sy lippe en die paar plekkies aan sy voorkop en
op sy wange. Doppie op, stiffie veilig in die sak
toe die gemeente weer kan kyk.

Dominee kyk een keer op, sy oë verstar, en die
volgende oomblik buk hy weg agter die
beskutting van die preekstoel. Verslaentheid en
stilte. Wat het nou gebeur? Waar is Dominee?

Die koster herstel eerste en gedagtig daaraan dat
Dominee nie meer 'n jong man is nie en dat daar
hartmoeilikheid in sy familie was, storm hy teen
die trappies uit preekstoel toe. En daar sit
Dominee op sy hurke in 'n bondeltjie op die
grond en sy oë swem soos hy saggies probeer
lag.

"Watsit nou, Dominee?" stotter die koster
saggies.

"Oom Willie, oom Willie. Kyk net. Jy het nog
nooit so iets gesien nie!" ......."

Die res is by die volgende web bladsy te sien:

http://www.afrikaans.com/afrvan.html

Lekker lees aan die res!

Humor & grappe | 1 kommentaar

Vir AFRIKAANS EN SY KINDERS

Sa., 30 Mei 1998 00:00

Al gehoor van 'n redding ?

Kom soek nou kalmte en goeie opvoeding vir jou kind !
Helpies in die middel van die stad . Ja met rugby wat kook (is jy op hoogte)
en met 12 in 'n klas - Privaatskool in Afrikaans
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
> Gryp 'n gids en bel - ek het en dit werk vir ons !

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1380  1381  1382  1383  1384  1385  1386  1387  1388  1389  1390  1391  1392  1393  1394  1395    »]
Tyd nou: Di. Jan. 20 09:37:29 UTC 2026